Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » êrens hier...
|
|
Re: êrens hier... [boodskap #39979 is 'n antwoord op boodskap #39973] |
Wed, 07 March 2001 09:03   |
nospam
Boodskappe: 274 Geregistreer: March 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 07 Mar 2001 08:52:25 +0200, lous wrote:
> Ja stupit ek weet wat die romeins hollandse reg is maar waarna ek verwys
> is die NIE-feit dat jy nog nooit gesien het dat 'n vrou 'n baba wat na
> 'n miskraam gebore is, begrawe nie.>
Wel stupit, die verwysing na die Romeins-Hollandse reg was eintlik vir
iemand anders.
Tweedens as jy daarvan weet, behoort jy os van beter te weet as om dit
sommer emosioneel te verwerp.
In die derde plek het ek nog nooit 'n vrou gesien - of gehoor van -
wat dit doen nie. Of dit nou vir jou 'n onaangename onderwerp is of
nie, dis die werklikheid.
En dis wat Dave gevra het. En wat ek geantwoord het.
Dis 'n voorbeeld gegrond in die harde werklikheid wat 'n belangrike
punt van die RH reg illustreer en in 'n sosiologiese konteks bewys.
Het jy geweet, Lou, dat 'n baie, baie groot persentasie van alle
swangerskappe in miskrame eindig?
Het jy geweet dat miskrame beskryf word as "die natuur se manier om
abnormaliteite uit werk" .
Sou jy se God het iets met die natuur te doen, Lou?
|
|
|
Re: êrens hier... [boodskap #39980 is 'n antwoord op boodskap #39963] |
Wed, 07 March 2001 09:12   |
nospam
Boodskappe: 274 Geregistreer: March 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 06 Mar 2001 19:39:43 +0200, Davie Davis wrote:
> Davie sê toe:
> Ek het net so idee dat Lou my sal ondersteun wanneer ek altwee jou
> vrae in een antwoord :
> Wanneer jy Ferdi, 'n VRYE demokrasie ondersteun wat jou stelling dat
> 'n ongebore baba nie 'n mens is nie onderstreep, dà n vriend,
> ondersteun ek nie JOU idee van 'n vrye demokrasie nie. ja. Wanneer
> vrye demokrasie nie menslike emosie erken nie, hòe vry is dit dà n?
Davie dis 'n baie deurmekaar paragraaf die. Ek is bevrees jy sal meer
moet verduidelik.
Die demokrasie, byvoorbeeld, kan nie in dieselfde asem as "menslike
emosie" genoem word nie.
Die demokrasie is die manier waarop ons politieke mag in die
samelewing reel. Dis die strukture wat ons volg wanneer ons politieke
leiers aanwys. Nie veel meer as dit nie.
Dis, met ander woorde, hoofsaaklik 'n wetlik verskansde ding. Dis hoe
ons te werk gaan om mense te laat stem en politieke partye laat stig
en bedryf ens.
Menslike emosie is wanneer mense huil, lag, depressief of kwaad raak.
Byvoorbeeld vir die hond, die posman, jou buurman, jou vrou, die
rugby-skeidsregter ens.
Ook politiek natuurlik. Demokratiese reels vat juis die emosie UIT die
besluitnemingsproses oor keuses. Anders het jy 'n moerse gemors,
Davie.
Want 100 000 woedende PAC-ondersteuners wat wraak wil neem op witmense
oor die verlede, is net eenvoudig nie demokrasie nie. Dis emosie. Die
twee meng nie, Davie.
Verder, wat bedoel jy met VRYE demokrasie? Wat is ONVRYE demokrasie?
Demokrasie het - maak nie saak hoe jy dit reguleer nie - 'n element
van vryheid en 'n olement van onvryheid. Dit is omdat vir elke vryheid
wat jy toeken, verbied jy iets.
As ek se ou Davie MAG op die sypaadjie loop soos hy wil wanneer hy
wil, se ek terselfdertyd ou Jakes MAG NIE vir ou Davie hinder op di
sypaadjie net omdat hy vandag mean voel nie.
