Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Kitaarspele " deur D.J. OPPERMAN
" Kitaarspele " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #55085] |
Do, 03 Januarie 2002 04:23 |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
KITAARSPELER
D.J. Opperman
Die klank verklik my vreugde en verdriet,
ek vra wat elke ding my snare bied;
sal alles doen en selfs verraai
net dat 'n nuwe deuntjie in my draai.
Ag Heer, vergewe my die sondes van die lied.
|
|
|
Re: " Kitaarspele " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #55099 is 'n antwoord op boodskap #55085] |
Do, 03 Januarie 2002 11:57 |
Voetleuce
Boodskappe: 127 Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
skryf in boodskap news:3C33DD7E.7070808@rogers.com...
> KITAARSPELER
> D.J. Opperman
>
> Die klank verklik my vreugde en verdriet,
> ek vra wat elke ding my snare bied;
> sal alles doen en selfs verraai
> net dat 'n nuwe deuntjie in my draai.
> Ag Heer, vergewe my die sondes van die lied.
Ek is sooooo bly jy pos die naam van die skrywer by die gedig, anders
sou ek my bek oopgemaak het en gesanik het oor hoe 'n vrot gedig
hierdie dan nou eintlik is. Maar ek sal nie. Ouwaas Opperman is
onaantasbaar, 'n messias van ons Taal.
Aan die een kant voel die digter skuldig oorlat hy 'n lied sing wat sy
vreugde en verdriet verraai (hy glo dus behoudendheid is 'n virtue),
maar aan die ander kant sal hy alles doen en selfs 'n verraaier word
(verraaier van wat... sy behouendheidskultuur?) om net nóg en nóg
deutjies in hom te kan hê. Hy is dus 'n soort verslaafde... hy weet
hy moet weg van die gif, maar hy sal wát doen vir nog gif.
|
|
|
Re: " Kitaarspele " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #55100 is 'n antwoord op boodskap #55099] |
Do, 03 Januarie 2002 13:38 |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Voetleuce wrote:
> skryf in boodskap news:3C33DD7E.7070808@rogers.com...
>
>
>> KITAARSPELER
>> D.J. Opperman
>> Die klank verklik my vreugde en verdriet,
>> ek vra wat elke ding my snare bied;
>> sal alles doen en selfs verraai
>> net dat 'n nuwe deuntjie in my draai.
>> Ag Heer, vergewe my die sondes van die lied.
>
> Ek is sooooo bly jy pos die naam van die skrywer by die gedig, anders
> sou ek my bek oopgemaak het en gesanik het oor hoe 'n vrot gedig
> hierdie dan nou eintlik is. Maar ek sal nie. Ouwaas Opperman is
> onaantasbaar, 'n messias van ons Taal.
>
> Aan die een kant voel die digter skuldig oorlat hy 'n lied sing wat sy
> vreugde en verdriet verraai (hy glo dus behoudendheid is 'n virtue),
> maar aan die ander kant sal hy alles doen en selfs 'n verraaier word
> (verraaier van wat... sy behouendheidskultuur?) om net nóg en nóg
> deutjies in hom te kan hê. Hy is dus 'n soort verslaafde... hy weet
> hy moet weg van die gif, maar hy sal wát doen vir nog gif.
>
>
>
>
Jy mag nie saamstem met die gedagtes wat in die gedig
uitgespreek word nie, maar jy moet toegee dat dit stilisties
suiwer is. Opperman op sy beste. Meester van die rym, sonder
om in te boet aan segkrag. So anders as 99.9 % van die
geroggel wat vandag as "Afrikaanse digwerk" bekroon word.
Opperman is verreweg die beste digter wat die Afrikaanse
taal tot dusver opgelewer het, en dit sluit NP van Wyk Louw
in. Nie dat alles wat Opperman geskryf het,goed was nie. "Komas
uit 'n bamboes" moes nooit verskyn het nie. Dit was die
werk van 'n siek ou man, en sy familie en letterkundige
raadgewers moes beter geweet het.
Oor die "kuns is boos" tema, "die sondes van die lied"
waarna hier verwys word, kan daar boekdele geskryf word. (Ek
het 'n verhandeling daaroor geskryf.) Dit domineer Opperman
se digwerk in die middelperiode. Sien byvoorbeeld die Brandaan-
siklus, waar Brandaan die boek in die vlamme gooi, maar die boek
se bladsye omkrul en dit lyk soos 'n engel in die vlamme wat vir
hom beskuldig dat hy die waarheid in die vuur verbrand het. Ek
sal in die volgende dae van hierdie gedigte op die nuusgroep
plaas. Die eerste een sal wees daardie gedig oor Hieronymus
Bosch, waar die digter aangewys word as iemand wat "swaeltjies
deur 'n tregter poep."
