Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Vandag se boodskappe (Af)  | Onbeantwoorde boodskappe (Aan)

Forum: Woordeboek
 Onderwerp: roeping
roeping [boodskap #145886] So, 21 Julie 2024 10:01
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19616
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
roeping
Afbreking: roe•ping
Samestelling: roep + -ing


Selfstandige naamwoord: roeping
Meervoud: roepinge, roepings
Verkleinwoord: roepinkie
Meervoud van verkleining: roepinkies

Betekenis:
• 'n Taak waarvoor iemand geroepe (verplig) voel.
• Die handeling of resultaat van roep.

Gebruik:
• Wanneer jou werk nie jou roeping is nie, lei jy 'n onvervulde lewe.

Sinoniem:
• lewenstaak
• missie
• sending

Hiponiem:
• aanroeping
• afroeping
• beroeping
• byeenroeping
• herroeping
• inroeping
• oproeping
• saamroeping
• sameroeping
• uitroeping
• terugroeping
• volksroeping

Vertaling:
Engels: calling, vocation
Nederlands: roeping

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: toneelspeel
toneelspeel [boodskap #145885] So, 21 Julie 2024 09:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19616
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
toneelspeel
Afbreking: to•neel•speel
Samestelling: toneel + speel


Werkwoord: speel toneel, toneelspeel
Verlede tyd: het toneelgespeel

Betekenis:
• Om 'n rol te speel in 'n toneelspel (rolprent, TV-sepie, ens.)
• Om voor te gee.

Gebruik:
• Hy het op agt begin toneelspeel en later 'n graad in drama verwerf.
• Sy kon toneelspeel en het haar ouers om haar pinkie gedraai.

Sinoniem:
• dramatiseer
• naboots
• uitbeeld

Afgelei:
• toneelspeler
• toneelspeelster

Vertaling:
Engels: to act, put on an act
Nederlands: toneelspelen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: sêding
sêding [boodskap #145884] So, 21 Julie 2024 09:12
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19616
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sêding
Afbreking: sê•ding
Samestelling: sê + ding


Selfstandige naamwoord: sêding
Meervoud: sêdinge, sêgoed
Verkleinwoord: sêdingetjie
Meervoud van verkleining: sêdingetjies

Betekenis:
• Iets wat iemand sê.

Gebruik:
• Haar geliefde sêding was: "Dit laat jou dink, nè!"

Sinoniem:
• gesegde
• epigram
• idioom
• kwinkslag
• uitdrukking
• woordspeling

Vertaling:
Engels: saying, wisecrack
Nederlands: gezegde

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: So, 21 Julie 2024 09:13]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: gedagtegang
gedagtegang [boodskap #145883] So, 21 Julie 2024 09:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19616
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gedagtegang
Afbreking: ge•dag•te•gang
Samestelling: gedagte + gang


Selfstandige naamwoord: gedagtegang
Meervoud: gedagtegange

Betekenis:
• 'n Reeks van samehangende gedagtes.

Gebruik:
• Ek sukkel om sy gedagtegang te volg.

Sinoniem:
• beredenering
• denkpatroon
• denkwyse
• gedagteloop
• redenasie

Vertaling:
Engels: reasoning, train of thought, line of reasoning, way of thinking
Nederlands: gedachtegang

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: opregtheid
opregtheid [boodskap #145882] So, 21 Julie 2024 08:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19616
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
opregtheid
Afbreking: op•regt•heid
Samestelling: opreg(t) + -heid


Selfstandige naamwoord: opregtheid
Meervoud: opregthede

Betekenis:
• Die toestand of mate van eerlik en opreg wees.

Gebruik:
• As predikant het hy sy werk met ywer en opregtheid gedoen.

Sinoniem:
• eerbaarheid
• eerlikheid
• egtheid
• geloofwaardigheid
• integriteit
• onkreukbaarheid
• openhartigheid
• openlikheid
• outentisiteit
• regskapenheid
• rondborstigheid
• sedelikheid
• trou
• waarheid

Antoniem:
• onopregtheid

Vertaling:
Engels: candidness
Nederlands: oprechtheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: terugkyk
terugkyk [boodskap #145881] So, 21 Julie 2024 08:41
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19616
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
terugkyk
Afbreking: te•rug•kyk
Samestelling: terug + kyk


Werkwoord: kyk terug, terugkyk
Verlede tyd: het teruggekyk

Betekenis:
• Om vir iemand te kyk wat vir jou kyk.
• Om agtertoe te kyk.
• (figuurlik) Om oor gebeure te reflekteer en te besin.

