Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Spot Check
Spot Check [boodskap #40859] |
Mon, 09 April 2001 20:07  |
Kobus Pietersen
Boodskappe: 358 Geregistreer: April 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Enige probleme op hierdie nuusgroep?
Vloek, skel, raas, haatspraak of soortgelyke onwelvoeglike gedrag soos die
plasing van gedigte sal nie verder geduld word nie.
Oortreders sal met eerste lig Botswana toe gestuur word.
|
|
|
|
|
|
Re: Spot Check [boodskap #40876 is 'n antwoord op boodskap #40859] |
Wed, 11 April 2001 03:34   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Danielle wrote:
> Dis net dat daar baie gevaarlike
> goeters in Kanada is.... stadige en pynlike dood weens die unieke
> gif wat die dierasie in mens spuit as dit jou raakbyt. Die ding kom
> net in Kanada voor - daar naby Ottawa hoor ek.
Ja-nee, die waarheid kan verskriklik wees.
Minnehaha.
|
|
|
Re: Spot Check [boodskap #40884 is 'n antwoord op boodskap #40859] |
Thu, 12 April 2001 00:09   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Danielle wrote:
> On Wed, 11 Apr 2001 03:34:45 GMT, @home.com wrote:
>
>> Ja-nee, die waarheid kan verskriklik wees.
>
> Moontlik, maar leuens, verwronging van waarhede ens ens. is BAIE
> erger, en dit is wat mense vergiftig en dood maak - nie die waarheid
> nie.
> WAARHEID, KENNIS en REALITEIT gaan gewoonlik hand aan hand.
So hou op met jou ou jejune kleinlike opmerkings oormy wat jy so gereeld
uitkwyl. En "verwronging van waarhede"?
Og mens.
Minnehaha
|
|
|
|
Re: Spot Check [boodskap #40892 is 'n antwoord op boodskap #40887] |
Thu, 12 April 2001 13:20   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Thys de Wet wrote:
> Danielle,
> Pas tog op vir daai kandeese dierasietjie: Dis nou daai een wat soms so
> minnehahahahahahahaha maak soos die nadderoe jakkals. Of dalkies 'n
> kandeese strandjutwolf ver van die strand of aan ottowaanse meer....
>
> Elektronies digitaal
> is sy ook
> maar vasgemaak aan haar paal
> en knor net: njar-njar
> so effens digitaal
> dis nou die
> minnehaha-
> arkties-ge-orienteerde
> nadderoe-jakkals-vos
> aan haar paal
> vasgemaak by otto-se-wa
> of is dit dalk by
> toe-ron-toe?
>
> Thys (die gewone ou self) oppie Bos met tong-in-kies
Ag Thys, my ou dier. Minnehaha is die naam van 'nmeisie en nie die
geblaf van 'n dier nie. Ek dink haar
naam is verwant aan dieselfde woord waar "Minnesota"
vandaan kom, en dié kom af van die Dakota woord
"minisota" wat "clear water" beteken.
Nog 'n ding, Thys. Daar is, sover ek weet, nie 'n
Ottawa-meer nie. Dis 'n baie groot rivier. Ek sien hom
elke keer as ek by my venster uitkyk. Op die oomblik
het die warm dae amper al die ys gesmelt, en loop dit
nou weer los. Maar in die baaitjies is daar nog ys. Gister
het een stuk losgebreek en met die rivier afgedryf.
Hierdie seisoen waarin ons nou is (laatwinter, vroeglente?)
is my geliefkoosde seisoen. Daar is nog stukke wit sneeu
soms tussen die bome of in die duike, maar meeste is
gesmelt en die bome begin bot, as jy stip na hulle kyk.
Daar is 'n oorvloed van voëlsang, want ons is op die
pad van migrasie vir baie voëls wat eintlik noord van
ons gaan oorsomer. Dit ontroer my altyd om te weet
dat daar in Kanada dele is wat, in die middel van die
somer, 24 uur son gaan hê vir 'n tydjie, en dat dit
daarnatoe is wat sommige van die voëls vlieg.
Gloudina
|
|
|
Re: Spot Check [boodskap #40909 is 'n antwoord op boodskap #40859] |
Thu, 12 April 2001 22:05   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Danielle wrote:
> On Thu, 12 Apr 2001 13:20:18 GMT, @home.com wrote:
>
>> Ag Thys, my ou dier. Minnehaha is die naam van 'nmeisie en nie die
>> geblaf van 'n dier nie.
