My liefste Moedertjie (Helena Steyn) [boodskap #53929] |
Sa, 24 November 2001 04:22 |
Drom[1]
Boodskappe: 333 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek skryf oor my Moedertjie want
Ek ruik
haar in die hoender en pampoen,
Ek proe
haar in die gemmer-gebak en appelkooskonfyt,
Ek hoor
haar in my kop en die musiek.
Ek sien haar
in my kamer teen die muur,
teen die spieel en teen my kas,
op die tafel langs my bed,
langs my rekenaar waar ek werk.
En snags
as ek gaan le, voel ek haar in my hart,
in die nat van my trane,
stil en saggies teen my wang...
|
|
|