Gloudina
|
|
|
Re: " Kitaarspele " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #55102 is 'n antwoord op boodskap #55099] |
Do, 03 Januarie 2002 15:53 |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Voetleuce wrote:
> Aan die een kant voel die digter skuldig oorlat hy 'n lied sing wat sy
> vreugde en verdriet verraai (hy glo dus behoudendheid is 'n virtue),
> maar aan die ander kant sal hy alles doen en selfs 'n verraaier word
> (verraaier van wat... sy behouendheidskultuur?) om net nóg en nóg
> deutjies in hom te kan hê. Hy is dus 'n soort verslaafde... hy weet
> hy moet weg van die gif, maar hy sal wát doen vir nog gif.
Nee, ek dink jy is op die verkeerde spoor met
jou gepraat oor "behoudendheid" en "behoudend-
heidskultuur." Wat bedoel jy hiermee, in alle
geval? Ek dink by Opperman is " die kuns is boos"
en die "sondes van die lied" tema eintlik 'n
godsdienstige tema. Let op dat hy hom in die
"Jeroen Bosch"-gedig vereenselwig met St. Antonius,
wat in die woestyn vir homself onttrek het van "die
bose" leefwyse, maar dan, volgens oorlewering,
aanhoudend geteister was deur visies van die liggaam en
die luste.
Opperman self het die tema van "die kuns is boos"
oor en oor benadruk. Die enigste keer wat ek vir
Opperman in lewende lywe gesien het, was toe hy 'n
lesing in Pietermaritzburg kom gee het by die Universiteit.
Die onderwerp van die lesing was: " Die Kuns is boos."
Gloudina
|
|
|
Re: " Kitaarspele " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #55118 is 'n antwoord op boodskap #55102] |
Vr, 04 Januarie 2002 06:43 |
Voetleuce
Boodskappe: 127 Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
skryf in boodskap news:3C347F39.9000505@rogers.com...
> Voetleuce wrote:
>> Aan die een kant voel die digter skuldig oorlat hy 'n lied sing wat sy
>> vreugde en verdriet verraai (hy glo dus behoudendheid is 'n virtue),
>> maar aan die ander kant sal hy alles doen en selfs 'n verraaier word
>> (verraaier van wat... sy behouendheidskultuur?) om net nóg en nóg
>> deutjies in hom te kan hê. Hy is dus 'n soort verslaafde... hy weet
>> hy moet weg van die gif, maar hy sal wát doen vir nog gif.
> Nee, ek dink jy is op die verkeerde spoor met
> jou gepraat oor "behoudendheid" en "behoudend-
> heidskultuur." ...
> Ek dink by Opperman is " die kuns is boos"
> en die "sondes van die lied" tema eintlik 'n
> godsdienstige tema.
> Opperman self het die tema van "die kuns is boos"
> oor en oor benadruk.
Ek beskou 'n gedig in die afwesigheid van sy skrywer. Die gedig is 'n
kunswerk op sy eie. Ek kyk nie na die ander gedigte in 'n bundel of
na ander seggings van die skrywer om te probeer uitfigure wat die
gedig sê nie. As die gedig nie sê wat hy sê nie, wat sê hy dan?
Daar is natuurlik 'n uitsondering op dié reël, naamlik wanneer 'n
gedig verwys na 'n bekende ding buite die gedig, maar dié soort
intertekstualiteit is gewoonlik globaler as bloot hul eweknieë in 'n
bloemlesing. My2c.
|
|
|
Re: " Kitaarspele " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #55125 is 'n antwoord op boodskap #55118] |
Vr, 04 Januarie 2002 12:35 |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Voetleuce wrote:
> Ek beskou 'n gedig in die afwesigheid van sy skrywer. Die gedig is 'n
> kunswerk op sy eie. Ek kyk nie na die ander gedigte in 'n bundel of
> na ander seggings van die skrywer om te probeer uitfigure wat die
> gedig sê nie. As die gedig nie sê wat hy sê nie, wat sê hy dan?
