Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » God as drieletterwoord
God as drieletterwoord [boodskap #63203] |
Fri, 07 June 2002 05:41 |
Jan
Boodskappe: 167 Geregistreer: August 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hierdie is mildelik ontleen aan die huidige uitgawe van "Insig": My eie
vrae: Wat is "postmoderne"? Wat is "Hermeneutiese navorsing"? "Godsdiens
is 'n produk van evolusie en 'n evolusionêre noodwendigheid," sê Du Toit...
is dít so?
George Bush sê "God bless America"; Osama bin Laden begin 'n djihad, 'n
"heilige oorlog". In die Midde-Ooste sterf honderde Israeli's en Palestyne,
elkeen in die geloof dat God aan sy kant is. Tog het die wetenskap al ver
gevorder om geloof en God as evolusionêre noodwendighede te bewys en die
debat oor die Bybel weg van emosionaliteit na redelikheid te stuur.
"In die begin was die Woord en die Woord was by God en die Woord was self
God."
Deesdae is god slegs 'n drieletterwoord.
Hierdie stelling som die debat rondom die Bybel as die Woord van God goed
op. Baie Christene glo in die onfeilbaarheid van die Bybel en beskou dit as
goddelike openbaring, terwyl ander dit slegs sien as getuienis van hoe mense
oor God gedink het. Die Bybel het vir sommige mense heilige waarde en vir
ander is dit een boek van vele.
In die postmoderne wêreld beskou sommige teoloë dit as gevaarlik om die
Bybel as die onfeilbare Woord van God bo alle twyfel te aanvaar. Dan word
die Bybel 'n afgod wat bo die God van die Bybel aanbid word. Geen teologiese
tradisie kan dit regverdig nie.
Hermeneutiese navorsing onder leiding van die Duitse Outestamentikus Herman
Günkel het reeds aan die begin van die twintigste eeu sonder twyfel bewys
dat die eerste vyf boeke van die Bybel nie deur Moses geskryf is nie, maar
deur verskillende skrywers. Nuwetestamentiese navorsing beweer dat slegs
tussen 5% en 14% van die woorde wat aan Jesus toegedig is, in werklikheid sy
eie kon gewees het.
Ons kan verdere twyfel wek deur te vra watter vertaling of watter weergawe
van die Hebreeus, Aramees of Grieks die Woord van God is. Daar bestaan
soveel verskille tussen die onderskeie weergawes dat niemand met sekerheid
kan sê watter een die oorspronklike is nie. Hoe kan 'n kerk dan 'n dogma bou
op 'n twyfelagtige teks of vertaling? Hoekom moet ons nog die Bybelse
seksisme aanvaar? Wie sê die Christene het die alleen-aanspraak op die
"waarheid"? Wat van die Hindoes, Boeddhiste, Moslems, Jode, Daoïste en
tradisionele godsdienste? Hoekom is hul geskrifte en siening van God van
minder belang?
"Maar Jesus is die Weg en die Waarheid," kom die antwoord van selfversekerde
Christene. Die Moslems, Jode, Hindoes en ander sê weer hêl siening van God
is die waarheid. Wie moet ons glo? Gelowiges stry nou al duisende jare oor
wie reg en wie verkeerd is en die gesprek kom nêrens nie. Indien almal glo
hul siening van God is die Waarheid, dan moet God skisofrenies wees óf almal
lieg.
Hierdie debat bevorder nie ons begrip van God nie en gee ook nie antwoorde
op ons lewensvrae nie.
Gelukkig het die moderne neurowetenskap 'n moontlike antwoord. Die
Amerikaners Eugene d'Aquili en Andrew Newberg het in twee boeke, The
Mystical Mind - Probing the Biology of Religious Experience en Why God Won't
Go Away - Brain Science and the Biology of Belief, 'n ander moontlikheid op
die tafel gesit.
Hul vertrekpunt, wat ook by godsdiens-wetenskaplikes voorkom, is die vraag
waarom die geneigdheid tot godsdiens en hunkering na God by alle mense en
volkere teenwoordig is. Unisa se Navorsingsinstituut vir Teologie en
Godsdiens het onder leiding van prof. Cornel du Toit 'n seminaar van die
Suid-Afrikaanse Wetenskap- en Godsdiensforum gehou om dié bevindings en
gevolgtrekkings te bespreek. Die boek Brain, Mind and Soul, uitgegee deur
Unisa, vervat al die lesings en gaan in detail daarop in.
"Godsdiens is 'n produk van evolusie en 'n evolusionêre noodwendigheid," sê
Du Toit. Volgens hom is dit die kern van die navorsing. Godsdiens het 'n
biologiese oorsprong wat teruggaan na die eerste bewussyn wat by die vroeë
mense voorgekom het. Hierteenoor beskou Freudiane mense met sterk
godsdienstige oortuigings as verstandelik afwykend en geestelikes as
wêreldontvlugters. Die breinwetenskap sê basta, godsdiens is natuurlik.
Die dood was altyd deel van die natuur. Die eenvoudige brein van 'n rooibok
stel die dier in staat om gevaar waar te neem, te vlug en nadat die gevaar
verby is, voort te wei. Daar is geen bewussyn of nadenke oor wat gebeur het
nie. Evolusie van die menslike brein het ons 'n nuwe (serebrale) korteks
gegee waarin die vermoë van taal asook die begrip van tyd, ruimte en
selfbewussyn geleë is om die mens te help oorleef in 'n komplekse en
gevaarlike wêreld. Die mens het nou bewustelik te doen gehad met roofdiere,
vloede, droogtes, siektes en hongersnood. Ons voorouers het in voortgesette
vrees gelewe.
Gelukkig het dieselfde brein wat die vrese veroorsaak het, die mens die
vermoë gegee om deur die ontwikkeling van handgereedskap, wapens en
eenvoudige tegnologie die meeste van die vrese te oorkom. Mense het hulself
in groepe georganiseer om doeltreffender te jag, hulpbronne te deel en
hulself teen vyandige buitestanders te verdedig. Hulle het ook idees
ontwikkel - wette, kultuur, godsdiens en wetenskap - wat die mens in staat
gestel het om by die omgewing aan te pas.
