Forum: Woordeboek
Onderwerp: motorafdak
motorafdak [boodskap #145758 ]
Ma, 01 Julie 2024 09:50
Leksikograaf
Boodskappe: 19488Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Huis met 'n motorafdak.
motorafdak
Afbreking: mo•tor•af•dak
Samestelling: motor + afdak
Selfstandige naamwoord: motorafdak
Meervoud: motorafdakke
Verkleinwoord: motorafdakkie
Meervoud van verkleining: motorafdakkies
Betekenis:
• 'n Afdak waaronder 'n motor geparkeer word.
Gebruik:
• 'n Motorafdak bied minder beskerming as 'n motorhuis, maar is darem beter as niks!
Verwant:
• motorhuis
Vertaling:
Engels: carport
Nederlands: carport
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Ma, 01 Julie 2024 09:54]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: uiteenloop
uiteenloop [boodskap #145757 ]
Ma, 01 Julie 2024 09:40
Leksikograaf
Boodskappe: 19488Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uiteenloop
Afbreking: uit•een•loop
Samestelling: uiteen + loop
Werkwoord: loop uiteen , uiteenloop
Verlede tyd: het uiteengeloop
Betekenis:
• Om in verskillende rigtings te loop; verder van mekaar beweeg.
• Om van mekaar te verskil.
Gebruik:
• Ons paaie het mettertyd uiteengeloop en ek het lank laas van haar gehoor.
• Menings oor die redes vir die oorlog loop aansienlik uiteen .
Sinoniem:
• afwyk
• divergeer
• opbreek
• uiteengaan
• uiteenvloei
• uiteenwyk
• uitsprei
• uitwyk
• verdeel
• verskil
• versprei
• verstrooi
Antoniem:
• ineenloop
Afgelei:
• uiteenlopend
• uiteenloping
Vertaling:
Engels: to diverge, part; to differ
Nederlands: uiteenlopen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Ma, 01 Julie 2024 09:40]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: beginner
beginner [boodskap #145756 ]
Ma, 01 Julie 2024 08:57
Leksikograaf
Boodskappe: 19488Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
beginner
Afbreking: be•gin•ner
Samestelling: begin + -er
Selfstandige naamwoord: beginner
Meervoud: beginners
Verkleinwoord: beginnertjie
Meervoud van verkleining: beginnertjies
Betekenis:
• Iemand onlangs met iets begin het en nog nie ervare is nie.
• Iemand wat iets nuuts begin.
Gebruik:
• Hy speel nogal goed skaak vir 'n beginner .
• Ek is nie die beginner van hierdie onderwerp op die forum nie, net 'n deelnemer.
Sinoniem:
• amateur
• beginneling
• debutant
• groentjie
• haas
• leek
• leerling
• nuweling
• onervarene
• rekruut
• rofie
• aanvanger
• grondlegger
Afgelei:
• beginnerskursus
• beginnersles
Vertaling:
Engels: beginner, newcomer, novice, freshman; initiator
Nederlands: beginner
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Ma, 01 Julie 2024 08:58]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: gholfstok
gholfstok [boodskap #145755 ]
Ma, 01 Julie 2024 08:40
Leksikograaf
Boodskappe: 19488Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Gholfsak met gholfstokke.
gholfstok
Afbreking: gholf•stok
Samestelling: gholf + stok
Selfstandige naamwoord: gholfstok
Meervoud: gholfstokke
Verkleinwoord: gholfstokkie
Meervoud van verkleining: gholfstokkies
Betekenis:
• Stok waarmee die bal in golf geslaan word.
Gebruik:
• Ons moedig alle gholfspelers aan om die gholfstokke solank af te stof om aan ons eerste jaarlikse gholfdag deel te neem.
Vertaling:
Engels: golf club
Nederlands: golfstok
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: gholfdag
gholfdag [boodskap #145754 ]
Ma, 01 Julie 2024 08:31
Leksikograaf
Boodskappe: 19488Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gholfdag
Afbreking: gholf•dag
Samestelling: gholf + dag
Selfstandige naamwoord: gholfdag
Meervoud: gholfdae
Verkleinwoord: gholfdaggie
Meervoud van verkleining: gholfdaggies
Betekenis:
• 'n Dag waarop gholf gespeel word.