Jy sal is baie meer detail moet antwoord as jy 'n ordentlike gesprek
wil he.
Skuus Lou, dat ek vir jou ook geantwoord het, maar heelwaarskynlik
is
> dit wat jy ook sou gesê het.
Dis byvoorbeeld baie ondemokraties om vir andere te besluit hoe hulle
oor goed voel sonder om hulle te raadpleeg.
Dis ook baie ONVRY. Jy van Lou se vryheid om homself uit te druk weg,
sien?
|
|
|
Re: êrens hier... [boodskap #39981 is 'n antwoord op boodskap #39975] |
Wed, 07 March 2001 09:23   |
nospam
Boodskappe: 274 Geregistreer: March 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 07 Mar 2001 09:29:26 +0200, lous wrote:
ankie Davie, dis nou nie presies wat ek sou gesê het nie (heeltemal
te
> beredenerd na my sin :) ) maar dit is in esensie my standpunt rakende
> hierdie aangeleentheid. >
Sien Davie? Dis nie wat hy wou gese het nie.
> Ook Ferdi het ek al my standpunt rakende aborsie gestel op die nuusgroep
> en ook hier sit meeste mense daaroor op die draad. Onlangse statistiek
> wys dat 145 000 wettige aborsies in SA uit gevoer is (tydperk ontglip
> my?)- en soos ek toe vir Gloudina gesê het - volgende keer as jy by 'n
> laerskool vol hardlopende jillende kinders verby ry dan dink jy net
> daaraan - dit is omtrent 290 skole se kinders wat wettlik in SA vermoor
> is. En ja dit is emosioneel.
>
> Maar as jy die emosie wil weggooi dan het ons mos maklike maniere om van
> armoede onstlae te raak, en van AIDS/Vigs, van mense met gebreke, mense
> met lae IK's, ou mense en ons SA'ers se persoonlike gunsteling -
> kriminele. Want sien ons verwyder hulle net uit die samelewing want
> hulle sal net probleme vir die mense om hulle veroorsaak, die staat hope
> geld kos en net in almal se pad wees. Dit is nou net die klein puntjie
> van emosie wat in die pad kom ne?
>
> Rakende die beginsel van lewensvatbaarheid wat in die pad staan. Kom ons
> praat dan daaroor - 'n bevrugte eiersel wat geheg is aan die baarmoeder
> wand is lewensvatbaar as die vrou in staat is om hom te dra tot volle
> termyn.
"AS " die vrou in staat is.....
Met ander woorde, Lou, jy stel wel voorwaardes.
Die wet sê - hy moet buite die baarmoeder kan leef - is dit nou
> met of sonder bystand? 'n Fetus van ses maande kan buite die baarmoeder
> leef as hy ge-inkubeer word en intensiewe versorging ontvang. Maar as
> jy hom op die operasie tafel laat sal hy sterf - hy het dus bystand
> nodig. Dit is ook so dat 'n baba wat op sewe maande gebore word 'n beter
> kans het as een op agt. Is die baba op sewe dan lewensvatbaar maar die
> een op agt nie? Ook het die hof die afsny punt oor die eeue gemaak
> wanneer daar lewensvatbaarheid is - jou woorde. Is daar dan klasse van
> lewensvatbaarheid - byvoorbeeld 'n baba van ses maande is lewensvatbaar
> in die VSA maar nie in SA of Mexiko nie?
Daar is beslis klasse van lewensvatbaarheid. Jy giet dit geografies
hier in jou voorbeeld. Dis seker moontlik om dit so te doen, maar daar
is ander "klasse" wat meer voor die hand liggend is.
Die kanse vir oorlewing in 'n gesonde ma van 20 is statisties baie,
baie, beter as in 'n ma van 45 wat diabetes en 'n swak hart het.
Skuif die lewensvatbaarheid
> punt oor die eeue? Wat sal gebeur wanneer kunsmatige baarmoeders
> beskikbaar word - (ja ja ek weet dit is nog SciFi) - sal dit
> lewensvatbaarheid laat krimp tot die oomblik van konsepsie?>
Wie weet?
