Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Boerewors
|
Re: Boerewors [boodskap #86467 is 'n antwoord op boodskap #48071] |
Wed, 29 October 2003 07:06 |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Jy is reg daar Suidwester - baie mense hier wens dat die nuwe arbeidsloon
bepalings nooit in werking gestel is nie, want baie mense is nou slegter
daaraan toe - ten minste het hul voorheen werk gehad, en gratis kos boonop.
Nou moet daar 'n minimumloon betaal word, en die werkgewer kan dit of nie
bekostig nie, of die werker kan nie met die minimumloon sonder die gratis
kos en vervoerkoste oorleef nie.
Ek weet daar is oortree aan beide kante van die politieke spektrum. Daar
moes nooit werkreservering gewees het nie.
Daar moes nooit op 'n mens se velkleur die besluit gewees het wie kry 'n dop
by die dopstelsel, en wie kry nie gesubsidieerde kos en ekstra geld vir
vervoer nie.
Almal moes die geleentheid gehad het om tot die beste van hul vermoë
opgevoed te word en te kan studeer in die veld wat hulle sou belangstel.
Niemand moes die reg gehad het om enige kind te verbied om skool by te woon
nie.
Niemand moes die reg gehad het om mense te verbied om vir water en
elektrisiteit en behuising te betaal nie.
--
Annette
"Sandvlooi" skryf in boodskap news:bnnm0r$17md$1@newsreader02.ops.uunet.co.za...
> Ag siestog my antie, is die spartel moeilik? Ek het vreeslike slegte nuus
> vir jou, maar dit wat jy aan ons blankes toeskryf is presies die slagspreke
> van leuenstoel politici wat nie 'n clue het van wat aangaan nie. Ek gaan
> vir jou 'n stelling maak wat jou breinselle aan't bewe sal laat gaan: Die
> grootste probleem van Afrika was juis die persepsie van die wit mense wat
> gedink het die swart mense kan nie vir hulleself sorg nie. Dat hulle die
> verantwoordelikheid het om vir sy swart werkers te sorg.....nie net te
> betaal nie, maar ook gratis medies en verblyf voor te sorg. Meeste werke
> het ook vir kosrantsoene gesorg. Nou, as jy hierdie spulletjie in
> geldwaarde gaan omsit dan het die gemiddelde swart werker nie veel slegter
> gedoen as enige werker van enige ander geslag nie. Jy reken dis hul
> arbeid wat uitgebuit was, maar my antie, hulle is betaal vir hulle werk!
> Jy reken die minimumloon het ons pas van gehoor, maar is jy bewus daarvan
> dat na die minimumloon ingestel is vir plaaswerkers in Namibië het daar baie
> klagtes uit die platteland gekom van werkers wat se lone verlaag het om aan
> te pas by die sisteem? Hierteenoor staan die blanke werkers. Niemand
> het verblyf, kos of klere gekry nie. Jy is mos blank en moet vir jouself
> kan sorg!
> Weet jy dat sonder die huidige arbeidswette daar legio plase in Namibië
> is waar swart werkers oud geword het en afgetree het op die plaas, saam met
> sy [sal ek waag om te sê baas?] plaaseienaar. O, ek erken ons het die
> verkeerde pad gevat met swart arbeid. In plaas van om swart
> kontrakwerkers uit die noorde na die suide te bring, vir hom klere te gee,
> vir hom 'n salaris betaal, hom op te lei in 'n werk wat hy nog nie eers van
> gehoor het nie, vir sy verblyf te sorg en hom sommer nog elke dag ook kos te
> gee, moes ons hom net 'n lekker vet bedrag gegee het en vir hom gesê het
> sorg jy vir jou eie verblyf, jou eie kos en jou eie klere. Weet jy hoeveel
> sou slaag? Weinig.
