Forum: Humor & grappe
|
Onderwerp: Hasie Grapies
|
Hasie Grapies [boodskap #146390] |
Do, 05 September 2024 19:25 |
|
Jan die Man
Boodskappe: 521 Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
|
Senior Lid |
|
|
Toe ek op skool was het almal hasiegrappies vertel. Hier is so 'n paar ter herinnering aan die goeie ou dae:
Wat noem mens 'n hasie in 'n pyp? 'n Blokhasie.
Wat noem mens 'n hasie in die tuimeldroër? 'n Spinhasie.
Wat noem mens 'n hasie in die hospitaal? 'n Operhasie.
Wat noem mens 'n hasie in die Spur? 'n Inspirhasie.
Wat noem mens 'n hasies wat paar? 'n Vibrhasie.
Wat noem mens 'n deurskynende hasie? 'n Sp-hasie.
Wat noem mens 'n hasie met GPS? 'n Navighasie.
Wat noem mens 'n rugby hasie? 'n Paashasie.
Wat noem mens 'n hasie wat in die tuin werk? 'n Planthasie.
Wat noem mens 'n halwe hasie? 'n Sie.
Wat noem mens 'n hasie wat mond-tot-mond asemhaling toepas? 'n Oksidhasie.
Wat noem mens 'n Walt Disney Hasie? 'n Animhasie.
Wat noem mens 'n Vuvuzela Hasie? 'n Gerhasie.
Wat noem mens 'n hasie op 'n telefoon? 'n Kommunikhasie.
Wat noem mens 'n hasie by 'n geleentheid? 'n Okhasie.
Wat noem mens 'n losbandige hasie? 'n Flirthasie.
Wat noem mens 'n hasie wat preek? 'n Kanselhasie.
Wat noem mens 'n ryk hasie? 'n Inflhasie.
Wat noem mens 'n hasie wat opereer? 'n Operhasie.
Wat noem mens 'n hasie wat verpleeg? 'n Medikhasie.
Wat noem mens 'n hasie wat boer? 'n Plhasie.
Wat noem mens 'n prokureur hasie ? 'n Litighasie.
Wat noem mens 'n siek hasie? 'n Inflamhasie.
Wat noem mens 'n hasie wat oorsee gaan? 'n Immigrhasie.
Wat noem mens 'n hasie met spuitpoep? 'n Purghasie.
Wat noem mens iemand wat heeltyd hasie grappies vertel? 'n Irrithasie.
[Bygewerk op: Do, 05 September 2024 19:44] deur moderator Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
Forum: Woordeboek
|
Onderwerp: opsê
|
opsê [boodskap #146375] |
Do, 05 September 2024 07:03 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20112 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
opsê
Afbreking: op•sê
Samestelling: op + sê
Werkwoord: sê op, opsê
Verlede tyd: het opgesê
Betekenis:
• Om hardop uit te spreek; agtermekaar opnoem.
• Om iets te stop of te laat vaar.
• Om swaar te kry; iets onaangenaams ondervind.
Gebruik:
• Sy sê die alfabet op.
• Hy het die kontrak opgesê.
• As ek jou beetkry, gaan jy les opsê.
Sinoniem:
• aframmel
• resiteer
• toespreek
• voordra
• voorlees
• beëindig
• kanselleer
• prysgee
• termineer
Afgelei:
• opsegbaar
• opsegging
Vertaling:
Engels: to recite; to cancel, denounce; to suffer
Nederlands: opzeggen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: onbewustelik
|
onbewustelik [boodskap #146376] |
Do, 05 September 2024 07:21 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20112 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
onbewustelik
Afbreking: on•be•wus•te•lik
Samestelling: on- + bewustelik
Byvoeglike naamwoord: onbewustelik
Attributief: onbewustelike
Partitief: onbewusteliks
Betekenis:
• Sonder om daarvan bewus te wees. Sonder om daaroor te dink of op te let.
Gebruik:
• Sy het die sleutels onbewustelik op die yskas gesit en kon dit daarna glad nie kry nie.
Sinoniem:
• instinktief
• onnadenkend
• onoplettend
• onopsetlik
• onwetend
• outomaties
• onwillekeurig
• spontaan
Antoniem:
• bewustelik
Vertaling:
Engels: subconsciously, unconsciously
Nederlands: onbewust
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Do, 05 September 2024 18:26] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
Onderwerp: weerstaan
|
weerstaan [boodskap #146377] |
Do, 05 September 2024 07:34 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20112 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
weerstaan
Afbreking: weer•staan
Samestelling: weer + staan
Werkwoord: weerstaan
Verlede tyd: het weerstaan
Betekenis:
• Om jouself te keer; weerstand te bied.
Gebruik:
• Hy kon nie heerlike appel weerstaan nie.
• Jy moet die versoeking weerstaan en nie daaraan toegee nie.
