Laaste gedig aan jou, my lam (deur :Martina Klopper) [boodskap #53267] |
Ma, 12 November 2001 11:23 |
Tinkerbell
Boodskappe: 80 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Laaste gedig aan jou, my lam
Sal ek jou vra om aan my wang te raak
en 'n ry spore daaroor te trap met jou
dronk, strompelende vingerpunte, jou
bedwelmde hande wat verby my tas en
die ritueel van 'n blinde kanker dans?
Miskien.
Sal ek jou vra om my rug te pantser
teen die kou - om om my te kombers
en die vrou in my te koester, om die
winter wat in my nestel weg te vou?
Dalk.
Sal ek hierdie gebare, hierdie omgee
nog kan waardeer, angstig kan ontvang
en die blou geskenkpapier met my
stukkende gemoed kan afruk?
Nooit.
|
|
|