>
> En jy is nie Minnehaha nie. Jy is Ggggggggggggggloudina!
Jy kwyl.
|
|
|
Re: Spot Check [boodskap #40910 is 'n antwoord op boodskap #40859] |
Thu, 12 April 2001 22:06   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Danielle wrote:
> Baie dankie vir die vriendelike waarskuwing Thys. Ja, daai
> dierasietjie knor al njar-njar sedert ek hier begin kuier het in
> Desember. Ou Johan van Minnesota sit lekker en lag vir my wat al die
> njarre kry namens hom. :-(
>
Nog kwyldrade.
|
|
|
Re: Spot Check [boodskap #40915 is 'n antwoord op boodskap #40859] |
Fri, 13 April 2001 02:02   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Danielle wrote:
> Pssst....jejune is al klaar "kleinlik". Maar dit is ook kinderagtig
> en boring - pragtige woordgebruik, jammer dit is nie afrikaans nie.
>
Word matinée en passé nie toegelaat in Afrikaans nie?
Gloudina
|
|
|
Re: Spot Check [boodskap #40916 is 'n antwoord op boodskap #40859] |
Fri, 13 April 2001 02:03   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Danielle wrote:
> On Thu, 12 Apr 2001 22:05:12 GMT, @home.com wrote:
>
>> Jy kwyl.
>
> Pragtige voorbeeld van 'n floksinosinilepelifikasie...
Same to you, Buster.Gloudina
|
|
|
|
Re: Spot Check [boodskap #40927 is 'n antwoord op boodskap #40859] |
Fri, 13 April 2001 12:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Arthur Hagen wrote:
> Danielle wrote:
>
>> On Fri, 13 Apr 2001 02:02:22 GMT, @home.com wrote:
>>
>>> Word matinée en passé nie toegelaat in Afrikaans nie?
>>
>> Hene, nooit! Wat is 'n ée?
>>
>
> Gloudina het 'n "e accent aigu" geskrewe. Het jy miskien jou nuusleser
> ingestel op English (American)?
Ja, ek is regtig verbaas dat "Danielle" nou eers begin wys datsy snaakse
kodes kry waar ek kappies en accent aigu's gebruik.
Ons rekenaar is so ingestel dat ek net die leesteken hoef te tik
en dan die letter waarbo dit moet verskyn, en siedaar is die
ê of die ô of die é of die è (Vir Danielle se informasie: dis 'n
e met 'n kappie op, 'n o met 'n kappie op, 'n e met 'n accent
aigu en 'n e met 'n accent grave.)
Ek wonder hoeveel mense kry kodes
wanneer ek skryf. My man moes ( op aanbeveling van my suster
in SA) sekere dinge doen om hierdie situasie te bewerkstellig.
Iets wat my ook laat wonder: As ek Litnet lees, dan het ons
hierdie kant omtrent dieselfde moeite met die kappies en die
aksente. Dit kom byvoorbeeld nie voor as ons Beeld lees nie.
Hoekom sou dit wees?
Gloudina
>
|
|
|
Re: Spot Check [boodskap #40939 is 'n antwoord op boodskap #40859] |
Fri, 13 April 2001 17:22   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Danielle wrote:
> Dankie Arthur. Dit was maar eintlik net so ou klein dolkstekie in
> iemand se rigting wat duidelik nog op 'n Commodore 64 werk. :-)
> Ek gebruik nie eintlik diakritiese skryftekens nie, maar so af en toe
> as ek moet, dan gebruik ek sommer maar die ALT-sleutelkodes (?ascii
> codes). Natuurlik kan mens die "properties" van jou sleutelbord en
> "language" in Windoze verander na US-internasionaal, en dit sal alles
> opklaar, maar hoekom dan nou? :-)
Wel, "Danielle," is dit nie jý wat 'n Commodore-64 mentaliteit hetas jy die
Alt. sleutelkodes gebruik nie.
Terloops, die Commodore 64 wat ons dertig jaar gelede
gekoop het, staan in een van ons kinders se huis, en hy
werk nog!
