Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Uit "Wat die hart van vol is" deur PETER BLUM
Uit "Wat die hart van vol is" deur PETER BLUM [boodskap #51646] Sat, 13 October 2001 22:28
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Uit “Wat die hart van vol is”
Peter Blum

So lê u spore diep in my. U het my bitter
denke bekeer, my bitsig-bose tong
geleer om soet te buig, eers tot u eer,
toe ook met ander lof. 'n Duister, jong,
verstokte vasteland het u laat skitter
met kenbaarhede; heidense kontrei
het u welluidender vernoem - gedoop
in 'n nuwe taal wat oor die landkaart sprei
(waardeur ek groei, maar wat deur my ook groei)
- pleknaam tot pleknaam Kaap die Goeie Hoop.
Vorige onderwerp: nét nét nét vir Liezl
Volgende onderwerp: Fietse
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 04 11:50:10 UTC 2025