Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Magiese woorde.
|
Re: Magiese woorde. [boodskap #43177 is 'n antwoord op boodskap #43020] |
Fri, 01 June 2001 13:47   |
pjb...
Boodskappe: 57 Geregistreer: April 2001
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Danielle, DANIELLE!!!!! jy saal alweer die verkeerde verdomde perd op. Jy
begin nou krap in die verkeerde kultuur. Kyk, lekker wyn is lekker, rooi,
wit, soet, semi- , whatever. Partydae vrek ek van die lus vir 'n lekker
soetwyn, ander dae versuip ek in Late harvest en so aan en so aan. Hang
seker af van die "mood" en die geselskap of gebrek daaraan. Maar ek issie 'n
wynvlieg ni, okay?
En ja, jy wanneer om te begin koes........smile
Groetnis
pjb
"Danielle" skryf in boodskap news:tthdht0j409go8ogag5p56iap6hfluf8kd@4ax.com...
> On Thu, 31 May 2001 17:54:03 +0200, "Krokkie"
> wrote:
>
>> Een ding weet ek verseker die wyn in Gauteng is baie goedkoper as in die
>> Kaap en nou praat ons van dieselfde wyn
>
> Dit is iets nuuts. Gewoonlik was dit mos andersom? Hou die
> Transvalers nog steeds van hulle SOET wyne, of het hulle darem
> intussen al 'n bietjie kultuur bygekry? missiele> :-))))
> Ek mag sulke goed se, want ek was half vaalpens en half kypie. Noulat
> ek hier in Amerika sit, is ek NIKS. Soms is dit goed om niks te
> wees....:-)
>
|
|
|
|
Re: Magiese woorde. [boodskap #43182 is 'n antwoord op boodskap #43139] |
Fri, 01 June 2001 15:22   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Sakkie, jy is welkom. Laat my net vroegtydig weet sodat ek smokkelgaljoen en
vars snoek in velddrif kan gaan haal:))
Rawsonville se druiwe is baie lekker - veral as mens daarna gaan lê in die
warm water van Goudini.
Ja, die die kultuur staan mos blou en plate aanmekaar hier:))
As jy dit nie geproe het nie, sal jy nie weet nie - maar daar is 'n baie
groot verskil tussen gebakte, gebraaide of gerookte vars vis en die wat eers
op ys gelê
het.
Annette
Sakkie wrote in message ...
> Julle weet, ek lees vanoggend so deur almal se kommentaar oor wat begin het
> met PJ se brief oor "Magiese Kaapstad". As 'n ou nou so terugsit en lees
> deur alles wat almal skryf dan kom jou gou agter dat die Kaap "anders" is.
> Of jy nou hou van Kaapstad of nie is seker maar 'n kwessie van persoonlike
> smaak. Ekself is gek oor die Kaap en as ek kon sou ek vandag terug getrek
> het. Ek het al self druiwe gekoop op Nylstroom (dankie Krokkie), maar dis
> nie dieselfde as om dit op Rawsonville te koop by 'n uittand klong wat jou
> arm probeer draai om nog 'n boksie te koop nie. Ek en die vrou het ook al
> gerookte snoek op Houtbaai gesit en eet, en net gesit en nonsens praat oor
> alles en nog wat. Baie deur Potch gery Rooigrond toe in die Wes-Transvaal en
> kan my nie indink dat daai selfde snoek dieselfde kan proe nie.
>
> Nee, ek wil my benadering verander. Dit kan seker dieselfde proe, gerook is
> tog gerook en snoek is seker maar snoek, maar die atmosfeer en kultuur maak
> dit 'n ervaring in die Kaap, en dit kan niemand namaak nie.
> Annette, geniet die Kaap. Ek gaan nog vir jou kom kuier.
> Sakkie (oud-Capy, oud-Walie en nou Nataller wat skielik baie nostalgies
> voel)
>
>
> wrote in message
> news:9f0dle$2gcf$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
>> Iemand op die nuusgroep het so 'n week of wat gelede iets gesê oor 'n
>> magiese woord.
>> Dit het my dadelik laat dink aan 'n woord wat veral hier bo in ons kontrei
>> absoluut "magic" is en dit is "Kaapse....."
