Forum: Woordeboek
|
Onderwerp: verkryging
|
verkryging [boodskap #145792] |
Ma, 08 Julie 2024 07:02 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19533 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verkryging
Afbreking: ver•kry•ging
Samestelling: verkry(g) + -ing
Selfstandige naamwoord: verkryging
Meervoud: verkryginge, verkrygings
Betekenis:
• Die proses waardeur iets (soos goedere en dienste) bekom word.
Gebruik:
• Direkte verkryging omseil tussengangers soos verspreiders en agente om direk by die vervaardigers te koop.
Sinoniem:
• aankoping
• aanskaffing
• aanwinning
• verwerwing
Hiponiem:
• betekenisverkryging
• inligtingsverkryging
Afgelei:
• verkrygingsraad
Vertaling:
Engels: acquisition, procurement, sourcing
Nederlands: verkrijging
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Di, 09 Julie 2024 06:18] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
Onderwerp: prosedureel
|
prosedureel [boodskap #145793] |
Ma, 08 Julie 2024 07:20 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19533 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
prosedureel
Afbreking: pro•se•du•reel
Samestelling: prosedure + -eel
Byvoeglike naamwoord: prosedureel
Attributief: prosedurele
Betekenis:
• Wat die toepassing van 'n prosedure betref.
Gebruik:
• Die beswaarskrif ontbloot talle prosedurele ongerymdhede.
Vertaling:
Engels: procedural
Nederlands: procedureel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Di, 09 Julie 2024 06:19] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
Onderwerp: regulatories
|
regulatories [boodskap #145794] |
Ma, 08 Julie 2024 07:32 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19533 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
regulatories
Afbreking: re•gu•la•to•ries
Byvoeglike naamwoord: regulatories
Attributief: regulatoriese
Betekenis:
• Wat die toepassing van regulasies betref.
Gebruik:
• Daar moet aan alle wetlike en regulatoriese vereistes voldoen word.
Vertaling:
Engels: regulatory
Nederlands: regelgevend
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: bateregister
|
bateregister [boodskap #145795] |
Ma, 08 Julie 2024 07:46 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19533 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bateregister
Afbreking: ba•te•re•gis•ter
Samestelling: bate + register
Selfstandige naamwoord: bateregister
Meervoud: bateregisters
Verkleinwoord: bateregistertjie
Meervoud van verkleining: bateregistertjies
Betekenis:
• 'n Register van bates (besittings en ander dinge wat waarde verteenwoordig).
Gebruik:
• Die maatskappy se bateregister word op 'n deurlopende basis op datum gehou.
Vertaling:
Engels: asset register
Nederlands: activaregister, vermogensregister
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Di, 09 Julie 2024 06:20] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
Onderwerp: versoeker
|
versoeker [boodskap #145796] |
Ma, 08 Julie 2024 08:04 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19533 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
versoeker
Afbreking: ver•soe•ker
Samestelling: versoek + -er
Selfstandige naamwoord: versoeker
Meervoud: versoekers
Betekenis:
• Iemand wat vir iets vra. Persoon wat iets versoek.
Gebruik:
• Indien verdere redes benodig word, kan die versoeker 'n aparte aansoek daarvoor rig.
Sinoniem:
• aansoeker
• aanvraer
• applikant
• eiser
• sollisitant
• vraer
Vertaling:
Engels: requestor, petitioner, applicant
Nederlands: verzoeker
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: logistiek
|
logistiek [boodskap #145797] |
Ma, 08 Julie 2024 08:18 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19533 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
logistiek
Afbreking: lo•gi•stiek
Selfstandige naamwoord: logistiek
Meervoud: –
Betekenis:
• Die lewering van dit wat benodig word om 'n taak effektief uit te voer.
Gebruik:
• Logistiek omvat al die aksies wat nodig is om die regte goedere op die regte tyd op die regte plek te lewer.
Afkorting:
• log.
Vertaling:
Engels: logistics
Nederlands: logistiek
Byvoeglike naamwoord: logistiek
Attributief: logistieke
Betekenis:
• Wat die effektiewe lewering van goedere betref.
Gebruik:
• Dit was 'n logistieke nagmerrie om al die soldate betyds van uniforms en wapens te voorsien.
Sinoniem:
• logisties
Vertaling:
Engels: logistics
Nederlands: logistiek
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Di, 09 Julie 2024 06:22] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
Onderwerp: omvat
|
omvat [boodskap #145798] |
Ma, 08 Julie 2024 10:04 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19533 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
omvat
Afbreking: om•vat
Samestelling: om + vat
Werkwoord: omvat
Verlede tyd: het omvat
Betekenis:
• Om iets te hou of in te sluit.
