Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Vandag se boodskappe (Aan)  | Onbeantwoorde boodskappe (Af)

Forum: Woordeboek
 Onderwerp: baasspelerig
baasspelerig [boodskap #150405] Do., 04 Desember 2025 13:12
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24061
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
baasspelerig
Afbreking: baas•spe•levrig
Samestelling: baas + speel + -erig


Byvoeglike naamwoord: baasspelerig
Vergrotende trap: baasspeleriger
Oortreffende trap: baasspelerigste
Attributief: baasspelerige

Betekenis:
• Wat optree asof hy/sy die baas is en ander rondbeveel.

Gebruik:
• Sy is baie baasspelerig en niemand wil saam met haar werk nie.

Sinoniem:
• afknouerig
• despoties
• diktatoriaal
• dominerend
• grootdoenerig
• onderdrukkend
• oorheersend
• opdringerig
• outokraties
• totalitêr
• voorskriftelik

Afgelei:
• baasspelerigheid

Vertaling:
Engels: bossy, domineering, overbearing
Nederlands: bazig, autoritaire houding

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.



Tyd nou: Vr. Des. 05 11:00:41 UTC 2025