Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Vandag se boodskappe (Af)  | Onbeantwoorde boodskappe (Aan)

Forum: Woordeboek
 Onderwerp: drinkbaar
drinkbaar [boodskap #145621] Wo, 19 Junie 2024 19:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19432
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
drinkbaar
Afbreking: drink•baar
Samestelling: drink + -baar


Byvoeglike naamwoord: drinkbaar
Attributief: drinkbare
Partitief: drinkbaars

Betekenis:
• Wat gedrink kan word, sonder om daaraan te walg of daarvan siek te word.

Gebruik:
• Is die plek se kraanwater skoon en drinkbaar?

Antoniem:
• ondrinkbaar

Verwant:
• drinkwater
• eetbaar

Vertaling:
Engels: drinkable, potable
Nederlands: drinkbaar

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: ondrinkbaar
ondrinkbaar [boodskap #145620] Wo, 19 Junie 2024 13:33
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19432
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ondrinkbaar
Afbreking: on•drink•baar
Samestelling: on- + drinkbaar


Byvoeglike naamwoord: ondrinkbaar
Attributief: ondrinkbare
Partitief: ondrinkbaars

Betekenis:
• Wat nie gedrink kan word nie.

Gebruik:
• Volgens 'n verslag is 46% van die land se water ondrinkbaar weens die hoë vlakke van bakterieë daarin.

Antoniem:
• drinkbaar

Vertaling:
Engels: undrinkable
Nederlands: ondrinkbaar

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: onbenulligheid
onbenulligheid [boodskap #145619] Wo, 19 Junie 2024 13:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19432
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
onbenulligheid
Afbreking: on•be•nul•lig•heid
Samestelling: onbenullig + -heid


Selfstandige naamwoord: onbenulligheid
Meervoud: onbenullighede

Betekenis:
• Iets was onbenullig (van min belang) is.

Gebruik:
• Ek het nie nou tyd vir sulke onbenullighede nie.

Sinoniem:
• beuselagtigheid
• bysaak
• futiliteit
• kleinigheid
• lawwigheid
• nietigheid
• nulliteit
• onbeduidendheid
• onbelangrikheid

Vertaling:
Engels: bagatelle
Nederlands: onbenulligheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: kleingeestig
kleingeestig [boodskap #145618] Wo, 19 Junie 2024 13:16
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19432
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kleingeestig
Afbreking: klein•gees•tig
Samestelling: klein + gees + -tig


Byvoeglike naamwoord: kleingeestig
Vergrotende trap: kleingeestiger
Oortreffende trap: kleingeestigste
Attributief: kleingeestige

Betekenis:
• Wat nie ruim dink nie; beperk is in denke en opvattinge.

Gebruik:
• Ek is nie nou lus vir 'n kleingeestige getwis oor onbenullighede nie.

Sinoniem:
• bekrompe
• bevooroordeeld
• eng
• enggeestig
• kleinburgerlik
• kleinlik
• kleinsielig
• krenterig
• nousiende
• verkramp

Afgelei:
• kleingeestigheid

Vertaling:
Engels: narrow-minded, petty, prejudiced
Nederlands: kleingeestig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: waterpomp
waterpomp [boodskap #145617] Di, 18 Junie 2024 20:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19432
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
waterpomp
Afbreking: wa•ter•pomp
Samestelling: water + pomp


Selfstandige naamwoord: waterpomp
Meervoud: waterpompe
Verkleinwoord: waterpompie
Meervoud van verkleining: waterpompies

Betekenis:
• Toestel waarmee water verplaas of onder druk geplaas word.

Gebruik:
• Die swembad se waterpomp is stukkend.

Hiponiem:
• kouwaterpomp
• sirkulasiewaterpomp
• warmwaterpomp

Afgelei:
• waterpomprotor

Vertaling:
Engels: water pump
Nederlands: waterpomp

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: rojaal
rojaal [boodskap #145616] Di, 18 Junie 2024 20:27
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19432
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
rojaal
Afbreking: ro•jaal


Byvoeglike naamwoord: rojaal
Vergrotende trap: rojaler
Oortreffende trap: rojaalste
Attributief: rojale
Partitief: rojaals

Betekenis:
• Wat kwistig of oordadig is.