Gebruik:
• Sy kyk vir my en ek kyk terug.
• 'n Atleet verloor tyd as hy terugkyk om te sien waar die ander atlete is.
• Ek het teruggekyk na my lewe en besef dinge sal moet verander!

Sinoniem:
• omkyk
• herinner
• herleef
• heroorweeg
• herroep
• hersien
• reflekteer
• terugblik
• terugdink
• terugflits

Vertaling:
Engels: to look back
Nederlands: terugkijken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: So, 21 Julie 2024 08:42]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: opduik
opduik [boodskap #145880] So, 21 Julie 2024 08:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19616
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
opduik
Afbreking: op•duik
Samestelling: op + duik


Werkwoord: duik op, opduik
Verlede tyd: het opgeduik

Betekenis:
• Om na bo die watervlak te bring.
• (figuurlik) Om skielik te voorskyn te kom.

Gebruik:
• Hy duik verlore skatte uit die see op.
• 'n Geleentheid het opgeduik en sy het dit aangegryp.

Sinoniem:
• gebeur
• opdaag
• opdoem
• opkom
• oprys
• plaasvind
• uitspring
• verskyn
• voordoen
• voorval

Vertaling:
Engels: to emerge, come to the surface
Nederlands: opduiken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: uitmergelend
uitmergelend [boodskap #145879] So, 21 Julie 2024 08:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19616
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitmergelend
Afbreking: uit•mer•ge•lend
Samestelling: uitmergel + -end


Byvoeglike naamwoord: uitmergelend
Vergrotende trap: uitmergelender
Oortreffende trap: uitmergelendste
Attributief: uitmergelende
Partitief: uitmergelends

Betekenis:
• Wat 'n mens uitmergel (baie moeg maak; uitput).

Gebruik:
• Die Comrades-maraton is 'n uitmergelende wedloop.

Sinoniem:
• afmattend
• dreinerend
• moordend
• uitputtend
• veeleisend
• vermoeiend

Vertaling:
Engels: exhausting, debilitating, backbreaking
Nederlands: vermoeiend

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: sonsteek
sonsteek [boodskap #145878] Sa, 20 Julie 2024 19:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19616
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sonsteek
Afbreking: son•steek
Samestelling: son + steek


Selfstandige naamwoord: sonsteek
Meervoud:

Betekenis:
• Aandoening veroorsaak deur oormatige blootstelling aan sonskyn of hitte.

Gebruik:
•  Sonsteek is gevaarlik en kan maklik tot die dood lei as dit nie die vinnig behandel word nie.

Sinoniem:
• hipertermie
• hittesteek

Vertaling:
Engels: sunstroke
Nederlands: zonnesteek

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: verdamp
verdamp [boodskap #145877] Sa, 20 Julie 2024 18:15
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19616
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verdamp
Afbreking: ver•damp
Samestelling: ver- + damp


Werkwoord: verdamp
Verlede tyd: het verdamp

Betekenis:
• Om in dampe op te gaan; in 'n gas verander.
• (figuurlik) Om stadig te verdwyn.

Gebruik:
• Die swembad se water verdamp teen 'n ongelooflike tempo.
• Hulle entoesiasme het soos mis voor die son verdamp.

Sinoniem:
• evaporeer
• opdroog
• uitdroog
• wegdamp

Antoniem:
• kondenseer

Afgelei:
• verdampbaar
• verdampend
• verdamping
• verdampte

Vertaling:
Engels: to evaporate, vaporise
Nederlands: verdampen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: oorversadig
oorversadig [boodskap #145876] Sa, 20 Julie 2024 17:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19616
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
oorversadig
Afbreking: oor•ver•sa•dig
Samestelling: oor + versadig


Byvoeglike naamwoord: oorversadig
Attributief: oorversadigde

Betekenis:
• Wat die vlak van versadiging (volheid) verbygesteek het.

Gebruik:
• Ek het lekker geëet, maar is nou oorversadig.
• Die oorversadigde oplossing kan nie nog sout absorbeer nie.

