Tuis » Ernstig » Rekenaars & selfone » Rekenaar Ingenieur ???
Rekenaar Ingenieur ??? [boodskap #41030] |
Tue, 17 April 2001 11:07  |
Stone
Boodskappe: 85 Geregistreer: December 2000
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Ek sien Gloudina en Thys het in onlangse boodskappe die woord "rekenaar
ingenieur" gebruik.
Kan iemand my asb. sê wat presies word bedoel met "rekenaar ingenieur", want
lyk my elkeen
het sy eie intrepetasie.
Die eerste keer wat ek dit gehoor het was toe 'n ma my ewe trots vertel het
haar seun is 'n
rekenaar ingenieur en toe ek meer uitvind toe kom ek agter hy is 'n gewone
IT "appy" sonder
enige kwalifikasies wat eenvoudige rekenaar "probleme" vir rekenaar
ongeletterdes oplos.
Nie dat daar enige iets fout is met so 'n beroep nie, maar dit lyk net of
elkeen homself deesdae
'n ingenieur wil noem.
Is ek reg as ek sê dat dit net 'n "fancy" woord is om 'n werk beter te laat
klink (soos "domestic
engineer"), of is daar so 'n Universiteits graad of ander kwalifikasie, of
so 'n professie wat deur
ECSA (is IRSA die afrikaans?) goedgekeur word?
|
|
|
Re: Rekenaar Ingenieur ??? [boodskap #41032 is 'n antwoord op boodskap #41030] |
Tue, 17 April 2001 12:13   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Stone wrote:
> Ek sien Gloudina en Thys het in onlangse boodskappe die woord "rekenaar
> ingenieur" gebruik.
> Kan iemand my asb. sê wat presies word bedoel met "rekenaar ingenieur", want
> lyk my elkeen
> het sy eie intrepetasie.
>
Wel, Stone, hier in Kanada word die woord "computer engineer" gewoonlik
gebruik vir iemand wat 'n ingenieurs-graad het in rekenaarswetenskap. Ek is
trots om te sê dat my seun 'n B.Sc. honneurs graad het van die Universiteit
van Waterloo, wat een van die beste plekke is om Rekenaarswetenskappe
te bestudeer in die wêreld. ( Sy graad was ook 'n "co-op" graad, wat beteken
dat hulle alternatief studeerperiodes en werkperiodes van vier maande elk
het, sodat die gehele graad vyf jaar duur. Een van die studie- en werkperiodes
kon hy deurbting by die Universiteit van Compiegne, net noord van Parys.)
Hy het verkies om in die hardeware-rigting te gaan en is nou (na 'n MBA
van die Universiteit van Kaapstad) die "project manager" vir sekere spesifieke
custom-made chips wat hulle aan verskillende maatskappye, meestal in die
Ooste, verkoop. Hulle grootste kliënt is Samsung in Suid-Korea, meeste
van hulle "chips" word vervaardig in Taiwan, en hulle is ook baie aktief in
Japan. Dit beteken ongelukkig egter dat my seun elke hawerklap na die Ooste
moet vlieg, wat nie so lekker is as jy die pa is van 'n drie-maande oud
baba is nie. Ek dink sy besigheid sou verkies dat hy in Japan gaan woon,
maar ek dink nie hy hou van die idee nie.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
Re: Rekenaar Ingenieur ??? [boodskap #41431 is 'n antwoord op boodskap #41052] |
Mon, 30 April 2001 17:53  |
Rooi Oulap
Boodskappe: 2 Geregistreer: April 2001
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
En wat van die ou wat regtig 'n siviele ingenieur by die Kaapse Stadraad
was. Hy gaan toe een keer met vakansie terug na sy ma-hulle toe daar iewers
in die Namakwaland.
En soos Jan Spies altyd gestorie het, kuier hy toe al wat 'n oom en tante is
en die vir wie hy nie loop kuier nie, die kom kuier vir hom dara by hom se
ma se huis.
Vra een omie toe ook vir hom: "Gjertjie, en waffer joppie is dan nou joune?"
"Nee oom, ek werk daar in die Kaap by die misipaal"
"Gaats Gjert, nou vir wat loop ry jy dan daa' die strontlorrie?"
Thys by die huis
wrote in message
news:9bj8gu$2vbf$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
> hie hie hie
> Dankie, dit was goed om lekker te lag.
> pjb
>
> "knormoer" wrote in message
> news:9bi3ee$c85$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>> Ek stem saam albert. Elke Jan Rap en sy maat wat homself deesdae ditse en
>> datse ingenieur noem maak sommer my piepie pap.
>> More kom die botaniese ingenieurs hoeka weer die gras sny. So gepraat van
>> woorde verdraai - Daar was eenkeer so 'n antie wat almal vertel het haar
>> seun is 'n bestuurder by Coke. Kom toe later uit hy ry maar eintlik net
> die
>> Coke lorrie!
>>
>> Groete.
>>
>> knormoer
>>
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wed Feb 19 16:35:04 UTC 2025
|