The Argus spaar my 'n rit [boodskap #59514] |
Thu, 04 April 2002 18:23 |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
In die briewekolom vandag - 'n toergids wat by die stadsraad en provinsiale
raadgewer pleit om op te hou met hul hernieude pogings om straatname hier te
verander en die geld te gebruik waar dit werklik nodig is.
Die rede is dat sy glo haar pa na Groote Schuur Hospitaal moes neem - na die
ongevalle afdeling - en sy vertel van die haglike toestande daar, die klein
maar gewillge verpleegpersoneel ( daar is glo meer sekuriteitspersoneel as
verpleegpersoneel in die afdeling) die antieke toerusting, sale wat vir 6
mense bedoel is waar 18 sy aan sy lê ongeag ouderdom of geslag.
Sy onderneem om nie meer met 'n gevoel van trots Groote Schuur uit te wys
aan toeriste wanneer sy hulle rondneem nie - sy is glo te skaam.
Ietwat misplaas - daar is niks verkeerd om die toeriste van die hospitaal se
glorieryke verlede te vertel nie - maar nou weet ek in elk geval hulle beter
die 50 hartpasinete van die UK ver weg van die ongevalle-afdeling hou - want
hulle mag miskien die operasie oorleef, maar definitief nie die toestande in
daardie afdeling nie;)
Annette
|
|
|