Die verskuilde instemmigheid met Mugabe [boodskap #57086] |
Thu, 07 February 2002 16:37 |
david
Boodskappe: 35 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Dit wat in Zimbabwe gebeur en die implikasies daarvan vir onder meer
Suid-Afrika is erg genoeg.
Daar heers eenstemmigheid dat 'n vrye en regverdige verkiesing in Zimbabwe
nie sal plaasvind nie. President Robert Mugabe, met die steun van sy
tiranne-kabinet en Zanu-PF, het opposisie teen hom en sy regering vir alle
praktiese doeleindes tot 'n misdaad en selfs hoogverraad verklaar. En waar
sy drakoniese wetgewing teen die opposisie en die media nie bykom nie, moor,
martel en intimideer sy skurkebendes vryelik en sonder polisie-inmenging
onder die MDC-opposisie. Na bewering is 90 van hulle mense al vermoor.
Daar kom weliswaar ernstige protes uit mediakringe, en ook van veral
Brittanje en die Verenigde State. Dit is egter duidelik dat Mugabe hom deur
niks van sy magsdronke koers sal laat afwyk nie. Besware, kritiek en selfs
dreigemente van sanksies rol van sy arrogante skouers af soos water van 'n
eend se rug. Die drakoniese mediawet word deur die polisie toegepas nog
voordat bekragtig is. Selfs die ekonomiese ineenstorting van sy land laat
hom koud. Hy het by monde van 'n minister verklaar dat daar nie nou tyd vir
ekonomiese sake is nie want sy eerste prioriteit is om die mag in die land
te behou.
Soos gesê, dit alles is erg genoeg, maar daar is 'n bykomende aspek wat vir
ons as vryheidsliewende Boerevolk dalk meer kommerwekkend is. Dit is naamlik
die stille instemming met Mugabe se optrede vanuit ander Afrikalande. Hulle
spreek wel kritiek uit, maar hulle optrede strook nie met hulle woorde nie.
Die ANC/SAKP se Thabo Mbeki was die eerste wat gepleit het dat daar tog nie
sanksies teen Zimbabwe ingestel moet word nie.
Hy het daarmee die algemene houding van die SAOG-lande en ons vermoed ook
ander verder noord weerspieël.
Sowel die SAOG as die Statebond het alle voorstelle vir sanksies en ander
moontlike aktiewe optrede teen Mugabe en Zimbabwe eenvoudig geveto. Ewe so
is 'n voorstel om Zimbabwe uit die Statebond te skors hangende herstel van
demokratiese regering deur die Afrikalede verwerp.
Mbeki het wel aan die Wêreld-ekonomiese Forum gesê dat 'n ministeriële span
van Suid-Afrika aan Mugabe die voorwaarde gestel het dat geweld stopgesit
moet word en internasionale waarnemers tydens die verkiesing toegelaat word.
Tot hede het Mugabe hom kwalik aan sulke sogenaamde waarskuwings gesteur.
Geweld en skending van alle demokratiese prosesse duur lustig voort.
En wat moet 'n mens daarvan dink dat die Nigeriese staatshoof 'n dringende
middernagtelike besoek aan Zimbabwe gebring het, nie om Mugabe oor sy
optredes aan te spreek nie, maar om van die MDC-leier, Morgan Tsvangirai,
die versekering te vra dat Mugabe met respek behandel sal word indien hy die
verkiesing verloor! Dit terwyl dit eerder Tsvangirai se lewe is wat in
gevaar sal verkeer na die verkiesing, ongeag die uitslag!
Hierdie en ander optredes om Mugabe as't ware teen daadwerklike optrede deur
Westerse lande te beskerm, wek die indruk dat daar in die harte van sommige
swart Afrikaleiers 'n stille instemming is met wat Mugabe doen, naamlik om
blankes hulle grond en ander eiendom met geweld en sonder vergoeding te
ontneem en om sy magsposisie met drakoniese en gewelddadige optrede te
handhaaf en te behou.
Ons vrees die South African Reparation Movement se goedkeuring en aanprysing
van Mugabe se optredes vind 'n versweë weerklank in ander swart
leiersgemoedere. Indien wel, is die weg na ekonomiese en politieke chaos in
Suider-Afrika glad en breed gebaan en loop dit afdraande.
|
|
|
Re: Die verskuilde instemmigheid met Mugabe [boodskap #57112 is 'n antwoord op boodskap #57086] |
Fri, 08 February 2002 04:18 |
Jonas
Boodskappe: 1070 Geregistreer: September 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
David - ek glo jy bewoord almal in die RSA (wit en swart) se vrese - nie net
mbt Zimbabwe nie, maar veral tov die reaksie van ander state in hierdie
kontinent se leiers.
