Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Patricia (was Kytie Koekblik)
Patricia (was Kytie Koekblik) [boodskap #43327] |
Tue, 05 June 2001 17:28  |
plaasvark
Boodskappe: 200 Geregistreer: May 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Gloudina :
Selfs as mens na Patricia de Lille luister en haar aanvalle op die ANC, dan
sien jy 'n nie-blanke in 'n posisie van mag (as leier van 'n politieke
party - iets wat sy as swart vrou nooit toegelaat was in die ou regime nie),
en jy sien vrye spraak (iets wat in die vorige diktatorskap nooit toegelaat
was nie.)
Wouter:
Ek ken toevallig vir Patricia al baie jare lank en jou stelling is net deels
op haar van toepassing, Gloudina. Patricia was in die ou bedeling in 'n
leiersposisie en ook in 'n magsposisie, sy was 'n vakverbondleier in die
Wes-Kaap.
Daar het sy 'n openlik politieke rol gespeel en alhoewel sy waarskynlik deur
Big Brother dopgehou is, het sy geredelik vrye spraak beoefen. (Ek het haar
dit gehoor doen). Omdat sy in NACTU aktief was en nie in COSATU nie, het sy
nie daarna haar politiek in die ANC bedryf nie, alhoewel sy myns insiens nie
regtig by die PAC inpas nie. Haar persoonlikheid en organisasievermoë het
veroorsaak dat sy ongeveer al is wat van die PAC oor is.
Maar ja, die nuwe bedeling het baie verandering gebring. Totaal vrye spraak
is een van die mees dramatiese veranderings. Partypolitiek vir almal
natuurlik ook.
|
|
|
|
|
|
Re: Patricia (was Kytie Koekblik) [boodskap #43339 is 'n antwoord op boodskap #43327] |
Tue, 05 June 2001 19:10   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Wouter Plaasvark wrote:
> alhoewel sy myns insiens nie
> regtig by die PAC inpas nie. Haar persoonlikheid en organisasievermoë het
> veroorsaak dat sy ongeveer al is wat van die PAC oor is.
>
Wel, ek dink dis 'n voordeel dat sy onder die sambreel van die
PAC haar ongeveer one woman show kan bedryf. Dit is beter
vir haar om nie in die ANC te hoef in te pas nie, waar daar
pecking orders is en allerhande interne politiek. Mens sien sulke
niches orals. Skielik het een persoon verskriklik baie mag. Soos
nou in die VSA waar een Republikein, deur te verklaar dat hy
'n Independent word, 'n hele politieke ommeswaai kan veroorsaak
en sy eie agenda deurgeloods kan kry.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
Re: Patricia [boodskap #43394 is 'n antwoord op boodskap #43327] |
Wed, 06 June 2001 23:11   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Davie Davis wrote:
> sy't die tipe dogter storie wat haar genoodsaak om dit privaat te hou
> - sê nie ek nie maar haar dogter
Wonder hoekom dit net altyd vroue-politici is wat gekritiseerword
(gewoonlik deur mans) as daar iets uitsonderliks in hulle
agtergrond is. Hier in Kanada het ons 'n Goewerneur-Generaal
wie se dogters geheel en al van haar vervreemd is. Maar wat het
dit met die prys van eiers te doen?
Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
|
Re: Patricia [boodskap #43737 is 'n antwoord op boodskap #43722] |
Mon, 11 June 2001 03:10  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
:))))) Sien???? Jy diskrimineer teen gewigtige dames:))))
O ja - ek kan baie GM leer - ek moet net eers by haar uitvind wie se idee
die nuwe note is;)))
Annette
Wouter Plaasvark skryf in boodskap news:3b23e42e.0@news1.mweb.co.za...
> Annette: Ek deel Gill Marcus se siening oor klere
>
> Wouter: Ek hoop joune is ff kleiner ;-)
>
> Annette: - en wat sy ekonomies te sê het, kan ek mee saamleef.
>
> Wouter: Ek vermoed jy kan by haar leer, newwermaaind saamleef :-)
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 16:00:59 UTC 2025
|