Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Cecil Hotel Roompoeding
Cecil Hotel Roompoeding [boodskap #49616] Thu, 06 September 2001 12:00
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11112
Geregistreer: August 2003
Karma: 1
Senior Lid
1 - 2 k meelblom ( koekmeel)
2 geklitste eiers
1 k melk met 1 t koeksoda
2 d botter
1 k appelkooskonfyt
1 d asyn of suurlemoensap

Vryf botter in meelblom, meng dan alles saam goed.
Bak in 'n matige oons tot gaar.

Sous:
2 k room
2 geklitste eiers
2 k suiker

Meng en giet oor nagereg wanneer koud
Bak dan vir 'n verdere 10 - 20 minute tot sous dik word.

Nota : Probeer eers 1 koppie meelblom, en as mengsel te slap is, voeg nog
meel bietjie vir bietjie by, anders is die poeding baie droog.

Dit is hoe dit in die @@##$$!!! boek verskyn!!
Hoe moet ek nou weet hoe slap die beslag moet wees?!!
Elk geval - ek het dit al ge-eet - dis vreeslik lekker.

Annette
Vorige onderwerp: Pynappelroom
Volgende onderwerp: Slaphakskeentjies
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Jan 27 12:12:29 UTC 2025