Maar dit is nie waaroor ons praat nie.
> Jy kan nie die emosie by aborsie uitskakel nie. Soos ek voorheen probeer
> sê het - as jy dit by aborsie kan doen hoekom doen jy dit dan ook nie
> by mense wat probleme vir die samelewing is nie?
Maar hulle - as hulle kriminele is - word dan veryder uit ons lewens?!
En jy juig dit dan toe!!
> Kan ons byvoorbeeld emosie uitskakel by die doodstraf? Dit is tog ook
> aanvaarbaar in terme van die Romeins Hollandse reg maar ons het die
> emosie die wet laat "oorheers" in teenstelling met wat jy propageer by
> aborsie.
Kom ons kyk of jy gelees het. Wat het ek gese (en los maar "propageer"
dis nie wat ek doen nie. Ek het geantwoord op 'n vraag.) reken ek is
'n redelike houdiong om te he oor aborsie?
En jy kan redelik emosioneel raak oor die doodstraf - dis nou
> as ek reg onthou :|
Wat onthou jy, ou Lou?
By the way, ek onthou dat jy vir die doodstraf was. Is dit reg? Is dit
nog jou houding?
En se my, wat sal jy se moet gebeur as 'n verwagtende vrou se lewe
bedreig word deur 'n swangerskap.
Kom ons maak dit meer eenvoudiger. Se nou maar 'n vrou word verkrag,
sy raak verwagtend en die dokter se sy is te oud om die swangerskap te
voltooi en in elk geval die toestand bedreig haar lewe.
Sal jy se sy kan 'n aborsie kry?
N.S. IN die ou Suid-Afrika kon sy, het jy dit geweet?
|
|
|
|
Re: êrens hier... [boodskap #39995 is 'n antwoord op boodskap #39979] |
Thu, 08 March 2001 07:13   |
lous
Boodskappe: 124 Geregistreer: January 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ferdi wrote:
>
> On Wed, 07 Mar 2001 08:52:25 +0200, lous wrote:
>
> verwys
>> is die NIE-feit dat jy nog nooit gesien het dat 'n vrou 'n baba wat na
>> 'n miskraam gebore is, begrawe nie.>
>
> Wel stupit, die verwysing na die Romeins-Hollandse reg was eintlik vir
> iemand anders.
Jy het ewe sarkasties ge^e:
--> En ek oor joune Lou.
-->
--> Wat ek aangehaal het is reguit uit die Romeins Hollandse reg.
--> Weet jy wat dit is?
Wie is die iemand anders - my alter eggo? Somtyds ...
> Tweedens as jy daarvan weet, behoort jy os van beter te weet as om dit
> sommer emosioneel te verwerp.
Die doodstraf is toelaatbaar in terme van die RH reg - maar jy verwerp
dit (sommer emosioneel)?
> In die derde plek het ek nog nooit 'n vrou gesien - of gehoor van -
> wat dit doen nie. Of dit nou vir jou 'n onaangename onderwerp is of
> nie, dis die werklikheid.
Nou maar ek het - dit is waarom ek gewonder het oor jou blootstelling.
Dis erger as tande trek - el moet werk aan my verduideliking skills.
> Het jy geweet, Lou, dat 'n baie, baie groot persentasie van alle
> swangerskappe in miskrame eindig?
Ja en jou punt is?
>
> Het jy geweet dat miskrame beskryf word as "die natuur se manier om
> abnormaliteite uit werk" .
Ja en jou punt is?
>
> Sou jy se God het iets met die natuur te doen, Lou?
Sou jy sê Hy het nie? Gaan lees Genesis weer 'n keer.
|
|
|
Re: êrens hier... [boodskap #39998 is 'n antwoord op boodskap #39981] |
Thu, 08 March 2001 08:11   |
lous
Boodskappe: 124 Geregistreer: January 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ferdi wrote:
>
> On Wed, 07 Mar 2001 09:29:26 +0200, lous wrote:
>
> > beredenerd na my sin :) ) maar dit is in esensie my standpunt rakende
>> hierdie aangeleentheid. >
>
> Sien Davie? Dis nie wat hy wou gese het nie.
