Forum: Woordeboek
Onderwerp: janfiskaal
janfiskaal [boodskap #150634 ]
Di., 06 Januarie 2026 13:24
Leksikograaf
Boodskappe: 24274Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Skets van 'n janfiskaal.
janfiskaal
Afbreking: jan•fi•skaal
Samestelling: jan + fiskaal
Selfstandige naamwoord: janfiskaal
Meervoud: janfiskaals , janfiskale
Verkleinwoord: janfiskaaltjie
Meervoud van verkleining: janfiskaaltjies
Betekenis:
• Voël met 'n swart rug, wit maag en 'n wit V-vormige merk op die rug, Lanius collaris .
Gebruik:
• Die janfiskaal vang insekte en ander voëls wat hulle vir later gebruik aan dorings en drade ophang.
Sinoniem:
• biltongmaker
• fiskaallaksman
• katlagter
• laksman
• spensvoël
• tweedood
Vertaling:
Engels: fiscal-shrike, butcher‐bird
Nederlands: zuidelijke gekraagde klauwier
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: goede
goede [boodskap #150633 ]
Di., 06 Januarie 2026 12:41
Leksikograaf
Boodskappe: 24274Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
goede
Afbreking: goe•de
Samestelling: goed + -e
Selfstandige naamwoord: goede
Meervoud: –
Betekenis:
• Verboë vorm van goed, tot die voordeel van, veral in vaste uitdrukkings soos "ten goede van ", "ten goede kom " en "ten goede werk ".
Gebruik:
• Ná sy se aankoms op die plaas begin dinge ten goede verbeter.
• Gelukkig het alles ten goede meegewerk en is 'n bevredigende oplossing gevind.
Vertaling:
Engels: the good
Nederlands: ten goede
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Wo., 07 Januarie 2026 06:33]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: karp
karp [boodskap #150632 ]
Di., 06 Januarie 2026 12:27
Leksikograaf
Boodskappe: 24274Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
karp
Afbreking: karp
Selfstandige naamwoord: karp , karper
Meervoud: karpe , karpers
Betekenis:
• 'n Eetbare vis wat in varswater voorkom, Cyprinus carpio .
Gebruik:
• Die hengelaar het 'n groot karp in die dam gevang.
Wisselvorm:
• karper
Afgelei:
• karpagtig
• karpteelt
• karpverspreiding
Vertaling:
Engels: carp
Nederlands: karper
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Di., 06 Januarie 2026 12:30]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: uitbulder
uitbulder [boodskap #150631 ]
Di., 06 Januarie 2026 10:58
Leksikograaf
Boodskappe: 24274Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitbulder
Afbreking: uit•bul•der
Samestelling: uit + bulder
Werkwoord: bulder uit , uitbulder
Verlede tyd: het uitgebulder
Teenwoordige deelwoord: uitbulderend , uitbulderende
Verlede deelwoord: uitgebulderde
Betekenis:
• Om hard en dreunend te praat.
Gebruik:
• Die onderwyser bulder die kinders se name oor die megafoon uit .
• Ek onthou nog hoe die sersantjie sy bevele oor die paradegrond uitgebulder het.
Sinoniem:
• uitbasuin
• uitbrul
• uitskreeu
Vertaling:
Engels: to bawl out, roar out, bluster out, vociferate
Nederlands: uitbulderen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Wo., 07 Januarie 2026 06:32]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: sitoplasma
sitoplasma [boodskap #150630 ]
Di., 06 Januarie 2026 10:39
Leksikograaf
Boodskappe: 24274Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sitoplasma
Afbreking: si•to•plas•ma
Samestelling: sito- + plasma
Selfstandige naamwoord: sitoplasma
Meervoud: –
Betekenis:
• Die inhoud van 'n sel behalwe vir die selkern.
Gebruik:
• Die sitoplasma bestaan uit die sitosol en organelle waaruit die sel opgebou is.
Sinoniem:
• selstof
Afgelei:
• sitoplasmaties
Vertaling:
Engels: cytoplasm
Nederlands: cytoplasma
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Wo., 07 Januarie 2026 06:32]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: mitochondrion
mitochondrion [boodskap #150629 ]
Di., 06 Januarie 2026 10:30
Leksikograaf
Boodskappe: 24274Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
mitochondrion
Afbreking: mi•to•chon•dri•on
Selfstandige naamwoord: mitochondrion
Meervoud: mitochondria
Betekenis:
• Staafvormige organel in die sitoplasma van 'n sel, die setel van ATP-produksie.