Gebruik:
• Kom geniet die gholfdag saam met ons en help om geld vir die projek in te samel.
Vertaling:
Engels: golf day
Nederlands: golfdag
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: registrasienommer
registrasienommer [boodskap #145751 ]
So, 30 Junie 2024 18:38
Leksikograaf
Boodskappe: 19488Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
registrasienommer
Afbreking: re•gi•stra•sie•nom•mer
Samestelling: registrasie + nommer
Selfstandige naamwoord: registrasienommer
Meervoud: registrasienommers
Verkleinwoord: registrasienommertjie
Meervoud van verkleining: registrasienommertjies
Betekenis:
• 'n Nommer wat aan iets toegeken en vir latere verwysing op register geplaas is.
Gebruik:
• Die gesteelde motor se registrasienommer is HKG 866 GP.
Vertaling:
Engels: registration number
Nederlands: registratienummer
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Ma, 01 Julie 2024 07:29]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: kragnetwerk
kragnetwerk [boodskap #145750 ]
So, 30 Junie 2024 18:08
Leksikograaf
Boodskappe: 19488Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kragnetwerk
Afbreking: krag•net•werk
Samestelling: krag + netwerk
Selfstandige naamwoord: kragnetwerk
Meervoud: kragnetwerke
Verkleinwoord: kragnetwerkie
Meervoud van verkleining: kragnetwerkies
Betekenis:
• 'n Netwerk waaroor krag/elektrisiteit na verbruikers versprei word.
Gebruik:
• Indien die kragnetwerk in duie stort kan die land vir weke in duisternis gehul wees.
Sinoniem:
• elektrisiteitsnetwerk
Vertaling:
Engels: kragnetwerk
Nederlands: kragnetwerk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Ma, 01 Julie 2024 07:30]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: kanton
kanton [boodskap #145749 ]
So, 30 Junie 2024 18:03
Leksikograaf
Boodskappe: 19488Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kanton
Afbreking: kan•ton
Selfstandige naamwoord: kanton
Meervoud: kantons
Betekenis:
• 'n Administratiewe gebied in sommige lande.
Gebruik:
• Saint-Louis is 'n dorp en munisipaliteit in die Franse kanton Huningue.
• Switserland is in 26 kantons verdeel.
Sinoniem:
• distrik
• divisie
• kwartier
Afgelei:
• kantonnaal
• kantonstelsel
Vertaling:
Engels: canton
Nederlands: kanton
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Ma, 01 Julie 2024 07:41]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: gereeldheid
gereeldheid [boodskap #145748 ]
So, 30 Junie 2024 17:55
Leksikograaf
Boodskappe: 19488Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gereeldheid
Afbreking: ge•reeld•heid
Samestelling: gereeld + -heid
Selfstandige naamwoord: gereeldheid
Meervoud: gereeldhede
Betekenis:
• Die toestand of mate van gereed wees.
Gebruik:
• Die gereeldheid waarteen hierdie aanvalle plaasvind is besig om toe te neem.
Sinoniem:
• frekwensie
• reëlmaat
Antoniem:
• ongereeldheid
Vertaling:
Engels: regularity, frequency
Nederlands: regelmatigheid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: snoekerstok
snoekerstok [boodskap #145747 ]
So, 30 Junie 2024 17:46
Leksikograaf
Boodskappe: 19488Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Snoekerstok.
snoekerstok
Afbreking: snoe•ker•stok
Samestelling: snoeker + stok
Selfstandige naamwoord: snoekerstok
Meervoud: snoekerstokke
Verkleinwoord: snoekerstokkie
Meervoud van verkleining: snoekerstokkies
Betekenis:
• Lang stok waarmee snoeker gespeel word.
Gebruik:
• Die snoekerspeler klits die snoekerbal met sy snoekerstok in die gaatjie in.
