Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Slaphakskeentjies
Slaphakskeentjies [boodskap #53848] Do, 22 November 2001 17:11
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11112
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Skil 8 middelmatige of 16 klein uie
Kook in soutwater tot sag
Dreineer goed, plaas in slaaibak en bedek met suursous.
Kan warm of koud bedien word.

Suursous:
3/4 koppie water
3/4 koppie wit asyn
1 groot of 2 klein eiers
2 -3 eetlepels suiker

Bring die asyn en water tot kookpunt
Klits die eiers goed, voeg suiker by
Roer warm asynmengsel stadig by en roer totdat suiker opgelos is
Plaas terug op lae hitte en roer totdat sous dik word
Giet oor die gaar gedreineerde uie.
Annette
Vorige onderwerp: Namibie
Volgende onderwerp: Die Veedoek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Nov 28 09:34:54 MGT 2024