Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Johann de Lange (geb. 1959) - Twee matrose wat pis
Johann de Lange (geb. 1959) - Twee matrose wat pis [boodskap #57999] Thu, 28 February 2002 17:43
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: June 1997
Karma: 0
Senior Lid
Johann de Lange (geb. 1959)

Twee matrose wat pis

na 'n akwarel van Charles Demuth

swaar penis-houdende matrose
selfs swaarder as dié teen die mure
van Pompeji pissende
met soet engelagtige gesigte
mikkend met sterk gewrigte
twee helder vloeiende figure
lopende water of bogende vuur
donkerblou uniforms
teen die bruin-van-die-muur
deursigtige spieëlings
van die middaguur
waarvan hulle deel is
bruisend-pissende matrose
dat soveel water dat twee
watermans soveel vuur kan hou
- die koue as van Pompeji
getuig van wat was -
dat hulle as't ware pis
op smeulende ruïnes
'n nat vlam is op dié papie
André P. Brink (samest.), Groot Verseboek 2000, (Kaapstad: Tafelberg) 2000.
Vorige onderwerp: Pieter Smit (geb. 1946) - selfs die son
Volgende onderwerp: Speletjies?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Jan 06 05:17:47 UTC 2025