Vertaling:
Engels: snooker stick, cue stick
Nederlands: snookerstok
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: So, 30 Junie 2024 19:30]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: sokkertoernooi
sokkertoernooi [boodskap #145746 ]
So, 30 Junie 2024 17:30
Leksikograaf
Boodskappe: 19488Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sokkertoernooi
Afbreking: sok•ker•toer•nooi
Samestelling: sokker + toernooi
Selfstandige naamwoord: sokkertoernooi
Meervoud: sokkertoernooie
Verkleinwoord: sokkertoernooitjie
Meervoud van verkleining: sokkertoernooitjies
Betekenis:
• Reeks sokkerwedstryde waarin sokkerspanne teen mekaar meeding om die beste span te bepaal.
Gebruik:
• Banyana-Banyana het vir die eerste keer in 2012 vir die Olimpiese sokkertoernooi gekwalifiseer.
Vertaling:
Engels: soccer tournament, football tournament
Nederlands: voetbaltoernooi
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Ma, 01 Julie 2024 07:42]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: gedenk
gedenk [boodskap #145745 ]
So, 30 Junie 2024 14:01
Leksikograaf
Boodskappe: 19488Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gedenk
Afbreking: ge•denk
Samestelling: ge- + denk (dink)
Werkwoord: gedenk
Verlede tyd: het gedenk
Betekenis:
• Om 'n belangrike gebeurtenis te onthou; in herinnering te roep.
Gebruik:
• Geloftedag word jaarliks op 16 Desember gedenk .
Spreekwoord:
• Aansien doen gedenk . [Wanneer jy iets of iemand sien, herinner dit jou aan iets anders.]
Sinoniem:
• eer
• eerbiedig
• herdenk
• herinner
• onthou
• terugdink
• vier
Afgelei:
• gedenkalbum
• gedenkboek
• gedenkboog
• gedenkbrosjure
• gedenkdag
• gedenkdiens
• gedenkfees
• gedenkfonds
• gedenkjaar
• gedenknaald
• gedenkplaat
• gedenkpark
• gedenkpenning
• gedenkrol
• gedenksaal
• gedenkseël
• gedenkskool
• gedenkskrif
• gedenkspreuk
• gedenksteen
• gedenkstuk
• gedenksuil
• gedenkteken
• gedenktuin
• gedenkuitgawe
• gedenkwaardig
Vertaling:
Engels: to recall, recollect, remember, commemorate
Nederlands: gedenken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: gedenkwaardig
gedenkwaardig [boodskap #145744 ]
So, 30 Junie 2024 13:50
Leksikograaf
Boodskappe: 19488Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gedenkwaardig
Afbreking: ge•denk•waar•dig
Samestelling: gedenk + waardig
Byvoeglike naamwoord: gedenkwaardig
Vergrotende trap: gedenkwaardiger
Oortreffende trap: gedenkwaardigste
Attributief: gedenkwaardige
Partitief: gedenkwaardigs
Betekenis:
• Wat die moete werd is om te gedenk (te onthou).
Gebruik:
• Die eerste maanlanding was 'n gedenkwaardige dag.
Sinoniem:
• epogmakend
• heuglik
• merkwaardig
• onvergeetlik
Antoniem:
• ongedenkwaardig
Afgelei:
• gedenkwaardigheid
Vertaling:
Engels: memorable, worthy of remembering
Nederlands: gedenkwaardig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: berghang
berghang [boodskap #145743 ]
So, 30 Junie 2024 13:41
Leksikograaf
Boodskappe: 19488Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
berghang
Afbreking: berg•hang
Samestelling: berg + hang
Selfstandige naamwoord: berghang
Meervoud: berghange
Betekenis:
• Die oplopende sy van 'n berg.
Gebruik:
• Die chalets is teen 'n berghang gebou wat oor die see uitkyk.
