Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Gesondheid & boereraat » Kopluise
Kopluise [boodskap #52879] So, 04 November 2001 22:03 na volgende boodskap
Patricia  is tans af-lyn  Patricia
Boodskappe: 48
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Volle Lid
Het iemand miskien raad vir die voorkoming en behandeling van kopluise?
Re: Kopluise [boodskap #52881 is 'n antwoord op boodskap #52879] Ma, 05 November 2001 02:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nete? Daardie fyn kammetjie werk nog goed:))
Annette

Patricia skryf in boodskap news:LWiF7.5745$8s4.25239@news.indigo.ie...
> Het iemand miskien raad vir die voorkoming en behandeling van kopluise?
>
Re: Kopluise [boodskap #52883 is 'n antwoord op boodskap #52879] Ma, 05 November 2001 03:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kinky[1]  is tans af-lyn  Kinky[1]
Boodskappe: 193
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Patricia" skryf in boodskap news:...
> Het iemand miskien raad vir die voorkoming en behandeling van kopluise?

Kinky: Ek weet nie mooi van voorkoming nie Patricia maar mens behandel
dit met n spesiale sjampoe wat jy by 'n apteek kan koop. Jare gelede
het my kinders al drie kopluise by die kleuterskool gekry. En ek het
omtrent gesukkel om daarvan ontslae te raak. Daai tyd het ek ook 'n
deeglike studie oor die diertjie gedoen maar kan nie meer alles onthou
nie. Luise verkies in teenstelling met wat mense dink, skoon hare!
Ek het egter eindelik gevind dat mens die luis van die haar moet
aftrek. Nie met 'n spesiale kammetjie nie maar met die hand! Dit is
tydrowend maar het die beste resultate opgelewer. En ja, ek het hulle
lang hare naderhand afgesny aangesien dit die taak belemmer het.
Hierdie tyd van die jaar is die luise ook erg bedrywig! Sterkte, en
jammer dat ek nie veel kon help nie!
;-)
Re: Kopluise [boodskap #52889 is 'n antwoord op boodskap #52879] Ma, 05 November 2001 06:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Patricia" skryf in boodskap news:...
> Het iemand miskien raad vir die voorkoming en behandeling van kopluise?

Toe my kinders klein was daai kewertjies kortkort in die skole. Apteke
het daai tyd 'n sjampoe verkoop wat soort van gewerk het. Die naam het
ek lankal vergeet.
Re: Kopluise [boodskap #52898 is 'n antwoord op boodskap #52879] Ma, 05 November 2001 07:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Terwyl my kinders in die kleuterskool was, het ek hulle hare so twee keer in
die somer met die sjampoe laat was. Dit het voorkom dat hulle dit kry.
(Sodra jy hoor dit is in die skool dan moet jy dat was) Ek weet om die hare
af te spoel met asyn, nadat dit gewas is help skynbaar ook.

Patricia skryf in boodskap news:LWiF7.5745$8s4.25239@news.indigo.ie...
> Het iemand miskien raad vir die voorkoming en behandeling van kopluise?
>
Re: Kopluise [boodskap #52899 is 'n antwoord op boodskap #52879] Ma, 05 November 2001 07:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Patricia" skryf in boodskap news:...
> Het iemand miskien raad vir die voorkoming en behandeling van kopluise?

Laat my dink aan iets uit my jeug. Ons het in bosbouplantasies gewoon
en daar was net so 40 of so kinders in die skooltjie. Daar het gereeld
'n verpleegster van die departement gekom om seker te maak die
kindertjies ly nie aan ongeneesbare kwale nie. Met een besoek het sy
kopluise op Bettie se kop gekry en 'n diskrete briefie aan die Ma
geskryf. Die volgende oggend toe kom die Ma bakarm ('n GROOT Tannie)
by die skool aan met 'n poenskop Bettie wat sy omtrent aan die een oor
dra. Die klomp wrede kinders het natuurlik gedink dis skreeusnaaks.
Eers jare later het ek besef, arme Bettie en wat 'n nare Ma. Daarby
moes sy nog meer as drie myl loop om by die skool te kom. Daar was net
twee motors daar.

Daardie dae dink ek was naan nog 'n stigma daaroor. Deesdae gebeur dit
maar redelik gereeld en ook met enigiemand.

Voorkoming? Maak soos Bettie se Ma! Behandeling? Toe my kinders klein
was het mens 'n spesiale sjampoe by apteke gekry. Ook 'n luiskam. Een
van metaal met die tande baie naby aan mekaar. Dis die eiers (larwes?
papies?) wat die probleen is. Sit vas aan die haar naby the kopvel.

