Forum: Woordeboek
|
Onderwerp: kompleet
|
kompleet [boodskap #146490] |
Do, 19 September 2024 15:46 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20211 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kompleet
Afbreking: kom•pleet
Byvoeglike naamwoord: kompleet
Vergrotende trap: kompleter
Oortreffende trap: kompleetste
Attributief: komplete
Partitief: kompleets
Betekenis:
• Volledig of voltallig.
• Presies.
Gebruik:
• Die karavaan is kompleet toegerus met 'n badkamer, dubbelbed en lugreëling.
• Dit lyk kompleet of hy 'n laaistok ingesluk het!
Sinoniem:
• akatalekties
• algeheel
• heeltemal
• onbeskadig
• ongedeerd
• ongeskonde
• perfek
• presies
• totaal
• volkome
• volledig
• voltallig
• volslae
Antoniem:
• inkompleet
Afgelei:
• kompleetheid
Vertaling:
Engels: complete, completely, thoroughly, utterly; just like
Nederlands: kompleet
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: wegholsukses
|
wegholsukses [boodskap #146489] |
Do, 19 September 2024 09:37 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20211 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
wegholsukses
Afbreking: weg•hol•suk•ses
Samestelling: weghol + sukses
Selfstandige naamwoord: wegholsukses
Meervoud: wegholsuksesse
Betekenis:
• 'n Groot en merkwaardige sukses.
Gebruik:
• Die TV-reeks het bykans kultusstatus bereik met kykertalle wat dit 'n wegholsukses maak.
Verwant:
• wegholtreffer
Vertaling:
Engels: runaway success
Nederlands: weggelopen succes
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Do, 19 September 2024 13:22] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|