Die denkproses wat vir hierdie ontwikkeling verantwoordelik is, noem
D'Aquili en Newberg "die kognitiewe imperatief".
Navorsers ondersteun die bestaan van die kognitiewe imperatief deur te wys
dat die verstand, gekonfronteer met oorweldigende sintuiglike inligting, met
toenemende benoudheid reageer. Die menslike verstand het die dringende
begeerte om sin te maak van die warboel inligting. Die brein ontleed die
waarnemings en omskep dit in 'n wêreld van sin en betekenis. Dit gee die
mens die vermoë tot aanpassing en oorlewing.
Hierdie verstandelike ontwikkeling het ook 'n donker kant. Die mens kon een
vrees nie op 'n natuurlike manier oplos nie - die ontnugterende besef dat
almal sterf. Toe die prehistoriese verstand met hierdie dilemma
gekonfronteer is, het die kognitiewe imperatief 'n antwoord probeer kry. Die
oomblik toe die mense bewus geword het van hul eie sterflikheid, het verdere
vrae ontstaan soos waar kom ons vandaan, waarheen is ons op pad en wat is
die sin van die lewe?
Volgens Newberg en D'Aquili het godsdiens uit die worsteling met die
synsvrae ontstaan. Elke stam, volk, taal en gemeenskap het 'n metafisiese
godsbegrip ontwikkel wat antwoorde op hierdie onmoontlike vrae kon verskaf.
Die mitiese raamwerk begin met die fokus op 'n eksistensiële probleem, wat
in twee oënskynlike onversoenbare teenoorgesteldes gestel en dan deur die
ingrype van die gode op sê 'n manier opgelos word dat ons bestaankrisis
verdwyn.
Dink maar aan die verhaal van Jesus. Die wêreld is in sonde gedompel en die
hemel is onbereikbaar. Die mitiese teenoorgesteldes is 'n vervreemde God en
'n lydende mensdom. Jesus los die probleem op verskeie maniere op. Eerstens,
as die seun van God in menslike vorm, doen Hy dit in Sy eie persoon.
Tweedens, deur Sy dood en opstanding versoen Hy God en mens met die belofte
van die ewige lewe. Boeddha verkondig 'n soortgelyke verlossing deur die
najaag van verligting ("enlightenment"), die verwydering en meegevoel om ons
die eindelose siklus van menslike lyding te help verstaan en ons te herenig
met ons verhewe self, wat ons ware wese is.
Die skepping van hierdie komplekse mites verg die kreatiewe, kombinerende
interaksie tussen veral twee van die brein se kognitiewe werktuie. Die
eerste, die kousale of redegewende werktuig, is die verstandelike vermoë om
in terme van abstrakte oorsake te dink. Dit is om vanoggend se maagpyn te
koppel aan gisteraand se kombinasie van vleis en roomys. Die tweede, die
binêre of tweeledige werktuig, verwys na die brein se vermoë om die wêreld
in basiese teenoorgesteldes te raam: bo/onder, goed/boos, links/regs,
voor/agter. Die brein neem dit nie net waar nie, maar skep dit in die ware
sin van die woord en doen dit om 'n evolusionêre rede - om die mens te
oriënteer en te begelei deur ons omgewing, volgens Newberg.
Nog is het einde niet. Die brein word verdeel in verskeie lobbe, elkeen met
'n spesifieke funksie. Een deel fokus op die eie ek, my selfbewussyn, terwyl
'n ander deel, met behulp van ons sintuie, ons bewus maak van die wêreld
rondom ons. Onder sekere omstandighede, soos tydens slaap, meditasie en hoë
stres, sny die brein die sintuiglike af en 'n gevoel van euforie en eenheid
met die werklikheid kan ondervind word. Dit is ook wanneer gelowiges God
ervaar, bang mense spoke sien en New Agers engele en vreemde wesens
waarneem. Prehistoriese mense het natuurlike dwelms gebruik om in 'n
beswyming te gaan om sê kontak met die metafisiese wêreld te maak.
Elke stam, groep, volk, taal en streek se omgewing, agtergrond en tradisie
het 'n invloed gehad op die ontwikkeling van hul eie unieke godsbeeld. In
Indië kon die verskeidenheid en kleurrykheid van die omgewing asook die
Indiërs se abstrakte denkvermoë aanleiding gegee het tot die veelvuldige
manifestasies van Brahma. In Israel is 'n monoteïstiese godsbeeld ontwikkel
te midde van volke met 'n politeïstiese godendom. In Afrika word Modimo of
God as Lig gesien en die woord Afrika beteken "Kinders van die Lig".
Elke godsdiens het geworstel om die onmeetlike en onsienlike in verstaanbare
beelde te omskep. Een van die eerste metafore het God as vrou voorgestel as
'n verklaring van die metafisiese misterie. 'n Gesofistikeerde stelsel van
metafore is ontwikkel om te sê dat God byvoorbeeld " 'n rots" is, maar
terselfdertyd ook nie 'n rots nie. Dit keer dat God vasgevang word in 'n
definisie. Een van die redes hoekom Christene van mekaar verskil oor die
siening van die Bybel, is omdat sommige die metafore aanbid in plaas daarvan
om in verwondering en nederigheid voor die ondefinieerbare God te buig.
"Lees die Bybel soos dit jou pas," sê Du Toit. Hy meen die getjommel oor die
Bybel moet die waagmoediges nie afskrik om erns te maak met die postmoderne
wetenskap nie.
"Bewys wedersydse respek aan mekaar se sienings van God, want evolusie wys
dat almal 'n deel van die Groot Waarheid beethet. God is meer as net 'n
drieletterwoord."
|
|
|
Re: God as drieletterwoord [boodskap #63206 is 'n antwoord op boodskap #63203] |
Fri, 07 June 2002 06:37 |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Dankie Jan - natuurlik is God 'n drieletterwoord:)))
Ek wou aan die begin vra nou wiedehel is Du Toit, en het darem toe verder
ondertoe agtergekom wie dit is.