So hoekom het jy onmiddellik net gepraat van
wat jy dink die digter "bedoel" in "Kitaar-
speler" en dit nie stilisties ontleed, voordat
jy tot die besluit gekom het dat dit 'n slegte
gedig is nie? Ek daag jou uit om vir my te
bewys wáárom jy dink dat die gedig stilisties
nie slaag nie.
Ek is van die geslag van studente van Afrikaans
wat hulle tande geslyp het juis op die standpunt
dat mens alleen aandag gee aan wat " op die papier"
staan. Stoffel Nienaber se Ph.D. tesis was net oor
een gedig ( Die Dans van die Reën.) Ek het 'n hele
hoofstuk erens net oor "Man met Flits."
Ek wag vir jou stilistiese analise van "Kitaar-
speler."
Gloudina
|
|
|
Re: " Kitaarspele " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #55127 is 'n antwoord op boodskap #55125] |
Vr, 04 Januarie 2002 13:24 |
Voetleuce
Boodskappe: 127 Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
skryf in boodskap news:3C35A24F.4010505@rogers.com...
> Voetleuce wrote:
>> Ek beskou 'n gedig in die afwesigheid van sy skrywer.
> So hoekom het jy onmiddellik net gepraat van
> wat jy dink die digter "bedoel" in "Kitaar-
> speler" en dit nie stilisties ontleed, voordat
> jy tot die besluit gekom het dat dit 'n slegte
> gedig is nie?
'n Gedig wat stilisties briljant is, maar nie tot 'n mens spreek nie,
is nie 'n kunswerk nie, maar 'n skryfoefening. Dis 'n kliniese ding,
sonder lewe. Dis soos die verskil tussen 'n foto wat perfek in fokus
is, maar geen karakter het nie, en 'n foto wat nie tegnies volmaak is
nie, maar wel boekdele spreek oor die onderwerp.
Ek laat die stilistiese oordeel aan jou oor, my meisie. Ek weet baie
min oor styl en dies meer, maar ek weet wanneer ek 'n gedig lees en
dit geniet. Ja, soms geniet ek 'n gedig juis omdat dit 'n sekere vorm
het (jy weet hoe versot ek op villanelle is), maar dié gediggie van
Opperman het myns insiens niks beteken nie.
Ek kan verkeerd wees. Bewys my verkeerd?
|
|
|
Re: " Kitaarspele " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #55128 is 'n antwoord op boodskap #55127] |
Vr, 04 Januarie 2002 15:04 |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Voetleuce wrote:
> 'n Gedig wat stilisties briljant is, maar nie tot 'n mens spreek nie,
> is nie 'n kunswerk nie, maar 'n skryfoefening. Dis 'n kliniese ding,
> sonder lewe.
Ek weet baie
> min oor styl en dies meer, maar ek weet wanneer ek 'n gedig lees en
> dit geniet.
maar dié gediggie van
> Opperman het myns insiens niks beteken nie.
>
> Ek kan verkeerd wees. Bewys my verkeerd?
Ek hoef jou nie verkeerd te bewys nie. Jy verduidelik
self watter maatstaf jy gebruik om te besluit of jy
dink 'n gedig is goed of nie : dit wil sê, 'n gedig is
alleen goed wanneer jy dit "lees en dit geniet." Daar
is dus omtrent 'n paar biljoen verskillende oordele oor
die sukses al dan nie van 'n gedig, want elke mens op
die aardbol het sy eie oordeel daaroor. Jy kan dus self
sien dat hierdie maatstaf belaglik is. Veral as ek vir
jou vertel dat "Kitaarspeler" my diep ontroer met sy
mineure toon, sy perfekte rymskema en, binne vyf reëls,
'n opsomming van 'n hele standpunt oor die waarde en
waarheid van die digkuns, iets wat baie beroemde digters
besig gehou het. Ek kan regtig nie verstaan hoekom jy nie
van die gedig hou nie. Probeer my oortuig dat jy 'n ander
maatstaf as "hou daarvan" gebruik om hierdie gedig te
veroordeel.
Gloudina
|
|
|
Re: " Kitaarspele " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #55166 is 'n antwoord op boodskap #55128] |
Ma, 07 Januarie 2002 08:03 |
Voetleuce
Boodskappe: 127 Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
skryf in boodskap news:3C35C544.9050502@rogers.com...
> Jy verduidelik
> self watter maatstaf jy gebruik om te besluit of jy
> dink 'n gedig is goed of nie: dit wil sê, 'n gedig is
> alleen goed wanneer jy dit "lees en dit geniet."
