Misdaad en Geweld [boodskap #51293] |
Wed, 10 October 2001 07:21 |
Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004 Geregistreer: May 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> maar op die gebied van veiligheid, en wet en orde in die
> algemeen, is ons baie swakker af as vroeër.
Gloudina :
Wanneer jy hier "ons" sê, dan bedoel jy natuurlik
uitsluitlik die mense met wit velle.
Wouter
Jy is so verkeerd. Natuurlik praat ek van die totale bevolking.
Jy is duidelik totaal uit voeling, Gloudina. Dis algemene kennis dat
swartmense die meeste geaffekteer word deur die toename in misdaad en gebrek
aan wetstoepassing. Dit is ook die grootste enkele bedreiging vir die
ANC-regering, hulle kiesers is toenemend gatvol vir misdaad en geweld.
Verskeie opnames het dit al gewys en al die opnames waarvan ek kennis geneem
het wys dat blankes as 'n groep die minste oor geweld bekommerd is. Die
swartmense is loshande die groep wat die meeste oor misdaad en geweld
bekommerd is, dan kleurlinge, dan Asiërs.
Misdadigers steur hulle nie aan ras of kleur nie, hulle soek maklike teikens
met lae risiko. Dit kry hulle by uitstek in townships. Dis ongelukkig ook
waar die meeste van hulle woon en dis nie 'n oordeel nie, dis waar ons in
2001 is. Net soos "charity", begin misdaad ook naby die huis. Met die
terugsny van die polisie se begroting het mense in die townships omtrent
geen beskerming teen misdadigers wat hulle beroof ("mug") op pad na en van
werk nie. Hulle besittings is ook totaal onveilig terwyl hulle bedags weg
is. Daar is toenemende "petty" en ernstige misdaad. Verkragtings in die
gebiede het ook sterk gestyg.
Gloudina
Oor die algemeen is die deursnee nie-
blanke mens nou baie veiliger as voor 1990
Wouter
Suiwere versinsel. Gaan praat met 'n Kaapse kleurling of 'n swarte in
Gauteng oor hoe gangsters se greep toegeneem het. Jy is duidelik te lank weg
en te bevooroordeeld teenoor blankes om sulke sterk opinies oor ons huidige
omstandighede te gee.
|
|
|
Re: Misdaad en Geweld [boodskap #51324 is 'n antwoord op boodskap #51293] |
Wed, 10 October 2001 11:46 |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Wouter Plaasvark wrote:
> Suiwere versinsel. Gaan praat met 'n Kaapse kleurling of 'n swarte in
> Gauteng oor hoe gangsters se greep toegeneem het. Jy is duidelik te lank weg
> en te bevooroordeeld teenoor blankes om sulke sterk opinies oor ons huidige
> omstandighede te gee.
Wouter, ek het tussen swartes gedurende die apartheids-jare gewerk, maar nog
effens voor die treine deur die
"derde mag" se handlangers bedreig was. Toe was daar
maar ook baie baie bedreigings vir swartes. Ek kan
onthou hoe ou Miss Makhanya kleintjies wou kry toe
sy hoor hoe een van die wit mans Sondagaande in
die donker van Adams College na Amanzimtoti ry om
die orrel in die NG Kerk te gaan speel. Hulle het toe
al geweet dat swartes op daardie pad aanhoudend
aangerand is. My studente het ook gereeld verduidelik
hoe hulle soos tsotsis moes aantrek en praat op die
treine as hulle vakansies huis toe gaan, anders word
hulle aangerand en beroof. Op daardie stadium het
die studente geen keuse gehad nie - hulle moes derde
klas op die trein ry.
Nee wat, ou Wouter, vandag het baie swartes die
reg om in meer gegoede buurtes te bly en so bietjie
aan die ellendes van die apartheidsjare te ontsnap.
Ek weet daar is baie misdaad vandag in jou neck
of the woods. Maar in baie ander swart professionele
mense se lewens is daar nou 'n aansienlike verbetering.
En hulle word nie aanhoudend in hegtenis geneem net
omdat hulle nie hulle "dompas" op hulle persoon
gehad het, soos in die ou dae nie.
Gloudina
|
|
|
Re: Misdaad en Geweld [boodskap #51333 is 'n antwoord op boodskap #51293] |
Wed, 10 October 2001 14:23 |
Max
Boodskappe: 1496 Geregistreer: February 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Glouds (welkom terug). Hou op om ou koeie op te grawe en vertel ons bietjie
hoe die Kanadese thanksgiving vier?
_________________________________________________________
> Wouter Plaasvark wrote:
>
>> Suiwere versinsel. Gaan praat met 'n Kaapse kleurling of 'n swarte in
>> Gauteng oor hoe gangsters se greep toegeneem het. Jy is duidelik te lank weg
>> en te bevooroordeeld teenoor blankes om sulke sterk opinies oor ons huidige
>> omstandighede te gee.