En ek stem saam met wat gestel word : God kan nie in 'n boksie geplaas word
met 'n definisie nie.
Annette
"Jan" skryf in boodskap news:WKXL8.78301$0q3.3379421@news.webusenet.com...
> Hierdie is mildelik ontleen aan die huidige uitgawe van "Insig": My eie
> vrae: Wat is "postmoderne"? Wat is "Hermeneutiese navorsing"? "Godsdiens
> is 'n produk van evolusie en 'n evolusionêre noodwendigheid," sê Du Toit...
> is dít so?
>
[knip]
|
|
|
Re: God as drieletterwoord [boodskap #63209 is 'n antwoord op boodskap #63203] |
Fri, 07 June 2002 06:54 |
Koot Pieterse
Boodskappe: 490 Geregistreer: January 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Fassinerend.
Beteken dit nou dat iemand wat (soos Tarzan!) op sy eie grootword, sonder
die inspuiting van menslike kultuur, mettertyd sy eie godsbegrip sal
ontwikkel as 'n evolusionêre noodwendigheid? Soort van, as 'n metode om die
uniek menslike vraagstukke van lewe en dood in 'n tipe konteks te kan plaas?
Sover ek onthou, is hermeneutika = uitlegkunde, maar ander sal nader wees
aan woordeboeke of meer onlangse studies.
Koot
"Jan" skryf in boodskap news:WKXL8.78301$0q3.3379421@news.webusenet.com...
> Hierdie is mildelik ontleen aan die huidige uitgawe van "Insig": My eie
> vrae: Wat is "postmoderne"? Wat is "Hermeneutiese navorsing"? "Godsdiens
> is 'n produk van evolusie en 'n evolusionêre noodwendigheid," sê Du Toit...
> is dít so?
>
[knip]
|
|
|
Re: God as drieletterwoord [boodskap #63227 is 'n antwoord op boodskap #63203] |
Fri, 07 June 2002 12:17 |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Jan wrote:
Boeddha verkondig 'n soortgelyke verlossing deur die
> najaag van verligting ("enlightenment"), die verwydering en meegevoel om ons
> die eindelose siklus van menslike lyding te help verstaan en ons te herenig
> met ons verhewe self, wat ons ware wese is.
Die opsomming hierbo van wat Boeddhisme is,
is bietjie naief, selfs bevooroordeeld. Soos
om te sê dat die Boeddhis enlightenment
"najaag." En om te verklaar dat dit ons
probeer herenig met "ons verhewe self, wat
ons ware wese is." Dit kom nog nie weg
van die idee dat die individu in die middel
van die psigiese heelal gesetel is nie.
Die doel van die Boeddhis is om totaal
te "verdwyn" as 'n ego en so self buddha
te word.
Boeddhisme is in die eerste plek nie 'n
godsdiens in die tradisionele sin van die
woord nie. Die Dalai Lama moedig almal aan
om by hulle eie "godsdienstige" wortels te
bly, maar net om Buddhisme se denke en
metodes te bestudeer. Ek moet self bieg
dat dit eers deur die verfynde denke van
Tibetaanse Buddhisme is dat ek sekere van
die Christelike waarhede in diepte kan
"verstaan." Byvoorbeeld, dat die saad eers
in die grond moet val en doodgaan voordat
dit vrugte kan opbring. Dis so maklik om
te dink jy weet wat hier bedoel word, totdat
jy uitvind wat Boeddhisme hier van jou vra.
Gloudina
|
|
|
Re: God as drieletterwoord [boodskap #63241 is 'n antwoord op boodskap #63203] |
Fri, 07 June 2002 17:07 |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Jan" wrote:
> Hierdie is mildelik ontleen aan die huidige uitgawe van "Insig": My eie
> vrae: Wat is "postmoderne"?
Ek antwoord so stuk stuk tussen al die inpakkery en ander dinge. :-)
Ek dink postmoderne is so "catchall" frase wat eintlik nikseggend is,
maar dit klink baie grênd. :-))
Die enigste plek/gesprek waar dit werklik sin maak, is wanneer mense
oor argitekturele aspekte van geboue en so aan, gesels.
> Wat is "Hermeneutiese navorsing"?
Ek sien Koot het heirdie ene an mooi verduidelik. :-)
(Dit irriteer my vreeslik as Afrikaans sprekendes sulke vreeslike
groot en onbeduidende woorde gebruik - ek wonder waarom hulle dit
doen? Dis mos nie Afrikaans nie? Dis meestal geleende woorde, en ek
kry elke keer die indruk die persoon weet nie eintlik wat hy wil sê
nie, maar hy dink as hy groot, fênsie woorde gebruik, gaan almal wat
die artikel lees dink hy is baie slim. Skies...maar dis my opinie!
:-)
> "Godsdiens
> is 'n produk van evolusie en 'n evolusionêre noodwendigheid," sê Du Toit...
> is dít so?
Nee, ek dink Du Toit praat strooi.
|
|
|
Re: God as drieletterwoord [boodskap #63242 is 'n antwoord op boodskap #63203] |
Fri, 07 June 2002 18:11 |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Jan" wrote:
> "Godsdiens
> is 'n produk van evolusie en 'n evolusionêre noodwendigheid," sê Du Toit...
> is dít so?
Die probleem wat ek sommer so uit die staanspoor het, is met die
term/woord "godsdiens" of "religion". 'n Woord wat ontwikkel en
ontstaan het vanuit Christen tradisies. Hierdie woord verteenwoordig
altyd dan "Christelike waarhede" teenoor die sogenaamde "valse
leringe" van alle ander geloofstradisies - die sataniese of demoniese
verwringing (?distorsies) van die heilige waarheid wat volgens die
gebruikers van die woord "godsdiens", dan net die Christene natuurlik
sal kan hê.
