Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Vandag se boodskappe (Aan)  | Onbeantwoorde boodskappe (Af)

Forum: Woordeboek
 Onderwerp: uitmergelend
uitmergelend [boodskap #145879] So, 21 Julie 2024 08:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19618
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitmergelend
Afbreking: uit•mer•ge•lend
Samestelling: uitmergel + -end


Byvoeglike naamwoord: uitmergelend
Vergrotende trap: uitmergelender
Oortreffende trap: uitmergelendste
Attributief: uitmergelende
Partitief: uitmergelends

Betekenis:
• Wat 'n mens uitmergel (baie moeg maak; uitput).

Gebruik:
• Die Comrades-maraton is 'n uitmergelende wedloop.

Sinoniem:
• afmattend
• dreinerend
• moordend
• uitputtend
• veeleisend
• vermoeiend

Vertaling:
Engels: exhausting, debilitating, backbreaking
Nederlands: vermoeiend

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: opduik
opduik [boodskap #145880] So, 21 Julie 2024 08:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19618
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
opduik
Afbreking: op•duik
Samestelling: op + duik


Werkwoord: duik op, opduik
Verlede tyd: het opgeduik

Betekenis:
• Om na bo die watervlak te bring.
• (figuurlik) Om skielik te voorskyn te kom.

Gebruik:
• Hy duik verlore skatte uit die see op.
• 'n Geleentheid het opgeduik en sy het dit aangegryp.

Sinoniem:
• gebeur
• opdaag
• opdoem
• opkom
• oprys
• plaasvind
• uitspring
• verskyn
• voordoen
• voorval

Vertaling:
Engels: to emerge, come to the surface
Nederlands: opduiken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: terugkyk
terugkyk [boodskap #145881] So, 21 Julie 2024 08:41
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19618
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
terugkyk
Afbreking: te•rug•kyk
Samestelling: terug + kyk


Werkwoord: kyk terug, terugkyk
Verlede tyd: het teruggekyk

Betekenis:
• Om vir iemand te kyk wat vir jou kyk.
• Om agtertoe te kyk.
• (figuurlik) Om oor gebeure te reflekteer en te besin.

Gebruik:
• Sy kyk vir my en ek kyk terug.
• 'n Atleet verloor tyd as hy terugkyk om te sien waar die ander atlete is.
• Ek het teruggekyk na my lewe en besef dinge sal moet verander!

Sinoniem:
• omkyk
• agtertoekyk
• herinner
• herleef
• heroorweeg
• herroep
• hersien
• reflekteer
• terugblik
• terugdink
• terugflits

Vertaling:
Engels: to look back
Nederlands: terugkijken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: So, 21 Julie 2024 16:18]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: opregtheid
opregtheid [boodskap #145882] So, 21 Julie 2024 08:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19618
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
opregtheid
Afbreking: op•regt•heid
Samestelling: opreg(t) + -heid


Selfstandige naamwoord: opregtheid
Meervoud: opregthede

Betekenis:
• Die toestand of mate van eerlik en opreg wees.

Gebruik:
• As predikant het hy sy werk met ywer en opregtheid gedoen.

Sinoniem:
• eerbaarheid
• eerlikheid
• egtheid
• geloofwaardigheid
• integriteit
• onkreukbaarheid
• openhartigheid
• openlikheid
• outentisiteit
• regskapenheid
• rondborstigheid
• sedelikheid
• trou
• waarheid

Antoniem:
• onopregtheid

Vertaling:
Engels: candidness
Nederlands: oprechtheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: gedagtegang
gedagtegang [boodskap #145883] So, 21 Julie 2024 09:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19618
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gedagtegang
Afbreking: ge•dag•te•gang
Samestelling: gedagte + gang


Selfstandige naamwoord: gedagtegang
Meervoud: gedagtegange

Betekenis:
• 'n Reeks van samehangende gedagtes.

Gebruik:
• Ek sukkel om sy gedagtegang te volg.