>
> Wouter, ek het tussen swartes gedurende die apartheids-jare gewerk, maar nog
> effens voor die treine deur die
> "derde mag" se handlangers bedreig was. Toe was daar
> maar ook baie baie bedreigings vir swartes. Ek kan
> onthou hoe ou Miss Makhanya kleintjies wou kry toe
> sy hoor hoe een van die wit mans Sondagaande in
> die donker van Adams College na Amanzimtoti ry om
> die orrel in die NG Kerk te gaan speel. Hulle het toe
> al geweet dat swartes op daardie pad aanhoudend
> aangerand is. My studente het ook gereeld verduidelik
> hoe hulle soos tsotsis moes aantrek en praat op die
> treine as hulle vakansies huis toe gaan, anders word
> hulle aangerand en beroof. Op daardie stadium het
> die studente geen keuse gehad nie - hulle moes derde
> klas op die trein ry.
> Nee wat, ou Wouter, vandag het baie swartes die
> reg om in meer gegoede buurtes te bly en so bietjie
> aan die ellendes van die apartheidsjare te ontsnap.
> Ek weet daar is baie misdaad vandag in jou neck
> of the woods. Maar in baie ander swart professionele
> mense se lewens is daar nou 'n aansienlike verbetering.
> En hulle word nie aanhoudend in hegtenis geneem net
> omdat hulle nie hulle "dompas" op hulle persoon
> gehad het, soos in die ou dae nie.
>
> Gloudina
>
|
|
|
Re: Misdaad en Geweld [boodskap #51363 is 'n antwoord op boodskap #51293] |
Wed, 10 October 2001 16:50 |
Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004 Geregistreer: May 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Gloudina
Ek weet daar is baie misdaad vandag in jou neck of the woods.
Wouter
Jy weet klaarblyklik niks wat hier aangaan nie, Gloudina. Ek bly in een van
die veiligste dele van die land en het tot nou geen klagtes persoonlik nie.
Ek het oorkoepelend gepraat en jy het aanvaar ek praat uit 'n wit (omie?)
perspektief. Jy is verkeerd. Verstaan jy? Verkeerd. Met al jou aannames.
Praat liewer oor die verlede. Of oor Kanada, dit kan dalk interessant wees.
Jy maak jou naam krater as jy oordele oor die huidige situasie uitspreek, jy
is duidelik uit voeling met wat hier gebeur.
|
|
|
Re: Misdaad en Geweld [boodskap #51371 is 'n antwoord op boodskap #51293] |
Wed, 10 October 2001 18:31 |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Max wrote:
> vertel ons bietjie
> hoe die Kanadese thanksgiving vier?
Met kalkoen (en ham vir sommiges) en baiesoorte groentes en vrugte-terte. En die
familie
probeer soveel as moontlik op een plek
bymekaarkom.
Hierdie Thanksgiving Sondag, toe ons die
maaltyd by een van ons kinders gehad het
(en al die ander daar bymekaargekom het)
was die weer darem werklik omge-ellie.
Eers sneeu dit op een plek, toe kry ons
bietjie hael, toe stort dit van die reën wat
in sulke squalls verbykom, en tussenin is
daar helder sonskyn.
Gloudina
|
|
|
Re: Misdaad en Geweld [boodskap #51386 is 'n antwoord op boodskap #51293] |
Wed, 10 October 2001 19:42 |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Wouter Plaasvark wrote:
> Jy weet klaarblyklik niks wat hier aangaan nie, Gloudina. Ek bly in een van
> die veiligste dele van die land en het tot nou geen klagtes persoonlik nie.
> Ek het oorkoepelend gepraat en jy het aanvaar ek praat uit 'n wit (omie?)
> perspektief. Jy is verkeerd. Verstaan jy? Verkeerd. Met al jou aannames.
>
I rest my case.
Die Ruiter in die Dag.
|
|
|
Re: Misdaad en Geweld [boodskap #51413 is 'n antwoord op boodskap #51363] |
Thu, 11 October 2001 06:00 |
Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004 Geregistreer: May 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Gloudina
Ek weet daar is baie misdaad vandag in jou neck of the woods.
Wouter
Jy weet klaarblyklik niks wat hier aangaan nie, Gloudina. Ek bly in een van
die veiligste dele van die land en het tot nou geen klagtes persoonlik nie.
Ek het oorkoepelend gepraat en jy het aanvaar ek praat uit 'n wit (omie?)
perspektief. Jy is verkeerd. Verstaan jy? Verkeerd. Met al jou aannames.
Praat liewer oor die verlede. Of oor Kanada, dit kan dalk interessant wees.
Jy maak jou naam krater as jy oordele oor die huidige situasie uitspreek, jy
is duidelik uit voeling met wat hier gebeur.
Gloudina
I rest my case.
Wouter
Hoe so? Jy het dan nie 'n case nie. Jy rus dus net.
|
|
|