Gebruik:
• Die mitochondrion word soms as die kragsentrale of battery van die sel beskryf.
Wisselvorm:
• mitochondrium
Hiperoniem:
• selstruktuur
Afgelei:
• mitochondrieel
Vertaling:
Engels: mitochondrion
Nederlands: mitochondrion, mitochondrium
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Wo., 07 Januarie 2026 06:31]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: witborskraai
witborskraai [boodskap #150628 ]
Di., 06 Januarie 2026 07:52
Leksikograaf
Boodskappe: 24274Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Witborskraai.
witborskraai
Afbreking: wit•bors•kraai
Samestelling: witbors + kraai
Selfstandige naamwoord: witborskraai
Meervoud: witborskraaie
Betekenis:
• 'n Kraai met 'n glansende swart kop en stert wat deur 'n wit bors en kraag onderbreek word, Corvus albus .
Gebruik:
• Die witborskraai vreet insekte en akkedisse, maar sal soms ook vrugte en plante vreet.
Vertaling:
Engels: pied crow
Nederlands: schildraaf
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: kletskunstenaar
kletskunstenaar [boodskap #150627 ]
Di., 06 Januarie 2026 06:34
Leksikograaf
Boodskappe: 24274Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kletskunstenaar
Afbreking: klets•kuns•te•naar
Samestelling: klets + kunstenaar
Selfstandige naamwoord: kletskunstenaar
Meervoud: kletskunstenaars
Betekenis:
• 'n Persoon wat rap. Iemand wat teks vinnig op die maat van musiek voordra.
Gebruik:
• Snoop Dogg is 'n bekende Amerikaanse kletskunstenaar .
Sinoniem:
• kletsrymer
• rapper (informeel )
Vertaling:
Engels: rap artist, rapper
Nederlands: rapper
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: riviervis
riviervis [boodskap #150626 ]
Ma., 05 Januarie 2026 19:20
Leksikograaf
Boodskappe: 24274Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
riviervis
Afbreking: ri•vier•vis
Samestelling: rivier + vis
Selfstandige naamwoord: riviervis
Meervoud: riviervisse
Verkleinwoord: riviervissie
Meervoud van verkleining: riviervissies
Betekenis:
• 'n Vis wat in die varswater van riviere leef.
Gebruik:
• Die baars, brasem, karp en forel is riviervisse .
Sinoniem:
• soetwatervis
• varswatervis
Antoniem:
• seevis
Vertaling:
Engels: river fish, freshwater fish
Nederlands: riviervis
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: byeboer
byeboer [boodskap #150625 ]
Ma., 05 Januarie 2026 19:10
Leksikograaf
Boodskappe: 24274Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
byeboer
Afbreking: by•e•boer
Samestelling: bye + boer
Selfstandige naamwoord: byeboer
Meervoud: byeboere
Verkleinwoord: byeboertjie
Meervoud van verkleining: byeboertjies
Betekenis:
• 'n Persoon wat bye aanhou, meestal vir hul heuning en was, of om gewasse te bestuif.
Gebruik:
• Die byeboer versorg sy byekorwe.
Sinoniem:
• imker (ongewoon )
Afgelei:
• byeboerdery
Vertaling:
Engels: bee‐keeper, apiculturist
Nederlands: imker, bijenhouder
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Di., 06 Januarie 2026 12:05]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: verkalking
verkalking [boodskap #150624 ]
Ma., 05 Januarie 2026 16:32
Leksikograaf
Boodskappe: 24274Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verkalking
Afbreking: ver•kal•king
Samestelling: verkalk + -ing
Selfstandige naamwoord: verkalking
Meervoud: verkalkings
Betekenis:
• Die neerslag van kalk (meestal kalsiumsoute).
Gebruik:
• Verkalking van die arteries is 'n risikofaktor vir hartaanvalle en beroertes.
