Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Demokratiese republiek
Demokratiese republiek [boodskap #45778] Wed, 04 July 2001 14:22
plaasvark  is tans af-lyn  plaasvark
Boodskappe: 200
Geregistreer: May 2001
Karma: 0
Senior Lid
Danielle : ...ek moet gaan slaap - maar miskien maak ek meer sin so half
aan die slaap, so laat ek vinnig sê wat ek dink in 'n neutedop. :-)
'n Demokrasie is 'n diktatorskap van die meerderheid.
'n Republiek daarteenoor, waarborg die regte van minderheidsgroepe.
In 'n suiwer demokratiese stelsel tel die meerderheid stemme - 51
teenoor 49%. Wys my hoe minderheidsgroepe soos die blankes,
kleurlinge, Indiers en andere in SA daardeur (demokrasie) beskerm kan
word, en hoe hulle stemme gehoor gaan word?

Wouter:
Wat jy as 'n demokrasie beskryf is 'n winner-take-all stelsel. Soos die
proporsionele verteenwoordiging wat ons nou het of die vorige
Westministerstelsel waar die wenner per kiesafdeling bepaal is. Hoe korter
die verkiesingsperiodes is, hoe meer demokraties is dit. en vice versa. Want
'n demokrasie beteken dat die wil van die volk geld (demos=volk).

'n Republiek is nie noodwendig meer of minder demokraties as 'n
winner-take-all stelsel nie, ons het darem self ook 'n Republiek hier in SA.
Of is ons nie meer die RSA nie?
Vorige onderwerp: Wie wil 'n erf koop? Goedkoop slegs R25
Volgende onderwerp: Re: bly liewer in die huis - davie.jpg (1/1) - sherrifDD.jpg (1/1)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 29 06:54:35 UTC 2024