Sinoniem:
• bergflank
• berghelling
Vertaling:
Engels: mountain slope, hillside
Nederlands: berghelling
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Ma, 01 Julie 2024 07:44]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: onskatbaar
onskatbaar [boodskap #145742 ]
So, 30 Junie 2024 10:54
Leksikograaf
Boodskappe: 19488Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
onskatbaar
Afbreking: on•skat•baar
Samestelling: on- + skatbaar
Byvoeglike naamwoord: onskatbaar
Vergrotende trap: onskatbare
Oortreffende trap: onskatbaarste
Attributief: onskatbare
Partitief: onskatbaars
Betekenis:
• Baie waardevol. Waarvan die waarde so hoog is dat skatte nie daarvoor kan betaal nie.
Gebruik:
• 'n Goeie teelbul se waarde is onskatbaar .
• Die onskatbare waarde van vriendskap kan nie in geld uitgedruk word nie.
Sinoniem:
• kosbaar
• onbetaalbaar
• onmeetbaat
• ontelbaar
• onvervangbaar
• onwaardeerbaar
• peperduur
• waardevol
Afgelei:
• onskatbaarheid
Vertaling:
Engels: priceless, invaluable, inestimable
Nederlands: onschatbaar
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: noteer
noteer [boodskap #145741 ]
Sa, 29 Junie 2024 19:20
Leksikograaf
Boodskappe: 19488Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
noteer
Afbreking: no•teer
Werkwoord: noteer
Verlede tyd: het genoteer
Betekenis:
• Om 'n nota/ aantekening te maak.
• Om 'n prys op 'n aandelebeurs te registreer.
Gebruik:
• Sy noteer die datum in haar dagboek.
• Die aandeel is op die Johannesburgse Effektebeurs genoteer .
Sinoniem:
• aanteken
• boekstaaf
• byhou
• opskryf
• opteken
• lys
• prys
• registreer
Afgelei:
• annoteer
Vertaling:
Engels: noteer
Nederlands: noteren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: hooftema
hooftema [boodskap #145740 ]
Sa, 29 Junie 2024 19:08
Leksikograaf
Boodskappe: 19488Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
hooftema
Afbreking: hoof•te•ma
Samestelling: hoof + tema
Selfstandige naamwoord: hooftema
Meervoud: hooftemas
Betekenis:
• Die belangrikste tema/ onderwerp.
Gebruik:
• Die hooftema van die boek is die kwesbaarheid van die mensdom en die enorme skade wat tegnologie in die verkeerde hande kan veroorsaak.
Sinoniem:
• hoofonderwerp
Antoniem:
• subtema
Vertaling:
Engels: main theme, main subject
Nederlands: hoofdthema
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: triomfeer
triomfeer [boodskap #145739 ]
Sa, 29 Junie 2024 18:36
Leksikograaf
Boodskappe: 19488Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
triomfeer
Afbreking: tri•om•feer
Samestelling: triomf + -eer
Werkwoord: triomfeer
Verlede tyd: het getriomfeer
Betekenis:
• Om 'n oorwinning (triomf) te behaal.
Gebruik:
• U het my uit elke benoudheid gered en my oor my vyande laat triomfeer . [Psalms 54:9]
Sinoniem:
• baasraak
• oorkom
• oorweldig
• oorwin
• seëvier
• uitklop
• verslaan
• verower
• wen
Afgelei:
• triomferend
• triomfeerder
Vertaling:
Engels: to triumph
Nederlands: triomferen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: brandstapel
brandstapel [boodskap #145738 ]
Sa, 29 Junie 2024 18:23
Leksikograaf
Boodskappe: 19488Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Uitbeelding van Johanna van Arkel se terregstelling op 'n brandstapel.
brandstapel
Afbreking: brand•sta•pel
Samestelling: brand + stapel
Selfstandige naamwoord: brandstapel
Meervoud: brandstapels
Verkleinwoord: brandstapeltjie
Meervoud van verkleining: brandstapeltjies
Betekenis:
• 'n Hoop hout waarop iets verbrand word (o.a. lyke, misdadigers, ketters, hekse en andersdenkende mense).
Gebruik:
• Die 19-jarige Johanna van Arkel op 30 Mei 1431 op die brandstapel verbrand.
