Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Vandag se boodskappe (Aan)  | Onbeantwoorde boodskappe (Af)

Forum: Woordeboek
 Onderwerp: verlep
verlep [boodskap #151892] Di., 16 Junie 2026 07:43
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verlep
Afbreking: ver•lep
Samestelling: ver- + lep


Werkwoord: verlep
Verlede tyd: het verlep
Teenwoordige deelwoord: verleppend, verleppende
Verlede deelwoord: verlepte

Betekenis:
• Om water te verloor en pap te word.
• (figuurlik) Om lewenskrag of varsheid te verloor.

Gebruik:
• Die blomme verlep in die hitte.
• Sy wortels sal van onder af verdroog en sy blare bo verlep. [Job 18:16]

Spreekwoord:
• Plesier is nes 'n jong komkommer; as jy hom pluk, verlep hy sommer. [Plesier verloor sy aantreklikheid as 'n mens dit eers geniet.]

Sinoniem:
• doodgaan
• uitdroog
• verdor
• verdroog
• vergaan
• verskrompel
• verwelk

Vertaling:
Engels: to fade, wilt, wither
Nederlands: verleppen


Byvoeglike naamwoord: verlep
Attributief: verlepte

Betekenis:
• Wat sy lewenskrag of varsheid verloor het.

Gebruik:
• Sy gooi die verlepte ruiker in die asblik.

Afgelei:
• verlepsiekte
• verleptheid

Vertaling:
Engels: faded, withered
Nederlands: verlept

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.



Tyd nou: Wo. Jun. 17 12:06:40 UTC 2026