Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Resepte Klapper-karringmelkbeskuit
Re: Resepte Klapper-karringmelkbeskuit [boodskap #49092] Thu, 30 August 2001 08:29 na volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: January 1999
Karma: 0
Senior Lid
Klapper-karringmelkbeskuit

Bestanddele:

2kg bruismeel
750ml klapper
750ml suiker
3 eiers
500g botter of margarien
1 liter karringmelk
2 teelepels sout

Metode:

Meng meel, klapper, suiker en sout saam en vryf botter met vingerpunte in.
Klits eiers en meng met karringmelk. Voeg by meelmengsel en meng goed.
Skep in panne en bak sowat 1 uur in voorverhitte oond by 180°C.
Laat afkoel, breek in stukke en droog uit teen 100°C (3-4 uur).

Het die een op die internet raak geloop en sal kyk of my tien duime hom kan
baasraak.

Danielle skryf in boodskap news:pevqot8aff8n2hqrfpnb9lh7oiivopagrk@4ax.com...
> On Wed, 29 Aug 2001 07:52:56 +0200, "Shannon"
> wrote:
>
>> Dit lyk my daar is darem een onderwerp waaroor almal kan saampraat sonder 'n
>> reuse vuisgeveg: kos!
>
> Wanna bet? :-))))
>
>> Ek sukkel egter met 'n resep vir ordentlike karringmelkbeskuit (met klapper)
>
> Met klapper? Dit klink baie interessant! :-)
>
Re: Resepte Klapper-karringmelkbeskuit [boodskap #49108 is 'n antwoord op boodskap #49092] Thu, 30 August 2001 11:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: May 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Shannon" skryf in boodskap news:3b8e0635.0@news1.mweb.co.za...
> Klapper-karringmelkbeskuit
>
> Metode:
>
> Meng meel, klapper, suiker en sout saam en vryf botter met vingerpunte in.
> Klits eiers en meng met karringmelk.

Net hier stop my metode. Los die eiers, klits twee eetlepels suiker by die
karringmelk en drink tot jy 'n wit snor het. Eet 'n stuk droë
brood daarmee saam. Niks botter nie, dit beneuk die tekstuur.
Sakkie
Re: Resepte Klapper-karringmelkbeskuit [boodskap #49169 is 'n antwoord op boodskap #49092] Fri, 31 August 2001 15:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11112
Geregistreer: August 2003
Karma: 1
Senior Lid
Shanon - my ouma het definitief nooi klapper in haar karringmelkbeskuit
gesit nie.
Annette

> Klapper-karringmelkbeskuit
>
>
> Bestanddele:
>
> 2kg bruismeel
> 750ml klapper
> 750ml suiker
> 3 eiers
> 500g botter of margarien
> 1 liter karringmelk
> 2 teelepels sout
>
> Metode:
>
> Meng meel, klapper, suiker en sout saam en vryf botter met vingerpunte in.
> Klits eiers en meng met karringmelk. Voeg by meelmengsel en meng goed.
> Skep in panne en bak sowat 1 uur in voorverhitte oond by 180°C.
> Laat afkoel, breek in stukke en droog uit teen 100°C (3-4 uur).
>
> Het die een op die internet raak geloop en sal kyk of my tien duime hom kan
> baasraak.
>
> Danielle wrote in message
> news:pevqot8aff8n2hqrfpnb9lh7oiivopagrk@4ax.com...
>> On Wed, 29 Aug 2001 07:52:56 +0200, "Shannon"
>> wrote:
>>
>>> Dit lyk my daar is darem een onderwerp waaroor almal kan saampraat sonder 'n
>>> reuse vuisgeveg: kos!
>>
>> Wanna bet? :-))))
>>
>>> Ek sukkel egter met 'n resep vir ordentlike karringmelkbeskuit (met klapper)
>>
>> Met klapper? Dit klink baie interessant! :-)
>>
>
Re: Resepte Klapper-karringmelkbeskuit [boodskap #49170 is 'n antwoord op boodskap #49108] Fri, 31 August 2001 15:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11112
Geregistreer: August 2003
Karma: 1
Senior Lid
Kleintyd het ek grootgeword by ouma - waar ons twee maal per dag gestaan en
karring het - die melk in 'n vaatjie - die deksel met die gat, en die stok
met die ster op die punt daardeur.
Ek het al die ou gediggies, liedjies en stories by ouma geleer daar om die
karring. - alles vreeslik ritmies:)))
Toe die Skatkis uitkom, toe ken ek omtrent al die stories en die versies.
Die arme kinders van vandag:((( Hulle stel nie eers belang om 'n dik boek
soos Die Skatkis op te tel nie - TV kyk is mos makliker:(((
Annette

--
> "Shannon" wrote in message
> news:3b8e0635.0@news1.mweb.co.za...
>> Klapper-karringmelkbeskuit
>>
>> Metode:
>>
>> Meng meel, klapper, suiker en sout saam en vryf botter met vingerpunte in.
>> Klits eiers en meng met karringmelk.
>
> Net hier stop my metode. Los die eiers, klits twee eetlepels suiker by die
> karringmelk en drink tot jy 'n wit snor het. Eet 'n stuk droë
> brood daarmee saam. Niks botter nie, dit beneuk die tekstuur.
> Sakkie
>
Re: Resepte Klapper-karringmelkbeskuit [boodskap #49333 is 'n antwoord op boodskap #49169] Mon, 03 September 2001 07:46 Na vorige boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: January 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ek dink dit is maar iets wat iemand later aan gedink het om te doen. Ek het
self die eerste keer beskuit met klapper in, as volwassene geproe.

Shannon

Annette skryf in boodskap news:9mobcj$38fdn$3@ID-92016.news.dfncis.de...
> Shanon - my ouma het definitief nooi klapper in haar karringmelkbeskuit
> gesit nie.
> Annette
>
>
>> Klapper-karringmelkbeskuit
>>
>>
>> Bestanddele:
>>
>> 2kg bruismeel
>> 750ml klapper
>> 750ml suiker
>> 3 eiers
>> 500g botter of margarien
>> 1 liter karringmelk
>> 2 teelepels sout
>>
>> Metode:
>>
>> Meng meel, klapper, suiker en sout saam en vryf botter met vingerpunte in.
>> Klits eiers en meng met karringmelk. Voeg by meelmengsel en meng goed.
>> Skep in panne en bak sowat 1 uur in voorverhitte oond by 180°C.
>> Laat afkoel, breek in stukke en droog uit teen 100°C (3-4 uur).
>>
>> Het die een op die internet raak geloop en sal kyk of my tien duime hom kan
>> baasraak.
>>
>> Danielle wrote in message
>> news:pevqot8aff8n2hqrfpnb9lh7oiivopagrk@4ax.com...
>>> On Wed, 29 Aug 2001 07:52:56 +0200, "Shannon"
>>> wrote:
>>>
>>>> Dit lyk my daar is darem een onderwerp waaroor almal kan saampraat sonder 'n
>>>> reuse vuisgeveg: kos!
>>>
>>> Wanna bet? :-))))
>>>
>>>> Ek sukkel egter met 'n resep vir ordentlike karringmelkbeskuit (met klapper)
>>>
>>> Met klapper? Dit klink baie interessant! :-)
>>>
>>
>
Vorige onderwerp: Hoekom3 (Korreksie)
Volgende onderwerp: Re: Christiaan Barnard.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Tue Dec 31 23:47:28 UTC 2024