Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Vandag se boodskappe (Aan)  | Onbeantwoorde boodskappe (Af)

Forum: Woordeboek
 Onderwerp: agtervolging
agtervolging [boodskap #146466] Ma, 16 September 2024 08:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20189
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
agtervolging
Afbreking: ag•ter•vol•ging
Samestelling: agtervolg + -ing


Selfstandige naamwoord: agtervolging
Meervoud: agtervolgings

Betekenis:
• Die handeling of resultaat van agtervolg.

Gebruik:
• Die polisie het die verdagte ná 'n kort agtervolging aangekeer en gearresteer.

Sinoniem:
• agternasit
• jaagtog
• hakkejag
• klopjag
• vervolging

Afgelei:
• agtervolgingswaan
• spanagtervolging

Vertaling:
Engels: pursuit, persecution
Nederlands: achtervolging

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Ma, 16 September 2024 08:02]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: opsy
opsy [boodskap #146467] Ma, 16 September 2024 08:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20189
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
opsy
Afbreking: op•sy
Samestelling: op + sy


Bywoord: opsy

Betekenis:
• Ná die sykant; apart van ander.

Gebruik:
• Staan opsy, jy is in my pad.

Spreekwoord:
• 'n Eiewys hen lê die eier opsy. [Iemand wat nie na raad luister nie, begaan foute.]

Sinoniem:
• apart
• eenkant
• sywaarts
• tersyde

Afgelei:
• opsysit
• opsyskuif
• opsystaan

Vertaling:
Engels: aside, aloof, away
Nederlands: opzij

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Ma, 16 September 2024 08:19]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: ternouernood
ternouernood [boodskap #146468] Ma, 16 September 2024 08:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20189
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ternouernood
Afbreking: ter•nou•er•nood
Samestelling: ter + nou + -er + nood


Bywoord: ternouernood

Betekenis:
• Ook maar net; amper nie.

Gebruik:
• Donald Trump het die dood ternouernood vrygespring toe 'n koeël verby sy kop gevlieg het.

Sinoniem:
• desnoods
• beswaarlik
• kwalik
• naelskraap
• net-net
• nouliks
• skaars
• skraps

Vertaling:
Engels: hardly, scarcely, barely, narrowly
Nederlands: ternauwernood

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.



Tyd nou: Ma Sep 16 09:31:12 MGT 2024