>
> > Rakende die beginsel van lewensvatbaarheid wat in die pad staan. Kom ons
>> praat dan daaroor - 'n bevrugte eiersel wat geheg is aan die baarmoeder
>> wand is lewensvatbaar as die vrou in staat is om hom te dra tot volle
>> termyn.
>
> "AS " die vrou in staat is.....
> Met ander woorde, Lou, jy stel wel voorwaardes.
Nou wat doen die wet - dit stel voorwaardes ... 'lewensvatbaar' onthou?
'n Pasgebore baba is slegs lewensvatbaar as hy versorging ontvang.
Abosrie is regverdig waar die eiersel buite die baarmoeder heg - soos in
die falopiaanse buise - omdat dit die moerder se lewe bedreig. Verstaan
jy die voorwaarde?
>
> met of sonder bystand?
>
> Daar is beslis klasse van lewensvatbaarheid. Jy giet dit geografies
> hier in jou voorbeeld. Dis seker moontlik om dit so te doen, maar daar
> is ander "klasse" wat meer voor die hand liggend is.
>
Ek wys jou bloot op die stipulasie in die wet - lewensvatbaarheid?
Wanneer? Word dit hersien? Wie besluit hieroor? 'n Klomp ou manne met
gepoeierde pruike?
> Die kanse vir oorlewing in 'n gesonde ma van 20 is statisties baie,
> baie, beter as in 'n ma van 45 wat diabetes en 'n swak hart het.
Jy stel voorwaardes :). Wat sê jy dus hierbo - dat aborsie emosioneel
toelaatbaar is in die 45 jarige se geval maar nie in die 20 jarige se
geval nie?
> probeer
>> sê het - as jy dit by aborsie kan doen hoekom doen jy dit dan ook nie
>> by mense wat probleme vir die samelewing is nie?
>
> Maar hulle - as hulle kriminele is - word dan veryder uit ons lewens?!
> En jy juig dit dan toe!!
Waar het ek dit toegejuig? Is dit nou net soos wat jy aborsie toejuig?
Sien - ek kan ook woorde in jou mond l^e! En as jy met verwyder uit ons
lewens bedoel tronkstraf - die probleem is - hulle kom weer terug -
anders as met die fetusse - aborsie is finaal!
>
> ook
>> aanvaarbaar in terme van die Romeins Hollandse reg maar ons het die
>> emosie die wet laat "oorheers" in teenstelling met wat jy propageer by
>> aborsie.
>
> Kom ons kyk of jy gelees het. Wat het ek gese (en los maar "propageer"
> dis nie wat ek doen nie. Ek het geantwoord op 'n vraag.) reken ek is
> 'n redelike houdiong om te he oor aborsie?
Dit is duidelik jou vrye keuse. Die punt is wel dat jy my as emosioneel
dus nie rasioneel, ten opsiget van aborsie beskuldig het. Ek voel
duidelik dieslefde oor jou ten opsigte van die doodstraf. Die wet laat
beide toe - so waar staan ons - emosie geld in een area maar nie in die
ander?
>
> > as ek reg onthou :|
>
> Wat onthou jy, ou Lou?
Dat jy teen die doodstraf is op emosionele gronde.
>
> By the way, ek onthou dat jy vir die doodstraf was. Is dit reg? Is dit
> nog jou houding?
En wat onthou jy, ou Ferdi?
>
> En se my, wat sal jy se moet gebeur as 'n verwagtende vrou se lewe
> bedreig word deur 'n swangerskap.
> Kom ons maak dit meer eenvoudiger. Se nou maar 'n vrou word verkrag,
> sy raak verwagtend en die dokter se sy is te oud om die swangerskap te
> voltooi en in elk geval die toestand bedreig haar lewe.
>
> Sal jy se sy kan 'n aborsie kry?
>
> N.S. IN die ou Suid-Afrika kon sy, het jy dit geweet?