Okay - terug na my dose....:-)
|
|
|
Familie [boodskap #63252 is 'n antwoord op boodskap #63242] |
Sat, 08 June 2002 06:21 |
Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004 Geregistreer: May 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Katryn
Okay - terug na my dose....:-)
Wouter
Haai nee, jong. 'n Mens praat nie so van jou man en kinders nie :-(
|
|
|
Re: God as drieletterwoord [boodskap #63275 is 'n antwoord op boodskap #63209] |
Sat, 08 June 2002 13:20 |
johanls
Boodskappe: 197 Geregistreer: April 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hermeneutiek is die Teologiese wetenskap wat as Objek van studie die Bybel
as Woord van God het en wat probeer om hierdie Woord te verstaan en dit
binne nuwe omstandighede te herinterpreteer deur middel van verskeie
hermeneutiese beginsels, soos wat dit deur die eeue heen na vore getree het.
In besondere sin is Hermeneutiek dus `n metodiek van eksegese, maar nie net
dit nie. Hermeneutiek is ook die kuns van herinterpretasie of
heraktualisering. Vanweë die omvang van die taak sal Hermeneutiek uiteraard
rekening moet hou met vordering binne die ganse navorsingsvelde van die
literêre, psigologiese en teologiese wetenskappe asook die maatskappy of
samelewing en die resultate van hierdie navorsing moet vir die Hermeneutiek
se doel aangewend word.
"Koot Pieterse"
> Sover ek onthou, is hermeneutika = uitlegkunde, maar ander sal nader wees
> aan woordeboeke of meer onlangse studies.
|
|
|
Re: God as drieletterwoord [boodskap #63276 is 'n antwoord op boodskap #63241] |
Sat, 08 June 2002 13:28 |
johanls
Boodskappe: 197 Geregistreer: April 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Postmodernisme is `n filosofiese rigting wat deesdae groot aandag trek en
het ontwikkel uit die modernisme wat gestel het dat die mens se verstand
(ook genoem rasionalisme) jou maatsaf in alles is; dws as jy iets nie kan
verklaar nie is dit nie waar nie. Die kern van post-modernisme is dat daar
nie iets soos "die waarheid" bestaan nie. Wanneer ek en Jan iets sou
bespreek en tot `n gevolgtrekking kom is daardie gevolgtrekking vir ons die
waarheid. Sou ek en Gloudina egter dieselfde saak bespreek en tot die
teenoorgestelde gevolgtrekking kom is dit die waarheid vir ons twee. Die
slotsom is dat altwee hierdie gevolgtrekkings die waarheid is en dat niemand
die reg het om die ander te betwyfel nie. So word die waarheid gerelativeer
en is almal reg en word niemand aanstoot gegee nie.
"Katryn"
> "Jan" Wat is "postmoderne"?
>
> Ek antwoord so stuk stuk tussen al die inpakkery en ander dinge. :-)
> Ek dink postmoderne is so "catchall" frase wat eintlik nikseggend is,
> maar dit klink baie grênd. :-))
> Die enigste plek/gesprek waar dit werklik sin maak, is wanneer mense
> oor argitekturele aspekte van geboue en so aan, gesels.
>
|
|
|
Re: God as drieletterwoord [boodskap #63277 is 'n antwoord op boodskap #63241] |
Sat, 08 June 2002 13:36 |
johanls
Boodskappe: 197 Geregistreer: April 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Dit word bloot gebruik as vakterme en nie geleende woorde wat gebruik word
as geleerde woorde nie. As ek `n transesofagealesonar ondergaan het staan
dit nie bloot as geleerde woorde op my rekeningstaat nie, maar dit is `n
erkende vakterm vir die prosedure wat uitgevoer is. Dieselfde met woorde
soos hermeneutiese navorsing, homiletiese ontleding, dermatologiese analise
en dies meer; dit is wetenskaplike taal. Ek stem natuurlik saam dat dit
liefs in wetenskaplike tydskrifte gebruik moet word en dat "wetenskaplikes"
soos Du Toit eerder gewone afrikaans moet gebruik wanneer hulle artikels in
"gewone" tydskrifte of koerante plaas.
"Katryn" >
> Wat is "Hermeneutiese navorsing"?
>
> (Dit irriteer my vreeslik as Afrikaans sprekendes sulke vreeslike
> groot en onbeduidende woorde gebruik - ek wonder waarom hulle dit
> doen? Dis mos nie Afrikaans nie? Dis meestal geleende woorde, en ek
> kry elke keer die indruk die persoon weet nie eintlik wat hy wil sê
> nie, maar hy dink as hy groot, fênsie woorde gebruik, gaan almal wat
> die artikel lees dink hy is baie slim. Skies...maar dis my opinie!
> :-)
|
|
|
Re: God as drieletterwoord [boodskap #63278 is 'n antwoord op boodskap #63209] |
Sat, 08 June 2002 13:41 |
johanls
Boodskappe: 197 Geregistreer: April 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Volgens Du Toit en ander post-moderniste presies net soos wat jy daar sê.
Met al hulle groot woorde wil hulle net eintlik sê dat mense wat dink dat
"God" bestaan as wese is die grootste fools op aarde. God bestaan nie en is
maar net die gevolg van jou eie ontwikkeling. Godsdiens is dus `n
uitvindsel van die mens wat net besig is om jou tyd en energie te mors. Jy
kan ewe goed daarmee of daarsonder klaarkom.
"Koot Pieterse" skryf in boodskap news:adplau$dbd$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Fassinerend.
>
> Beteken dit nou dat iemand wat (soos Tarzan!) op sy eie grootword, sonder
> die inspuiting van menslike kultuur, mettertyd sy eie godsbegrip sal
> ontwikkel as 'n evolusionêre noodwendigheid? Soort van, as 'n metode om die
> uniek menslike vraagstukke van lewe en dood in 'n tipe konteks te kan
plaas?
|
|
|
Re: Familie [boodskap #63283 is 'n antwoord op boodskap #63252] |
Sat, 08 June 2002 15:53 |
johanls
Boodskappe: 197 Geregistreer: April 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek het in my stilligheid gewag vir hierdie reaksie.
"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3d02276b.0@news1.mweb.co.za...
