Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Môreliedjie deur Koos du Plessis
Môreliedjie deur Koos du Plessis [boodskap #61683] |
Tue, 07 May 2002 20:27 |
johanls
Boodskappe: 197 Geregistreer: April 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Wat gee ek om die môrester?
Ek weet die dag lê drie uur ver.
En wanneer ek die fluite hoor,
speel ek die hele spel weer oor:
Van staan maar op, net soos die res.
Doen elke som en leer jou les.
Maar werk getrou, van ses tot ses
die maatskappy sorg vir die res.
Die wêreld wink; die lewe wag.
Met ywer kan jy veel vermag.
Doen net jou plig, van dag tot dag,
die toekoms lê en skaterlag.
As wysheid met die ouderdom
en grysheid en berusting kom,
moet ek tog teen die wysheid waak
wat wil `n ou man daarmee maak?
En wees maar lief en word bemin.
Dis net die deeltjie tussen-in.
Want liefde bly `n dubbeldoor:
Dis iets gewen en iets verloor.
Net iets gewen
net iets verloor.
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: Mon Jan 06 15:55:18 UTC 2025
|