Sinoniem:
• knuppeldik
• oorlaai
• oorvol
• volprop
• trommeldik

Antoniem:
• onversadig

Afgelei:
• oorversadigdheid
• oorversadigheid
• oorversadiging

Vertaling:
Engels: oversaturated
Nederlands: oververzadigd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: onversadig
onversadig [boodskap #145875] Sa, 20 Julie 2024 17:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19616
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
onversadig
Afbreking: on•ver•sa•dig
Samestelling: on- + versadig


Byvoeglike naamwoord: onversadig
Attributief: onversadigde

Betekenis:
• Wat nog nie nie vol/ versadig is nie (en nog meer kan inneem of absorbeer).

Gebruik:
• Daar was min kos en die gaste het onversadig van die tafel opgestaan.

Sinoniem:
• hongerig
• onbevredig

Antoniem:
• oorversadig
• versadig

Afgelei:
• onversadigbaar
• onversadigheid
• onversadiglik

Vertaling:
Engels: unsaturated, unsatisfied
Nederlands: onverzadigd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: reënwater
reënwater [boodskap #145874] Sa, 20 Julie 2024 17:27
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19616
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
reënwater
Afbreking: re•ën•wa•ter
Samestelling: reën + water


Selfstandige naamwoord: reënwater
Meervoud: reënwaters
Verkleinwoord: reënwatertjie
Meervoud van verkleining: reënwatertjies

Betekenis:
• Water wat in die vorm van reën uit die lug na benede val.

Gebruik:
• Die opvang van reënwater kan help om jou waterrekening te verminder en kosbare waterbronne te bespaar.

Sinoniem:
• hemelwater
• neerslag

Afgelei:
• reënwaterpyp

Vertaling:
Engels: rainwater
Nederlands: regenwater

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: vogtigheid
vogtigheid [boodskap #145873] Sa, 20 Julie 2024 09:32
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19616
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vogtigheid
Afbreking: vog•tig•heid
Samestelling: vogtig + -heid


Selfstandige naamwoord: vogtigheid
Meervoud: vogtighede

Betekenis:
• Die toestand of mate van vogtig wees.

Gebruik:
• Die relatiewe vogtigheid is 100% wanneer die lug met water versadig is.

Sinoniem:
• humiditeit
• klamheid
• klammigheid
• mistigheid
• nattigheid
• sappigheid

Hiponiem:
• grondvogtigheid
• hardvogtigheid
• lugvogtigheid

Afgelei:
• vogtigheidsleer

Vertaling:
Engels: vogtigheid
Nederlands: vochtigheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: waterdamp
waterdamp [boodskap #145872] Sa, 20 Julie 2024 09:25
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19616
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
waterdamp
Afbreking: wa•ter•damp
Samestelling: water + damp


Selfstandige naamwoord: waterdamp
Meervoud: waterdampe

Betekenis:
• Water in 'n gasvorm, die gevolg van verdamping.

Gebruik:
• Die hoeveelheid waterdamp wat in die lug teenwoordig is, word die lugvogtigheid of humiditeit genoem.

Vertaling:
Engels: water vapour
Nederlands: waterdamp

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: kondenseer
kondenseer [boodskap #145871] Sa, 20 Julie 2024 09:17
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19616
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kondenseer
Afbreking: kon•den•seer


Werkwoord: kondenseer
Verlede tyd: het gekondenseer

Betekenis:
• Om van 'n gasvorm na 'n vloeibare vorm oor te gaan.

Gebruik:
• Die waterdamp in die lug kondenseer om druppels te vorm wat onder swaartekrag na benede val.

Sinoniem:
• saamdruk
• saampers
• verdik
• verdig

Antoniem:
• verdamp

Afgelei:
• kondenseerbaar
• kondenseerder
• kondenseermiddel
• kondenseerpot

Verwant:
• kondensaat
• kondensasie

Vertaling:
Engels: to condense
Nederlands: condenseren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: afbeweeg
afbeweeg [boodskap #145870] Sa, 20 Julie 2024 09:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19616
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
afbeweeg
Afbreking: af•be•weeg
Samestelling: af + beweeg


Werkwoord: afbeweeg, beweeg af
Verlede tyd: het afbeweeg

Betekenis:
• Om na 'n laer plek te beweeg.
• Om verder weg te beweeg.

Gebruik:
• Die vog wat afbeweeg verkoel en kondenseer om reën te vorm.
• Almal staar na die vrou wie met 'n klik-klak geluid van haar skoene in die straat afbeweeg.