> Katryn
> Okay - terug na my dose....:-)
>
> Wouter
> Haai nee, jong. 'n Mens praat nie so van jou man en kinders nie :-(
>
|
|
|
Re: Familie [boodskap #63286 is 'n antwoord op boodskap #63252] |
Sat, 08 June 2002 16:16 |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Wouter Plaasvark" wrote:
> Katryn
> Okay - terug na my dose....:-)
>
> Wouter
> Haai nee, jong. 'n Mens praat nie so van jou man en kinders nie :-(
LOL!!!
|
|
|
Re: God as drieletterwoord [boodskap #63288 is 'n antwoord op boodskap #63277] |
Sat, 08 June 2002 17:55 |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"johanls" wrote:
> Ek stem natuurlik saam dat dit
> liefs in wetenskaplike tydskrifte gebruik moet word en dat "wetenskaplikes"
> soos Du Toit eerder gewone afrikaans moet gebruik wanneer hulle artikels in
> "gewone" tydskrifte of koerante plaas.
Amen, broer!
|
|
|
Re: God as drieletterwoord [boodskap #63290 is 'n antwoord op boodskap #63276] |
Sat, 08 June 2002 18:21 |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
johanls wrote:
Die
> slotsom is dat altwee hierdie gevolgtrekkings die waarheid is en dat niemand
> die reg het om die ander te betwyfel nie. So word die waarheid gerelativeer
> en is almal reg en word niemand aanstoot gegee nie.
Al is wat jy sê basies waar, hou ek nie
van die toon waarop jy dit sê nie. Die
klink vir my asof jy neerhalend van die
proses praat. Wat jy eintlik probeer
verduidelik is dat die relatiwiteits-
wetenskap nou ook tot die geestes-
wetenskappe deurgedring het: met ander
woorde, dat enige gevolgtrekking nie
"absoluut" kan wees nie, maar dat die deel-
nemers aan die gesprek as wetenskaplike
gegewe in ag geneem moet word. Iets wat
al vir amper 'n eeu in die natuurwetenskappe
toegepas word. Dit is daarom dat die
"postmoderne" kyk op die wêreld soveel
nuwe vars lug in die ou en boring scene
van die rasionalistiese analises inbring.
(Ongelukkig word die term ook baie misbruik.)
Gloudina
|
|
|
Re: God as drieletterwoord [boodskap #63291 is 'n antwoord op boodskap #63290] |
Sat, 08 June 2002 18:31 |
johanls
Boodskappe: 197 Geregistreer: April 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
My probleem met post-modernistiese "wetenskaplikes" is dat hulle blykbaar
vergeet elke mens het sekere voorveronderstellings waarvan jy jou nie kan
losmaak nie. Hulle voorveronderstelling is dat niks waar, reg of absoluut
is nie. Wie sê hulle is reg?
skryf in boodskap news:3D024BC2.3030302@rogers.com...
>
> johanls wrote:
>
> Die
>> slotsom is dat altwee hierdie gevolgtrekkings die waarheid is en dat niemand
>> die reg het om die ander te betwyfel nie. So word die waarheid gerelativeer
>> en is almal reg en word niemand aanstoot gegee nie.
>
>
> Al is wat jy sê basies waar, hou ek nie
> van die toon waarop jy dit sê nie. Die
> klink vir my asof jy neerhalend van die
> proses praat. Wat jy eintlik probeer
> verduidelik is dat die relatiwiteits-
> wetenskap nou ook tot die geestes-
> wetenskappe deurgedring het: met ander
> woorde, dat enige gevolgtrekking nie
> "absoluut" kan wees nie, maar dat die deel-
> nemers aan die gesprek as wetenskaplike
> gegewe in ag geneem moet word. Iets wat
> al vir amper 'n eeu in die natuurwetenskappe
> toegepas word. Dit is daarom dat die
> "postmoderne" kyk op die wêreld soveel
> nuwe vars lug in die ou en boring scene
> van die rasionalistiese analises inbring.
> (Ongelukkig word die term ook baie misbruik.)
>
> Gloudina
>
|
|
|
Re: God as drieletterwoord [boodskap #63292 is 'n antwoord op boodskap #63278] |
Sat, 08 June 2002 18:37 |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
johanls wrote:
> Met al hulle groot woorde wil hulle net eintlik sê dat mense wat dink dat
> "God" bestaan as wese is die grootste fools op aarde. God bestaan nie en is
> maar net die gevolg van jou eie ontwikkeling. Godsdiens is dus `n
> uitvindsel van die mens wat net besig is om jou tyd en energie te mors. Jy
> kan ewe goed daarmee of daarsonder klaarkom.
Ek twyfel of Du Toit en Kie. verkondig wat jy
hierbo sê. Ek sal eers die hele stuk moet lees
voordat ek kan oordeel, maar jou "oordeel" drup
van vooroordeel. Kom laat ek jou skrywe dekon-
strueer. Jy dink dat "God bestaan." Maar eintlik
bedoel jy God bestaan as 'n aparte wese in 'n
materialistiese tyd en ruimte-gebonde raamwerk,
en enigiemand wat hier nie met jou saamstem nie,
is uit die duiwel. So veroordeel jy dan die
teologie van Du Toit en Kie. So veroordeel jy dan
ook die filosofiese rigtings wat daarop gebaseer
is dat die "heelal" en die "werklikheid" psigies en
spiritueel van aard is, en dat sprake van "God"
binne so 'n psigiese heelal 'n wonderlike en intens
belangrike ewolusie is. Du Toit en Kie. wil miskien
juis daarop wys dat dit nodig is vir ELKEEN om die
verskynsel van spirituele denke in al sy vorme
ernstig op te neem. As jy nie LUISTER na wat teoloë
soos Du Toit sê nie, loop jy die gevaar om die baba
met die badwater uit te gooi. Net soos daardie
apartheid-predikeromies die Nuwe Testament met die
badwater uitgegooi het toe hulle so op die kansels
staan en kekkel het, en die NG Kerk amper in sy
peetjie ingestuur het.
Gloudina
|
|
|
Re: God as drieletterwoord [boodskap #63293 is 'n antwoord op boodskap #63290] |
Sat, 08 June 2002 18:37 |
johanls
Boodskappe: 197 Geregistreer: April 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Jy is die eerste mens wat ek ontmoet wat verskillende toonhoogtes kan lees.