Gloudina
|
|
|
|
Re: Spot Check [boodskap #40944 is 'n antwoord op boodskap #40859] |
Fri, 13 April 2001 21:37   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Danielle wrote:
> Ja nee - die gees van die C64's en ander 8-bit's sal hopelik nog vir
> 'n laaang tyd voortleef. -)
> Moet tog nooit daardie ene weggooi nie hoor. Maar is jy seker dit was
> DERTIG jaar gelede? Was die glorie dae van die C64's nie tussen '85
> en '90 nie?
Nee, as ek reg onthou was die eerste Commodore-64's
al uit in die eerste helfte van die tagtigerjare en ons het
dadelik een gekoop. Dit was een van die beste dinge wat
ons vir ons kinders kon doen, want die binnewerkinge
van die C64 was baie meer toeganklik vir kinders om te
verstaan as deesdae se goed. Een van ons kinders (wat
later 'n rekenaars-ingenieur geword het) het eendag begin
om honderde en honderde bladsye kode uit te druk, en
toe ek hom vra wat hy doen, toe sê hy hy druk die hele
kode van die masjien uit. Later begin hy toe, saam met
die handboek wat by was, die kodes bestudeer, en hy
sê toe hy probeer 'n nuwe machine-language ontwikkel.
(Hy het sy eie speletjies geskryf.) Ek het hom maar nie
te ernstig opgeneem nie, maar later het hy, as gevolg van
die werk wat hy gedoen het, 'n plek gekry op 'n somer-
skool vir begaafde leerlinge wat die Universiteit van
Waterloo elke jaar loop. Hy het ook vir my later gesê
dat hy twee van die kursusse wat hy by die Universiteit
van Waterloo en die Universiteit van Compiegne
geloop het, peanuts gevind het omdat hy onthou het wat
hy geleer het toe hy met die Commodore 64 rondgespeel
het.
Gloudina
|
|
|
Re: Spot Check [boodskap #41046 is 'n antwoord op boodskap #40859] |
Tue, 17 April 2001 23:10   |
Simon van der Schans
Boodskappe: 263 Geregistreer: January 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@home.com wrote in message
...
Danielle wrote:
> Dankie Arthur. Dit was maar eintlik net so ou klein dolkstekie in
> iemand se rigting wat duidelik nog op 'n Commodore 64 werk. :-)
> Ek gebruik nie eintlik diakritiese skryftekens nie, maar so af en toe
> as ek moet, dan gebruik ek sommer maar die ALT-sleutelkodes (?ascii
> codes). Natuurlik kan mens die "properties" van jou sleutelbord en
> "language" in Windoze verander na US-internasionaal, en dit sal alles
> opklaar, maar hoekom dan nou? :-)
Wel, "Danielle," is dit nie jý wat 'n Commodore-64 mentaliteit
hetas jy die Alt. sleutelkodes gebruik nie.
Terloops, die Commodore 64 wat ons dertig jaar gelede
gekoop het, staan in een van ons kinders se huis, en hy
werk nog!
Gloudina
---------------------
Maak daai "dertig jaar" so 'n agtien jaar. Dan is jy waarskynlik
'n bietjie nader aan die waarheid.
Ek haal aan uit Time Magazine van 3 Januarie 1983. Dit is die
uitgawe waar die rekenaar as "Machine of the Year" op die
voorblad verskyn het (in plaas van hulle gebruiklike "Man of the
Year"):
"In September [dit beteken dus September 1982] the Norristown,
Penn. firm brought out its latest small computer, the Commodore
64. It lists at $595, less than half the price of the Apple II
Plus, but comes with a third more memory. Tramiel [die stigter
van Commodore] believes he still has more aces up his sleeve. At
January's big consumer electronics show in Las Vegas, Commodore
plans to show off a new voice-synthesis device that will enable
users of its computers to create speech."
Swart Simon
|
|
|
Re: Spot Check [boodskap #41047 is 'n antwoord op boodskap #40859] |
Tue, 17 April 2001 23:16   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Simon van der Schans wrote:
> Maak daai "dertig jaar" so 'n agtien jaar. Dan is jy waarskynlik
> 'n bietjie nader aan die waarheid.