Ons weet beide waarvoor 'n vrou 'n aborsie kon kry in die ou sa. Maar
laat ek dit weer stel - sover ek kan onthou waar verkragting of
bloedskande bewysbaar was, die moeder swaksinnig of haar lewe of
permanente sielkundige welstand bedreig deur die swangerskap dit dan
wettlik toelaatbaar was om 'n aborsie te laat doen (En ja - heelparty
dokters het die sielkundige loophole misbruik). Dit is egter nie so -
soos jy bo gemeld het - die geval met 'n 20 jarige vrou nie en is die
fetus lewensvatbaar en word die moeder se lewe nie bedrieg nie. Ek het
geen wesenlike probleem gehad met die ou wet nie, maar om aborsie as
geboortebeperking te gebruik is nie dieselfde nie.
Dink weer 145 000 kinders, die probleem is ons maak dieslfde fout as met
Aids - ons behandel die gevolg en nie die oorsaak nie.
|
|
|
Re: êrens hier... [boodskap #40000 is 'n antwoord op boodskap #39995] |
Thu, 08 March 2001 10:50   |
nospam
Boodskappe: 274 Geregistreer: March 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Thu, 08 Mar 2001 09:13:51 +0200, lous wrote:
> Wie is die iemand anders - my alter eggo? Somtyds ...>
Moet dit try. Waarskynlik skerper as jy.
> Die doodstraf is toelaatbaar in terme van die RH reg - maar jy verwerp
> dit (sommer emosioneel)?
Laat ek dit helder probeer maak vir jou. Die doodstraf is
"toelaatbaar" in terme van die RH reg. 'n Opheffing van die doodstraf
is OOK "toelaatbaar" in terme van die RH reg.
Watter een kies jy, ek, piet koos klaas ens. ens. ?
Die een waarmee ons wil saamleef.
Die RH reg verteenwoordig eeue se geworstel met sulke kwessies. Dit is
kwessies wat op die rante van die algemene moraliteit is. Die lewe is
op die rante vol van duddelsinnighede en kontradiksies waarmee
deurdagte kompromiee eenvoudig aangegaan moet word.
Iets soos die RH reg is 'n baie, baie betroubare hulpmiddel as jy oor
die goed dink.
As die RH reg dus BLABLA se kan mens jou gedagte daaraan gaan hak as
jy self oor die goed dink. Dit beteken nie mens gaan na regsfilisofie
om antwoorde te kry nie Lou. Daar is baie, baie kere geen antwoorde
daar nie.
'n Mans gaan soontoe om beter te kan dink oor die goed.
Goed geillustreer deur jou verwysing na die doodstraf. Vir of teen?
Die RH reg verwerp nie een van die twee posisies nie.
Nou nou wat nou Lou?
Selfmoord? Dis een manier om aan die moeilke besluitneming te ontsnap.
'n Ander manier is natuurlik om 'n fundamentalistiese posisie in te
neem en alle fyner denke om dit plat te skreeu. Dis baie soos
selfmoord.
Daar is talle situasies waarin ek my kan indink dat ek die doodstraf
sal ondersteun, maar nou hier in SA dink ek dis beter om dit nie te he
nie.
In die derde plek het ek nog nooit 'n vrou gesien - of gehoor van -
>> wat dit doen nie. Of dit nou vir jou 'n onaangename onderwerp is of
>> nie, dis die werklikheid.
>
> Nou maar ek het - dit is waarom ek gewonder het oor jou blootstelling.
Begrafnis na 'n normale miskraam, Lou?
Laat die kerk so iets toe? Watter kerk was dit?
Het jy geweet talle vroue weet nie eers dis 'n miskraam wat hulle kry
nie?
Fundamentalistiese reels werk net eenvoudig nie hier nie.
> Dis erger as tande trek - el moet werk aan my verduideliking skills.
>
>> Het jy geweet, Lou, dat 'n baie, baie groot persentasie van alle
>> swangerskappe in miskrame eindig?
>
> Ja en jou punt is?