Wat vir `n genetiese fout het daar tussen jou oë en ore gekom? Ek is seker
dit kan nogal `n aanwins wees, want ek sukkel straks met hierdie
eksamenbestek met verskille tussen sarkasme en satire in party ouens se
werk. As ek nou maar net geweet het op watter toon hulle gepraat het, dan
sou ek hul trant makliker gevolg het.
Gloudina
> Al is wat jy sê basies waar, hou ek nie
> van die toon waarop jy dit sê nie.
|
|
|
Re: God as drieletterwoord [boodskap #63294 is 'n antwoord op boodskap #63291] |
Sat, 08 June 2002 18:48 |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
johanls wrote:
> My probleem met post-modernistiese "wetenskaplikes" is dat hulle blykbaar
> vergeet elke mens het sekere voorveronderstellings waarvan jy jou nie kan
> losmaak nie. Hulle voorveronderstelling is dat niks waar, reg of absoluut
> is nie. Wie sê hulle is reg?
Omdat hulle die relatiwiteits-prinsipe toepas,
is hulle eintlik baie meer "wetenskaplik"
aan die werk as hulle "rasionalistiese" broeders,
wat vir jou wil oortuig van een "feit," net om
om uit te vind dat dié "feit" na 'n paar dekades
negeer word deur 'n nuwe "rasionalistiese"
stelling.
Die postmodernes gaan juis van die standpunt
uit dat niemand absoluut "reg" kan wees nie, en
dat dit 'n wetenskaplike feit is wat in aanmerking
geneem moet word.
Gloudina
|
|
|
Re: God as drieletterwoord [boodskap #63295 is 'n antwoord op boodskap #63293] |
Sat, 08 June 2002 18:53 |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
johanls wrote:
> Jy is die eerste mens wat ek ontmoet wat verskillende toonhoogtes kan lees.
> Wat vir `n genetiese fout het daar tussen jou oë en ore gekom? Ek is seker
> dit kan nogal `n aanwins wees, want ek sukkel straks met hierdie
> eksamenbestek met verskille tussen sarkasme en satire in party ouens se
> werk. As ek nou maar net geweet het op watter toon hulle gepraat het, dan
> sou ek hul trant makliker gevolg het.
Nou hoekom veroordeel jy as 'n "genetiese fout"
'n talent wat jy eintlik begeer?
En, wees nou eerlik, tannie slaan elke keer die
spyker so op die kop, nie waar nie?
Tant Hessie Whitehead
|
|
|
Re: God as drieletterwoord [boodskap #63297 is 'n antwoord op boodskap #63292] |
Sat, 08 June 2002 19:28 |
johanls
Boodskappe: 197 Geregistreer: April 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Bestel gerus vir jou Du Toit se boek: God? in `n post-moderne eeu. Dan hoef
jy nie te wonder oor wat hulle miskien wil sê nie.
En jy is doodreg oor my voorveronderstelling dat God bestaan. Dat Hy egter
in `n "materialistiese tyd en ruimte-gebonde raamwerk" bestaan is egter wat
jy wil hê ek van God moet dink en nie die waarheid nie, alhoewel dit dalk
vir ander die waarheid mag wees aangesien die waarheid mos relatief is.
Jy is reg dat ek hul "teologie" veroordeel, want dit is geen teologie nie
maar filosofie. Teologie is sover ek kan aflei die wetenskap oor God
(Theos) se Woord (logos); maar wanneer jou voorveronderstelling is dat daar
nie iemand soos God bestaan nie - en daarom ook nie sy Woord nie - kan daar
mos nie `n wetenskap soos teologie wees nie en moet dit veroordeel word as
onwetenskaplik.
skryf in boodskap news:3D024F52.6060502@rogers.com...
>
> johanls wrote:
>
>
>> Met al hulle groot woorde wil hulle net eintlik sê dat mense wat dink dat
>> "God" bestaan as wese is die grootste fools op aarde. God bestaan nie en is
>> maar net die gevolg van jou eie ontwikkeling. Godsdiens is dus `n
>> uitvindsel van die mens wat net besig is om jou tyd en energie te mors. Jy
>> kan ewe goed daarmee of daarsonder klaarkom.
>
> Ek twyfel of Du Toit en Kie. verkondig wat jy
> hierbo sê. Ek sal eers die hele stuk moet lees
> voordat ek kan oordeel, maar jou "oordeel" drup
> van vooroordeel. Kom laat ek jou skrywe dekon-
> strueer. Jy dink dat "God bestaan." Maar eintlik
> bedoel jy God bestaan as 'n aparte wese in 'n
> materialistiese tyd en ruimte-gebonde raamwerk,
> en enigiemand wat hier nie met jou saamstem nie,
> is uit die duiwel. So veroordeel jy dan die
> teologie van Du Toit en Kie. So veroordeel jy dan
> ook die filosofiese rigtings wat daarop gebaseer
> is dat die "heelal" en die "werklikheid" psigies en
> spiritueel van aard is, en dat sprake van "God"
> binne so 'n psigiese heelal 'n wonderlike en intens
> belangrike ewolusie is. Du Toit en Kie. wil miskien
> juis daarop wys dat dit nodig is vir ELKEEN om die
> verskynsel van spirituele denke in al sy vorme
> ernstig op te neem. As jy nie LUISTER na wat teoloë
> soos Du Toit sê nie, loop jy die gevaar om die baba
> met die badwater uit te gooi. Net soos daardie
> apartheid-predikeromies die Nuwe Testament met die
> badwater uitgegooi het toe hulle so op die kansels
> staan en kekkel het, en die NG Kerk amper in sy
> peetjie ingestuur het.
>
> Gloudina
>
|
|
|
Re: God as drieletterwoord [boodskap #63298 is 'n antwoord op boodskap #63295] |
Sat, 08 June 2002 19:35 |
johanls
Boodskappe: 197 Geregistreer: April 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek sal nie weet nie, jou nog nooit met `n hamer gesien nie. Maar as jou
hameringskills enigsins naby jou blapse oor mense se voorveronderstellings
en hul eintlike bedoelings kom, dink ek gaan jy `n paar blou vingers hê.