Sinoniem:
• afrol
• afskuif
• afvloei
• neerdaal

Antoniem:
• opbeweeg

Vertaling:
Engels: to move down
Nederlands: naar beneden bewegen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: modderstorting
modderstorting [boodskap #145869] Sa, 20 Julie 2024 08:46
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19616
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
modderstorting
Afbreking: mod•der•stor•ting
Samestelling: modder + storting


Selfstandige naamwoord: modderstorting
Meervoud: modderstortings

Betekenis:
• Die geologiese verskuiwing van nat grond wat teen 'n helling afbeweeg.

Gebruik:
• Vyf mense is dood en agt word vermis nadat 'n wolkbreuk erge oorstromings en modderstortings veroorsaak het.

Verwant:
• grondkruip
• grondverskuiwing

Vertaling:
Engels: mudslide
Nederlands: modderstroom

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: staatsmedia
staatsmedia [boodskap #145868] Sa, 20 Julie 2024 08:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19616
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
staatsmedia
Afbreking: staats•me•di•a
Samestelling: staat + -s- + media


Selfstandige naamwoord: staatsmedium
Meervoud: staatsmedia

Betekenis:
• Die media waardeur 'n staat met sy mense kommunikeer (en dikwels ook propaganda voer).

Gebruik:
• Noord-Korea se staatsmedia het berig dat hulle missieltoetse suksesvol was.

Vertaling:
Engels: state media
Nederlands: staatsmedia

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: innominaat
innominaat [boodskap #145867] Sa, 20 Julie 2024 08:15
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19616
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
innominaat
Afbreking: in•no•mi•naat


Byvoeglike naamwoord: innominaat
Attributief: innominate

Betekenis:
• (ongewoon) Wat nie 'n naam het nie; nie benoem of geklassifiseer is nie.

Gebruik:
• Die advokaat het beswaar aangeteken omdat die misdryf innominaat was.

Sinoniem:
• naamloos
• onbenoem

Afgelei:
• innominaatkontrak

Vertaling:
Engels: innominate
Nederlands: innominaat

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: affekteer
affekteer [boodskap #145866] Vr, 19 Julie 2024 19:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19616
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
affekteer
Afbreking: af•fek•teer


Werkwoord: affekteer
Verlede tyd: het geaffekteer

Betekenis:
• Om 'n invloed uit te oefen; 'n inpak of iets te hê.
• Om voor te gee of voor te doen.

Gebruik:
• Stres affekteer nie almal op dieselfde manier nie.

Sinoniem:
• aantas
• beïnvloed
• veroorsaak
• wysig

Vertaling:
Engels: to affect
Nederlands: affecteren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: deurstuur
deurstuur [boodskap #145865] Vr, 19 Julie 2024 19:27
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19616
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
deurstuur
Afbreking: deur•stuur
Samestelling: deur + stuur


Werkwoord: stuur deur, deurstuur
Verlede tyd: het deurgestuur

Betekenis:
• Om verder na 'n bestemming te stuur.

Gebruik:
• Ek sal die vorms invul en deurstuur.
• Die rugbyspeler het die bal tussen die pale deurgestuur.

Sinoniem:
• aanstuur
• deurbeweeg

Vertaling:
Engels: to send onwards, forward, redirect
Nederlands: doorsturen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: prysgee
prysgee [boodskap #145864] Vr, 19 Julie 2024 17:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19616
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
prysgee
Afbreking: prys•gee
Samestelling: prys + gee


Werkwoord: gee prys, prysgee
Verlede tyd: het prysgegee

Betekenis:
• Om van iets afstand te doen; as verlore beskou.

Gebruik:
• Moenie jou geluk prysgee nie.
• Wat het jy prysgegee wat van jou 'n sterker mens gemaak het?

Sinoniem:
• afsien
• afstaan
• inboet
• ontbeer
• oorgee
• opsê
• opoffer
• verbeur
• versaak

Vertaling:
Engels: to abandon, give up, surrender, hand over
Nederlands: prijsgeven

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: wanfunksioneel
wanfunksioneel [boodskap #145863] Vr, 19 Julie 2024 17:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19616
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
wanfunksioneel
Afbreking: wan•funk•sio•neel
Samestelling: wan- + funksioneel


Byvoeglike naamwoord: wanfunksioneel
Vergrotende trap: wanfunksioneler
Oortreffende trap: wanfunksioneelste
Attributief: wanfunksionele

Betekenis:
• Wat nie funksioneel/ werkend is nie.