Dit is darem nie heeltemaal waar nie. Ek kyk ook na 'n gedig se
struktuur, sy rympatroon, sy ritme, en die geassosieerde rym- en
ritme-effekte, asook na dinge soos metafoor, intertekstualiteit en
dies meer. Al dié dinge dra by tot 'n gedig se skoonheid.
Ja, daar is 'n ander aspek wat ook bydra tot die subjektiewe oordeel
oor 'n gedig, en dit is die mate waarin sekere digkonvensies al deur
ander digters uitgebuit of oorbruik is. In dié sin is dit dus
moontlik dat 'n gedig wat toentertyd skitterend was, verkeerdelik as
'n "amateuragtige maaksel" afgekraak kan word indien die tegnieke wat
in daardie gedig gebruik is, nou al afgesaag is en tiperend is van
skoolkindgediggies.
> Veral as ek vir
> jou vertel dat "Kitaarspeler" my diep ontroer met sy
> mineure toon, sy perfekte rymskema en, binne vyf reëls,
> 'n opsomming van 'n hele standpunt oor die waarde en
> waarheid van die digkuns, iets wat baie beroemde digters
> besig gehou het.
Ek kopieer weer die gedig, sodat ons kan gesels daaroor:
> KITAARSPELER
> D.J. Opperman
>
> Die klank verklik my vreugde en verdriet,
> ek vra wat elke ding my snare bied;
> sal alles doen en selfs verraai
> net dat 'n nuwe deuntjie in my draai.
> Ag Heer, vergewe my die sondes van die lied
Die "mineure toon" is 'n absolute subjektiewe stelling, tensy ek iets
miskyk. Waaraan meet jy die toon van die gedig? Aan iets in die
struktuur van die gedig? Aan die woordkeuse, dalk?
Ek weet nie wat so danig perfek aan die rymskema is nie. Die
eindrympatroon is aabba. Ongelukkig het ek nie nou 'n boek by my wat
die verskillende ritmepatrone se name gee nie (anders kon ek gemaak
het of ek weet waarvan ek praat, gie-gie).
Wat beteken "... sal alles doen en selfs verraai net dat 'n nuwe
deuntjie in my draai."?
Aangesien slegs 'n komma die eerste en die tweede reëls skei, en
aangesien die "sinsdeel" eindig by die tweede reël (vandaar die
kommapunt), neem ek aan dat die tweede reël 'n kommentaar of 'n
verduideliking op die eerste reël is. Kom ons kyk na moontlike
interpretasies:
Die klank verklik my vreugde en verdriet, nou vra ek wat elke ding my
snare bied.
Die klank verklik my vreugde en verdriet, en ek vra wat elke ding my
snare bied.
Die klank verklik my vreugde en verdriet, want ek vra wat elke ding my
snare bied.
Die klank verklik my vreugde en verdriet, daarom vra ek wat elke ding
my snare bied.
Die klank verklik my vreugde en verdriet -- ek weet dit omdat ek wat
elke ding my snare bied, vra.
Nie een van dié sinne maak vir my danig sin nie... dit wil sê, ek weet
nie wat die digter wil sê nie. Nou, dit mag dalk net wees omdat ek
ongevoelig is vir wat die digter wil sê of omdat ek te min weet van
die digkuns, maar dit kan ook wees omdat die digter gemeen het hy is
sê bekend en gewild dat mense nie sal durf dink hy is besig met 'n
getjommel nie.
Jou kommentaar? Ek sien uit na jou kommentaar oor die mineur, die
rym/ritme en die struktuur. En oor enige ander saak wat ek miskyk.
|
|
|
Re: " Kitaarspele " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #55167 is 'n antwoord op boodskap #55166] |
Ma, 07 Januarie 2002 08:59 |
Threeships 'did you s
Boodskappe: 200 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
>> KITAARSPELER
>> D.J. Opperman
>> Die klank verklik my vreugde en verdriet,
>> ek vra wat elke ding my snare bied;
>> sal alles doen en selfs verraai
>> net dat 'n nuwe deuntjie in my draai.