> En, wees nou eerlik, tannie slaan elke keer die
> spyker so op die kop, nie waar nie?
>
> Tant Hessie Whitehead (Is dit nou gryskop in Afrikaans?)
|
|
|
|
Re: God as drieletterwoord [boodskap #63301 is 'n antwoord op boodskap #63299] |
Sat, 08 June 2002 20:43 |
johanls
Boodskappe: 197 Geregistreer: April 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek het hom nou nie juis persoonlik geken nie, maar ja. Dit is nou as ons
van dieselfde persoon praat. AN Whitehead wat ek van weet se vader was `n
Anglikaanse priester gewees. Hyself het hom besig gehou met toegepaste
wiskunde en was dosent by Cambridge. Hy het Newton se wette as vals
afgemaak en dit ook gegee as die rede waarom hy `n agnostikus geword het.
Hy was later ook `n filosofie dosent te Havard waar hy afgetree het. Hy het
in 1922 `n alternatief vir Einstein se relatiwiteitsteorie gepubliseer
genaamd: The Principle of Relativity. Hy sterf 30 Desember 1947 te
Cambridge Massachusetts, VSA.
Hoekom vra jy?
"Katryn" skryf in boodskap news:92o4guokv4u4go65blgbh2v2dji7pqbm7g@4ax.com...
> "johanls" wrote:
>
>>> Tant Hessie Whitehead (Is dit nou gryskop in Afrikaans?)
>
> Weet jy wie is Alfred North Whitehead, Johan?
>
|
|
|
Re: God as drieletterwoord [boodskap #63302 is 'n antwoord op boodskap #63301] |
Sat, 08 June 2002 21:19 |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"johanls" wrote:
> Ek het hom nou nie juis persoonlik geken nie, maar ja. Dit is nou as ons
> van dieselfde persoon praat. AN Whitehead wat ek van weet se vader was `n
> Anglikaanse priester gewees. Hyself het hom besig gehou met toegepaste
> wiskunde en was dosent by Cambridge. Hy het Newton se wette as vals
> afgemaak en dit ook gegee as die rede waarom hy `n agnostikus geword het.
> Hy was later ook `n filosofie dosent te Havard waar hy afgetree het. Hy het
> in 1922 `n alternatief vir Einstein se relatiwiteitsteorie gepubliseer
> genaamd: The Principle of Relativity. Hy sterf 30 Desember 1947 te
> Cambridge Massachusetts, VSA.
> Hoekom vra jy?
"It requires a very unusual mind to make an analysis of the obvious"
|
|
|
Re: God as drieletterwoord [boodskap #63353 is 'n antwoord op boodskap #63227] |
Sun, 09 June 2002 17:03 |
Grahame
Boodskappe: 131 Geregistreer: August 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
skryf in boodskap news:3D00A4EC.5070700@rogers.com...
>
> Jan wrote:
>
>
> Boeddha verkondig 'n soortgelyke verlossing deur die
>> najaag van verligting ("enlightenment"), die verwydering en meegevoel om ons
>> die eindelose siklus van menslike lyding te help verstaan en ons te herenig
>> met ons verhewe self, wat ons ware wese is.
>
>
>
> Die opsomming hierbo van wat Boeddhisme is,
> is bietjie naief, selfs bevooroordeeld. Soos
> om te sê dat die Boeddhis enlightenment
> "najaag." En om te verklaar dat dit ons
> probeer herenig met "ons verhewe self, wat
> ons ware wese is." Dit kom nog nie weg
> van die idee dat die individu in die middel
> van die psigiese heelal gesetel is nie.
> Die doel van die Boeddhis is om totaal
> te "verdwyn" as 'n ego en so self buddha
> te word.
> Boeddhisme is in die eerste plek nie 'n
> godsdiens in die tradisionele sin van die
> woord nie. Die Dalai Lama moedig almal aan
> om by hulle eie "godsdienstige" wortels te
> bly, maar net om Buddhisme se denke en
> metodes te bestudeer. Ek moet self bieg
> dat dit eers deur die verfynde denke van
> Tibetaanse Buddhisme is dat ek sekere van
> die Christelike waarhede in diepte kan
> "verstaan." Byvoorbeeld, dat die saad eers
> in die grond moet val en doodgaan voordat
> dit vrugte kan opbring. Dis so maklik om
> te dink jy weet wat hier bedoel word, totdat
> jy uitvind wat Boeddhisme hier van jou vra.
>
> Gloudina
>
Dankie Glodina,
Vir die insig oor Buddhisme (wat ek respekteer), maar dit is nie Jan nie,
maar die tydskrif "Insig" wat met hierdie naivette vorendag gekom het. Ek
dink Jan bevraagteken hierdie artikel in sy geheel en wie kan hom blameer?
Grahame
>
|
|
|
Re: God as drieletterwoord [boodskap #63354 is 'n antwoord op boodskap #63227] |
Sun, 09 June 2002 17:04 |
Grahame
Boodskappe: 131 Geregistreer: August 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
skryf in boodskap news:3D00A4EC.5070700@rogers.com...
>
> Jan wrote:
>
>
> Boeddha verkondig 'n soortgelyke verlossing deur die
>> najaag van verligting ("enlightenment"), die verwydering en meegevoel om ons
>> die eindelose siklus van menslike lyding te help verstaan en ons te herenig
>> met ons verhewe self, wat ons ware wese is.
>
>
>
> Die opsomming hierbo van wat Boeddhisme is,
> is bietjie naief, selfs bevooroordeeld. Soos
> om te sê dat die Boeddhis enlightenment
> "najaag." En om te verklaar dat dit ons
> probeer herenig met "ons verhewe self, wat
> ons ware wese is." Dit kom nog nie weg
> van die idee dat die individu in die middel
> van die psigiese heelal gesetel is nie.
> Die doel van die Boeddhis is om totaal
> te "verdwyn" as 'n ego en so self buddha
> te word.
