Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Valenteinsdag: Liefdesgedigte
Valenteinsdag: Liefdesgedigte [boodskap #5771] Di, 13 Februarie 1996 00:00
cg  is tans af-lyn  cg
Boodskappe: 19
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Ek sien nou die dag 'n verwysing na Fanie Olivier se _Die Mooiste
Afrikaanse Liefdesgedigte_. Is die bundel nog beskikbaar?

Een van die mooi gedigte is *Kamer* deur Ronnie Belcher:

Jy't saggies die gordyne diggetrek,
en toe jy omdraai en jou kleed afgly
het ek die hand begerig uitgestrek
na sagte ronding van jou bors en dy.
Teen myne was jou liggaam diep, jong grond
wat oorgee aan die ploeg se diep insteek
en tussen ruigsels hare was jou mond
'n pruim wat in die somer soet oopbreek.
Seisoene het die nag verbygegaan
van ek en jy en sterre wit gesaai,
en voordag het 'n vroeë hoenderhaan
êrens op 'n werf vergeefs gekraai.

Na my mening is dit een van ons mooiste erotiese-gedigte. Graag wil ek
weet van andere Afrikaanse ,,Walt Whitmans''.

Colin Garvie
gar...@iafrica.com
Vorige onderwerp: Die Afrikaanse Taal -- J. Lion Cachet (1838-1912)
Volgende onderwerp: nog 'n gedig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 19:12:51 MGT 2024