>> As iemand 'n stalletjie of winkeltjie het waar hy enige iets verkoop en
>> hy/sy kan sê "kaapse........" dan is hy seker van goeie verkope. Ek sien
>> altyd die "kaapse druiwe", "kaapse snoek", "kaapse wyn ", "kaapse droë
>> vrugte" en hulle sal altyd sweer dat dit die lekkerste of beste is.
>> Ek wonder maar net
>> pjb
>
|
|
|
|
Re: Magiese woorde. [boodskap #43189 is 'n antwoord op boodskap #43182] |
Fri, 01 June 2001 17:36   |
pjb...
Boodskappe: 57 Geregistreer: April 2001
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Sakkie, jammer ek knip jou pos maar ons weet van die spasie.
Punt is, ek vrek ook oor die Kaap en net soos jy sal ek daar gaan bly met 'n
lekker hart as ek kon.
Ek dink net party van die wat daar bly waardeer nie altyd wat hulle het nie.
Rawsonville, Goudini, enige naam, enige plek. Ek het al soveel daar gekuier
dat ek die plekke almal ken, elke dorpie, elke pas, elke wynplaas op die
roetes. Baie geproe daai tyd toe dit nog gratis was.
Vars vis en tjips by Snoekies in Houtbaai. Ai!
Dis 'n wonderlike plek, tenspyte van die wind of watter negatiewe 'n mens
kan noem.
Lekker is nie sleg nie en mooi is mooi..........tot die meisies.
pjb
"Annette" skryf in boodskap news:9f8cja$4nt$4@ctb-nnrp1.saix.net...
> Sakkie, jy is welkom. Laat my net vroegtydig weet sodat ek smokkelgaljoen en
> vars snoek in velddrif kan gaan haal:))
> Rawsonville se druiwe is baie lekker - veral as mens daarna gaan lê in die
> warm water van Goudini.
> Ja, die die kultuur staan mos blou en plate aanmekaar hier:))
> As jy dit nie geproe het nie, sal jy nie weet nie - maar daar is 'n baie
> groot verskil tussen gebakte, gebraaide of gerookte vars vis en die wat eers
> op ys gelê
> het.
>
> Annette
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Magiese woorde. [boodskap #43228 is 'n antwoord op boodskap #43020] |
Sat, 02 June 2001 21:46   |
Tobie
Boodskappe: 581 Geregistreer: September 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Danielle" skryf in boodskap news:li6eht45bu4orc1brp4f3fopts49v777ta@4ax.com...
: On Fri, 1 Jun 2001 06:11:38 +0200, "Annette"
: wrote:
:
: >En waar sou die snoek wat so gerook word gevang word?
:
: Ek se vir jou Annette - hulle rook daai lelike modderrige
damvisse
: daar, en almal verbeel hulle dat hulle die heerlikste "kaapse
snoek"
: eet! Dalk selfs nog krokkedil vleis? Wag tot hulle in die Kaap
kom,
: en agterkom dat RERIGE gerookte snoek heel anders lyk en proe!!
Dan
: gaan die poppe dans! :-))))
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
hoi - hoi....................... :-) gedog ek sal maar vir jou
in 'Ollands groet aangesien jy deesdae kaas eet.
Met die verhoging van Vaaldam se wal hier in die vroeë 80's het
yours truely gehelp om die wal nou behoorlik te bou tot op 'n
ordentlike hoogte .................. ewenwel, daar het ek daai
visse met die snorre gevang en gerook, en weet jy, my eie
buurman, ook uit die Kaap, het gedink dis gerookte snoek wat ek
hom gegee het om te eet. Johnny het lekker daaraan ge-eet totdat
my vrou vir hom ingelig het wat hy eet. Hy kyk so na die stuk
'snoek' en sê 'Snoek of de not, hy smaak voorentoe'. Die wit
vleis van die vis met die snor het so hier en daar 'n aartjie, en
jy moet mooi kyk om dit raak te sien.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Magiese woorde. [boodskap #43291 is 'n antwoord op boodskap #43020] |
Mon, 04 June 2001 19:20   |
pjb...