Sinoniem:
• kalsifikasie
• kalsifisering
Antoniem:
• ontkalking
Hiponiem:
• aarverkalking
• slagaarverkalking
Afgelei:
• verkalkingstoets
Vertaling:
Engels: calcination, calcification
Nederlands: verkalking
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: vooraansig
vooraansig [boodskap #150623 ]
Ma., 05 Januarie 2026 16:12
Leksikograaf
Boodskappe: 24274Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vooraansig
Afbreking: voor•aan•sig
Samestelling: voor + aansig
Selfstandige naamwoord: vooraansig
Meervoud: vooraansigte
Betekenis:
• Die perspektief as 'n mens van die voorkant na iets kyk.
Gebruik:
• Teken die vooraansig van die huis.
Antoniem:
• agteraansig
Vertaling:
Engels: front view
Nederlands: vooraanzicht
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: bo-aansig
bo-aansig [boodskap #150622 ]
Ma., 05 Januarie 2026 16:04
Leksikograaf
Boodskappe: 24274Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bo-aansig
Afbreking: bo-aan•sig
Samestelling: bo + aansig
Selfstandige naamwoord: bo-aansig
Meervoud: bo-aansigte
Betekenis:
• Die perspektief as 'n mens van bo-af na iets kyk.
Gebruik:
• Teken 'n bo-aansig van die huis.
Wisselvorm:
• boaansig
Vertaling:
Engels: top view, bird's-eye view
Nederlands: bovenaanzicht
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: riskant
riskant [boodskap #150621 ]
Ma., 05 Januarie 2026 15:37
Leksikograaf
Boodskappe: 24274Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
riskant
Afbreking: ris•kant
Byvoeglike naamwoord: riskant
Vergrotende trap: riskanter
Oortreffende trap: riskantste
Attributief: riskante
Betekenis:
• Wat gevaarlik is en risiko inhou.
Gebruik:
• Dit is riskant om so vinnig in die reën te jag.
Sinoniem:
• gevaarlik
• gewaagd
• onseker
• onveilig
• waaghalsig
Antoniem:
• veilig
Vertaling:
Engels: risky, daring, hazardous
Nederlands: riskant
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: teatraal
teatraal [boodskap #150620 ]
Ma., 05 Januarie 2026 15:16
Leksikograaf
Boodskappe: 24274Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
teatraal
Afbreking: te•a•traal
Byvoeglike naamwoord: teatraal
Attributief: teatrale
Betekenis:
• Op 'n oordrewe en dramatiese manier, soos tydens 'n teateropvoering.
Gebruik:
• Die matrikulante het die matriekafskeid op 'n teatrale wyse en met groot swier afgeskop.
Sinoniem:
• aanstellerig
• dramaties
• fantasmagories
• flambojant
• oordrewe
• pretensieus
• toneelagtig
• windmakerig
Vertaling:
Engels: theatrical, dramatic, stagy, exaggerated
Nederlands: theatraal
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: ruitens
ruitens [boodskap #150619 ]
Ma., 05 Januarie 2026 15:03
Leksikograaf
Boodskappe: 24274Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ruitens
Afbreking: rui•tens
Samestelling: ruite + -ns
Selfstandige naamwoord: –
Meervoud: ruitens
Betekenis:
• Die kaarte met patrone wat soos rooi ruite lyk.
Gebruik:
• Daar is 52 speelkaarte in 'n pak kaarte, met 13 skoppens (♠), 13 hartens (♥), 13 ruitens (♦) en 13 klawers (♣).
Sinoniem:
• ruite
Hiponiem:
• ruitensaas
• ruitensboer
• ruitensheer
• ruitensewe
• ruitensvrou
Vertaling:
Engels: diamonds
Nederlands: ruitens
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: hartens
hartens [boodskap #150618 ]
Ma., 05 Januarie 2026 14:59
Leksikograaf
Boodskappe: 24274Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
hartens
Afbreking: har•tens
Samestelling: harte + -ns
Selfstandige naamwoord: –
Meervoud: hartens
Betekenis:
• Die kaarte met patrone wat soos rooi harte lyk.
Gebruik:
• Daar is 52 speelkaarte in 'n pak kaarte, met 13 skoppens (♠), 13 hartens (♥), 13 ruitens (♦) en 13 klawers (♣).
Sinoniem:
• harte
Hiponiem:
• hartensheer
• hartensboer
• hartensaas
Vertaling:
Engels: hearts
Nederlands: hartens
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: oliestorting
oliestorting [boodskap #150617 ]
Ma., 05 Januarie 2026 14:27
Leksikograaf
Boodskappe: 24274Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
oliestorting
Afbreking: o•lie•stor•ting
Samestelling: olie + storting
Selfstandige naamwoord: oliestorting
Meervoud: oliestortings
Betekenis:
• Die rampspoedige vrystelling van olie wat die omgewing besoedel.
