Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kweperblatjang
Kweperblatjang [boodskap #44170] Do, 14 Junie 2001 09:28
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11112
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
3 pd kwepers ( 1.5 kg) , 4 - 6 gedroogde rissies, 3 pinte asyn ( halwe
bottel?) 1 - 2 koppies suiker, 2 uie, 1/2 huisie knoffel, 1 eetlepel fyn
gemmer, 1 pd ( 125g) ontpitte rosyne, 2 eetlepels sout.

Skil die kwepers, verwyder die pitte en sny die vrugte in stukkies.
Kook dit in asyn tot dit sag is, en vryf met dit met 'n houtlepel deur 'n
sif.
Kap die rissies, die uie en knoffels fyn, voeg dit by die kwepermengsel en
meng dat dan met al die ander bestanddele
Kook omtrent 30 minute stadig totdat dit dik genoeg is. Indien benodig, kan
meer asyn bygevoeg word.
Bottel en verseel terwyl dit warm is.

Annette
Vorige onderwerp: Piesangblatjang
Volgende onderwerp: Perskeblatjang
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 28 21:27:35 MGT 2024