Gebruik:
• Die werkers is rojaal beloon vir hulle harde werk.

Spreekwoord:
• Suinig met die pennies, rojaal met die ponde. [Spaarsaam met die klein dingetjies, maar kwistig met die grotes.]

Sinoniem:
• gul
• gulhartig
• kwistig
• luuks
• milddadig
• oorlopend
• oorvloedig
• ruimhartig
• verkwistend
• vrygewig
• weelderig

Afgelei:
• rojaalheid

Vertaling:
Engels: royal, generous, liberal, lavish
Nederlands: royaal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: betwyfel
betwyfel [boodskap #145615] Di, 18 Junie 2024 19:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19432
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
betwyfel
Afbreking: be•twy•fel
Samestelling: be- + twyfel


Werkwoord: betwyfel
Verlede tyd: het betwyfel

Betekenis:
• Om iets in twyfel te trek; dit te bevraagteken.

Gebruik:
• In sy poging om alles te betwyfel, het hy tot die gevolgtrekking gekom dat hy alles kon betwyfel, behalwe die feit dat hy twyfel.

Sinoniem:
• bevraag
• betwis
• wantrou

Afgelei:
• betwyfelbaar
• betwyfelde
• betwyfeling

Vertaling:
Engels: to doubt, question
Nederlands: betwijfelen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: omnipotensie
omnipotensie [boodskap #145614] Di, 18 Junie 2024 19:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19432
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
omnipotensie
Afbreking: om•ni•po•ten•sie
Samestelling: omni + potensie


Selfstandige naamwoord: omnipotensie
Meervoud: omnipotensies

Betekenis:
• Onbeperkte mag (wat tipies aan 'n alleenheerser of godheid toegeskryf word).

Gebruik:
• God se omnipotensie kan nie betwyfel word nie.
• Waar kom sommige mans se vermeende omnipotensie tussen die lakens vandaan?

Sinoniem:
• almag
• almoëndheid
• alvermoë

Verwant:
• omnipotent

Vertaling:
Engels: omnipotence
Nederlands: omnipotentie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: vergestalt
vergestalt [boodskap #145613] Di, 18 Junie 2024 13:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19432
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vergestalt
Afbreking: ver•ge•stalt
Samestelling: vergestalt


Werkwoord: vergestalt
Verlede tyd: het vergestalt

Betekenis:
• Om vorm/ gestalte aan iets te gee.

Gebruik:
• Jesus vergestalt God se genade.
• Pythagoras het geglo dat alles in die heelal deur getalle vergestalt word.

Sinoniem:
• beliggaam
• manifesteer
• realiseer
• verwerklik
• weergee
• verwesenlik

Afgelei:
• vergestalting

Vertaling:
Engels: to embody
Nederlands: belichamen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: volkseie
volkseie [boodskap #145612] Di, 18 Junie 2024 10:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19432
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
volkseie
Afbreking: volks•ei•e
Samestelling: volk + -s- + eie


Byvoeglike naamwoord: volkseie
Attributief: volkseie

Betekenis:
• Wat eie aan 'n volk is.

Gebruik:
• Ons moet volkseie besighede ondersteun.

Vertaling:
Engels: people's own
Nederlands: volkseigen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: bedrogspul
bedrogspul [boodskap #145611] Di, 18 Junie 2024 10:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19432
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bedrogspul
Afbreking: be•drog•spul
Samestelling: bedrog + spul


Selfstandige naamwoord: bedrogspul
Meervoud: bedrogspulle
Verkleinwoord: bedrogspulletjie
Meervoud van verkleining: bedrogspulletjies

Betekenis:
• 'n Poging om te bedrieg; bedrog te pleeg.

Gebruik:
• Is 'n belegging in Bitcoin veilig, of is dit 'n bedrogspul?

Sinoniem:
• bedrieëry
• knoeiery
• swendelary
• toesmering

Vertaling:
Engels: scam, fraud
Nederlands: oplichterij

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: kritiekloos
kritiekloos [boodskap #145610] Di, 18 Junie 2024 10:33
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19432
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kritiekloos
Afbreking: kri•tiek•loos
Samestelling: kritiek + -loos


Byvoeglike naamwoord: kritiekloos
Attributief: kritieklose

Betekenis:
• Sonder kritiek.