Gebruik:
• Noord-Amerika omvat Meksiko, die VSA, Kanada en Alaska.
Sinoniem:
• behels
• beslaan
• bevat
• inhou
• insluit
• omhul
• omring
• omsluit
• omvang
Afgelei:
• omvattend
Vertaling:
Engels: to include, envelop, encompass
Nederlands: omvatten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: herhalend
|
herhalend [boodskap #145799] |
Ma, 08 Julie 2024 10:14 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19533 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
herhalend
Afbreking: her•ha•lend
Samestelling: herhaal + -end
Byvoeglike naamwoord: herhalend
Vergrotende trap: herhalender
Oortreffende trap: herhalendste
Attributief: herhalende
Partitief: herhalends
Betekenis:
• Wat oor en oor herhaal.
Gebruik:
• Die bedrag word maandeliks met 'n herhalende betaling vereffen.
Sinoniem:
• frekwentatief
• iteratief
• repetend
• periodies
• periodiek
• pleonasties
• seisoenaal
• toutologies
Vertaling:
Engels: repeating, recurring
Nederlands: herhalend
Nota:
• Onvoltooide deelwoord van herhaal.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: dokumenteer
|
dokumenteer [boodskap #145800] |
Ma, 08 Julie 2024 11:07 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19533 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
dokumenteer
Afbreking: do•ku•men•teer
Samestelling: dokument + -eer
Werkwoord: dokumenteer
Verlede tyd: het gedokumenteer
Betekenis:
• Om in 'n dokument te beskryf; dokumentasie op te stel.
Gebruik:
• Sy het haar reis in detail gedokumenteer.
Sinoniem:
• boekstaaf
• neerskryf
• opteken
• vaslê
Vertaling:
Engels: to document
Nederlands: documenteren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: bontstaan
|
bontstaan [boodskap #145801] |
Ma, 08 Julie 2024 11:34 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19533 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bontstaan
Afbreking: bont•staan
Samestelling: bont + staan
Werkwoord: staan bont, bontstaan
Verlede tyd: het bontgestaan
Betekenis:
• Om besig te wees; alle kragte inspan om iets gedoen te kry.
Gebruik:
• Die brandbestryders staan bont om die vlamme te blus.
• Die vrouens het bontgestaan om die kos betyds reg te hê.
Sinoniem:
• bontspring
• rondspring
• rondspook
Afgelei:
• bontstanery
Vertaling:
Engels: to work hard, stir one's stumps, jump about
Nederlands: hard werken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Di, 09 Julie 2024 06:24] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
Onderwerp: astronomies
|
astronomies [boodskap #145802] |
Ma, 08 Julie 2024 11:47 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19533 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
astronomies
Afbreking: as•tro•no•mies
Samestelling: astronomie + -s
Byvoeglike naamwoord: astronomies
Attributief: astronomiese
Betekenis:
• Wat die sterrekunde betref.
• (figuurlik) Wat buitensporig groot is.
Gebruik:
• Die sterrewag beskik oor 'n teleskoop en ander instrumente waarmee astronomiese waarnemings gemaak word.
• Kospryse het astronomies gestyg.
Sinoniem:
• sterrekundig
• buitensporig
• enorm
• groot
• geweldig
• ontsaglik
• reusagtig
• tamaai
Afkorting:
• astron.
Vertaling:
Engels: astronomic, astronomical
Nederlands: astronomisch
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Di, 09 Julie 2024 06:26] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
Onderwerp: toedeel
|
toedeel [boodskap #145803] |
Ma, 08 Julie 2024 16:53 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19533 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
toedeel
Afbreking: toe•deel
Samestelling: toe + deel
Werkwoord: deel toe, toedeel
Verlede tyd: het toegedeel
Betekenis:
• Om 'n deel van iets aan iemand te gee.
Gebruik:
• Laat elkeen leef in ooreenstemming met wat die Here aan hom toegedeel het. [1 Korintiërs 7:17]
Sinoniem:
• allokeer
• bewillig
• toebedeel
• toeken
• toewys
• uitdeel
• uitmeet
• verdeel
Afgelei:
• toedeelbaar
• toedeling
Vertaling:
Engels: to mete out, apportion, allot
Nederlands: toedelen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|