Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Die Kalksteengroef" deur CHARL-PIERRE NAUDE
"Die Kalksteengroef" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #49825] So, 09 September 2001 13:14
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

DIE KALKSTEENGROEF
Charl-Pierre Naude

"Wat sal ons verlos van 'n terugkeer na die steenbed?
'n Droom, selfs 'n hersenskim, sal die mensdom red.

Op die duur. Maar mōre weer, kap ek aan die wit
van 'n klipharde volkshart; my oė swem verward
daaroor; al's mes-skerp, dan satynsag, altyd hard.
'n lyn wasgoed wat wit-fossiel in die klip vassit
spring onder my pik los. In die geheue se agterplaas.
Vandag verlang ek na haar, soos die eerste mens...
'n Vreemde deernis laat die skerp eilandklip soggens
en saans fletser skyn in die dynserige waas"

Wagte roteer op die knap omtrek soos diakens
op hul skyfie skrik. In die middel, die Prisonier.
Die aarde word sag in sy oė wat tuur:

daardie klip, daardie klip, toegedraai in lakens.
Vorige onderwerp: Uit "Die Nomadiese Oomblik" deur CHARL-PIERRE NAUDE
Volgende onderwerp: Die Brandaan-siklus: Brandende Boek deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Nov 25 00:55:30 MGT 2024