Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Brandaan-siklus: "Man met Horries" deur D.J. OPPERMAN
Brandaan-siklus: "Man met Horries" deur D.J. OPPERMAN [boodskap #50190] So, 16 September 2001 13:26
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Die Brandaan-siklus
D. J. Opperman

Man met Horries

Ek troos my voor die hawekroeg se vuur
toe daar groen goeters gloei: ek was verstrooi;
maar met die weerkyk toe hulle nog voortduur,
het ek hul onder steenkool toegegooi.
Tog, flakkerend uit die rook kom een-een later
die lintdraak, kroeskop en likkewaan
na bo gebeur, afskuwelik en kwater
as my dubbelgangers in die klipboog staan:
"Die waarheid word nie deur die vuur verbrand,
maar lewe in die hart se kaggel voort
en sal daar rook en smeul, maar eindelik brand
en onverwags uitflikker in die woord." -
Ek het die wondere van God beskryf
en al die monsters uit my hart verdryf.
Vorige onderwerp: Brandaan-siklus: "Séance" deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: "Trans-vaal" deur PETRA MULLER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 23 16:03:18 MGT 2024