> Uiteindelik is jy tog dalk reg. Ons moes die swart mense nie werk
> gegee het in die myne en die fabrieke nie want dan sou ons hulle nie kon
> 'uitbuit' nie. Dit sou beteken het dat hulle nie die gratis behuising,
> medies en rantsoene kon 'score' nie. Dit beteken dat hulle nooit sou werk
> kry nie. Ek neem aan julle in Kanada sou vir die swart massas kon sorg?
> En so 'n stertjie.........ek het nog nooit vir 'n enkele swart werker
> geadverteer om vir my te kom werk nie. Daar is daagliks mense wat kom vra
> of daar dalk nie 'n werkie beskikbaar is nie. Die dag as ek 'n man nodig
> het, dan vra ek hom wat hy wil hê as betaling en weet jy wat? 100% van
> hulle is bereid om vir minder as die helfte van die minimumloon te werk AS
> hulle net êrens 'n inkomste kan verdien. Is jy bewus daarvan dat die
> oumens pensioen van die Swapo regering R250 per maand is? Werk maar self
> uit wat jy daarmee kan doen...........
> "@rogers.com" wrote in message
> news:d8vnb.85778$3f.38958@twister01.bloor.is.net.cable.roger s.com...
>>
>> Sandvlooi wrote
>>
>>> Ek skenk hom niks want enige mens met enige trots in hom wil
>>> niks geskenk hê nie! Gee hom net 'n kans om dit self te verdien en
hy
>> sal
>>> dit ook nie wil steel nie. Dit is presies dít wat julle
>> politiekeaktiviste
>>> nie 'n clue van het nie. Julle het van die Afrikaan 'n bedelaar gemaak
>>> omdat julleself bedelaars van ander lande is!
>>
>> Ag, hou tog op met jou getokkel en vir jouself op
>> die skouer te klop oor iets wat vanselfsprekend is,
>> dat iemand wat hard werk, vir sy arbeid vergoed
>> word. Miskien is hierdie konsep nuut vir jou,
>> wat grootgeword het in 'n maatskappy waar hulle
>> aanhoudend vertel word kaffers is lui en kaffers is
>> dom, terwyl kaffers die land se harde werk in die
>> myne en op die plase en in die huise gedoen het.
>> Dit seker ook nou eers dat daar wette kom wat
>> vir jou vertel wat die minimum-loon is, dat jy
>> die swartmense hulle regte loon móét betaal, en
>> nou spog jy daaroor. Stop jou stupid op die skouer
>> klop. 'n Swartman het nie vir jou nodig om vir hom
>> te vertel dat vir die eerste keer in eeue hy nie meer
>> in die oë van witmense hoef te kyk vir sy lewensreg
>> en selfrespek nie.
>>
>> Tant Hessie van die Spergebied
>>
>
|
|
|
Re: Boerewors [boodskap #86481 is 'n antwoord op boodskap #86467] |
Wed, 29 October 2003 09:23 |
Sandvlooi
Boodskappe: 484 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
En dis presies waar die hele Afrikaprobleem ook misverstaan word. Vergeet
die politiek en kyk na die werklikheid. As 'n jong swartman rou vanuit
skoolopvoeding begin werk dan is die kanse 100% dat hy absoluut geen
industrieondervinding het nie [soos ook sy blanke konkurent!] maar die
blanke kind was oor die algemeen meer blootgestel aan 'n kompeterende
gemeenskap waar die ouers gewoonlik 'n werk het en uit die inkomste vir sy
lewe moet betaal. Die ouershuis dien dan gewoonlik ook as ondersteuning
vir so 'n jong kind wat nou vir die eerste keer begin werk.