Boodskappe: 57 Geregistreer: April 2001
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Danielle, ek glo dit word steeds gebruik maar daar vind ook baie
verwestering plaas, so ek dink hulle word al slimmer.Die toordokter se
invloed is nie meer so sterk nie
pjb
"Danielle" skryf in boodskap news:csbmhtg3e72scaoq5pcofdtgbasgg42mh1@4ax.com...
> On Fri, 1 Jun 2001 19:26:13 +0200, pjb...@eskom.co.za wrote:
>
>> Ek sal nou sommer Danielle se vraag ook hier antwoord.
>
> Dankie pj. Ek het dit waardeer. :-)
>
>> Die seewater kan jou maag nogal goed omkrap en daar is die geloof dat so een
>> keer per maand moet die maag "skoongemaak" word. Die seewater word gebruik
>> in die plek van onse mense se "bloubottel" (ons moes elke Saterdag
>> "skoongemaak " word)
>
> Gelukkig het my ma nie aan daai goed geglo nie. Maar ek weet van my
> vriende moes onder die bloubottel deurloop. :-) Ek moes weer altyd
> sulke slegte wit walvis olie of iets drink. (Cod Liver Oil? As ek reg
> onthou was daar 'n prentjie van 'n walvis op die bottel, en dit was so
> dik wit Yukkie stroop) Vidalin was bleikbaar nie genoeg nie, al was
> dit BAIE lekkerder! Gelukkig het nie een van daardie 2 medisynes my
> maag skoongemaak nie. So, ek sit seker maar met 'n verskriklike vuil
> maag! :-)
>
>> Op 'n stadium hte manne met inisiatief gereeld afgery Durbs of iewers aan
>> die kus en teruggekom met dromme vol seewater en sand. Daar moes sand ook by
>> wees, waarvoor weet ek nie. Dalk was dit vir 'n raspereffek gedurende die
>> skoonmaak.
>
> Hene, daai raspereffek klink vreeslik wreedaardig. EINA!!!! Ek voel
> 'n maagsweer aankom net om daaran te DINK! :-))))
>
> Dis goed om te weet waarvoor die seewater nou eintlik gebruik was. Ek
> het rerig altyd gewonner daaroor. Word dit vandag nogsteeds so
> gebruik?
>
|
|
|
Re: Magiese woorde. [boodskap #43295 is 'n antwoord op boodskap #43020] |
Mon, 04 June 2001 22:23   |
pjb...
Boodskappe: 57 Geregistreer: April 2001
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Nee wat, ek raak nie sommer moerig nie. Ek vat dit soos dit kom en ek
besluit of ek dit my eie maak en of ek dit in die asblik gooi.
Ek stem saam dat die wêreld se slimmes eintlik besig is om alles op te
voeter.
As ek sê slimmer, sover dit die "previously disadvantaged" aangaan, dan
bedoel dit maar eintlik hulle glo nie meer blindelings wat die Sangomas
hulle vertel en wysmaak nie, omdat hulle daagliks met die meer moderne te
doen kry.
>> Ons is almal besig om so identiteitslose amorfe massa te>
raak....anyway...:-)
Ek weet nou nie hoe jy voel tov die Bybel en voorspellings ens. nie, maar
die hele idee is op die oomblik om die massas almal onder een koepel te kry
met een regering, een geloof ens.Dis die dinge wat "aan die einde van die
nasies" moet gebeur.
Nou wil EK nie 'n wille perd opsaal nie maar weet jy van die Illuminati en
hulle doelstellings??
Dis 'n perd van 'n ander kleur daai.
pjb
"Danielle" skryf in boodskap news:afvnhtspo60bfcmjginvrnql6l9omf50kl@4ax.com...
>
> PJ, nou moet jy gou eers 'n paar keer diep asemhaal soos Sakkie, en 'n
> paar wye draaie gaan loop voor jy verder lees, want ek vermoed dat jy
> my ALWEER by die verkeerde perd gaan betrap met wat ek nou gaan sê.
> :-)
> Okay - here goes...
> Ek weet darem nie of mens kan se "hulle word al slimmer" nie. Soms
> dink ek dit is net die teenoorgestelde. Ek is nie meer so seker dat
> die "westerse beskawing" die "beste" of "slimste" is nie. Nie as ek
> sien hoe ons die aarde opgemors het, en nogsteeds opmors nie.