Gebruik:
• Verskeie strande is gesluit nadat 'n oliestorting aan die kus plaasgevind het.
Vertaling:
Engels: oil spill
Nederlands: olieramp
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: predasie
predasie [boodskap #150616 ]
Ma., 05 Januarie 2026 14:05
Leksikograaf
Boodskappe: 24274Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
predasie
Afbreking: pre•da•sie
Selfstandige naamwoord: predasie
Meervoud: predasies
Betekenis:
• Proses waar die een dier 'n ander jag en eet.
Gebruik:
• Bioloë onderskei tussen primêre predasie (waar die prooi deur 'n roofdier doodgemaak en gevreet word) en sekondêre predasie (waar die prooi van ander oorsake dood is en daarna gevreet word).
Verwant:
• predator
Vertaling:
Engels: predation
Nederlands: predatie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: selstruktuur
selstruktuur [boodskap #150615 ]
Ma., 05 Januarie 2026 13:10
Leksikograaf
Boodskappe: 24274Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
selstruktuur
Afbreking: sel•struk•tuur
Samestelling: sel + struktuur
Selfstandige naamwoord: selstruktuur
Meervoud: selstrukture
Betekenis:
• Die algehele uitleg van 'n biologiese sel, of een van die komponente waaruit 'n lewende sel bestaan.
Gebruik:
• Die selstruktuur van dierlike selle verskil van dié van plantselle.
Hiponiem:
• endoplasmiese retikulum
• Golgi-liggaam
• lisosoom
• mitochondrion
• plastied
• ribosoom
• selkern
• selmembraan
• selwand
• sitoplasma
• vakuool
Vertaling:
Engels: cell structure, cellular structure
Nederlands: celstructuur
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: geregistreer
geregistreer [boodskap #150614 ]
So., 04 Januarie 2026 16:53
Leksikograaf
Boodskappe: 24274Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
geregistreer
Afbreking: ge•re•gi•streer
Samestelling: ge- + registreer
Byvoeglike naamwoord: geregistreer , geregistreerd
Attributief: geregistreerde
Betekenis:
• Wat op 'n register vasgelê is.
Gebruik:
• Slegs geregistreerde gebruikers kan op die webwerf aanteken.
Sinoniem:
• ingeboek
• ingeskryf
Antoniem:
• ongeregistreer
Afkorting:
• gereg.
Vertaling:
Engels: registered
Nederlands: geregistreer
Werkwoord: registreer
Verlede tyd: het geregistreer
Betekenis:
• Verlede tyd van registreer.
Gebruik:
• Het jy al geregistreer ?
Vertaling:
Engels: registered
Nederlands: geregistreerd
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: losstaande
losstaande [boodskap #150613 ]
So., 04 Januarie 2026 16:44
Leksikograaf
Boodskappe: 24274Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
losstaande
Afbreking: los•staan•de
Samestelling: los + staan + -de
Byvoeglike naamwoord: –
Attributief: losstaande
Betekenis:
• Wat los staan en nie aan iets anders vas is nie.
Gebruik:
• Daar is twee losstaande huise op die erf.
Sinoniem:
• afsonderlik
• apart
• alleenstaande
• onafhanklik
• selfstandig
Vertaling:
Engels: detached, separate
Nederlands: losstaand
Nota:
• Onvoltooide deelwoord van losstaan.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: skoppens
skoppens [boodskap #150612 ]
So., 04 Januarie 2026 16:34
Leksikograaf
Boodskappe: 24274Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
skoppens
Afbreking: skop•pens
Selfstandige naamwoord: –
Meervoud: skoppens
Betekenis:
• Die swart kaarte met patrone wat soos omgekeerde harte of skerppuntige blare lyk.
Gebruik:
• Daar is 52 speelkaarte in 'n pak kaarte, met 13 skoppens (♠), 13 hartens (♥), 13 ruitens (♦) en 13 klawers (♣).