Die swart kind daarenteen, kom meeste gevalle vanuit die platteland en
sy eerste probleem gaan wees om verblyf te kry. Die kanse is 99% dat sy
ouers hom nie finansieel sal kan ondersteun in die eerste paar maande van sy
werk nie. Dis hier waar die probleme begin het want die werkgewers, as
hulle jong mense wou hê om vir hulle te werk, dan moes hulle 'n alternatief
uitwerk om die jong swartmense te ondersteun in die begin. Dis toe dat
enkelkwartiere gebou is en kos gegee is, vervoer betaal is. Al hierdie
byvoordele was nie vir die meerderheid van die blanke werkers nodig nie en
daarom was daar 'n verskil in direkte uitbetaling van kontant aan die
werkers. Ongelukkig met so iets raak dit 'n gewoonte en as dit in werking
is, dan is dit moeilik om vir die ontvanger te sê hy gaan nie meer sy
byvoordele kry nie.
Ek het egter 'n antwoord gekry. Ek stel nie meer 'n werker op salaris
aan vir die eerste 6 maande nie. Ek betaal hom 'n daaglikse loon. Elke
dag kry hy sy dag se geld en dit help hom om kontant in die hand te hê om
oor daai aanvanklike probleem te kom. Sodra hy ge-'settle' is, dan stel ek
hom vas aan met 'n maandelikse salaris.
"Annette" skryf in boodskap news:bnnpqb$5po$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Jy is reg daar Suidwester - baie mense hier wens dat die nuwe arbeidsloon
> bepalings nooit in werking gestel is nie, want baie mense is nou slegter
> daaraan toe - ten minste het hul voorheen werk gehad, en gratis kos boonop.
> Nou moet daar 'n minimumloon betaal word, en die werkgewer kan dit of nie
> bekostig nie, of die werker kan nie met die minimumloon sonder die gratis
> kos en vervoerkoste oorleef nie.
> Ek weet daar is oortree aan beide kante van die politieke spektrum. Daar
> moes nooit werkreservering gewees het nie.
> Daar moes nooit op 'n mens se velkleur die besluit gewees het wie kry 'n dop
> by die dopstelsel, en wie kry nie gesubsidieerde kos en ekstra geld vir
> vervoer nie.
> Almal moes die geleentheid gehad het om tot die beste van hul vermoë
> opgevoed te word en te kan studeer in die veld wat hulle sou belangstel.
> Niemand moes die reg gehad het om enige kind te verbied om skool by te woon
> nie.
> Niemand moes die reg gehad het om mense te verbied om vir water en
> elektrisiteit en behuising te betaal nie.
> --
> Annette
> "Sandvlooi" wrote in message
> news:bnnm0r$17md$1@newsreader02.ops.uunet.co.za...
>> Ag siestog my antie, is die spartel moeilik? Ek het vreeslike slegte
> nuus
>> vir jou, maar dit wat jy aan ons blankes toeskryf is presies die
> slagspreke
>> van leuenstoel politici wat nie 'n clue het van wat aangaan nie. Ek gaan
>> vir jou 'n stelling maak wat jou breinselle aan't bewe sal laat gaan:
> Die
>> grootste probleem van Afrika was juis die persepsie van die wit mense wat
>> gedink het die swart mense kan nie vir hulleself sorg nie. Dat hulle die
>> verantwoordelikheid het om vir sy swart werkers te sorg.....nie net te
>> betaal nie, maar ook gratis medies en verblyf voor te sorg. Meeste werke
>> het ook vir kosrantsoene gesorg. Nou, as jy hierdie spulletjie in
>> geldwaarde gaan omsit dan het die gemiddelde swart werker nie veel slegter
>> gedoen as enige werker van enige ander geslag nie. Jy reken dis hul
>> arbeid wat uitgebuit was, maar my antie, hulle is betaal vir hulle werk!
>> Jy reken die minimumloon het ons pas van gehoor, maar is jy bewus daarvan
>> dat na die minimumloon ingestel is vir plaaswerkers in Namibië het daar
> baie
>> klagtes uit die platteland gekom van werkers wat se lone verlaag het om
> aan
>> te pas by die sisteem? Hierteenoor staan die blanke werkers. Niemand
>> het verblyf, kos of klere gekry nie. Jy is mos blank en moet vir jouself
>> kan sorg!
