Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Vandag se boodskappe (Aan)  | Onbeantwoorde boodskappe (Aan)

Forum: Woordeboek
 Onderwerp: burokrasie
burokrasie [boodskap #151871] Sa., 13 Junie 2026 10:05
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25484
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
burokrasie
Afbreking: bu•ro•kra•sie
Samestelling: buro + -krasie


Selfstandige naamwoord: burokrasie
Meervoud: burokrasieë

Betekenis:
• Administratiewe stelsel waarin besluite volgens vaste reëls, prosedures en hiërargiese strukture geneem en uitgevoer word.
• Oneffektiewe administrasie wat ingewikkeld en tydrowend is.

Gebruik:
• Die burokrasie in die staatsdepartement vertraag dikwels die verwerking van aansoeke.
• Die maatskappy het die onnodige burokrasie uitgesny om doeltreffendheid te verbeter.

Sinoniem:
• administrasie
• amptenary
• owerheid
• regering
• staatsdiens
• formaliteite
• omslagtigheid
• papierwerk
• rompslomp

Afgelei:
• burokraat
• burokraties
• burokratisering

Vertaling:
Engels: bureaucracy; red tape
Nederlands: bureaucratie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: So., 14 Junie 2026 19:26]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator




Tyd nou: So. Jun. 14 20:47:55 UTC 2026