Gebruik:
• Daar is steeds te veel wanfunksioneel munisipaliteite in die land.

Sinoniem:
• disfunksioneel

Antoniem:
• funksioneel

Vertaling:
Engels: dysfunctional, malfunctioning
Nederlands: disfunctioneel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: vervaag
vervaag [boodskap #145862] Vr, 19 Julie 2024 16:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19616
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vervaag
Afbreking: ver•vaag
Samestelling: ver- + vaag


Werkwoord: vervaag
Verlede tyd: het vervaag

Betekenis:
• Om vaag of onduidelik te word (of te maak).

Gebruik:
• Tyd vervaag al die mooi herinneringe.
• Oorlog vervaag die grense tussen dit wat reg en verkeerd is.

Sinoniem:
• verbleek
• verbleik
• verdoesel
• verdof
• verflou

Antoniem:
• verskerp

Vertaling:
Engels: to fade, blur
Nederlands: vervagen


Byvoeglike naamwoord: vervaag
Attributief: vervaagde

Betekenis:
• Wat geleidelik kleur of intensiteit verloor het.

Gebruik:
• In die foto word die mense teen 'n vervaagde agtergrond gekontrasteer.

Vertaling:
Engels: blurred, faded
Nederlands: vervaagd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: middelklas
middelklas [boodskap #145861] Do, 18 Julie 2024 19:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19616
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
middelklas
Afbreking: mid•del•klas
Samestelling: middel + klas


Selfstandige naamwoord: middelklas
Meervoud: middelklasse

Betekenis:
• Die groep mense tussen die arbeiders en die rykes/elite.

Gebruik:
• Die ryk mense raak al hoe ryker, die arm mense al hou armer en die middelklas is besig om te kwyn.

Sinoniem:
• burgerstand
• middelstand

Afgelei:
• middelklasmeisie
• middelklasverskynsel

Vertaling:
Engels: middle class
Nederlands: middenklasse, middenstand

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: vrygewigheid
vrygewigheid [boodskap #145860] Do, 18 Julie 2024 15:02
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19616
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vrygewigheid
Afbreking: vry•ge•wig•heid
Samestelling: vrygewig + -heid


Selfstandige naamwoord: vrygewigheid
Meervoud: vrygewighede

Betekenis:
• Die toestand of mate van vrygewig wees.

Gebruik:
• Die die organisasie is grotendeels van die vrygewigheid van die publiek afhanklik.

Sinoniem:
• groothartigheid
• grootmoedigheid
• gulhartigheid
• gulheid
• liefdadigheid
• mededeelsaamheid
• rojaliteit
• ruimhartigheid
• onbaatsugtigheid
• onselfsugtigheid

Vertaling:
Engels: generosity, charity
Nederlands: vrijgevigheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: aanvat
aanvat [boodskap #145859] Do, 18 Julie 2024 13:36
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19616
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aanvat
Afbreking: aan•vat
Samestelling: aan + vat


Werkwoord: vat aan, aanvat
Verlede tyd: het aangevat

Betekenis:
• Om aan iets te vat of dit aan te raak.
• Om iets te begin of 'n geneentheid aangryp.
• Om te konfronteer of die stryd aan te sê.

Gebruik:
• Hy is so vuil jy kan hom nie met 'n tang aanvat nie.
• Ons moet seker een of ander tyd die terugtog aanvat.
• Die onderwyser het die kinders oor hulle swak gedrag aangevat.

Sinoniem:
• aandurf
• aangryp
• aanpak
• aanroer
• beetpak
• begin
• onderneem
• vashou
• vasvat

Vertaling:
Engels: to hold, grasp; to begin, commence, seize; to compete, fight
Nederlands: aanvatten, aanvatten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: kankerpasiënt
kankerpasiënt [boodskap #145858] Wo, 17 Julie 2024 18:05
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19616
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kankerpasiënt
Afbreking: kan•ker•pa•si•ënt
Samestelling: kanker + pasiënt


Selfstandige naamwoord: kankerpasiënt
Meervoud: kankerpasiënte
Verkleinwoord: kankerpasiëntjie
Meervoud van verkleining: kankerpasiëntjies

Betekenis:
• 'n Pasiënt wat aan kanker ly.