Gebruik:
• Terwyl ons nie die grondwet kritiekloos aanvaar nie, verontagsaam en minag ons dit darem ook nie.

Sinoniem:
• blindelings
• domweg
• goedgelowig
• klakkeloos
• slaafs

Vertaling:
Engels: without criticism
Nederlands: kritiekloos

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: feilbaar
feilbaar [boodskap #145609] Di, 18 Junie 2024 10:25
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19432
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
feilbaar
Afbreking: feil•baar
Samestelling: feil + -baar


Byvoeglike naamwoord: feilbaar
Vergrotende trap: feilbaarder
Oortreffende trap: feilbaarste
Attributief: feilbare
Partitief: feilbaars

Betekenis:
• Wat kan feil/faal; foute kan maak.

Gebruik:
• Die mens bly maar 'n feilbare wese.

Sinoniem:
• onvolmaak
• sondig

Antoniem:
• feilloos
• onfeilbaar

Afgelei:
• feilbaarheid

Vertaling:
Engels: fallible, liable to error
Nederlands: feilbaar

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: goddeloosheid
goddeloosheid [boodskap #145608] Di, 18 Junie 2024 10:06
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19432
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
goddeloosheid
Afbreking: god•de•loos•heid
Samestelling: goddeloos + -heid


Selfstandige naamwoord: goddeloosheid
Meervoud: goddelooshede

Betekenis:
• Die toestand van goddeloos wees. 'n Gebrek aan eerbied teenoor of geloof in 'n godheid.

Gebruik:
• In dié tyd sal daar aan die goddeloosheid en die sondes 'n einde gemaak word en sal daar versoening gedoen word vir die oortredinge. [Daniël 9:24]

Sinoniem:
• godslastering
• ongodsdienstigheid
• oortreding
• verdorwenheid
• wettelooshede

Vertaling:
Engels: godlessness
Nederlands: goddeloosheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: gedienstig
gedienstig [boodskap #145607] Di, 18 Junie 2024 09:58
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19432
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gedienstig
Afbreking: ge•diens•tig
Samestelling: ge- + dienstig


Byvoeglike naamwoord: gedienstig
Vergrotende trap: gedienstiger
Oortreffende trap: gedienstigste
Attributief: gedienstige

Betekenis:
• Wat gewillig en gretig is om te dien; graag diens te doen.

Gebruik:
• Selfs 'n gedienstige werker kan maklik sy pos verloor.

Sinoniem:
• behulpsaam
• diensbaar
• diensvaardig
• dienswillig
• gedwee
• gehoorsaam
• gewillig
• hulpvaardig
• inskiklik
• kruiperig
• onderdanig
• onderworpe
• tegemoetkomend
• toeskietlik

Antoniem:
• ongedienstig

Hiponiem:
• oorgedienstig

Afgelei:
• gedienstigheid

Vertaling:
Engels: obliging, officious
Nederlands: gedienstig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: gehoorsaamheid
gehoorsaamheid [boodskap #145606] Di, 18 Junie 2024 09:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19432
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gehoorsaamheid
Afbreking: ge•hoor•saam•heid
Samestelling: gehoorsaam + -heid


Selfstandige naamwoord: gehoorsaamheid
Meervoud: gehoorsaamhede

Betekenis:
• Die toestand van gehoorsaam wees. Situasie waar iemand bereid is om te doen wat van hom gevra word.

Gebruik:
• Die gehoorsaamheid van die opregte maak sy pad gelyk. [Spreuke 11:5]

Sinoniem:
• inskiklikheid
• onderdanigheid
• onderwerping
• onderworpenheid
• subordinasie

Antoniem:
• ongehoorsaamheid

Afgelei:
• gewetensgehoorsaamheid

Vertaling:
Engels: obedience, subordination
Nederlands: gehoorzaamheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: raming
raming [boodskap #145605] Ma, 17 Junie 2024 17:25
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19432
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
raming
Afbreking: ra•ming


Selfstandige naamwoord: raming
Meervoud: raminge, ramings

Betekenis:
• 'n Rowwe berekening of skatting wat vooraf gemaak is.