Maar - tien uit tien vir die swart joernaliste wat bereid is om in Harare te
betoog teen Mugabe se onderdrukkende maatreëls. Om die waarheid te sê, ek
mis wit gesigte onder hulle.
Mbeki se Afrika Renaissance staan nie 'n kans terwyl Mugabe in Afrika
ondersteun word nie. Maar dit besef hy klaarblyklik nie.
Gerugte doen die rondte dat Mugabe hier (RSA) wil kom aftree ...
"david" skryf in boodskap news:a3uaft$fen$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> Dit wat in Zimbabwe gebeur en die implikasies daarvan vir onder meer
> Suid-Afrika is erg genoeg.
>
> Daar heers eenstemmigheid dat 'n vrye en regverdige verkiesing in Zimbabwe
> nie sal plaasvind nie. President Robert Mugabe, met die steun van sy
> tiranne-kabinet en Zanu-PF, het opposisie teen hom en sy regering vir alle
> praktiese doeleindes tot 'n misdaad en selfs hoogverraad verklaar. En waar
> sy drakoniese wetgewing teen die opposisie en die media nie bykom nie, moor,
> martel en intimideer sy skurkebendes vryelik en sonder polisie-inmenging
> onder die MDC-opposisie. Na bewering is 90 van hulle mense al vermoor.
>
> Daar kom weliswaar ernstige protes uit mediakringe, en ook van veral
> Brittanje en die Verenigde State. Dit is egter duidelik dat Mugabe hom deur
> niks van sy magsdronke koers sal laat afwyk nie. Besware, kritiek en selfs
> dreigemente van sanksies rol van sy arrogante skouers af soos water van 'n
> eend se rug. Die drakoniese mediawet word deur die polisie toegepas nog
> voordat bekragtig is. Selfs die ekonomiese ineenstorting van sy land laat
> hom koud. Hy het by monde van 'n minister verklaar dat daar nie nou tyd vir
> ekonomiese sake is nie want sy eerste prioriteit is om die mag in die land
> te behou.
>
> Soos gesê, dit alles is erg genoeg, maar daar is 'n bykomende aspek wat vir
> ons as vryheidsliewende Boerevolk dalk meer kommerwekkend is. Dit is naamlik
> die stille instemming met Mugabe se optrede vanuit ander Afrikalande. Hulle
> spreek wel kritiek uit, maar hulle optrede strook nie met hulle woorde nie.
>
> Die ANC/SAKP se Thabo Mbeki was die eerste wat gepleit het dat daar tog nie
> sanksies teen Zimbabwe ingestel moet word nie.
>
> Hy het daarmee die algemene houding van die SAOG-lande en ons vermoed ook
> ander verder noord weerspieël.
>
> Sowel die SAOG as die Statebond het alle voorstelle vir sanksies en ander
> moontlike aktiewe optrede teen Mugabe en Zimbabwe eenvoudig geveto. Ewe so
> is 'n voorstel om Zimbabwe uit die Statebond te skors hangende herstel van
> demokratiese regering deur die Afrikalede verwerp.
>
> Mbeki het wel aan die Wêreld-ekonomiese Forum gesê dat 'n ministeriële span
> van Suid-Afrika aan Mugabe die voorwaarde gestel het dat geweld stopgesit
> moet word en internasionale waarnemers tydens die verkiesing toegelaat word.
> Tot hede het Mugabe hom kwalik aan sulke sogenaamde waarskuwings gesteur.
> Geweld en skending van alle demokratiese prosesse duur lustig voort.
>
> En wat moet 'n mens daarvan dink dat die Nigeriese staatshoof 'n dringende
> middernagtelike besoek aan Zimbabwe gebring het, nie om Mugabe oor sy
> optredes aan te spreek nie, maar om van die MDC-leier, Morgan Tsvangirai,
> die versekering te vra dat Mugabe met respek behandel sal word indien hy die
> verkiesing verloor! Dit terwyl dit eerder Tsvangirai se lewe is wat in
> gevaar sal verkeer na die verkiesing, ongeag die uitslag!
>
> Hierdie en ander optredes om Mugabe as't ware teen daadwerklike optrede deur
> Westerse lande te beskerm, wek die indruk dat daar in die harte van sommige
> swart Afrikaleiers 'n stille instemming is met wat Mugabe doen, naamlik om
> blankes hulle grond en ander eiendom met geweld en sonder vergoeding te
> ontneem en om sy magsposisie met drakoniese en gewelddadige optrede te
> handhaaf en te behou.
>
> Ons vrees die South African Reparation Movement se goedkeuring en aanprysing
> van Mugabe se optredes vind 'n versweë weerklank in ander swart
> leiersgemoedere. Indien wel, is die weg na ekonomiese en politieke chaos in
> Suider-Afrika glad en breed gebaan en loop dit afdraande.
>
|
|
|