Hiponiem:
• skoppensaas
• skoppensagt
• skoppensboer
• skoppensheer
• skoppenstien
• skoppensvrou
Vertaling:
Engels: spades
Nederlands: schoppen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: reformasie
reformasie [boodskap #150611 ]
So., 04 Januarie 2026 13:00
Leksikograaf
Boodskappe: 24274Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
reformasie
Afbreking: re•for•ma•sie
Samestelling: reformeer + -asie
Selfstandige naamwoord: reformasie
Meervoud: reformasies
Betekenis:
• Die proses van hervorming, veral om weer te word soos iets vroeër was.
• Die kerklike hervorming van die 16de eeu wat tot die ontstaan van Protestantse kerke gelei het (met 'n hoofletter).
Gebruik:
• Ná jare se probleme was 'n grondige reformasie van die onderwysstelsel nodig.
• Martin Luther word as een van die sleutelfigure van die Reformasie beskou.
Sinoniem:
• hervorming
• vernuwing
• wedergeboorte
Vertaling:
Engels: reformation
Nederlands: reformatie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: alfa
alfa [boodskap #150610 ]
So., 04 Januarie 2026 12:43
Leksikograaf
Boodskappe: 24274Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
alfa
Afbreking: al•fa
Selfstandige naamwoord: alfa
Meervoud: alfas
Betekenis:
• Die eerste letter van die Griekse alfabet (hoofletter Α, kleinletter α).
Gebruik:
• Ek is die Alfa en die Omega, die Eerste en die Laaste, die Begin en die Einde. [Openbaring 22:13]
Spreekwoord:
• Die alfa en die omega. [Die begin en die einde. Alles.]
Sinoniem:
• aanvang
• begin
• eerste
Antoniem:
• omega
Afgelei:
• alfabet
• alfamannetjie
• alfapartikel
• alfastraal
• alfawyfie
Vertaling:
Engels: alpha
Nederlands: alfa
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: omega
omega [boodskap #150609 ]
So., 04 Januarie 2026 12:19
Leksikograaf
Boodskappe: 24274Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
omega
Afbreking: o•me•ga
Selfstandige naamwoord: omega
Meervoud: omegas
Betekenis:
• Die 24ste en laatste letter van die Griekse alfabet (hoofletter Ω, kleinletter ω).
Gebruik:
• Ek is die Alfa en die Omega , die Eerste en die Laaste, die Begin en die Einde. [Openbaring 22:13]
Spreekwoord:
• Die alfa en omega . [Die begin en die einde. Alles.]
Sinoniem:
• einde
• laaste
• voltooiing
Antoniem:
• alfa
Vertaling:
Engels: omega
Nederlands: omega
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: onmengbaar
onmengbaar [boodskap #150608 ]
So., 04 Januarie 2026 11:57
Leksikograaf
Boodskappe: 24274Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
onmengbaar
Afbreking: on•meng•baar
Samestelling: on- + mengbaar
Byvoeglike naamwoord: onmengbaar
Attributief: onmengbare
Partitief: onmengbaars
Betekenis:
• Wat nie gemeng kan word nie; nie in mekaar oplos nie.
Gebruik:
• Olie en water is onmengbaar en sal van mekaar skei as dit saamgeroer word.
Antoniem:
• mengbaar
Afgelei:
• onmengbaarheid
Vertaling:
Engels: immiscible
Nederlands: onmengbaar
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: mengbaar
mengbaar [boodskap #150607 ]
So., 04 Januarie 2026 11:33
Leksikograaf
Boodskappe: 24274Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
mengbaar
Afbreking: meng•baar
Samestelling: meng + -baar
Byvoeglike naamwoord: mengbaar
Attributief: mengbare
Partitief: mengbaars
Betekenis:
• Wat gemeng kan word; in mekaar oplos.
Gebruik:
• Koffie en melk is mengbaar , maar olie en water is nie.
Sinoniem:
• kombineerbaar
• vermengbaar
Antoniem:
• onmengbaar
Afgelei:
• mengbaarheid
Vertaling:
Engels: miscible, mixable, blendable
Nederlands: mengbaar
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: elandkoei
elandkoei [boodskap #150606 ]
So., 04 Januarie 2026 11:26
Leksikograaf
Boodskappe: 24274Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
elandkoei
Afbreking: e•land•koei
Samestelling: eland + koei
Selfstandige naamwoord: elandkoei
Meervoud: elandkoeie
Betekenis:
• 'n Vroulike eland.
Gebruik:
• Die elandkoei beskerm haar kalf teen roofdiere.
