Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Koffielepels?
|
|
|
|
Re: Koffielepels? [boodskap #41424 is 'n antwoord op boodskap #41413] |
Mon, 30 April 2001 12:08   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Annette wrote:
> BTW is ongelukkig een van daardie goed wat in Engels ontstaan het in die
> internet taal, en algemeen aanvaar en deur almal gebruik word.
> Dit beteken : By The Way.
>
Met ander woorde, vir dié wat in Afrikaans op 'n Afrikaanse
nuusgroep skryf, kan dit vervang word met "m.a.w." wat al
baie lank as offisiële afkorting beskou word.
Tant Hessie van die Derde Taalbeweging
se Taalkomitee.
|
|
|
|
|
Re: Koffielepels? [boodskap #41438 is 'n antwoord op boodskap #41122] |
Mon, 30 April 2001 19:31   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Internet Polisie wrote:
> Terloops, "met ander woorde" beteken "in other words"
> en "BTW" beteken "terloops"
>
Jy is reg. Terloops, wie is jy? Met ander woorde, wat
was jou naam voordat dit Internet Polisie was.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Koffielepels? [boodskap #41480 is 'n antwoord op boodskap #41122] |
Tue, 01 May 2001 15:38   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Internet Polisie wrote:
> Trloops, ek is ook 'n oud-inwoner van hiedie gestig.
> Ek wonder wat het van mense geword soos Leendert van Oostrum en
> die alombeminde Geheime-eekorinkie-waarvan-niemand-mag-weet-nie
> (Secretsquirrel).
>
Gee my nog 'n leidraad.
Nee, ek bly op my pos. Iemand moet die store mind
en dinge aan die brand hou.
Tant Hessie van die agterste van Helsdingens.
As die nuusgroep kwyn, gee ek hom medisyne.
|
|
|
|
Re: Koffielepels? [boodskap #41492 is 'n antwoord op boodskap #41122] |
Tue, 01 May 2001 19:12   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Internet Polisie wrote:
> Jy't eenkeer grappendergewys gesê dat jy mense voor 'n vuurpeleton gaan
> daag.
> Toe vra ek of jy hulle dan met spek gaan skiet. :-)
>
>
Ek kan die opmerking onthou, maar nie die naamvan die persoon nie. Verfris
my geheue nog meer.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
Re: Koffielepels? [boodskap #41516 is 'n antwoord op boodskap #41512] |
Wed, 02 May 2001 03:36   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Daar kom ta' Alie, ta' Alie. ta' Alie ( 2x)
Daar kom ta' Alie. ta'Alie om die draai.
En ta' Miena kook stroop van die mebos konfyt,
van die lekker soete suiker teen 'n trippens die pond.
Annette
poppie wrote in message ...
> Hier kom ta'Alie ta'Alie ta'Alie
> met ta'Miena om die draai
> en sy kook mebos of iets....
>
> pop (wat nie kan onthou nie, sjym!)
>
>
> Annette wrote in message
> news:9cli42$ceo$4@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Nee - niks provinsialisties nie. Suiwer kultuurverskil.
>> Hier in die Kaap sal die meeste mense van antie praat totdat hulle leer dat
>> daar 'n woord soos tannie is.:))))
>> My ma se oudste suster was aan al ons kinders bekend as ant Alie. Tannie
>> Alie het net nooit gewerk nie.
>> Annette
>> Danielle wrote in message ...
>>> On Mon, 30 Apr 2001 19:37:06 +0200, "Annette"
>>> wrote:
>>>
>>>> Dankie Antie:))))
>>>
>>> Annette, net gou 'n vragie - ek sien jy gebruik "antie", terwyl ek
>>> altyd "tannie" gese het. Is dit 'n "Transvaal vs Kaap" ding/gebruik,
>>> of nie?
>>> En hoekom was alle "ooms" altyd "oom", maar daar was tannies en
>>> anties? Is daar 'n verskil tussen 'n tannie en 'n antie?
>>>
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Koffielepels? [boodskap #41571 is 'n antwoord op boodskap #41122] |
Fri, 04 May 2001 07:08  |
T de Wet
Boodskappe: 446 Geregistreer: April 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Roer die koffie met daai houtlepel susterrr!
Hier by ons oorweeg ek om 'n 'Lepel-van-die-Jaar' toekenning in te stel vir
die een wat die meeste kan 'stir'. My gedagte is om so 'n (sa)moerse
houtlepel te maak en dit dan op 'n voetstuk sit en as wisseltrofee
beskikbaar stel. Die vraag is net hoe kry ek nou die saak aan die NG
gestuur? :-)) :-))
Met al die ou koeie wat ons nou al hier op die NG uit al die slote opgegrawe
het, dan kan ek verstaan waar die bek-en-klou seer epidemie vandaan kom.
Willem Hekke en mikrosag is glo erg de m... in omdat dit bo alle twyfel
bewys is dat bek-en-klou seer nie deur mikrosagte Uitkyk versprei is nie...
Thys oppie Bos aan't werk...
"Danielle" skryf in boodskap news:64n3ftgue67q48ms1d6gpg2uabak9kaj7i@4ax.com...
> On Thu, 03 May 2001 21:14:42 +0200, Davie Davis
> wrote:
>
>> Ja maar jy was KP gedurende die tyd wat ek Johan Potgieter, die
>> kalkoenboer van Minnesota was.
>
> LOL!
> Amper al vergeet. Ek het in any case nooit kon uitmaak wie ek
> veronderstel was om te wees nie. Dit was baie confusing....:-))
> Jy moet onthou dat ek darem ook al "OM" was op 'n stadium. Ek het mos
> in Fredericton of waarookal gebly, met my kat Felina, onthou?
> Later het ek maar vrede gemaak met my nuwe persoonlikheid in die vorm
> van 'n verwyfde ou 64 jarige platanna wat soms 'n verkleurmannetjie
> en soms 'n jellievis was met vele holografiese fasette, en plein
> boring met my egosentriese getol was. Ai, die goeie ou
> dae....
>
> ns. Ek wonder soms hoekom daar na Lou verwys was as 'n
> sluipmoordenaar? Ek kon daai ene nog nie oplos nie?
>
> Ek verwys na: Date: Thu, 01 Feb 2001 13:25:05 GMT
>> En ek probeer my deel doen aan die veg van die Derde
>> Boere Oorlog ( die vyande: alles hanskakies soos Frikkie,
>> alle sluipmoordenaars soos Lou, alle verkleurmannetjies
>> soos Danielle.)
>
|
|
|
Bladsye (3): [ 3] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 16:17:11 UTC 2025
|