Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » êrens hier...
|
|
|
Re: êrens hier... [boodskap #40288 is 'n antwoord op boodskap #39656] |
Fri, 16 March 2001 13:01 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Lou wrote:
>> jy in die eerste plek 'n miskonsepsie het as jy dink dat jy
>> as "persoon" 'n onafhanklike materialistiese bestaan het.
>
> ... in teenstelling met die Christendom
En hoe interpreteer jy dan die versie: "Ek is die wynstoken julle die lote."
As iemand wat tussen die wingerdstokke
grootgeword het, weet ek duidelik dat die wingerdstokke
en die lote dieselfde is.
Gloudina
|
|
|
Re: êrens hier... [boodskap #40289 is 'n antwoord op boodskap #39656] |
Fri, 16 March 2001 13:04 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Lou wrote:
> Net 'n klein byvoeging:
>
> Kor 1:13 vers 12 (nuwe vertaling)
> 12. Nou kyk ons nog in 'n dowwe spieël en sien 'n raaiselagtige beeld,
> maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is. Nou ken ek net
> gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken soos God my ten volle
> ken.
>
>
Ja, Lou. Nou begin jy my punt vir my bewys. Dis presies wat
die Buddhiste sê.
Gloudina
|
|
|
|
Re: êrens hier... [boodskap #40320 is 'n antwoord op boodskap #39656] |
Fri, 16 March 2001 22:06 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Simon van der Schans wrote:
> @home.com wrote in message
> ...
>
> Dit wil sê, dit hele werlikheids-kaboedel word
> gevorm deur ons ongeligte konsepte van wat werklikheid" is
> en wat dit nie is nie. As mens dinge fyn analiseer, is niks
> eintlik
> materialisties soos 'n paal bo water nie. Ek self dink dat die
> Buddhiste in die laaste twee-duisend jaar dieselfde ding probeer
> uitwys het as wat Einstein probeer aandui het met sy
> relatiwiteits-
> begrip.
>
> Gloudina
>
> Bedoel jy nie dalk die quantum / onsekerheids-begrip van
> Schrödinger en Heisenberg nie? Waar is Reisiger? Ek is seker hy
> sal dit kan verduidelik.
>
Nee, Simon. Moet my nou nie te ernstig opneem nie. My
man is altyd baie negatief as ek my opinie van wat Einstein
bedoel het buite die wetenskap wil toepas. Maar dit kom
tog vir my ooreen met die buddhistiese standpunt dat alles
relatief is, en niks 'n aparte bestaan het nie .... dit hang alles
af van waar en wie die waarnemer is. Daar is nie iets soos
Gloudina nie. Daar is net 'n proses van Gloudina-ing.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
Re: êrens hier... [boodskap #40371 is 'n antwoord op boodskap #39656] |
Mon, 19 March 2001 07:11 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Lou
Boodskappe: 436 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Jy is nou besig - om soos 'wat was sy naam nou weer' - klein gedeeltes
uit die Bybel te trek om standpunte te bewys. My kennis is heeltemal te
min om enkle verse vir jou uit te lê en jy behoort te weet dat soos in
die letterkunde moet jy die gedig en verse uit die gedig in konteks lees
want op hul eie kan hulle gebruik word om ander standpunte (soos jy hier
probeer doen) te bewys. Die volgende stuk bewys dus eerder my standpunt.
Lees weer Joh 15:
1. Ek is die ware wynstok, en my Vader is die landbouer.
2. Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot
wat vrug dra, die maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.
3. Julle is alreeds rein deur die woord wat Ek tot julle gespreek
het.
4. Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan
dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie
as julle in My nie bly nie.
5. Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom,
hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.
6. As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en
verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit
verbrand.
7. As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat
julle wil hê, en julle sal dit verkry.
8. Hierin is my Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra; en
julle sal my dissipels wees.
9. Soos die Vader My liefgehad het, het Ek julle ook liefgehad.
Bly in hierdie liefde van My.
____________________________________________________________ __________
@home.com wrote:
>
> Lou wrote:
>
>>> jy in die eerste plek 'n miskonsepsie het as jy dink dat jy
>>> as "persoon" 'n onafhanklike materialistiese bestaan het.
>>
>> ... in teenstelling met die Christendom
>
> En hoe interpreteer jy dan die versie: "Ek is die wynstoken julle die lote."
> As iemand wat tussen die wingerdstokke
> grootgeword het, weet ek duidelik dat die wingerdstokke
> en die lote dieselfde is.
>
> Gloudina
|
|
|
Re: êrens hier... [boodskap #40372 is 'n antwoord op boodskap #39656] |
Mon, 19 March 2001 07:12 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) |
Lou
Boodskappe: 436 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Danielle wrote:
>
> On Sun, 18 Mar 2001 09:01:17 GMT, nospam@me.at.all (Ferdi ) wrote:
>
>>
>> Koos de Rey was, by the way, nie bang om vrae te antwoord nie. Ek het
>> dalk net meer as jy oor hom opgelees al......
>>
>
> En in watter Saartjie boekie het jy so baie op opgelees van ou Koos,
> skatlam?
Oppas D. - daai woorde laat baie van jou geskiedenis op die nuusgroep
uitkom.
|
|
|
Bladsye (3): [ 3] |
![Stuur antwoord](/theme/default/images/post_reply.gif) |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ![XML-voer RSS](/theme/default/images/rss.gif) ]
Tyd nou: Wed Feb 19 16:35:06 UTC 2025
|