Sinoniem:
• bedwing
• bestry
• deurdruk
• konfronteer
• opponeer
• teenstaan
• teësit
• trotseer
• vasbyt
• vasskop
• verdra
• verduur
• verset
• volhard
• volhou
Antoniem:
• toegee
Afgelei:
• onweerstaanbaar
• weerstaanbaar
• weerstand
Vertaling:
Engels: to stand up to, resist, oppose, withstand
Nederlands: weerstaan
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: pure
|
pure [boodskap #146378] |
Do, 05 September 2024 07:52 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20112 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
pure
Afbreking: pu•re
Byvoeglike naamwoord: puur
Attributief: pure
Betekenis:
• Wat absoluut so is.
Gebruik:
• Dit was pure geluk.
Spreekwoord:
• Hy is pure bek. ['n Grootprater wees.]
• Hy voel pure perd. [Hy voel baie goed.]
• Hy praat pure twak. [Dis die grootste onsin.]
• Dis alles pure wind. [Dis sommer 'n grootpratery.]
Sinoniem:
• absoluut
• louter
• suiwer
Vertaling:
Engels: pure, sheer
Nederlands: pure
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: appelboom
|
appelboom [boodskap #146379] |
Do, 05 September 2024 08:02 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20112 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
appelboom
Afbreking: ap•pel•boom
Samestelling: appel + boom
Selfstandige naamwoord: appelboom
Meervoud: appelbome
Verkleinwoord: appelboompie
Meervoud van verkleining: appelboompies
Betekenis:
• 'n Bladwisselende vrugteboom wat appels dra, Malus domestica.
Gebruik:
• Uiteindelik word dit lente en die appelbome begin bot.
Vertaling:
Engels: apple tree
Nederlands: appelboom
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: blosend
|
blosend [boodskap #146380] |
Do, 05 September 2024 08:25 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20112 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
blosend
Afbreking: blo•send
Samestelling: bloos + -end
Byvoeglike naamwoord: blosend
Attributief: blosende
Betekenis:
• Wat bloos. Met 'n gesonde, rooi gelaat.
Gebruik:
• Die meisie by die vrugtestalletjie het blosende wange soos ryp appels.
Sinoniem:
• bloesend
• bruisend
• kleurig
• stralend
Vertaling:
Engels: flushed, blushing, rosy
Nederlands: blozend
Nota:
• Onvoltooide deelwoord van bloos.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: stilletjies
|
stilletjies [boodskap #146381] |
Do, 05 September 2024 08:33 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20112 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
stilletjies
Afbreking: stil•le•tjies
Bywoord: stilletjies
Betekenis:
• In stilte; in die geheim sonder dat iemand jou hoor of sien.
Gebruik:
• Hy sluip stilletjies uit die huis uit.
Sinoniem:
• geluidloos
• geruisloos
• heimlik
• katvoet
• klandestien
• onderlangs
• ongemerk
• onhoorbaar
• onmerkbaar
• onopvallend
• saggies
• skelmpies
• stil-stil
• suutjies
Vertaling:
Engels: quietly, softly, stealthily
Nederlands: stilletjes
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: belaai
|
belaai [boodskap #146382] |
Do, 05 September 2024 08:53 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20112 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
belaai
Afbreking: be•laai
Samestelling: be- + laai
Werkwoord: belaai
Verlede tyd: het belaai
Betekenis:
• Om gewig op iets te plaas.
Gebruik:
• Ons het die wa te swaar belaai.
Sinoniem:
• belas
• bevrag
• verswaar
Vertaling:
Engels: to load, freight
Nederlands: belasten
Byvoeglike naamwoord: belaai, belaaid
Attributief: belaaide
Intensief: swaarbelaai
Betekenis:
• Met 'n groot vrag of las.
Gebruik:
• Die motor kon nie die belaaide wa sleep nie.
Spreekwoord:
• Hy is met skuld belas en belaai. [Hy het meer skuld as wat hy kan hanteer.]
Antoniem:
• onbelas
Vertaling:
Engels: burden
Nederlands: belaaid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: brabbeltaal
|
brabbeltaal [boodskap #146383] |
Do, 05 September 2024 09:05 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20112 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
brabbeltaal
Afbreking: brab•bel•taal
Samestelling: brabbel + taal
Selfstandige naamwoord: brabbeltaal
Meervoud: brabbeltale
Verkleinwoord: brabbeltaaltjie
Meervoud van verkleining: brabbeltaaltjies
Betekenis:
• 'n Onverstaanbare pratery, soos die van 'n kind of iemand wat onsamehangend praat.
Gebruik:
• Babas probeer om die klanke wat hulle hoor na te boots en kan hulle emosies met hul brabbeltaal uitdruk.