Gebruik:
• Na raming gaan sowat 44% van die water in Gauteng in die verspreidingsnetwerk verlore.

Sinoniem:
• begroting
• estimasie
• gissing
• projeksie
• raaiskoot
• skatting
• valuasie
• voorspelling
• waardasie
• waardebepaling

Hiponiem:
• behoefteraming
• kosteraming
• winsraming

Afgelei:
• beraming

Vertaling:
Engels: estimate, forecast, projection
Nederlands: raming

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: watergehalte
watergehalte [boodskap #145604] Ma, 17 Junie 2024 17:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19432
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
watergehalte
Afbreking: wa•ter•ge•hal•te
Samestelling: water + gehalte


Selfstandige naamwoord: watergehalte
Meervoud:

Betekenis:
• Die gehalte/kwaliteit van water.

Gebruik:
• Die watergahalte moet gereeld getoets word om te verseker dat dit aan standaarde voldoen en nie 'n gesondheidsgevaar inhou nie.

Sinoniem:
• waterkwaliteit

Vertaling:
Engels: water quality
Nederlands: waterkwaliteit

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: waterverlies
waterverlies [boodskap #145603] Ma, 17 Junie 2024 17:05
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19432
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
waterverlies
Afbreking: wa•ter•ver•lies
Samestelling: water + verlies


Selfstandige naamwoord: waterverlies
Meervoud: waterverliese

Betekenis:
• Die proses waardeur water verlore gaan.

Gebruik:
• Daar moet dringend aandag gegee word aan die herstel van lekkasies en die instandhouding van infrastruktuur om waterverliese te beperk.

Sinoniem:
• waterlekkasie

Vertaling:
Engels: water loss
Nederlands: waterverlies

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: voedseltekort
voedseltekort [boodskap #145602] Ma, 17 Junie 2024 10:15
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19432
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
voedseltekort
Afbreking: voed•sel•te•kort
Samestelling: voedsel + tekort


Selfstandige naamwoord: voedseltekort
Meervoud: voedseltekorte

Betekenis:
• 'n Gebrek aan voedsel.

Gebruik:
• Die langdurige droogte het tot voedseltekorte gelei.

Sinoniem:
• broodgebrek
• hongersnood
• voedselgebrek
• voedselskaarste

Vertaling:
Engels: food shortage, lack of food
Nederlands: voedseltekort

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: eindgebruiker
eindgebruiker [boodskap #145601] Ma, 17 Junie 2024 09:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19432
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
eindgebruiker
Afbreking: eind•ge•brui•ker
Samestelling: eind(e) + gebruiker


Selfstandige naamwoord: eindgebruiker
Meervoud: eindgebruikers

Betekenis:
• Iemand wat 'n produk of diens gebruik, maar dit nie vir die produksie van ander produkte of dienste aanwend nie.

Gebruik:
• Die sagteware maak dit ook nie maklik vir nie eindgebruiker nie.

Vertaling:
Engels: end consumer, end user
Nederlands: eindgebruiker

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: lekkend
lekkend [boodskap #145600] Ma, 17 Junie 2024 09:45
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19432
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
lekkend
Afbreking: lek•kend
Samestelling: lek + -end


Byvoeglike naamwoord: lekkend
Attributief: lekkende

Betekenis:
• Wat lek.

Gebruik:
• Die lekkende dak moet reggemaak word.

Vertaling:
Engels: leaking
Nederlands: lekkend

Nota:
• Onvoltooide deelwoord van lek.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: watervoorsiening
watervoorsiening [boodskap #145599] Ma, 17 Junie 2024 09:39
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19432
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
watervoorsiening
Afbreking: wa•ter•voor•sie•ning
Samestelling: water + voorsiening


Selfstandige naamwoord: watervoorsiening
Meervoud:

Betekenis:
• Die voorsiening/lewering van water, veral drinkwater aan huishoudings.

Gebruik:
• Gauteng se watervoorsiening is onder druk weens die lae reënval, wanbestuur en verouderde infrastruktuur.