>> Weet jy dat sonder die huidige arbeidswette daar legio plase in
> Namibië
>> is waar swart werkers oud geword het en afgetree het op die plaas, saam
> met
>> sy [sal ek waag om te sê baas?] plaaseienaar. O, ek erken ons het die
>> verkeerde pad gevat met swart arbeid. In plaas van om swart
>> kontrakwerkers uit die noorde na die suide te bring, vir hom klere te gee,
>> vir hom 'n salaris betaal, hom op te lei in 'n werk wat hy nog nie eers
> van
>> gehoor het nie, vir sy verblyf te sorg en hom sommer nog elke dag ook
kos
> te
>> gee, moes ons hom net 'n lekker vet bedrag gegee het en vir hom gesê het
>> sorg jy vir jou eie verblyf, jou eie kos en jou eie klere. Weet jy
> hoeveel
>> sou slaag? Weinig.
>> Uiteindelik is jy tog dalk reg. Ons moes die swart mense nie werk
>> gegee het in die myne en die fabrieke nie want dan sou ons hulle nie kon
>> 'uitbuit' nie. Dit sou beteken het dat hulle nie die gratis behuising,
>> medies en rantsoene kon 'score' nie. Dit beteken dat hulle nooit sou
> werk
>> kry nie. Ek neem aan julle in Kanada sou vir die swart massas kon sorg?
>> En so 'n stertjie.........ek het nog nooit vir 'n enkele swart werker
>> geadverteer om vir my te kom werk nie. Daar is daagliks mense wat kom
> vra
>> of daar dalk nie 'n werkie beskikbaar is nie. Die dag as ek 'n man nodig
>> het, dan vra ek hom wat hy wil hê as betaling en weet jy wat? 100% van
>> hulle is bereid om vir minder as die helfte van die minimumloon te werk AS
>> hulle net êrens 'n inkomste kan verdien. Is jy bewus daarvan dat die
>> oumens pensioen van die Swapo regering R250 per maand is? Werk maar self
>> uit wat jy daarmee kan doen...........
>> "@rogers.com" wrote in message
>> news:d8vnb.85778$3f.38958@twister01.bloor.is.net.cable.roger s.com...
>>>
>>> Sandvlooi wrote
>>>
>>>> Ek skenk hom niks want enige mens met enige trots in hom wil
>>>> niks geskenk hê nie! Gee hom net 'n kans om dit self te verdien en
> hy
>>> sal
>>>> dit ook nie wil steel nie. Dit is presies dít wat julle
>>> politiekeaktiviste
>>>> nie 'n clue van het nie. Julle het van die Afrikaan 'n bedelaar
> gemaak
>>>> omdat julleself bedelaars van ander lande is!
>>>
>>> Ag, hou tog op met jou getokkel en vir jouself op
>>> die skouer te klop oor iets wat vanselfsprekend is,
>>> dat iemand wat hard werk, vir sy arbeid vergoed
>>> word. Miskien is hierdie konsep nuut vir jou,
>>> wat grootgeword het in 'n maatskappy waar hulle
>>> aanhoudend vertel word kaffers is lui en kaffers is
>>> dom, terwyl kaffers die land se harde werk in die
>>> myne en op die plase en in die huise gedoen het.
>>> Dit seker ook nou eers dat daar wette kom wat
>>> vir jou vertel wat die minimum-loon is, dat jy
>>> die swartmense hulle regte loon móét betaal, en
>>> nou spog jy daaroor. Stop jou stupid op die skouer
>>> klop. 'n Swartman het nie vir jou nodig om vir hom
>>> te vertel dat vir die eerste keer in eeue hy nie meer
>>> in die oë van witmense hoef te kyk vir sy lewensreg
>>> en selfrespek nie.
>>>
>>> Tant Hessie van die Spergebied
>>>
>>
>
|
|
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: Fri Jan 10 17:29:43 UTC 2025
|