>> Ag Heer, vergewe my die sondes van die lied
>
sorry dat ek nou hier inbraak maak maar ek het die gedig gelees en
dink nogal dis great, dis nou uit `n leek se oogpunt, die lees en
geniet oogpunt. die gedig is baie eenvoudig en maak perfekte sin vir
my, dalk moet ek net byse dat ek `n musikant is en `n kitaarspeler
daarby. hier is my simplistiese uitleg
>> Die klank verklik my vreugde en verdriet,
jy kan, of behoort as dit `n goeie lied is, dadelik hoor uit `n lied
se toon, ritme ens of die skrywer vreugde of verdriet weergee. deur
bloot die sleutel te verander na `n minor word dit sommer `n treurige
spul, `n klaaglied van soorte, soos blues.
>> ek vra wat elke ding my snare bied;
as skrywer, of dit nou storie, prosa of musiek is, kyk jy altyd na wat
elke situasie jou bied, iets wat jy deur jou werk kan weergee.
>> sal alles doen en selfs verraai
>> net dat 'n nuwe deuntjie in my draai.
baie kunstenaars sal hulle eie ouma se bloomers verpand vir `n goeie
tune.
>> Ag Heer, vergewe my die sondes van die lied
en as ouma dan haar bloomer soek sal jy moet verduidelik.
dit is nou my vereenvoudiging van iets wat tien teen een heelwat
dieper is as my denke maar dit werk vir my en so beteken die gedig
iets vir my.
Threeships 'did you see that?' McDuck
www.mothership.co.za
|
|
|
Re: " Kitaarspele " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #55169 is 'n antwoord op boodskap #55167] |
Ma, 07 Januarie 2002 12:26 |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Threeships 'did you see that?? ' Mcduck wrote:
> jy kan, of behoort as dit `n goeie lied is, dadelik hoor uit `n lied
> se toon, ritme ens of die skrywer vreugde of verdriet weergee. deur
> bloot die sleutel te verander na `n minor word dit sommer `n treurige
> spul, `n klaaglied van soorte, soos blues.
>>> sal alles doen en selfs verraai
>>> net dat 'n nuwe deuntjie in my draai.
>
>
> baie kunstenaars sal hulle eie ouma se bloomers verpand vir `n goeie
> tune.
Ja! Jy interpreteer die dig presies reg. Veral
waar jy sê dat "baie kunstenaars hulle eie ouma se
bloomers sal verpand vir 'n goeie tune." Dit is
PRESIES waaroor dit in die gedig gaan. Hierdie
gedig is een van 'n reeks gedigte (wat ek deesdae
probeer pos) waarin Opperman worstel oor die
"die kuns is boos" onderwerp. Daarom praat hy
van die "sondes van die lied." Kom ons neem nou
maar songs van Gert Vlok Nel. Is alles in
sy gedigte en in sy songs waar? Voel Gert Vlok Nel
ooit skuldig as hy dinge "opmaak" om mense te ontroer?
Hoekom toonset jy nie hierdie gedig van
Opperman en sing dit nie.
Gloudina
|
|
|
Re: " Kitaarspele " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #55171 is 'n antwoord op boodskap #55169] |
Ma, 07 Januarie 2002 13:01 |
Threeships 'did you s
Boodskappe: 200 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 07 Jan 2002 12:26:16 GMT, "@rogers.com" sent the
following message to space station Earth:
> Ja! Jy interpreteer die dig presies reg. Veral
> waar jy sê dat "baie kunstenaars hulle eie ouma se
> bloomers sal verpand vir 'n goeie tune." Dit is
> PRESIES waaroor dit in die gedig gaan. Hierdie
> gedig is een van 'n reeks gedigte (wat ek deesdae
> probeer pos) waarin Opperman worstel oor die
> "die kuns is boos" onderwerp. Daarom praat hy
> van die "sondes van die lied." Kom ons neem nou
> maar songs van Gert Vlok Nel. Is alles in
> sy gedigte en in sy songs waar? Voel Gert Vlok Nel
> ooit skuldig as hy dinge "opmaak" om mense te ontroer?
>
> Hoekom toonset jy nie hierdie gedig van
> Opperman en sing dit nie.
>
dink ek sal dit dalk `n try gee. dis short en sweet maar het `n
treffende boodskap. net eers by die stoor verby gaan.
Threeships 'did you see that?' McDuck
www.mothership.co.za
|
|
|
Re: " Kitaarspele " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #55176 is 'n antwoord op boodskap #55166] |
Ma, 07 Januarie 2002 14:26 |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Voetleuce wrote:
>> KITAARSPELER
>> D.J. Opperman
>> Die klank verklik my vreugde en verdriet,
>> ek vra wat elke ding my snare bied;
>> sal alles doen en selfs verraai
>> net dat 'n nuwe deuntjie in my draai.