Sinoniem:
• watertoevoer

Hiponiem:
• drinkwatervoorsiening
• warmwatervoorsiening

Afgelei:
• watervoorsieningskrisis
• watervoorsieningsnetwerk
• watervoorsieningsskema

Vertaling:
Engels: water supply
Nederlands: watervoorziening

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: motordiefstal
motordiefstal [boodskap #145598] Ma, 17 Junie 2024 09:24
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19432
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
motordiefstal
Afbreking: mo•tor•dief•stal
Samestelling: motor + diefstal


Selfstandige naamwoord: motordiefstal
Meervoud: motordiefstalle

Betekenis:
• Die steel van 'n motorvoertuig.

Gebruik:
Motordiefstalle en -kapings het aansienlik toegeneem.

Sinoniem:
• kardiefstal

Vertaling:
Engels: car theft
Nederlands: autodiefstal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: uitmaak
uitmaak [boodskap #145597] Ma, 17 Junie 2024 09:17
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19432
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitmaak
Afbreking: uit•maak
Samestelling: uit + maak


Werkwoord: maak uit, uitmaak
Verlede tyd: het uitgemaak

Betekenis:
• Om 'n einde aan iets te maak (soos 'n vriendskap, verhouding of verlowing).
• Om iets te bepaal; 'n besluit te maak.
• Om 'n onderdeel van iets te wees.
• Om iets op te stel.

Gebruik:
• Die twee het lank saam uitgegaan en toe uitgemaak.
• Ek kon nie uitmaak wat die dokter geskryf het nie.
• Stikstof maak ongeveer 80% van die gas in die atmosfeer uit.
• Hy het 'n tjek van R100 aan my uitgemaak.

Spreekwoord:
• Dit met die vuis uitmaak. [Baklei/ handgemeen raak.]
• Iemand uitmaak vir al wat sleg is. [Iemand beswadder.]
• Kan nie kop of stert uitmaak nie. [Kan dit glad nie verstaan nie.]

Sinoniem:
• afhandel
• beëindig
• agterkom
• begryp
• bepaal
• beslis
• besluit
• onderskei
• ontsyfer
• verstaan
• waarneem
• konstitueer
• opstel
• uitskryf
• vorm

Vertaling:
Engels: to make out, end, terminate; to decide; to constitute, be part of; to set up
Nederlands: uitmaken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: temalied
temalied [boodskap #145596] Ma, 17 Junie 2024 08:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19432
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
temalied
Afbreking: te•ma•lied
Samestelling: tema + lied


Selfstandige naamwoord: temalied
Meervoud: temaliede
Verkleinwoord: temaliedjie
Meervoud van verkleining: temaliedjies

Betekenis:
• 'n Lied wat die tema van 'n radio- of TV-program ondersteun en gewoonlik aan die begin daarvan gespeel word.

Gebruik:
• Die sepie se temalied haak in my kop vas.

Sinoniem:
• kenwysie
• openingslied
• titellied
• titelmusiek

Vertaling:
Engels: theme song, intro
Nederlands: titelmuziek, kenwijsje, herkenningsmelodie, begintune

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: boeliegedrag
boeliegedrag [boodskap #145595] So, 16 Junie 2024 21:16
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19432
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
boeliegedrag
Afbreking: boe•lie•ge•drag
Samestelling: boelie + gedrag


Selfstandige naamwoord: boeliegedrag
Meervoud:

Betekenis:
• Die optrede van iemand wat ander afknou/boelie.

Gebruik:
Boeliegedrag word gedefinieer as skadelike of aggressiewe gedrag wat op 'n aanhoudende en deurlopende wyse plaasvind teenoor iemand wat minder gesag of selfvertroue as die aanvaller het.

Sinoniem:
• afknouery

Vertaling:
Engels: bullying behavior
Nederlands: pestgedrag

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: aptekersmaat
aptekersmaat [boodskap #145594] So, 16 Junie 2024 20:17
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19432
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aptekersmaat
Afbreking: ap•te•kers•maat
Samestelling: apteker + -s- + maat


Selfstandige naamwoord: aptekersmaat
Meervoud: aptekersmate

Betekenis:
• (histories) Een van 'n stel maateenhede waarmee aptekers vloeibare medisyne afmeet.

Gebruik:
• In die ou dae is aptekersmate gebruik om medikasie in die regte verhoudings te meng en uit te deel.