Gebruik:
• Naas chemoterapie het die kankerpasiënt ook radioterapie ontvang.

Vertaling:
Engels: cancer patient
Nederlands: kankerpatiënt

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: kultureel
kultureel [boodskap #145857] Wo, 17 Julie 2024 18:01
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19616
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kultureel
Afbreking: kul•tu•reel
Samestelling: kultuur + -eel


Byvoeglike naamwoord: kultureel
Attributief: kulturele
Partitief: kultureels

Betekenis:
• Met betrekking tot kultuur (die manier hoe mense goed doen en dit wat hulle saam bind).

Gebruik:
• Nederland, België en Suid-Afrika is kultureel nou aan mekaar verwant.

Hiponiem:
• sosiaal-kultureel
• sosiokultureel
• multikultureel

Vertaling:
Engels: cultural
Nederlands: cultureel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: rusverstoorder
rusverstoorder [boodskap #145856] Wo, 17 Julie 2024 15:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19616
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
rusverstoorder
Afbreking: rus•ver•stoor•der
Samestelling: rus + verstoor + -der


Selfstandige naamwoord: rusverstoorder
Meervoud: rusverstoorders
Verkleinwoord: rusverstoordertjie
Meervoud van verkleining: rusverstoordertjies

Betekenis:
• Iemand wat die rus en vrede verbreek.

Gebruik:
• 'n Beer sal enige rusverstoorder aanval wat hom in sy slaap steur.

Sinoniem:
• oproerling
• onrusstoker
• rusversteurder
• woelwater

Vertaling:
Engels: disturber of peace
Nederlands: rustverstoorder

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: vrugtevlieg
vrugtevlieg [boodskap #145855] Wo, 17 Julie 2024 14:42
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19616
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vrugtevlieg
Afbreking: vrug•te•vlieg
Samestelling: vrugte + vlieg


Selfstandige naamwoord: vrugtevlieg
Meervoud: vrugtevlieë
Verkleinwoord: vrugtevliegie
Meervoud van verkleining: vrugtevliegies

Betekenis:
• 'n Kleinerige vlieg wat in oorryp en vrot vrugte nes maak, genus Drosophila.

Gebruik:
Vrugtevlieë is 'n groot oorlas, aangesien hulle vrugte en groente beskadig.

Afgelei:
• vrugtevlieggetalle
• vrugtevlieglokaas
• vrugtevliegspesies

Vertaling:
Engels: fruit fly
Nederlands: fruitvlieg

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: ongewens
ongewens [boodskap #145854] Wo, 17 Julie 2024 14:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19616
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ongewens
Afbreking: on•ge•wens
Samestelling: on- + gewens


Byvoeglike naamwoord: ongewens
Attributief: ongewenste

Betekenis:
• Wat nie wenslik is nie; waarvoor 'n mens nie wens nie.

Gebruik:
• Hekke is aangebring om ongewenste elemente uit te hou.

Sinoniem:
• onaanloklik
• onbegeerlik
• ongenooi
• onwelkom
• onwenslik

Afgelei:
• ongewenstheid

Vertaling:
Engels: not wished, unwished, undesirable
Nederlands: ongewens

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: plaagbeheer
plaagbeheer [boodskap #145853] Wo, 17 Julie 2024 14:14
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19616
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
plaagbeheer
Afbreking: plaag•be•heer
Samestelling: plaag + beheer


Selfstandige naamwoord: plaagbeheer
Meervoud:

Betekenis:
• Die bestryding van peste en plae (soos ongewenste plante, insekte, knaagdiere, ens).

Gebruik:
• Waar moontlik moet natuurlike plaagbeheer ingespan word eerder as om plae met gifstowwe te beheer.

Sinoniem:
• pesbeheer
• pesbestryding
• plaagbestryding

Afgelei:
• plaagbeheermiddel

Vertaling:
Engels: pest control
Nederlands: ongediertebestrijding, plaagbestrijding

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: winsgewendheid
winsgewendheid [boodskap #145852] Wo, 17 Julie 2024 14:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19616
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
winsgewendheid
Afbreking: wins•ge•wend•heid
Samestelling: winsgewend + -heid


Selfstandige naamwoord: winsgewendheid
Meervoud: winsgewendhede

Betekenis:
• Die toestand of mate van winsgewend wees (meer inbring as uitgee).