Dis 'n baie, baie algemene verskynsel. En nie veel word daarvan gemaak
nie. Gaan sit nou en dink daaraan. Voor jy werk aan verduideliking
skills, werk eers aan die verstaan-kant.
>> Het jy geweet dat miskrame beskryf word as "die natuur se manier om
>> abnormaliteite uit werk" .
>
> Ja en jou punt is?
Die vraag hierna.
> Sou jy se God het iets met die natuur te doen, Lou?
>
> Sou jy sê Hy het nie? Gaan lees Genesis weer 'n keer.
Wat is jou antwoord Lou? Sou jy se God het iets met die natuur te
doen? Wat is JOU antwoord Lou?
|
|
|
|
Re: êrens hier... [boodskap #40002 is 'n antwoord op boodskap #39976] |
Thu, 08 March 2001 10:54   |
nospam
Boodskappe: 274 Geregistreer: March 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Huh, Dave?
Al gaan navorsing doen?
On Wed, 07 Mar 2001 08:02:43 GMT, nospam@me.at.all (Ferdi ) wrote:
>
>
> Davie, kom ons gee jou 'n oefening wat grootliks tot jou verstandelike
> ontwikkeling sal kan bydra.
>
> Vat die volgende drie beginsels:
> 1. Nie-rassigheid.
> 2. Nie-seksisme.
> 3. Veelparty-demokrasie.
>
> Nou bel jy die volgende organisasies en vra of hulle dit onderskryf:
> a.) Die Vryheidsfront. b) Die Boshofs van Oranje c.) Die PAC d) Die
> DA e) Die ANC f) Cosatu g) die SAKP h) Azapo i) Cassie Aucamp se AEB.
>
> Raai wat gaan die meeste, indien nie almal nie, antwoord? Ek weet.
> Maar hoekom gaan vergewis jy jou nie van wat aangaan nie.
> En dan maak jy jou slim afleidings.
>
>
>
>
>
>
>
>
> On Mon, 05 Mar 2001 16:04:12 +0200, Davie Davis
> wrote:
>
>> Vreemd Ferdi, dat die enigste mense wat skaam is oor waar hulle stem
>> witmense is wat anc stem.
>> Sien jy nou dat daar tog maniere is om julle uit te wys.
>> DD
>
|
|
|
Re: êrens hier... [boodskap #40012 is 'n antwoord op boodskap #40000] |
Thu, 08 March 2001 14:43   |
lous
Boodskappe: 124 Geregistreer: January 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ferdi wrote:
>
> On Thu, 08 Mar 2001 09:13:51 +0200, lous wrote:
>
> >> nie, dis die werklikheid.
>>
>> Nou maar ek het - dit is waarom ek gewonder het oor jou blootstelling.
>
> Begrafnis na 'n normale miskraam, Lou?
> Laat die kerk so iets toe? Watter kerk was dit?
> Het jy geweet talle vroue weet nie eers dis 'n miskraam wat hulle kry
> nie?
Weet jy ooit wat 'n miskraam is? En ek sien jy is besig om te
spesifiseer - 'normale' miskraam?
'n Baba van 8.5 maande kwalifiseer steeds as 'n miskraam. Lees bietjie
jou vrou se Sarie van so 'n maand gelede - (stilletjie in die klein
huisie - ek sal niemand vertel nie). Aanbeveel vir die rouproses dat 'n
baba wat so laat eers in die tydperk 'miskraam' begrawe/veras word om
die skeiding - want di emoeder het reeds begin bind met die kind - te
vegemaklik. Maak tog seker van jou feite.
>
> Fundamentalistiese reels werk net eenvoudig nie hier nie.
Huh? Whoosh - waar val dit uit?
>
> skills.
>>
>>> Het jy geweet, Lou, dat 'n baie, baie groot persentasie van alle
>>> swangerskappe in miskrame eindig?
>>
>> Ja en jou punt is?
>
> Dis 'n baie, baie algemene verskynsel. En nie veel word daarvan gemaak
> nie. Gaan sit nou en dink daaraan. Voor jy werk aan verduideliking
> skills, werk eers aan die verstaan-kant.