>> Ag Heer, vergewe my die sondes van die lied
> Die "mineure toon" is 'n absolute subjektiewe stelling, tensy ek iets
> miskyk. Waaraan meet jy die toon van die gedig? Aan iets in die
> struktuur van die gedig? Aan die woordkeuse, dalk?
Wel, behalwe die "toon" van die gedig, word die
mineure toon gedra deur byvoorbeeld die herhaling
van die baie - v - klanke in die gedig. Merk jy
op hoe baie v's daar in die eerste twee reëls is?
Dit is voorbereiding vir die twee woorde in die
laaste drie reëls wat die "betekenis" van die gedig
dra, en albei met -v- begin: "verraai" en "vergewe."
Merk ook op dat as jy die sinne skandeer, die aksent
op hierdie woorde val. Dis soos 'n digter vir die leser
aantoon wat belangrik is in 'n gedig.
>
> Ek weet nie wat so danig perfek aan die rymskema is nie.
Wel, is daar iets verkeerd met die rymskema? Een van
die grootste vereistes vir my, persoonlik, in 'n ware
digter, is dat hy sy dinge kan sê in rym. Kyk maar na
elke goeie Afrikaanse digter, en hy gebruik rym meeste
van die tyd. Kyk maar na elke goeie digter in enige
taal, en hy gebruik meestal rym. So nou en dan doen hy
dit nie, maar goeie digters is in die eerste plek
rymelaars. Dit is dit wat die skape van die bokke skei.
Dit is wat Breyten Breytenbach van Dirk Opperman skei.
> Wat beteken "... sal alles doen en selfs verraai net dat 'n nuwe
> deuntjie in my draai."?
Ons het al klaar gesien dat McDuck hierdie stelling
totaal verstaan. As jy dit nie verstaan nie, is jy net
nie "diep" genoeg nie. Die "kitaarspeler" - die
kunstenaar, sal "enigiets" doen om materiaal vir sy
digwerk te kry.
> Aangesien slegs 'n komma die eerste en die tweede reëls skei, en
> aangesien die "sinsdeel" eindig by die tweede reël (vandaar die
> kommapunt), neem ek aan dat die tweede reël 'n kommentaar of 'n
> verduideliking op die eerste reël is.
Jy is reg dat die eerste twee reëls die
eerste deel van die gedig vorm, vandaar
die kommapunt aan die einde van die tweede
reël. Die digter wil hê dat jy moet stilstaan
en dink wat hy gesê het, want dit is belangrik,
daarom die gebruik van die kommapunt. ( In 'n
goeie gedig kan mens stilisties selfs die
leestekens as "informasie" beskou. ) Die laaste
drie reëls is egter nie net kommentaar op die
eerste twee reëls nie. Nee, dit kom met 'n hele
nuwe "probleem" voor die dag - 'n etiese probleem,
selfs 'n "godsdienstige" probleem, soveel so dat
hy aan die einde van die gediggie die gebed bid:
"vergewe my die sondes van die lied."
Nou kan mens jou ook vra: is hierdie "kuns is boos"
en "sondes van die lied" temas van Opperman nie ook
maar net 'n pose nie? Was dit vir hom as persoon so
belangrik? Dit maak natuurlik nie saak of hy werklik
so gely het onder dié vraag nie.
Ek skryf later meer oor die stilistiese analise.
Hoekom gee jy nie vir ons 'n voorbeeld van 'n
goeie gedig nie, en vertel ons dan hoekom dit "goed"
is.
Gloudina
|
|
|
Re: " Kitaarspele " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #55182 is 'n antwoord op boodskap #55176] |
Ma, 07 Januarie 2002 16:02 |
Voetleuce
Boodskappe: 127 Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
skryf in boodskap news:3C39B0E5.5010405@rogers.com...
>>> KITAARSPELER
>>> D.J. Opperman
>
>>> Die klank verklik my vreugde en verdriet,
>>> ek vra wat elke ding my snare bied;
>>> sal alles doen en selfs verraai
>>> net dat 'n nuwe deuntjie in my draai.
>>> Ag Heer, vergewe my die sondes van die lied
> Wel, behalwe die "toon" van die gedig, word die
> mineure toon gedra deur byvoorbeeld die herhaling
> van die baie - v - klanke in die gedig. Merk jy
> op hoe baie v's daar in die eerste twee reëls is?