Sinoniem:
• houthoop
Vertaling:
Engels: pile, stake, woodpile
Nederlands: brandstapel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: vasalskap
vasalskap [boodskap #145737 ]
Sa, 29 Junie 2024 18:02
Leksikograaf
Boodskappe: 19488Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vasalskap
Afbreking: va•sal•skap
Samestelling: vasal + -skap
Selfstandige naamwoord: vasalskap
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Staat van afhanklikheid en onderdanigheid; die toestand van 'n vasal wees.
Gebruik:
• In die 7de eeu v.C. het die Koninkryk van Juda se bevolking toegeneem en het dit gedy onder die vasalskap van die Nieu-Assiriese Ryk.
Vertaling:
Engels: vassalage
Nederlands: vazalschap
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: So, 30 Junie 2024 06:14]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: skoei
skoei [boodskap #145736 ]
Sa, 29 Junie 2024 17:44
Leksikograaf
Boodskappe: 19488Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
skoei
Afbreking: skoei
Werkwoord: skoei
Verlede tyd: het geskoei
Betekenis:
• Om van skoene te voorsien; skoeisel aan die voete te sit.
Gebruik:
• Die kinders word vir kerk geklee en geskoei .
Spreekwoord:
• Iets op dieselfde lees skoei . [Iets op dieselfde ou manier doen.]
Afgelei:
• beskoei
• ongeskoei
• skoeisel
• verskoei
Vertaling:
Engels: to shoe
Nederlands: schoeien
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: So, 30 Junie 2024 06:13]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: ylbevolk
ylbevolk [boodskap #145735 ]
Sa, 29 Junie 2024 17:30
Leksikograaf
Boodskappe: 19488Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ylbevolk
Afbreking: yl•be•volk
Samestelling: yl + bevolk
Byvoeglike naamwoord: ylbevolk
Attributief: ylbevolkte
Betekenis:
• Met 'n lae bevolkingsdigtheid; min individue in verhouding tot die oppervlakte.
Gebruik:
• Die bom sal in 'n ylbevolk gebied getoets word.
Sinoniem:
• dunbevolk
Vertaling:
Engels: sparsely populated
Nederlands: dunbevolkt
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: beleër
beleër [boodskap #145734 ]
Sa, 29 Junie 2024 17:25
Leksikograaf
Boodskappe: 19488Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
beleër
Afbreking: be•le•ër
Samestelling: be- + leër
Werkwoord: beleër
Verlede tyd: het beleër
Betekenis:
• Om met 'n leër (weermag) te beset of te omsingel.
Gebruik:
• In dié tyd het die leër van koning Nebukadnesar van Babel 'n aanval op Jerusalem begin en die stad beleër . [2 Konings 24:10]
Sinoniem:
• aanval
• beset
• omsingel
• storm
Afgelei:
• beleërde
• beleëraar
• beleëring
Vertaling:
Engels: to besiege
Nederlands: belegeren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: onderdrukking
onderdrukking [boodskap #145733 ]
Sa, 29 Junie 2024 13:14
Leksikograaf
Boodskappe: 19488Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
onderdrukking
Afbreking: on•der•druk•king
Samestelling: onderdruk + -ing
Selfstandige naamwoord: onderdrukking
Meervoud: onderdrukkings
Betekenis:
• Die handeling of resultaat van onderdruk (om iets of iemand op onregverdige wyse in 'n laer of minder magtige posisie te hou).
Gebruik:
• Hy sal hulle van onderdrukking en geweld bevry; hulle lewens sal kosbaar wees in sy oë. [Psalms 72:14]
Sinoniem:
• oorheersing
• onderdrukking
• onderwerping
• ontmoediging
• oorweldiging
• remming
• repressie
• terughouding
• verowering
Vertaling:
Engels: oppression
Nederlands: onderdrukking
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: moeilikheidmaker
moeilikheidmaker [boodskap #145732 ]
Sa, 29 Junie 2024 13:06
Leksikograaf
Boodskappe: 19488Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
moeilikheidmaker
Afbreking: moei•lik•heid•ma•ker
Samestelling: moeilikheid + maker
Selfstandige naamwoord: moeilikheidmaker
Meervoud: moeilikheidmakers
Verkleinwoord: moeilikheidmakertjie
Meervoud van verkleining: moeilikheidmakertjies
Betekenis:
• Iemand wat moeilikheid maak; probleme veroorsaak.
