Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Meeluistering
Meeluistering [boodskap #47331] Do, 26 Julie 2001 06:13
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11112
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Elke nuwe wet het 'n nuwe probleem.
Wonder net hoe lank die een gaan toegepas word.
Die ry en selfoon wet bestaan, maar niemand steur hulle daaraan nie - selfs
nie eers die wetstoepassers nie.
Nou moet ons hoor dat telefoon- en diensverskaffers op eie koste die nodige
tegnologie moet bekom, sodat die polisie kan inluister en inkyk?
Hoe gaan ek weet of die papiertjie wat in my gesig gewaai gaan word wat
kwansuis die regter se toestemming sou wees eg is?
Ons polisie - waar daar 'n groot klomp korrupte mense ook werk soos in enige
ander werksplek - moet vertrou word?
Geen internet monetêre transaksie sal veilig wees nie.
Ek sal geen betroubare inligting wat ek aan my kliënte per e-pos stuur of
ontvang meer kan doen nie.
Ons beweeg inderdaad agteruit.
Sal maar al my korrespondensie per fiets laat aflewer.
--
Groetnis,
Annette.
Vorige onderwerp: Die Gewetenswroeging
Volgende onderwerp: SAINT MICHAEL'S
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Nov 28 05:07:46 MGT 2024