>
> Soms dink ek dat ons voorouers en oerouers baie "slimmer" was as ons
> "moderne westerlinge". Selfs daardie ou boererate en dinge - hulle
> het dinge geweet wat ons nog moet LEER! Ek dink dat as mens na die ou
> beskawings van die wereld kyk, en veral met 'n antropologiese oog -
> dan dink ek soms dat ons agteruit boer.
>
> Daarom is dit ook half jammer vir my om te hoor dat die rol van die
> toordokter onder andere onder die swart nasies al hoe minder raak.
> Ons is almal besig om so identiteitslose amorfe massa te
> raak....anyway...:-)
>
|
|
|
Re: Magiese woorde. [boodskap #43300 is 'n antwoord op boodskap #43020] |
Tue, 05 June 2001 03:52   |
pjb...
Boodskappe: 57 Geregistreer: April 2001
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Dankie Danielle. Ja, dit is wat die Illuminati (Committee of 300) is.Ek het
ook 'n boek oor hulle en daarin word oa.ook beskryf presies hoe bv. selfs
elke oorlog wat plaasgevind het en steeds plaasvind deur hulle beplan en
uitgevoer is en steeds beplan word.
Ek het net gister op die radio gehoor van die nuwe microchip (eintlik
Nanochip) wat ontwikkel is en wat in mense ingeplant gaan word. Dit sal deur
die mens se gedagtes beheer word bv as jy net dink daaraan om 'n rekening te
betaal dan word dit gedoen.
Merk van die Dier???
Dis dan ook hoe die mense onderwerp gaan word aan die NWO. en as't ware
"verslaaf" word. Hulle sal werklik soos robotte beheer word.
Interessant aan die een kant maar skrikwekkend aan die ander kant, nie waar
nie?
Ons gesels weer. Nou gaan ek ook bietjie skuins lê.
pjb
"Danielle" skryf in boodskap news:iiiohtktprcn32vjgje20aek1l1u6ta8mh@4ax.com...
> On Tue, 5 Jun 2001 00:23:32 +0200, pjb...@eskom.co.za wrote:
>
>> Nee wat, ek raak nie sommer moerig nie. Ek vat dit soos dit kom en ek
>> besluit of ek dit my eie maak en of ek dit in die asblik gooi.
>
> Dis goed. :-)
>
>> Ek weet nou nie hoe jy voel tov die Bybel en voorspellings ens. nie, maar
>
> Ek voel maar soooooo....:-)))
> Ek geniet dit om oor bybelse en ander "profesieë" te gesels, en te
> luister na ander mense se opinies en insigte.
>
>> die hele idee is op die oomblik om die massas almal onder een koepel te kry
>> met een regering, een geloof ens.Dis die dinge wat "aan die einde van die
>> nasies" moet gebeur.
>
> Die NWO?
>
>> Nou wil EK nie 'n wille perd opsaal nie maar weet jy van die Illuminati en
>> hulle doelstellings??
>> Dis 'n perd van 'n ander kleur daai.
>
> Het so idee oor al die goeters. Daar is so baie PCT's (paranoid
> conspiracy theories). Dit is alles baie interessante teoriee, en soos
> jy ook tereg sê, dis nou perre van ander kleure daai! Ek is juis in
> kommunikasie met 'n vriend van my wat baie weet van daardie dinge, en
> hy het my ook vertel van onder andere die "committee of 300" en ander
> organisasies wat ek rerig nooit van gehoor het nie. Maar as mens so
> bietjie begin oplees en navorsing doen, dan raak dit nogal interessant
> hoor! Dr John Coleman het nogal baie hieroor te sê in sy boeke wat
> baie interessante leesstof is.
>
> Aangesien jy sê dat jy nie direkte Internet toegang het nie, gaan ek
> die vrymoedigheid neem om vir jou stukke aan te haal uit van een
> skakel.
>
> TARGETS OF THE ILLUMINATI
> AND
> THE COMMITTEE OF 300
> [ACCORDING TO DR. JOHN COLEMAN]
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Bladsye (3): [ 2 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 07:55:10 UTC 2025
|