Gebruik:
• Die juffrou het die moeilikheidmaker uit die klas gejaag.
Sinoniem:
• booswig
• molesmaker
• onrusstoker
• skurk
Vertaling:
Engels: troublemaker
Nederlands: onruststoker, herrieschopper
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: ban
ban [boodskap #145731 ]
Sa, 29 Junie 2024 12:51
Leksikograaf
Boodskappe: 19488Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ban
Afbreking: ban
Werkwoord: ban
Verlede tyd: het geban
Betekenis:
• Om iets te belet; gebruik, toegang of deelname te verbied.
Gebruik:
• Die moeilikheidmaker is van die forum geban .
Sinoniem:
• uitsluit
• verdryf
• verbied
• wegjaag
Afgelei:
• uitban
• verban
Vertaling:
Engels: to forbid, banish, exile, expel
Nederlands: bannen
Selfstandige naamwoord: ban
Meervoud: banne
Betekenis:
• 'n Verbod wat op iets geplaas is.
Gebruik:
• Die ban is later gelig.
Sinoniem:
• embargo
• inperking
• prohibisie
• verbod
Hiponiem:
• kerkban
Afgelei:
• banbliksem
• bandiet
• banneling
• bandeloos
• banvloek
• banvonnis
Vertaling:
Engels: ban, banishment, excommunication
Nederlands: ban
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: So, 30 Junie 2024 06:11]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: verban
verban [boodskap #145730 ]
Sa, 29 Junie 2024 11:10
Leksikograaf
Boodskappe: 19488Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verban
Afbreking: ver•ban
Samestelling: ver- + ban
Werkwoord: verban
Verlede tyd: het verban
Betekenis:
• Om uit te dryf en toegang of deelname te verbied.
• Om verdere gebruik te verbied.
Gebruik:
• Die Boere wat as krygsgevangenes geneem is, is na Sint Helena verban .
• Produkte wat die osoonlaag vernietig is verban .
Sinoniem:
• belet
• deporteer
• ekskommuniseer
• ekspatrieer
• repatrieer
• rojeer
• uitboender
• uitdryf
• uitja
• uitskop
• uitsmyt
• uitwerp
• verdring
• verdryf
• verjaag
• wegdryf
• wegjaag
• wegwys
Afgelei:
• verbanne
• verbanning
Vertaling:
Engels: to expel, banish, exile, drive out
Nederlands: verbannen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: So, 30 Junie 2024 06:17]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: uitmekaar
uitmekaar [boodskap #145729 ]
Vr, 28 Junie 2024 19:34
Leksikograaf
Boodskappe: 19488Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitmekaar
Afbreking: uit•me•kaar
Samestelling: uit + mekaar
Bywoord: uitmekaar
Betekenis:
• Waarvan die dele los van mekaar is; met 'n tussenruimte; aan stukke.
Gebruik:
• Die paartjie is uitmekaar .
• Die werktuigkundige haal die motor uitmekaar .
Sinoniem:
• afsonderlik
• apart
• uiteen
• vanmekaar
Antoniem:
• inmekaar
Afgelei:
• uitmekaargaan
• uitmekaarhaal
• uitmekaarhou
• uitmekaarjaag
• uitmekaarmaak
• uitmekaarpluk
• uitmekaarskeur
• uitmekaarspat
• uitmekaartrek
• uitmekaarval
Vertaling:
Engels: apart
Nederlands: uit elkaar
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: onbreekbaar
onbreekbaar [boodskap #145728 ]
Vr, 28 Junie 2024 17:50
Leksikograaf
Boodskappe: 19488Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
onbreekbaar
Afbreking: on•breek•baar
Samestelling: on- + breekbaar
Byvoeglike naamwoord: onbreekbaar
Attributief: onbreekbare
Betekenis:
• Wat nie gebreek kan word nie.
Gebruik:
• Die band tussen hulle was onbreekbaar .