Sukses
Re: kopluise [boodskap #52910 is 'n antwoord op boodskap #52879] Ma, 05 November 2001 12:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
loes&patrick  is tans af-lyn  loes&patrick
Boodskappe: 239
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
As ek 'n kind was was daar 'n uitbreek van
kopluise in die skool.
My ma was 'n plaasvrou, ek was ses, sewe jaar.
Sy het my gegryp - my ooe digt geplak met
elastoplast en my kop oorgiet met petroleum.
Daarna het sy my kop kaal geskeer.
Ek het nog seker 'n week na petroleum gestink
maar my ma se behandeling het baie goed gewerk
ek het die kopluise nie trug gesien.
Ek herinner daar was baie kinders in die skool
met kaal koppe - ook meissies kinders !
Wellig in dese tyd 'n paardemiddel, maar dit het
baie goed gewerk.
Patrick
Re: Kopluise [boodskap #53056 is 'n antwoord op boodskap #52899] Wo, 07 November 2001 14:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Patricia  is tans af-lyn  Patricia
Boodskappe: 48
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Volle Lid
Hier is wel 'n wonderlike produk beskikbaar plaaslik - Prioderm Lotion en
Shampoo - werk feitlik oornag. Jy vryf die hare en kopvel in die aand voor
hulle gaan slaap en die volgende oggend was jy met die sjampoe en kam met
die kammetjie. Die enigste probleem is dit laat hul kopvelle ongelooflik
droog, dan moet ek dit weer behandel!

Ek het ook van die asyn gehoor en gaan dit beslis nou volgende keer probeer,
blykbaar meng 'n mens net bietjie asyn met hulle gewone shampoe en opknapper
dan kry hulle die behandeling elke keer wanneer hulle hare was.

Ek moet bieg die eerste keer wat ek gehoor het kopluise is in die skool (dit
was nog in SA) was ek behoorlik ontstoke en het 'n ernstige tonggeveg met
die hoof gehad. Dit was vir my totaal onaanvaarbaar dat ouers kan toelaat
dat so iets gebeur veral in ons moderne tyd. As kind het ek nooit kopluise
gehad nie. Noudat ons in Dublin is en dit so 'n algemene verskynsel is,
selfs in die beste en duurste skole!, het my opinie heeltemal verander, ek
het nou maar berus.

Ek sal dus die probleem hê seker totdat hulle eendag klaar is met skool -
dis nog 'n entjie! :-) Dis ook seker maar deel van grootmaak proses.

"Drom" wrote in message
news:1e507c17.0111042341.166b4991@posting.google.com...
> "Patricia" skryf in boodskap news:...
>> Het iemand miskien raad vir die voorkoming en behandeling van kopluise?
>
> Laat my dink aan iets uit my jeug. Ons het in bosbouplantasies gewoon
> en daar was net so 40 of so kinders in die skooltjie. Daar het gereeld
> 'n verpleegster van die departement gekom om seker te maak die
> kindertjies ly nie aan ongeneesbare kwale nie. Met een besoek het sy
> kopluise op Bettie se kop gekry en 'n diskrete briefie aan die Ma
> geskryf. Die volgende oggend toe kom die Ma bakarm ('n GROOT Tannie)
> by die skool aan met 'n poenskop Bettie wat sy omtrent aan die een oor
> dra. Die klomp wrede kinders het natuurlik gedink dis skreeusnaaks.
> Eers jare later het ek besef, arme Bettie en wat 'n nare Ma. Daarby
> moes sy nog meer as drie myl loop om by die skool te kom. Daar was net
> twee motors daar.
>
> Daardie dae dink ek was naan nog 'n stigma daaroor. Deesdae gebeur dit
> maar redelik gereeld en ook met enigiemand.
>
> Voorkoming? Maak soos Bettie se Ma! Behandeling? Toe my kinders klein
> was het mens 'n spesiale sjampoe by apteke gekry. Ook 'n luiskam. Een
> van metaal met die tande baie naby aan mekaar. Dis die eiers (larwes?
> papies?) wat die probleen is. Sit vas aan die haar naby the kopvel.
>
> Sukses
Re: Kopluise [boodskap #120166 is 'n antwoord op boodskap #52879] Wo, 23 Oktober 2013 10:54 Na vorige boodskap
tashj...  is tans af-lyn  tashj...
Boodskappe: 1
Geregistreer: Oktober 2013
Karma: 0
Junior Lid
On Monday, November 5, 2001 12:03:23 AM UTC+2, Patricia wrote:
> Het iemand miskien raad vir die voorkoming en behandeling van kopluise?

As julle al die boererate probeer het en dit werk nie, kom na my salon waar ons dit effektiewelik doen op die BESTE manier. www.remove-a-lice.webs.com
Vorige onderwerp: Kubaanse Dokter vermink kind se geslagsdeel
Volgende onderwerp: Medisinale Dagga
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 05:45:01 MGT 2024