Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Pieter Smit (geb. 1946) - selfs die son
Pieter Smit (geb. 1946) - selfs die son [boodskap #57998] Thu, 28 February 2002 17:39
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: June 1997
Karma: 0
Senior Lid
Pieter Smit (geb. 1946)

selfs die son

jy praat van trek na griekeland
maar my oë
sien reeds hoe eensaam
staan die suikerbos
teen die berg se suidekant
o hierdie land sal ons swaar verlaat
elke oggend
strek net 'n dagreis voor ons uit
al droog die dae
net perskes by bethulie
weg van mense in die son
hierdie land gaan ons swaar verlaat
hierdie land wat konsertina speel
met eensaamheid
hierdie land wat wals met hartseer
as jou voete nie vat aan sy grond nie
hierdie land sal ons swaar verlaat

ja selfs die son keer terug
en hierdie grond weet reeds
hoe klop die tuisblykierie op sy rug

André P. Brink (samest.), Groot Verseboek 2000, (Kaapstad: Tafelberg) 2000.
Vorige onderwerp: Louis Eksteen (geb. 1930) Tydperk
Volgende onderwerp: Johann de Lange (geb. 1959) - Twee matrose wat pis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Jan 06 04:56:14 UTC 2025