Dalk is dit 'n ding wat 'n mens in poësieskool of poësieklas leer
wanneer 'n mens op uni is, naamlik dat "v" 'n mineure klank is. Ek
wonder wat is die oorsprong van hierdie aanname? Die woorde in
hierdie gedig met "v" het dikwels ook "r" daarin. Beteken dit iets?
Ek is seker die "klank" van die woorde gee 'n emosie aan die gedig,
maar die "v" en "v-r" klink nie vir mý na mineure nie.
Vervloek, verraad, verdomp... mineur? Eerder majeur, sou ek sê.
Vrae, vreemdeling, verjaar -- ja, hier is mineure.
Kom ons kyk weer na die drie v-woorde in die eerste reël: verklik ('n
baie skel-klinkende woord, amper soos 'n mes wat sny), vreugde en
verdriet. Eersgenoemde het 'n langer, dralende klank terwyl
laasgenoemde 'n korter, skerp klank het. By die eerste woord is die
klem ook op die klankgreep wat die "v" bevat, maar by die tweede woord
lê die klem op "driet" / "drrrt". Beteken dit iets? Ek is seker dit
beteken wel iets, dié woordklanke.
Maar dra dit by tot die toon van die lied? Dalk, wel, nou maar kom
ons kyk of die "draal-skerp" tweeling woorde ook elders in die gedig
voorkom.
En so kan 'n mens aangaan.
>> Ek weet nie wat so danig perfek aan die rymskema is nie.
> Wel, is daar iets verkeerd met die rymskema?
Daar is niks verkeerd aan nie. My punt is nie dat daar iets verkeerd
aan is nie. My punt is dat jou punt was dat daar iets uitsonderlik
aan is, en dat daar myns insiens niks uitsonderlik aan is nie... dis
doodgewoon. Trouens, dis byna geforseer.
Wat die ritme betref, die eerste twee reëls het vyf voete elk, maar
die derde het net vier. Die vierde het weer vyf (al sou ek verwag het
dat dit, gesien die rympatroon, ook vier voete sou hê), en die vyfde
reël het ses voete. Ses? Vir wat? Dit maak mos nie sin nie... watse
struktuur is *dit* dan?
>>> ek vra wat elke ding my snare bied;
Ek tob en tob oor hierdie sinsdee. Wat beteken dit? Kom ek herskryf
dit:
Ek vra watter dinge my snare aan my bied.
Ek vra dit wat elke ding aan my snare bied.
Ek vra elke ding wat snare aan my bied (?)
Ek vra vir elke ding wat my snare aan my bied.
Kan jy dié raaisel vir my oplos? Ek lees die sin oor en oor, en iets
kliek nie. Iets klink nie reg nie. Iets is missing in daai sin.
> Een van die grootste vereistes vir my, ... in 'n ware
> digter, is dat hy sy dinge kan sê in rym.
Hier stem ek saam met jou. Rym en ritme (en onder "rym" verstaan ek
ook assonansie, en onder "ritme" verstaan ek ook alliterasie). 'n
Gedig sonder hierdie dinge vind ek vreemd. Dit mag dalk kuns wees,
maar nie mý soort kuns nie, as 'n gedig net 'n warboel woorde is
sonder ritme en rym.
>> Wat beteken "... sal alles doen en selfs verraai net dat 'n nuwe
>> deuntjie in my draai."?
> Die "kitaarspeler" - die
> kunstenaar, sal "enigiets" doen om materiaal vir sy
> digwerk te kry.
Jy verstaan my verkeerd. Ek wéét wat dit beteken, semanties gesproke.
Ek het bedoel sintakties. Die sin kort 'n komma. Nou, as die digter
geen leestekens gebruik het nie, sou ek geweet het dat die komma
weggelaat is om stilistiese redes, nie om betekenisredes nie. Maar
daar is wel leestekens in dié gedig, en daarom bejeen ek enige plek
waar 'n komma moet wees, waar daar nie is nie, as betekenisvol.
> Hoekom gee jy nie vir ons 'n voorbeeld van 'n
> goeie gedig nie, en vertel ons dan hoekom dit "goed"
> is.
Ag nee wat, ek ken nie so baie gedigte uit my kop nie. Pos jy liewer
nog gedigte (sommige van hulle hou ek actually van), want jy weet
beter -- nie dat ek nie plek-plek van jou verskil nie :))
|
|
|
Re: " Kitaarspele " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #55188 is 'n antwoord op boodskap #55182] |
Di, 08 Januarie 2002 02:01 |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Voetleuce wrote:
>>>> KITAARSPELER
>>>> D.J. Opperman
>>>> Die klank verklik my vreugde en verdriet,
>>>> ek vra wat elke ding my snare bied;
>>>> sal alles doen en selfs verraai
>>>> net dat 'n nuwe deuntjie in my draai.
