Grondsoewereiniteit [boodskap #49070] |
Wed, 29 August 2001 21:07 |
Rennie Oster
Boodskappe: 72 Geregistreer: August 2001
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Rennie Oster wrote:
> Maar die beginsel van grondsoewereiniteit is vir baie mense
> heilig, die skaal is eintlik onbelangrik, want niemand is seker oor wat
> volgende is nie en sulke onsekerheid maak besigheidsbesluite onmoontlik.
Gloudina
"Sommige mense" vir wie "grondsoewereiniteit heilig" is, is natuurlikamper
uitsluitlik die wit koloniste ( en besigheidsmense wat net aan
geldmaak dink.) As ek 'n swart Zimbabwe-inwoner is, van wie
die voorouers gemeenskaplike en dus kommunistiese grond-
besit geken het, en wat daarna van sy voorvaderlike blyplekke
afgestoot is deur wit koloniste, wat sou ek omgee vir die "heilig-
heid van grondsoewereiniteit" ?
Rennie
As jy (= swart Zimbewoner) verstand het, sal jy besef dat jy die
besigheidsmense nodig het. Soos die meeste swart leiers in SA wel deeglik
besef. En dat jy ekonomiese selfmoord pleeg as jou land nie besigheid kan
doen nie. Jy sal dus sommer baie omgee. As jy verstand het, en ek glo daar
is meer breinkrag as wat die meeste mense dink.
|
|
|
Re: Grondsoewereiniteit [boodskap #49074 is 'n antwoord op boodskap #49070] |
Wed, 29 August 2001 22:52 |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Rennie Oster wrote:
> As jy (= swart Zimbewoner) verstand het, sal jy besef dat jy die
> besigheidsmense nodig het. Soos die meeste swart leiers in SA wel deeglik
> besef. En dat jy ekonomiese selfmoord pleeg as jou land nie besigheid kan
> doen nie. Jy sal dus sommer baie omgee. As jy verstand het, en ek glo daar
> is meer breinkrag as wat die meeste mense dink.
Jy is te kapitalisties-gefokusd wanneer jy sê dat mens altyd"die
besigheidsmense nodig het." Daar is 'n groot skool van
denke wat glo dat dit juis die probleem vandag in Afrika is.
Die koloniste het in baie dele van Afrika kom boer om dié
produkte te produseer wat vir die moederland van bate was.
Na onafhanklikheid het baie van die vorige kolonies, selfs
onder lokale beheer, voortgegaan met hierdie soort boerdery.
Dit subjekteer hulle dan aan die wel en die wee van die produkte-
marke oorsee en hulle is dus nog in dwinglandy. Dink maar aan
sommige Wes-Afrikaanse state wat totaal staatmaak op die
produksie van cocoa ( wat is die Afrikaans nou weer.) Of
Nigerië met sy olie-produksie. Dink ook hoeveel verwoesting
die myn van diamante veral aan die weste van Afrika bring,
waar die onwettige produksie en smokkel van diamante
lokale oorloggies aan die gang hou. Dink hoe ver hierdie
ding al teruggaan - na die tyd van die slawehandel, toe die
mark vir slawe buite Afrika 'n lokale slawevangery en
handel laat ontstaan het.
Daar is dan ook nog die heerskappy van die World
Monetary Fund en die World Bank, wat soos 'n tweede
koloniale mag funksioneer. Dis 'n permanente tou om die
hals van baie Afrika-state. Hulle dink hulle is onafhanklik,
maar hulle is nie.
Nee! Dis eers wanneer die mense van Afrika hulle
grootliks losmaak van die finansiële bande wat hulle aan
die geldmagte oorsee bind dat hulle hul eie siel sal vind.
Dis die crux van die boodskap wat die African Renaissance-
beweging wil stuur. "Die Weste" se heerskappy moet tot
'n einde gebring word. En daar is alle tekens dat daar
selfs in die Weste 'n beweging in daardie rigting besig is
om te groei. Sien maar in dié lig al die periferale onrus
by byeenkomste soos Seattle of Quebec City onlangs.
Gloudina
|
|
|