Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kaaitjie se Kind
Kaaitjie se Kind [boodskap #55861] Ma, 21 Januarie 2002 09:12 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11112
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Bly jou bloedjie het so lekker daar in Duitsland rondgedwaal Kaaitjie -
watter ander lande het sy besoek voordat sy besluit het Duitsland is die
plek vir haar?
Annette
Re: Kaaitjie se Kind [boodskap #56034 is 'n antwoord op boodskap #55861] Do, 24 Januarie 2002 09:35 Na vorige boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Skies dat ek nou eers antwoord, die werk is baie en net so hier en daar kom
ek by die groep uit. Sy was twee weke na die seun en dogter se skool en
baie aande uit (saam skoolmaats) Elke naweek was hulle weg en het net 'n
dag by 'n stad of dorp gespandeer. In hul vakansie was hulle elke dag uit,
vroeg die oggend op 'n trein na ander stede. So hier en daar het hulle 'n
aand oor geslaap.

Sy neem Duits as vak op skool en sien Duitsland as 'n opsie. Ek dink egter
as sy in ander Europese lande kom, gaan sy sake anders sien. Anders as wat
ek verwag het, het sy goed oor die weg gekom met die Duitsers en hulle
manier van doen en sê. Sy is egter nie (vir ander mense- ek en sy sit maar
lekker vas, ewe harde koppe, sien) 'n moeilike mens om mee oor die weg te
kom nie en skakel baie maklik in.

As sy haar sin kon kry was sy reeds weer op die vliegtuig! Sy wil baie
graag weer na matriek vir 'n jaar oorgaan, maar ek voel sy moet eerder klaar
studeer en dan plan maak. Ons sal maar sien wat gebeur sodra die tyd daar
is.

Annette skryf in boodskap news:a2gmbl$10r7un$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Bly jou bloedjie het so lekker daar in Duitsland rondgedwaal Kaaitjie -
> watter ander lande het sy besoek voordat sy besluit het Duitsland is die
> plek vir haar?
> Annette
>
Vorige onderwerp: Homoseksualiteit
Volgende onderwerp: misdaadsyfer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 24 13:56:08 MGT 2024