Forum: Woordeboek
|
Onderwerp: onding
|
onding [boodskap #146392] |
Vr, 06 September 2024 14:48 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20117 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
onding
Afbreking: on•ding
Samestelling: on- + ding
Selfstandige naamwoord: onding
Meervoud: ondinge
Verkleinwoord: ondingetjie
Meervoud van verkleining: ondingetjies
Betekenis:
• Iets wat sleg, verkeerd of van min waarde is.
Gebruik:
• Hoogmoed is 'n onding wat met wortel en tak uitgeroei moet te word.
Sinoniem:
• absurditeit
• gekheid
• nietigheid
• nutteloosheid
• slegtigheid
Antoniem:
• ding
Vertaling:
Engels: a stupid or detestable thing, absurdity, monstrosity
Nederlands: onding
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Vr, 06 September 2024 14:57] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
Onderwerp: heterdaad
|
heterdaad [boodskap #146393] |
Vr, 06 September 2024 15:29 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20117 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
heterdaad
Afbreking: he•ter•daad
Samestelling: heter + daad
Bywoord: heterdaad
Betekenis:
• Wat besig is om 'n verkeerde ding te doen.
Gebruik:
• Hy het die inbreker op heterdaad betrap.
Sinoniem:
• blatant
• flagrant
• ooglopend
• onverbloemd
Vertaling:
Engels: in the act, redhanded
Nederlands: heterdaad
Nota:
• Kan ook los (as twee woorde) beskryf word.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Vr, 06 September 2024 15:30] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
Onderwerp: tugstap
|
tugstap [boodskap #146394] |
Vr, 06 September 2024 15:37 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20117 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
tugstap
Afbreking: tug•stap
Samestelling: tug + stap
Selfstandige naamwoord: tugstap
Meervoud: tugstappe
Betekenis:
• 'n Dissiplinêre aksie/ stap.
Gebruik:
• Die beamptes wat voor die reg aankla is sal ook intern aan tugstappe onderwerp word.
Vertaling:
Engels: disciplinary step
Nederlands: disciplinaire stap
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: stilgeboorte
|
stilgeboorte [boodskap #146395] |
Vr, 06 September 2024 17:26 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20117 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
stilgeboorte
Afbreking: stil•ge•boor•te
Samestelling: stil + geboorte
Selfstandige naamwoord: stilgeboorte
Meervoud: stilgeboortes
Betekenis:
• Geboorte aan 'n nie-lewende baba.
Gebruik:
• Die baba leef ná die vrou se hospitaallêer aangedui het dat sy 'n stilgeboorte sou gee.
Sinoniem:
• miskraam
Vertaling:
Engels: still birth
Nederlands: doodgeboorte
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Vr, 06 September 2024 17:28] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
Onderwerp: miskraam
|
miskraam [boodskap #146396] |
Vr, 06 September 2024 17:48 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20117 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
miskraam
Afbreking: mis•kraam
Samestelling: mis + kraam
Selfstandige naamwoord: miskraam
Meervoud: miskrame
Betekenis:
• Wanneer die vrug doodgaan, of 'n baba te vroeg kom voordat dit lewensvatbaar is.
Gebruik:
• Een uit vyf swangerskappe eindig in 'n miskraam.
Sinoniem:
• misgeboorte
• stilgeboorte
• swangerskapverlies
Vertaling:
Engels: miscarriage
Latyn: abortus
Nederlands: miskraam
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|