Gebruik:
• Die verhoogde insetkoste het die maatskappy se winsgewendheid geknou.

Hiponiem:
• maatskappywinsgewendheid

Sinoniem:
• kredietwaardigheid
• lonendheid
• opbrengs
• rendabiliteit

Vertaling:
Engels: profitability
Nederlands: winstgevendheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: koloniseer
koloniseer [boodskap #145851] Wo, 17 Julie 2024 12:46
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19616
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
koloniseer
Afbreking: ko•lo•ni•seer
Samestelling: kolonie + -iseer


Werkwoord: koloniseer
Verlede tyd: het gekoloniseer

Betekenis:
• Om 'n kolonie te vorm; 'n nuwe gebied binne te val en daar te vestig.

Gebruik:
• Elon Musk wil die planeet Mars koloniseer.
• Tydens die 18de eeu is Afrika deur Europese moondhede ingeval, verdeel en gekoloniseer.

Sinoniem:
• annekseer
• oorneem

Antoniem:
• dekoloniseer

Verwant:
• kolonisasie
• koloniseerder
• koloniserend
• kolonisering

Vertaling:
Engels: colonize
Nederlands: koloniseren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: gevangeskap
gevangeskap [boodskap #145850] Wo, 17 Julie 2024 12:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19616
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gevangeskap
Afbreking: ge•van•ge•skap
Samestelling: gevange + -skap


Selfstandige naamwoord: gevangeskap
Meervoud: gevangeskappe

Betekenis:
• Toestand waar iemand ingehok en se vryheid van hom ontneem is.

Gebruik:
• Die man is tot vyf jaar gevangeskap gevonnis.

Wisselvorm:
• gevangenskap

Sinoniem:
• detensie
• gevangehouding
• gevangenisstraf
• hegtenis
• onvryheid
• selstraf

Hiponiem:
• krygsgevangeskap

Vertaling:
Engels: captivity, imprisonment
Nederlands: gevangenschap

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: loslaat
loslaat [boodskap #145849] Wo, 17 Julie 2024 12:24
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19616
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
loslaat
Afbreking: los•laat
Samestelling: los + laat


Werkwoord: laat los, loslaat
Verlede tyd: het losgelaat

Betekenis:
• Om nie langer vas te hou nie.
• Om uit gevangeskap vry te stel.

Gebruik:
Laat los my hand.
• Die wildbewaarder het die leeus in 'n nuwe reservaat losgelaat.

Sinoniem:
• bevry
• losbreek
• loskry
• losmaak
• ontslaan
• red
• skietgee
• uitlaat
• verlos
• vrylaat
• vrymaak
• vrystel

Antoniem:
• vashou

Afgelei:
• loslating

Vertaling:
Engels: to release, discharge
Nederlands: loslaten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: onderkaak
onderkaak [boodskap #145848] Di, 16 Julie 2024 11:48
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19616
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Menslike onderkaak.
'n Menslike onderkaak.
onderkaak
Afbreking: on•der•kaak
Samestelling: onder + kaak


Selfstandige naamwoord: onderkaak
Meervoud: onderkake

Betekenis:
• Die (meestal beweeglike) been aan die onderkant van die kop.

Gebruik:
• Volwasse mense het gewoonlik 32 permanente tande, 16 aan die bo- en 16 aan die onderkaak.

Sinoniem:
• kakebeen
• mandibula
• mandibel

Antoniem:
• bokaak
• maksilla

Vertaling:
Engels: lower jaw
Nederlands: onderkaak

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: dissekteer
dissekteer [boodskap #145847] Di, 16 Julie 2024 11:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19616
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
dissekteer
Afbreking: dis•sek•teer


Werkwoord: dissekteer
Verlede tyd: het gedissekteer

Betekenis:
• Om 'n liggaam oop te sny en anatomies te ondersoek.
• (figuurlik) Om fyn te ontleed en te bestudeer.

Gebruik:
• Die bioloog dissekteer 'n padda.
• Dit is noodsaaklik om al die argument krities te dissekteer om dit in diepte te verstaan.

Sinoniem:
• ontleed
• oopsaag
• oopsny
• opsny

Vertaling:
Engels: to dissect
Nederlands: dissecteren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Bladsye (3): [1  2  3    »]


Tyd nou: So Jul 21 10:09:04 MGT 2024