> Boeddhisme is in die eerste plek nie 'n
> godsdiens in die tradisionele sin van die
> woord nie. Die Dalai Lama moedig almal aan
> om by hulle eie "godsdienstige" wortels te
> bly, maar net om Buddhisme se denke en
> metodes te bestudeer. Ek moet self bieg
> dat dit eers deur die verfynde denke van
> Tibetaanse Buddhisme is dat ek sekere van
> die Christelike waarhede in diepte kan
> "verstaan." Byvoorbeeld, dat die saad eers
> in die grond moet val en doodgaan voordat
> dit vrugte kan opbring. Dis so maklik om
> te dink jy weet wat hier bedoel word, totdat
> jy uitvind wat Boeddhisme hier van jou vra.
>
> Gloudina
>
Dankie Glodina,
Vir die insig oor Buddhisme (wat ek respekteer), maar dit is nie Jan nie,
maar die tydskrif "Insig" wat met hierdie naivette vorendag gekom het. Ek
dink Jan bevraagteken hierdie artikel in sy geheel en wie kan hom blameer?
Grahame
>
|
|
|
Re: God as drieletterwoord [boodskap #63355 is 'n antwoord op boodskap #63227] |
Sun, 09 June 2002 17:05 |
Grahame
Boodskappe: 131 Geregistreer: August 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
skryf in boodskap news:3D00A4EC.5070700@rogers.com...
>
> Jan wrote:
>
>
> Boeddha verkondig 'n soortgelyke verlossing deur die
>> najaag van verligting ("enlightenment"), die verwydering en meegevoel om ons
>> die eindelose siklus van menslike lyding te help verstaan en ons te herenig
>> met ons verhewe self, wat ons ware wese is.
>
>
>
> Die opsomming hierbo van wat Boeddhisme is,
> is bietjie naief, selfs bevooroordeeld. Soos
> om te sê dat die Boeddhis enlightenment
> "najaag." En om te verklaar dat dit ons
> probeer herenig met "ons verhewe self, wat
> ons ware wese is." Dit kom nog nie weg
> van die idee dat die individu in die middel
> van die psigiese heelal gesetel is nie.
> Die doel van die Boeddhis is om totaal
> te "verdwyn" as 'n ego en so self buddha
> te word.
> Boeddhisme is in die eerste plek nie 'n
> godsdiens in die tradisionele sin van die
> woord nie. Die Dalai Lama moedig almal aan
> om by hulle eie "godsdienstige" wortels te
> bly, maar net om Buddhisme se denke en
> metodes te bestudeer. Ek moet self bieg
> dat dit eers deur die verfynde denke van
> Tibetaanse Buddhisme is dat ek sekere van
> die Christelike waarhede in diepte kan
> "verstaan." Byvoorbeeld, dat die saad eers
> in die grond moet val en doodgaan voordat
> dit vrugte kan opbring. Dis so maklik om
> te dink jy weet wat hier bedoel word, totdat
> jy uitvind wat Boeddhisme hier van jou vra.
>
> Gloudina
>
Dankie Glodina,
Vir die insig oor Buddhisme (wat ek respekteer), maar dit is nie Jan nie,
maar die tydskrif "Insig" wat met hierdie naivette vorendag gekom het. Ek
dink Jan bevraagteken hierdie artikel in sy geheel en wie kan hom blameer?
Grahame
>
|
|
|
Re: God as drieletterwoord [boodskap #63356 is 'n antwoord op boodskap #63227] |
Sun, 09 June 2002 17:05 |
Grahame
Boodskappe: 131 Geregistreer: August 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
skryf in boodskap news:3D00A4EC.5070700@rogers.com...
>
> Jan wrote:
>
>
> Boeddha verkondig 'n soortgelyke verlossing deur die
>> najaag van verligting ("enlightenment"), die verwydering en meegevoel om ons
>> die eindelose siklus van menslike lyding te help verstaan en ons te herenig
>> met ons verhewe self, wat ons ware wese is.
>
>
>
> Die opsomming hierbo van wat Boeddhisme is,
> is bietjie naief, selfs bevooroordeeld. Soos
> om te sê dat die Boeddhis enlightenment
> "najaag." En om te verklaar dat dit ons
> probeer herenig met "ons verhewe self, wat
> ons ware wese is." Dit kom nog nie weg
> van die idee dat die individu in die middel
> van die psigiese heelal gesetel is nie.
> Die doel van die Boeddhis is om totaal
> te "verdwyn" as 'n ego en so self buddha
> te word.
> Boeddhisme is in die eerste plek nie 'n
> godsdiens in die tradisionele sin van die
> woord nie. Die Dalai Lama moedig almal aan
> om by hulle eie "godsdienstige" wortels te
> bly, maar net om Buddhisme se denke en
> metodes te bestudeer. Ek moet self bieg
> dat dit eers deur die verfynde denke van
> Tibetaanse Buddhisme is dat ek sekere van
> die Christelike waarhede in diepte kan
> "verstaan." Byvoorbeeld, dat die saad eers
> in die grond moet val en doodgaan voordat
> dit vrugte kan opbring. Dis so maklik om
> te dink jy weet wat hier bedoel word, totdat
> jy uitvind wat Boeddhisme hier van jou vra.
>
> Gloudina
>
Dankie Glodina,
Vir die insig oor Buddhisme (wat ek respekteer), maar dit is nie Jan nie,
maar die tydskrif "Insig" wat met hierdie naivette vorendag gekom het. Ek
dink Jan bevraagteken hierdie artikel in sy geheel en wie kan hom blameer?
Grahame
>
|
|
|
Re: God as drieletterwoord [boodskap #63362 is 'n antwoord op boodskap #63356] |
Sun, 09 June 2002 17:56 |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Grahame wrote:
> Dankie Glodina,
> Vir die insig oor Buddhisme (wat ek respekteer), maar dit is nie Jan nie,
> maar die tydskrif "Insig" wat met hierdie naivette vorendag gekom het. Ek
> dink Jan bevraagteken hierdie artikel in sy geheel en wie kan hom blameer?
Ja, hopelik was dit vir almal duidelik dat
ek die artikel wat Jan geplaas het, kritiseer
en nie vir Jan nie.
Gloudina
|
|
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: Sun Dec 22 05:50:47 UTC 2024
|