Sinoniem:
• beredenering
• denkpatroon
• denkwyse
• gedagteloop
• redenasie

Vertaling:
Engels: reasoning, train of thought, line of reasoning, way of thinking
Nederlands: gedachtegang

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: sêding
sêding [boodskap #145884] So, 21 Julie 2024 09:12
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19618
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sêding
Afbreking: sê•ding
Samestelling: sê + ding


Selfstandige naamwoord: sêding
Meervoud: sêdinge, sêgoed
Verkleinwoord: sêdingetjie
Meervoud van verkleining: sêdingetjies

Betekenis:
• Iets wat iemand sê.

Gebruik:
• Haar geliefde sêding was: "Dit laat jou dink, nè!"

Sinoniem:
• gesegde
• epigram
• idioom
• kwinkslag
• uitdrukking
• woordspeling

Vertaling:
Engels: saying, wisecrack
Nederlands: gezegde

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: So, 21 Julie 2024 09:13]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: toneelspeel
toneelspeel [boodskap #145885] So, 21 Julie 2024 09:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19618
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
toneelspeel
Afbreking: to•neel•speel
Samestelling: toneel + speel


Werkwoord: speel toneel, toneelspeel
Verlede tyd: het toneelgespeel

Betekenis:
• Om 'n rol te speel in 'n toneelspel (rolprent, TV-sepie, ens.)
• Om voor te gee.

Gebruik:
• Hy het op agt begin toneelspeel en later 'n graad in drama verwerf.
• Sy kon toneelspeel en het haar ouers om haar pinkie gedraai.

Sinoniem:
• dramatiseer
• naboots
• uitbeeld

Afgelei:
• toneelspeler
• toneelspeelster

Vertaling:
Engels: to act, put on an act
Nederlands: toneelspelen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: roeping
roeping [boodskap #145886] So, 21 Julie 2024 10:01
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19618
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
roeping
Afbreking: roe•ping
Samestelling: roep + -ing


Selfstandige naamwoord: roeping
Meervoud: roepinge, roepings
Verkleinwoord: roepinkie
Meervoud van verkleining: roepinkies

Betekenis:
• 'n Taak waarvoor iemand geroepe (verplig) voel.
• Die handeling of resultaat van roep.

Gebruik:
• Wanneer jou werk nie jou roeping is nie, lei jy 'n onvervulde lewe.

Sinoniem:
• lewenstaak
• missie
• sending

Hiponiem:
• aanroeping
• afroeping
• beroeping
• byeenroeping
• herroeping
• inroeping
• oproeping
• saamroeping
• sameroeping
• uitroeping
• terugroeping
• volksroeping

Vertaling:
Engels: calling, vocation
Nederlands: roeping

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: lewenstaak
lewenstaak [boodskap #145887] So, 21 Julie 2024 10:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19618
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
lewenstaak
Afbreking: le•wens•taak
Samestelling: lewe(n) + -s- + taak


Selfstandige naamwoord: lewenstaak
Meervoud: lewenstake
Verkleinwoord: lewenstakie
Meervoud van verkleining: lewenstakies

Betekenis:
• 'n Taak waaraan iemand sy lewe wy.

Gebruik:
• Hy het dit as sy lewenstaak gesien om die geskiedenis van die Boereoorlog na te vors en te boekstaaf.

Sinoniem:
• lewenswerk
• roeping

Vertaling:
Engels: life-work
Nederlands: levenstaak

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: aantas
aantas [boodskap #145888] So, 21 Julie 2024 10:56
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19618
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aantas
Afbreking: aan•tas
Samestelling: aan + tas


Werkwoord: tas aan, aantas
Verlede tyd: het aangetas

Betekenis:
• Om aan iets te vat, meestal figuurlik, om 'n nadelige of skadelike uitwerking te hê.

Gebruik:
• 'n Verkoue tas meestal die neus, keel en longe aan.
• Die beroerte het sy spraak aangetas.

Sinoniem:
• aanraak
• betas
• bevoel
• raak
• aanval
• affekteer
• beïnvloed
• benadeel
• infekteer
• skaad
• veroorsaak

Afgelei:
• aantasbaar
• aantastend
• aantasting

Vertaling:
Engels: to touch; to affect, attack
Nederlands: aantasten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: So, 21 Julie 2024 10:57]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator




Tyd nou: So Jul 21 22:15:08 MGT 2024