Antoniem:
• elandbul
Vertaling:
Engels: eland cow, female eland
Nederlands: elandkoe
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: elandbul
elandbul [boodskap #150605 ]
So., 04 Januarie 2026 11:24
Leksikograaf
Boodskappe: 24274Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
elandbul
Afbreking: e•land•bul
Samestelling: eland + bul
Selfstandige naamwoord: elandbul
Meervoud: elandbulle
Betekenis:
• 'n Manlike eland.
Gebruik:
• Ons het 'n elandbul in die veld sien loop.
Antoniem:
• elandkoei
Vertaling:
Engels: eland bull, male eland
Nederlands: elandstier
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: halverend
halverend [boodskap #150604 ]
So., 04 Januarie 2026 11:17
Leksikograaf
Boodskappe: 24274Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
halverend
Afbreking: hal•ve•rend
Samestelling: halveer + -end
Byvoeglike naamwoord: halverend
Attributief: halverende
Betekenis:
• Wat halveer; terwyl dit in die helfte sny of deel.
Gebruik:
• Meiose het 'n halverende effek omdat dit die aantal chromosome tot die helfte verminder.
Antoniem:
• verdubbelend
Vertaling:
Engels: halving, reducing by half
Nederlands: halverend
Nota:
• Onvoltooide deelwoord van halveer.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: doodsertifikaat
doodsertifikaat [boodskap #150603 ]
So., 04 Januarie 2026 10:59
Leksikograaf
Boodskappe: 24274Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
doodsertifikaat
Afbreking: dood•ser•ti•fi•kaat
Samestelling: dood + sertifikaat
Selfstandige naamwoord: doodsertifikaat
Meervoud: doodsertifikate
Betekenis:
• 'n Amptelike verklaring deur 'n geneesheer dat iemand dood is.
Gebruik:
• Die familie het 'n doodsertifikaat nodig vir die begrafnisreëlings.
Sinoniem:
• sterfbewys
• sterftesertifikaat
Antoniem:
• geboortesertifikaat
Vertaling:
Engels: death certificate
Nederlands: overlijdensakte
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: medemenslikheid
medemenslikheid [boodskap #150602 ]
So., 04 Januarie 2026 10:47
Leksikograaf
Boodskappe: 24274Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
medemenslikheid
Afbreking: me•de•mens•lik•heid
Samestelling: medemenslik + -heid
Selfstandige naamwoord: medemenslikheid
Meervoud: medemenslikhede
Betekenis:
• Die toestand van medemenslik wees; om vir ander om te gee.
Gebruik:
• Medemenslikheid maak die wêreld 'n beter plek, selfs al is dit net 'n glimlag.
Sinoniem:
• humanisme
• liefdadigheid
• medelye
• menslikheid
• naasteliefde
Vertaling:
Engels: humanity, compassion
Nederlands: medemenselijkheid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: evakueer
evakueer [boodskap #150601 ]
Di., 30 Desember 2025 07:32
Leksikograaf
Boodskappe: 24274Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
evakueer
Afbreking: e•va•ku•eer
Samestelling: e- + vakuum + -eer
Werkwoord: evakueer
Verlede tyd: het geëvakueer
Teenwoordige deelwoord: evakuerend , evakuerende
Verlede deelwoord: geëvakueerde
Betekenis:
• Om mense, diere of goedere uit 'n gevaarlike of onveilige gebied te verwyder.
• Om 'n plek of area doelbewus leeg te maak.
Gebruik:
• Weens die veldbrande is verskeie plase geëvakueer .
• Die verpleegkundige evakueer die pasiënt se blaas met 'n kateter.
Sinoniem:
• leegmaak
• skoonmaak
• ontruim
• uitpomp
Afgelei:
• evakuasie
• evakuering
Vertaling:
Engels: to evacuate
Nederlands: evacueren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: regsreël
regsreël [boodskap #150600 ]
Ma., 29 Desember 2025 17:56
Leksikograaf
Boodskappe: 24274Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
regsreël
Afbreking: regs•re•ël
Samestelling: regs + reël
Selfstandige naamwoord: regsreël
Meervoud: regsreëls
Verkleinwoord: regsreëltjie
Meervoud van verkleining: regsreëltjies
Betekenis:
• 'n Wetlike bepaling wat neergelê is.