>>>> Ag Heer, vergewe my die sondes van die lied
> Dalk is dit 'n ding wat 'n mens in poësieskool of poësieklas leer
> wanneer 'n mens op uni is, naamlik dat "v" 'n mineure klank is. Ek
> wonder wat is die oorsprong van hierdie aanname? Die woorde in
> hierdie gedig met "v" het dikwels ook "r" daarin. Beteken dit iets?
> Ek is seker die "klank" van die woorde gee 'n emosie aan die gedig,
> maar die "v" en "v-r" klink nie vir mý na mineure nie.
>
> Vervloek, verraad, verdomp... mineur? Eerder majeur, sou ek sê.
> Vrae, vreemdeling, verjaar -- ja, hier is mineure.
Wel, miskien kan ons saamstem dat dit nie die
-v- woorde in hierdie gedig is wat dit "mineur"
maak nie. Ek dink as mens 'n gedig as met 'n
mineure toon bestempel, dan bedoel jy dat dit
'n "blues" atmosfeer skep. ( Ek sou tog wel
langerige temerige klanke, soos vee en wee,
meer as mineur bestempel as die er en es en
em klanke in sekere woorde.)
Ek dink egter dat ons saamstem dat woorde
wat met -v- begin 'n baie belangrike rol in
hierdie gedig speel. Soveel so dat dit as 'n
aandagmerker beskou kan word.
> Wat die ritme betref, die eerste twee reëls het vyf voete elk, maar
> die derde het net vier. Die vierde het weer vyf (al sou ek verwag het
> dat dit, gesien die rympatroon, ook vier voete sou hê), en die vyfde
> reël het ses voete. Ses? Vir wat? Dit maak mos nie sin nie... watse
> struktuur is *dit* dan?
Wanneer mens stilistiese ontleding doen,
moet jy jou aandag vestig op die "afwykings" in
die basiese skandeerpatroon. Daar waar die
erupsies van betekenis voorkom, is waar die
"beat" ongelyk word.( Dit gebeur dan ook in
reël vier en vyf hier.) Gaan kyk maar in enige
goeie gedig. Om die kern van die gedig vind
jy byna altyd allerhande afwykings. 'n Reëlmatige
beat is gewoonlik oninteressant, behalwe as dit
met 'n bepaalde doel reëlmatig gehou word, soos
hier in reël een en twee.
>>>> ek vra wat elke ding my snare bied;
> Ek tob en tob oor hierdie sinsdee. Wat beteken dit?
> Kan jy dié raaisel vir my oplos? Ek lees die sin oor en oor, en iets
> kliek nie. Iets klink nie reg nie. Iets is missing in daai sin.
Ek kan nie verstaan hoekom jy nie kan
verstaan wat hy hier sê nie. Hy sê dat
hy vra WAT ELKE DING MY SNARE (digwerk,
kuns) bied. Niks is dus buite die perke
van sy digpen nie. Of dit nou god of
duiwel, morele dinge of immorele dinge,
mooi of lelike woorde, mooi of lelike
gedagtes is, alles word stof vir die meul
van sy digterskap.
> Jy verstaan my verkeerd. Ek wéét wat dit beteken, semanties gesproke.
> Ek het bedoel sintakties. Die sin kort 'n komma. Nou, as die digter
> geen leestekens gebruik het nie, sou ek geweet het dat die komma
> weggelaat is om stilistiese redes, nie om betekenisredes nie. Maar
> daar is wel leestekens in dié gedig, en daarom bejeen ek enige plek
> waar 'n komma moet wees, waar daar nie is nie, as betekenisvol.
Dis juis wat die digter wou hê. Daar moet nie
'n komma wees nie. Reel 3 en 4 móét ineenloop.
Dis een gedagte. 'n Komma sou die betekenis/
bedoeling verander.
Ek geniet die interaksie oor die gedig.
Ek pos vanaand nog die Opperman-gedig
" Oud-Digter" wat net na " Kitaarspeler"
verskyn. Vertel my wat jy daarvan dink.
Gloudina
|
|
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: Wo Nov 27 20:14:13 MGT 2024
|