Vertaling:
Engels: apothecaries measure
Nederlands: apothekersmaat

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: raakvatter
raakvatter [boodskap #145593] So, 16 Junie 2024 19:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19432
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
raakvatter
Afbreking: raak•vat•ter
Samestelling: raakvat + -er, raak + vatter


Selfstandige naamwoord: raakvatter
Meervoud: raakvatters
Verkleinwoord: raakvattertjie
Meervoud van verkleining: raakvattertjies

Betekenis:
• Persoon wat dinge gedoen kry en 'n positiewe bydrae lewer.

Gebruik:
• Sy is 'n raakvatter wat sorg dat alles altyd reg verloop.

Vertaling:
Engels: miracle worker
Nederlands: wonderdoener


Byvoeglike naamwoord: raakvatter
Attributief: raakvatter

Betekenis:
• Wat goed werk; in die kol is.

Gebruik:
• Dit is nou 'n raakvatter woord!

Vertaling:
Engels: good, perfect
Nederlands: goed, mooi

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: respiratories
respiratories [boodskap #145592] Sa, 15 Junie 2024 20:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19432
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
respiratories
Afbreking: res•pi•ra•to•ries


Byvoeglike naamwoord: respiratories
Attributief: respiratoriese

Betekenis:
• Wat met respirasie (asemhaling) te make het.

Gebruik:
• Die fabriek se rook veroorsaak chroniese sinus en respiratoriese probleme.

Vertaling:
Engels: respiratory
Nederlands: respiratoir

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: homoseksueel
homoseksueel [boodskap #145591] Sa, 15 Junie 2024 19:11
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19432
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
homoseksueel
Afbreking: ho•mo•sek•su•eel
Samestelling: homo + seksueel


Byvoeglike naamwoord: homoseksueel
Attributief: homoseksuele

Betekenis:
• Met 'n geslagsdrang na persone van dieselfde geslag.

Gebruik:
• Sy beken dat sy homoseksueel is.

Sinoniem:
• eenslagtig
• gay
• lesbies
• skeef

Antoniem:
• heteroseksueel

Verwant:
• homoseksualiteit

Vertaling:
Engels: homosexual
Nederlands: homoseksueel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: bobeen
bobeen [boodskap #145590] Sa, 15 Junie 2024 19:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19432
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bobeen
Afbreking: bo•been
Samestelling: bo + been


Selfstandige naamwoord: bobeen
Meervoud: bobene
Verkleinwoord: bobeentjie
Meervoud van verkleining: bobeentjies

Betekenis:
• Die boonste gedeelte van die been, vanaf die knie tot by die heup.

Gebruik:
• Die liggaamsbouer oefen sy bobene in die gimnasium.

Sinoniem:
• dy
• dybeen

Antoniem:
• onderbeen

Afgelei:
• bobeenspiere

Vertaling:
Engels: upper leg, thigh
Nederlands: bovenbeen, dij

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: pensioentrekker
pensioentrekker [boodskap #145589] Sa, 15 Junie 2024 18:40
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19432
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
pensioentrekker
Afbreking: pen•si•oen•trek•ker
Samestelling: pensioen + trekker


Selfstandige naamwoord: pensioentrekker
Meervoud: pensioentrekkers
Verkleinwoord: pensioentrekkertjie
Meervoud van verkleining: pensioentrekkertjies

Betekenis:
• 'n Afgetrede persoon wat pensioen ontvang.

Gebruik:
• 'n Swendelaar het die pensioentrekker se geld gesteel.

Sinoniem:
• afgetredene
• pensionaris

Vertaling:
Engels: pensioner, retired person, retiree
Nederlands: gepensioneerde

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: liggroen
liggroen [boodskap #145588] Sa, 15 Junie 2024 18:30
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19432
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
liggroen
Afbreking: lig•groen
Samestelling: lig + groen


Byvoeglike naamwoord: liggroen
Attributief: liggroen, liggroene

Betekenis:
• 'n Ligte skakering van groen.

Gebruik:
• Die plant se blare is liggroen.

Antoniem:
• donkergroen

Vertaling:
Engels: light green
Nederlands: lichtgroen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: donkergroen
donkergroen [boodskap #145587] Sa, 15 Junie 2024 18:27
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19432
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
donkergroen
Afbreking: don•ker•groen
Samestelling: donker + groen


Byvoeglike naamwoord: donkergroen
Attributief: donkergroen, donkergroene

Betekenis:
• 'n Donker skakering van groen.