Gebruik:
• Die advokaat het die toepaslike regsreël in die hof aangehaal.
Sinoniem:
• regsbeginsel
• regsbepaling
• regsnorm
Vertaling:
Engels: legal rule, legal norm
Nederlands: rechtsregel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: saamgepak
saamgepak [boodskap #150599 ]
Ma., 29 Desember 2025 17:48
Leksikograaf
Boodskappe: 24274Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
saamgepak
Afbreking: saam•ge•pak
Samestelling: saam + gepak
Byvoeglike naamwoord: saamgepak
Attributief: saamgepakte
Betekenis:
• Wat saam een groot, digte massa vorm.
Gebruik:
• Die blitse slaan onder die saamgepakte wolke.
Sinoniem:
• opeengehoop
• opeengepak
• saamgedruk
• saamgepers
• saamgevoeg
Vertaling:
Engels: conglomerated, aggregated
Nederlands: samengepakt
Werkwoord: saampak
Verlede tyd: het saamgepak
Betekenis:
• Verlede tyd van saampak.
Gebruik:
• Die donker wolke het op die horison saamgepak .
Vertaling:
Engels: packed together, conglomerated, bundled
Nederlands: samengepakt
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: fyngebak
fyngebak [boodskap #150598 ]
Ma., 29 Desember 2025 16:02
Leksikograaf
Boodskappe: 24274Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
fyngebak
Afbreking: fyn•ge•bak
Samestelling: fyn + gebak
Selfstandige naamwoord: –
Meervoud: fyngebak
Betekenis:
• Gebak van meel wat kunstig voorberei is, o.a. koekies, tertjies en poffertjies.
Gebruik:
• Die koffietafel is oorlaai met fyngebak en ander lekkernye.
Sinoniem:
• soetgebak
Verwant:
• fynbakker
Vertaling:
Engels: fine pastries
Nederlands: fijngebak
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: mengend
mengend [boodskap #150597 ]
Ma., 29 Desember 2025 15:52
Leksikograaf
Boodskappe: 24274Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
mengend
Afbreking: men•gend
Samestelling: meng + -end
Byvoeglike naamwoord: mengend
Attributief: mengende
Betekenis:
• Wat meng; terwyl dit meng.
Gebruik:
• Voeg die water stadig, mengend by.
Sinoniem:
• kombinerend
• roerend
• samevoegend
Antoniem:
• skeidend
Vertaling:
Engels: mixing
Nederlands: mengend
Nota:
• Onvoltooide deelwoord van meng.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: troebadoer
troebadoer [boodskap #150596 ]
Ma., 29 Desember 2025 15:11
Leksikograaf
Boodskappe: 24274Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
troebadoer
Afbreking: troe•ba•doer
Selfstandige naamwoord: troebadoer
Meervoud: troebadoere , troebadoers
Verkleinwoord: troebadoertjie
Meervoud van verkleining: troebadoertjies
Betekenis:
• 'n Rondreisende sanger, veral van liefdesliedjies, wat homself begelei.
Gebruik:
• Histories was 'n troebadoer 'n rondtrekkende sanger in die Middeleeuse Suid-Frankryk; vandag verwys die term na iemand wat by feeste optree.
Sinoniem:
• minnesanger
• minstreel
• straatmusikant
Vertaling:
Engels: troubadour, minstrel
Nederlands: troubadour
Nota:
• Leenwoord uit Frans.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: ordening
ordening [boodskap #150595 ]
So., 28 Desember 2025 20:02
Leksikograaf
Boodskappe: 24274Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ordening
Afbreking: or•de•ning
Samestelling: orde + -ing
Selfstandige naamwoord: ordening
Meervoud: ordeninge , ordenings
Betekenis:
• Die handeling of resultaat van dinge in 'n bepaalde volgorde plaas.
• Amptelike bevestiging in 'n kerklike amp.
Gebruik:
• Biblioteekkunde is die studie van die logiese ordening en dokumentering van menslike kennis.
• Die proponent is kort na sy ordening as mede-leraar beroep.
Sinoniem:
• indeling
• kategorisering
• klassifikasie
• rangskikking
• verdeling
Hiponiem:
• rangordening
Afgelei:
• ordeningsbeginsel
• ordeningsisteem
• ordeningsvorm
• ordeningsprinsiep
Vertaling:
Engels: ordering; ordination
Nederlands: ordening
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.