Sinoniem:
• klipsteenhard
• onaantasbaar
• onskendbaar
• onverganklik
• onvernietigbaar
• ystersterk
Antoniem:
• breekbaar
Afgelei:
• onbreekbaarheid
Vertaling:
Engels: unbreakable, infrangible
Nederlands: onbreekbaar
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: slangagtig
slangagtig [boodskap #145727 ]
Vr, 28 Junie 2024 14:33
Leksikograaf
Boodskappe: 19488Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
slangagtig
Afbreking: slang•ag•tig
Samestelling: slang + -agtig
Byvoeglike naamwoord: slangagtig
Attributief: slangagtige
Betekenis:
• Soos 'n slang, of met die eienskappe van 'n slang.
Gebruik:
• Hidra 'n slangagtige monster in die Griekse mitologie met baie koppe.
Sinoniem:
• kronkelend
• serpentyn
• slangvormig
• slinks
• soepel
Vertaling:
Engels: snaky, snakish, serpentine, viperous
Nederlands: slangachtig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: woestynagtig
woestynagtig [boodskap #145726 ]
Vr, 28 Junie 2024 12:47
Leksikograaf
Boodskappe: 19488Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
woestynagtig
Afbreking: woe•styn•ag•tig
Samestelling: woestynag + -tig
Byvoeglike naamwoord: woestynagtig
Attributief: woestynagtige
Betekenis:
• Wat soos 'n woestyn lyk of eienskappe daarvan toon.
Gebruik:
• Die gebied is woestynagtig en stowwerig met baie min bome en bosse.
Sinoniem:
• dor
• droog
Vertaling:
Engels: desert-like
Nederlands: woestijnachtig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: trefslag
trefslag [boodskap #145725 ]
Vr, 28 Junie 2024 12:28
Leksikograaf
Boodskappe: 19488Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
trefslag
Afbreking: tref•slag
Samestelling: tref + slag
Selfstandige naamwoord: trefslag
Meervoud: trefslae
Betekenis:
• Die moment wat iets iets anders tref.
• Die resultaat van 'n soektog.
Gebruik:
• Die fietsryer was gelukkig om die trefslag met die motor te oorleef.
• Google gee net een trefslag .
Sinoniem:
• impak
• skok
• stampslag
• resultaat
• soekresultaat
Vertaling:
Engels: collision, impact; match, hit
Nederlands: trefslag
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: verpak
verpak [boodskap #145724 ]
Vr, 28 Junie 2024 11:07
Leksikograaf
Boodskappe: 19488Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verpak
Afbreking: ver•pak
Samestelling: ver- + pak
Werkwoord: verpak
Verlede tyd: het verpak
Betekenis:
• Om in 'n beskermende omhulsel te plaas; in pakkies opmaak.
• Om weer in te pak.
Gebruik:
• Die lekkergoed word in papiertjies verpak .
• Die vleis word opgesny en in kleiner porsies verpak .
Hiponiem:
• onverpak
• vakuumverpak
Sinoniem:
• enkapsuleer
• inpak
• toedraai
• verseël
• wegpak
• oorlaai
• oorpak
Afgelei:
• verpakker
• verpakking
Vertaling:
Engels: to pack, package, wrap up
Nederlands: verpakken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: herwinbaar
herwinbaar [boodskap #145723 ]
Vr, 28 Junie 2024 10:49
Leksikograaf
Boodskappe: 19488Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
herwinbaar
Afbreking: her•win•baar
Samestelling: herwin + -baar
Byvoeglike naamwoord: herwinbaar
Attributief: herwinbare
Betekenis:
• Wat herwin (van voor af hergebruik) kan word.
Gebruik:
• Glas is herwinbaar en kan herwin word sonder om die waarde, suiwerheid of helderheid daarvan te verloor.
Vertaling:
Engels: recyclable
Nederlands: recyclebaar
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: raklewe
raklewe [boodskap #145722 ]
Vr, 28 Junie 2024 10:42
Leksikograaf
Boodskappe: 19488Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
raklewe
Afbreking: rak•lewe
Samestelling: rak + lewe
Selfstandige naamwoord: raklewe
Meervoud: raklewens
Betekenis:
• Die tydsduur wat 'n produk gestoor kan word voordat dit verkoop of gebruik moet word.