Sinoniem:
• bastertaal
• gebrabbel
• koeterwaals
• kreools
• wartaal
Vertaling:
Engels: babble, gibberish
Nederlands: brabbeltaal
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: brabbel
|
brabbel [boodskap #146384] |
Do, 05 September 2024 09:34 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20112 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
brabbel
Afbreking: brab•bel
Werkwoord: brabbel
Verlede tyd: het gebrabbel
Betekenis:
• Om sleg of onduidelik te praat.
Gebruik:
• Die babatjie brabbel land en sand en gryp 'n sliert van haar ma se hare met haar gretige handjies vas.
Sinoniem:
• babbel
• klets
• rammel
• yl
Afgelei:
• brabbelaar
• brabbelary
• brabbeltaal
• brabbeltong
Vertaling:
Engels: to babble, jabber, chatter
Nederlands: brabbelen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: aanhitser
|
aanhitser [boodskap #146385] |
Do, 05 September 2024 18:00 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20112 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aanhitser
Afbreking: aan•hit•ser
Samestelling: aanhits + -er
Selfstandige naamwoord: aanhitser
Meervoud: aanhitsers
Verkleinwoord: aanhitsertjie
Meervoud van verkleining: aanhitsertjies
Betekenis:
• Iemand wat ander tot geweld aanhits.
Gebruik:
• Die vermeende aanhitsers is gearresteer nadat onluste in dele van KwaZulu-Natal en Gauteng uitgebreek het.
Sinoniem:
• agitator
• demagoog
• ophitser
• oproermaker
• opruier
• opstoker
• opsweper
Vertaling:
Engels: inciter
Nederlands: aanhitser
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: individualisties
|
individualisties [boodskap #146386] |
Do, 05 September 2024 18:24 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20112 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
individualisties
Afbreking: in•di•vi•du•a•lis•ties
Samestelling: individualis + -ties
Byvoeglike naamwoord: individualisties
Vergrotende trap: individualistieser
Oortreffende trap: individualistiesste
Attributief: individualistiese
Betekenis:
• Gekenmerk deur individualisme. Onafhanklik van ander.
Gebruik:
• Die hedendaagse kultuur is individualisties.
Wisselvorm:
• indiwidualisties
Sinoniem:
• eiehandig
• eiesinnig
Vertaling:
Engels: individualistic
Nederlands: individualistisch
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: wegvee
|
wegvee [boodskap #146387] |
Do, 05 September 2024 18:41 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20112 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
wegvee
Afbreking: weg•vee
Samestelling: weg + vee
Werkwoord: vee weg, wegvee
Verlede tyd: het weggevee
Betekenis:
• Om deur te vee te verwyder.
Gebruik:
• Ek sal alles wegvee van die aarde af. [Sefanja 1:2]
Sinoniem:
• uitvee
• verwyder
• wegborsel
• wegruim
• wegstoot
Vertaling:
Engels: to sweep away
Nederlands: wegvegen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: insleutel
|
insleutel [boodskap #146388] |
Do, 05 September 2024 19:10 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20112 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
insleutel
Afbreking: in•sleu•tel
Samestelling: in + sleutel
Werkwoord: sleutel in, insleutel
Verlede tyd: het ingesleutel
Betekenis:
• Om op 'n sleutelbord in te voer.
Gebruik:
• Sleutel jou gebruikersnaam en wagwoord in.
Sinoniem:
• intik
• invoer
Afgelei:
• insleuteling
Vertaling:
Engels: to key in, type in, enter
Nederlands: intoetsen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: gebruikersnaam
|
gebruikersnaam [boodskap #146389] |
Do, 05 September 2024 19:20 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20112 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gebruikersnaam
Afbreking: ge•brui•kers•naam
Samestelling: gebruiker + -s- + naam
Selfstandige naamwoord: gebruikersnaam
Meervoud: gebruikersname
Verkleinwoord: gebruikersnaampie
Meervoud van verkleining: gebruikersnaampies
Betekenis:
• 'n Woord of frase waarmee 'n persoon op 'n rekenaarstelsel geïdentifiseer word.
Gebruik:
• Sleutel jou gebruikersnaam en wagwoord in.
Wisselvorm:
• gebruikernaam
Vertaling:
Engels: user name, login name, user ID
Nederlands: gebruikersnaam
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: padreël
|
padreël [boodskap #146391] |
Do, 05 September 2024 19:38 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20112 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
padreël
Afbreking: pad•re•ël
Samestelling: pad + reël
Selfstandige naamwoord: padreël
Meervoud: padreëls
Verkleinwoord: padreëltjie
Meervoud van verkleining: padreëltjies
Betekenis:
• Een van die reëls wat padgebruikers moet gehoorsaam.
Gebruik:
• Wanneer jy die padreëls oortree kan jy 'n boete kry of selfs jou bestuurslisensie verloor.
Sinoniem:
• verkeersreël
Vertaling:
Engels: road rule, traffic rule
Nederlands: verkeersregel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|