>
> Ek haal aan uit Time Magazine van 3 Januarie 1983. Dit is die
> uitgawe waar die rekenaar as "Machine of the Year" op die
> voorblad verskyn het (in plaas van hulle gebruiklike "Man of the
> Year"):
>
Ja, Simon, ek het natuurlik elke keer van die datum as in die
eerste gedeelte van die tagtigerjare gepraat, en dit kan dus nie
dertig jaar terug gewees het nie. (Niemand anders het my op
my foutiewe rekenkunde gewys nie!.) Ek neem dus aan dat
ons ons Commodore in 1982 gekoop het. Op daardie stadium
was dit al 'n baie groot sukses in Europa.
Iets wat ek ook baie duidelik onthou, was hoe duur die
eerste Commodore console gewees het in vergelyking met die
prys net omtrent 'n halfdosyn jare later. As ek reg onthou, het
ons omtrent 900 Kanadese dollars betaal vir net die sleutelbord.
Net 'n paar jaar later het die prys so gedaal dat dit omtrent
$150 gekos het. (Aan die begin het ons aangesukkel met 'n
band-opnemer en die TV se skerm, omdat ons nie die ander
komponente kon bekostig nie.)
Gloudina
|
|
|
Re: Spot Check [boodskap #41049 is 'n antwoord op boodskap #40859] |
Wed, 18 April 2001 03:14   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Danielle wrote:
> Jy lieg alweer.
>
> Kom ons herinner jou net gou weer:
>
> Kyk gou weer na hierdie sin:
>
> Erken jy sarkasme? Stadig van begrip ne?
Weet jy, "Danielle," hoekom ek dink jy is nie 'nvroumens nie? 'n Vroumens sal nooit so aaneen
so katterig as jy wees nie. 'n Vroumens sal nie
so aand na aand aanvalle sit en loods op 'n ander
vroumens nie. Ek dink jy is 'n ou oom met 'n by
in sy kappie. 'n Holografiese by in sy kappie.
(Daar is nou 'n perfekte anglisisme.) Jou aksies
is nie die van 'n jong dame nie. Die profiel wat
jy skep deur die dinge waarop jy reageer, is nie
die van 'n jongerige vroumens nie, al is sy 'n
intelligente professionele vroumens. Die profiel
wat jy skep is van 'n ouerige effens verwyfde man
(intelligent, maar met teveel tyd op jou hande).
Ek skat jy is in jou laat sestigerjare.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Spot Check [boodskap #41059 is 'n antwoord op boodskap #40859] |
Wed, 18 April 2001 19:13   |
M-Web Mail
Boodskappe: 5 Geregistreer: December 1999
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
@home.com wrote:
> Weet jy, "Danielle," hoekom ek dink jy is nie 'nvroumens nie? 'n Vroumens sal nooit so aaneen
> so katterig as jy wees nie. 'n Vroumens sal nie
> so aand na aand aanvalle sit en loods op 'n ander
> vroumens nie. Ek dink jy is 'n ou oom met 'n by
> in sy kappie. 'n Holografiese by in sy kappie.
> (Daar is nou 'n perfekte anglisisme.) Jou aksies
> is nie die van 'n jong dame nie. Die profiel wat
> jy skep deur die dinge waarop jy reageer, is nie
> die van 'n jongerige vroumens nie, al is sy 'n
> intelligente professionele vroumens. Die profiel
> wat jy skep is van 'n ouerige effens verwyfde man
> (intelligent, maar met teveel tyd op jou hande).
> Ek skat jy is in jou laat sestigerjare.
>
> Gloudina
Buongiorno Signora Gloudina,
Sono esausto by reading your responses to people. Mi scusi, but do
you enjoy belitteling people on newsgroups in general, or do you just
get a kick out of trying to belittle Afrikaans speaking South
Africans?
My suggestion to you - Fissare un appuntamento con il dottore!
Pronto! You seem to be a very sick individual. Quanti anni ha anyway?
Body and mind seems to be 100, but soul maybe 12 or 13 tops?
Salute!
|
|
|
|
|
Re: Spot Check [boodskap #41064 is 'n antwoord op boodskap #40859] |
Wed, 18 April 2001 23:44   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
John Hamill wrote:
> Che lavoro fa? I am asking what are you doing for a living? Are you
> a retired housewife? I am a retired shool teacher, and voglio
> imparare afrikaans.
John my dier, hoekom vra jy so baie vrae?
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Bladsye (2): [1 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 18:26:01 UTC 2025
|