Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Dramatiese ommeswaai
Dramatiese ommeswaai [boodskap #60493] Do, 18 April 2002 04:44
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11112
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Vanoggend oor die nuus dat die regering 'n skielike dramatiese ommeswaai
beleef het na aanleiding van hulle vigsbeleid.
Dit is wat die nuus sê - en al wat eintlik aangekondig is, is dat middels
soos Nevirapine van nou af wel in staatshospitale aan HIV positiewe
verwagtende moeders verskaf word.
Het al hul steeks "redes" tot nog toe nou skielik POEF net verdwyn?
Het hulle besluit kom ons vergiftig ons volk maar nou maar?
Het ons wyse Prez skielik dom geword en begin dink soos 'n gewone mens?
Sal al die ANC politici wat die Prez so blindelings steun en te vertelle het
dat ons nie die Prez se vigsbeleid nie verstaan nie ( maar nooit vir ons
vertel wat presies ons nie verstaan nie) nou skielik verstaan wat ons nie
verstaan het nie?
Vorige onderwerp: Afrikaans-kursus
Volgende onderwerp: Nepad
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Nov 28 05:01:55 MGT 2024