Afrikaans-kursus [boodskap #60432] |
Wed, 17 April 2002 06:54 |
Koot Pieterse
Boodskappe: 490 Geregistreer: January 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
As 'n entoesiastiese spreker van "die Taal" het dit my woes verheug toe my
epos-vriendin in Kanada vandag vir my skryf dat sy Afrikaans wil leer. Sy
kom volgende jaar hiernatoe vir 'n kuier (miskien is haar ander vriend van
Kaapstad ook op hierdie nuusgroep...).
Al kursusse wat sy kon sien wat ondersteunende cd's of bandjies het, kos
sowat 400 Kanadese dollar. Is hier nie so-iets hier plaaslik wat bietjie
goedkoper is nie? Is daar nie, soos die Franse kursus wat ek gesien het,
sulke lesse êrens op die web nie?
Miskien kan Gloudina persoonlik vir haar Afrikaans gaan toedien daar in
Vancouver.
Al wat my dan nog verder pla is wat daai ou in Kaapstad het wat ek nie het
nie. Ek korrespondeer al vyf jaar met die girl.
Koot
|
|
|
Re: Afrikaans-kursus [boodskap #60438 is 'n antwoord op boodskap #60432] |
Wed, 17 April 2002 08:06 |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Koot, ek sal jou nou nie kan help met die bandjies nie, en ek sal ook nie
vir die aantie op jou vriendin wil laat loslaat nie - dan kom sy met 'n
skuins indruk die land in:))
Maar aangaande jou ander probleem:
Soos jy weet het ligging baie te doen met waar mense besluit om vankansie
te hou, en dit is waar die vriend van die Kaap 'n onteenseglike voorsprong
op jou het:))
Annette
Koot Pieterse skryf in boodskap news:a9j66j$dmh$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> As 'n entoesiastiese spreker van "die Taal" het dit my woes verheug toe my
> epos-vriendin in Kanada vandag vir my skryf dat sy Afrikaans wil leer. Sy
> kom volgende jaar hiernatoe vir 'n kuier (miskien is haar ander vriend van
> Kaapstad ook op hierdie nuusgroep...).
>
> Al kursusse wat sy kon sien wat ondersteunende cd's of bandjies het, kos
> sowat 400 Kanadese dollar. Is hier nie so-iets hier plaaslik wat bietjie
> goedkoper is nie? Is daar nie, soos die Franse kursus wat ek gesien het,
> sulke lesse êrens op die web nie?
>
> Miskien kan Gloudina persoonlik vir haar Afrikaans gaan toedien daar in
> Vancouver.
>
> Al wat my dan nog verder pla is wat daai ou in Kaapstad het wat ek nie het
> nie. Ek korrespondeer al vyf jaar met die girl.
>
> Koot
>
|
|
|