Gebruik:
• Die vrou het donkergroen oë.

Antoniem:
• liggroen

Vertaling:
Engels: dark green
Nederlands: donkergroen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: luikrug
luikrug [boodskap #145586] Sa, 15 Junie 2024 18:22
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19432
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Van bo na order: 'n sedan, stasiewa en 'n luikrug.
Van bo na order: 'n sedan, stasiewa en 'n luikrug.
luikrug
Afbreking: luik•rug
Samestelling: luik + rug


Selfstandige naamwoord: luikrug
Meervoud: luikrugte, luikrûe
Verkleinwoord: luikruggie
Meervoud van verkleining: luikruggies

Betekenis:
• Motorvoertuig met 'n lang skuinsaflopende deur wat die agterkant van die voertuig bedek.

Gebruik:
• Verkies jy 'n sedan, luikrug of 'n stasiewa?

Afgelei:
• luikrugmotor

Vertaling:
Engels: hatchback
Nederlands: hatchback

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: stasiewa
stasiewa [boodskap #145585] Sa, 15 Junie 2024 18:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19432
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Van bo na order: 'n sedan, stasiewa en 'n luikrug.
Van bo na order: 'n sedan, stasiewa en 'n luikrug.
stasiewa
Afbreking: sta•sie•wa
Samestelling: stasie + wa


Selfstandige naamwoord: stasiewa
Meervoud: stasiewaens
Verkleinwoord: stasiewaentjie
Meervoud van verkleining: stasiewaentjies

Betekenis:
• Motorvoertuig met 'n verhoogde agterkant en 'n reguitaf agterdeur wat wyd oopmaak.

Gebruik:
• Verkies jy 'n sedan, luikrug of 'n stasiewa?

Afkorting:
• sw.

Vertaling:
Engels: station wagon, estate car
Nederlands: stationwagen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: verrys
verrys [boodskap #145584] Sa, 15 Junie 2024 17:35
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19432
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verrys
Afbreking: ver•rys
Samestelling: ver- + rys


Werkwoord: verrys
Verlede tyd: het verrys

Betekenis:
• Om op te staan of op te styg.
• Om regop na bo uit te steek.

Gebruik:
• Op dié Sondagmôre het Jesus uit die dood verrys.
• Die toring verrys bokant die stad se geboue.

Sinoniem:
• opgaan
• opkom
• oprys
• opstyg

Afgelei:
• verrese
• verrysend
• verrysenis
• verrysing

Vertaling:
Engels: to rise, spring up
Nederlands: verrijzen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: immerteenwoordige
immerteenwoordige [boodskap #145583] Sa, 15 Junie 2024 17:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19432
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
immerteenwoordig
Afbreking: im•mer•teen•woor•dig
Samestelling: immer + teenwoordig


Byvoeglike naamwoord: immerteenwoordig
Attributief: immerteenwoordige

Betekenis:
• Wat (skynbaar) altyd teenwoordig/aanwesig is.

Gebruik:
• Bakterieë is immerteenwoordig.
• Die fabriek se immerteenwoordige rookbolle hang oor die dorp.

Vertaling:
Engels: ever present
Nederlands: altijd aanwezig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: nimmereindigend
nimmereindigend [boodskap #145582] Sa, 15 Junie 2024 12:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19432
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
nimmereindigend
Afbreking: nim•mer•ein•di•gend
Samestelling: nimmer + eindigend


Byvoeglike naamwoord: nimmereindigend
Attributief: nimmereindigende

Betekenis:
• Wat besonder lank aanhou en (skynbaar) geen einde het nie.

Gebruik:
• Die lys is nimmereindigend.
• 'n Moeder se nimmereindigende liefde ken geen perke nie.

Sinoniem:
• aanhoudend
• eindeloos
• ewigdurend
• mateloos
• ontelbaar
• voortdurend

Vertaling:
Engels: never ending
Nederlands: eindeloos

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Bladsye (4): [ «    1  2  3  4    »]


Tyd nou: Wo Jun 26 13:53:48 MGT 2024