Gebruik:
• Melk word gepasteuriseer om die raklewe daarvan te verleng.
Sinoniem:
• lewensduur
• rakleeftyd
Vertaling:
Engels: shelf life
Nederlands: houdbaarheid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: gesondheidsvoordeel
gesondheidsvoordeel [boodskap #145721 ]
Vr, 28 Junie 2024 09:41
Leksikograaf
Boodskappe: 19488Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gesondheidsvoordeel
Afbreking: ge•sond•heids•voor•deel
Samestelling: gesondheid + -s- + voordeel
Selfstandige naamwoord: gesondheidsvoordeel
Meervoud: gesondheidsvoordele
Betekenis:
• Iets wat voordelig vir 'n mens se gesondheid is.
Gebruik:
• Knoffel het talle gesondheidsvoordele en kan die immuunstelsel bevorder, verkoues voorkom, spysvertering aanhelp en die bloedsuiker balanseer.
Vertaling:
Engels: health benefit
Nederlands: gezondheidsvoordeel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: kafeïenvry
kafeïenvry [boodskap #145720 ]
Vr, 28 Junie 2024 09:30
Leksikograaf
Boodskappe: 19488Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kafeïenvry
Afbreking: ka•fe•ïen•vry
Samestelling: kafeïen + vry
Byvoeglike naamwoord: kafeïenvry
Attributief: kafeïenvrye
Betekenis:
• Wat geen kafeïen bevat nie.
Gebruik:
• Die gesondheidsdrankie is suiker- en kafeïenvry .
Wisselvorm:
• kafeïnevry
Antoniem:
• kafeïenryk
Vertaling:
Engels: caffeine free
Nederlands: cafeïnevrij
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: kafeïen
kafeïen [boodskap #145719 ]
Vr, 28 Junie 2024 09:23
Leksikograaf
Boodskappe: 19488Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kafeïen
Afbreking: ka•fe•ïen
Selfstandige naamwoord: kafeïen , kafeïne
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Stimulant, chemiese alkaloïed en bestanddeel van koffie.
Gebruik:
• 'n Oordosis kafeïen kan naarheid, braking, diarree, maagseer en hoofpyne veroorsaak.
Afgelei:
• kafeïen-onttrekking
• kafeïenbensoaat
• kafeïengehalte
• kafeïenryk
• kafeïensuur
• kafeïenvergiftiging
• kafeïenvry
Vertaling:
Engels: caffein
Nederlands: cafeïne, coffeïne
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: indringerspesie
indringerspesie [boodskap #145718 ]
Vr, 28 Junie 2024 08:07
Leksikograaf
Boodskappe: 19488Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
indringerspesie
Afbreking: in•drin•ger•spe•sie
Samestelling: indringer + spesie
Selfstandige naamwoord: indringerspesie
Meervoud: indringerspesies
Betekenis:
• 'n Uitheemse spesie wat 'n gebied waar dit nie vantevore voorgekom het nie binnegedring het.
Gebruik:
• Kakiebos is 'n indringerspesie in Suid-Afrika wat gedurende die Tweede Vryheidsoorlog saam met voer uit Argentinië hier aangeland het.
Antoniem:
• inheemse spesie
Hiponiem:
• indringerdier
• indringerplant
Vertaling:
Engels: invasive specie
Nederlands: invasieve soort
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: soetheid
soetheid [boodskap #145717 ]
Vr, 28 Junie 2024 07:52
Leksikograaf
Boodskappe: 19488Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
soetheid
Afbreking: soet•heid
Samestelling: soet + -heid
Selfstandige naamwoord: soetheid
Meervoud: soethede
Betekenis:
• Die toestand of mate van soet wees.
Gebruik:
• Die stadige roosterproses bring die natuurlike soetheid en unieke geure van die koffiebone na vore.
Sinoniem:
• soetheidsgraad
Vertaling:
Engels: sweetness
Nederlands: zoetheid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.