Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Kontinentale Drywing" deur CHARL DURAND
"Kontinentale Drywing" deur CHARL DURAND [boodskap #53453] Do, 15 November 2001 13:12
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

KONTINENTALE DRYWING
Charl Durand


Warrelwind

het my skiereiland vir jou te klein geword
het jy die padkaart met jou wysvinger gevolg
by die flouerige lig van verwarring
wat ophelder tot jou professionele sonopkoms?

al die jare kon ek jou vang voor die waterval
ek kon vir jou visvang, ek kon jou ekologies behandel
jy’t saam met my verstedelik
jy’t saam met my elke winter verjaar

en nou sê jy -
jou sandduin het verskuif
die lugfoto’s kan jy nou verduidelik
miskien is dit hoekom jy huil

skielik het die seisoenale monsoene hulself vergeet...

ek hoop jy kan my bo die sikloon hoor skree
ek wil jou laat weet van mooiweer,
verspoelings wat herstel is na die onlangse reën, en

as jy kans kry om in die atlas te kyk, seblief beskryf
waarheen die kontinente dryf?
Vorige onderwerp: "Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE
Volgende onderwerp: Ingrid Jonker - Lied van die lappop.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Nov 28 07:13:56 MGT 2024