Voor jy bollie praat, maak eers seker van jou feite dan kan jy weer sit
en dink.
>
> Het jy geweet dat miskrame beskryf word as "die natuur se manier
> om
>>> abnormaliteite uit werk" .
>>
>> Ja en jou punt is?
>
> Die vraag hierna.
>
> >
>> Sou jy sê Hy het nie? Gaan lees Genesis weer 'n keer.
>
> Wat is jou antwoord Lou? Sou jy se God het iets met die natuur te
> doen? Wat is JOU antwoord Lou?
Het God iets met die natuur te doen? Maar natuurlik Ferdi, ek dog jy sou
dit uit my teen vraag kon agterkom - maar lees tog weer Genesis - jy
dink tog nie die heelal het toevallig gebeur nie?
Vragie vir jou - wat is die natuur?
|
|
|
Re: êrens hier... [boodskap #40014 is 'n antwoord op boodskap #40012] |
Thu, 08 March 2001 15:47   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
lous wrote:
> Vragie vir jou - wat is die natuur?
Dankie Lou. Vir die eerste keer in 'n baie lang ruk,vra jy iets diepsinnig. Ja,
wat is "die Natuur"? As
jy 'n materialis is, dan glo jy aan die Natuur as iets
konkreets, bestaande in sy eie reg, en glo jy dat niks
anders werklik konkreet bestaan nie. As jy 'n Christen
of 'n Buddhis is, dan glo jy dat die Natuur 'n skepping
is van die Gees. Die Christen glo dat God die Natuur
geskape het en die mens in Sy beeld. Die Natuur is dus
nie iets aparts nie. Dis 'n psigiese verskynsel. Presies
wat die Buddhis glo - dat die hele Skepping 'n psigiese
skepping is, dat al die "deities" kragte van die psige is.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: êrens hier... [boodskap #40055 is 'n antwoord op boodskap #39656] |
Fri, 09 March 2001 18:48   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
lous wrote:
> Terug na die woord - natuur - my definisie - omvattende naam vir die
> heelal, alles daarin en die grootsheid van Godsplan wat dit in ewewig
> hou.
Maar sê my, Lou. Is die Natuur iets aparts van God? Is Goddaar diékant en hy hou die
Natuur hierdie kant in ewewig.
Of is die Natuur deel van "God" en is die "ewewig" ook 'n
funksie van die Godheid?
Gloudina
|
|
|
|
|
|
Re: êrens hier... [boodskap #40129 is 'n antwoord op boodskap #39656] |
Mon, 12 March 2001 12:41   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
lous wrote:
> God het die heelal enm alles daarin geskape - so hy is dus nie deel
> daarvan nie. Good try - no cigar. Boedisties probeerslaggie ne?
O, so. Jy wil jou koek hê en dit eet. Jy wil terselfdertydmaterialis wees en glo dat
God die natuur in Sy beeld geskep
het. Maar laat ek jou nou hierdie stukkie raad gee, Lou.
As jy skielik alles as geestelik beskou, dan sal jy alles ook
skielik baie ernstiger opneem, insluitende die ou miertjie wat
oor die grond hardloop.
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: êrens hier... [boodskap #40174 is 'n antwoord op boodskap #39656] |
Tue, 13 March 2001 12:45   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
lous wrote:
> Waar het ek gesê dat hy die 'natuur' in sy beeld geskape het?
>
> Dat die Bybel natuurlik sê dat God die mens na Sy beeld geskape het is
> eerder waar.
So, "die mens" is na God's beeld geskape, maar "die natuur" nie?"Die mens" wat God nou na Sy
beeld geskape het, sluit natuurlik,
bo en behalwe jy en ek en Moeder Theresa, ook Hitler en die
Boston Strangler in. Nee wat jong, die saak raak nou hier so
ingewikkeld dat die Boedhiste-konsep van Mara al hoe meer
sin maak. Mara, vir die Boeddhis, is die hele ondermaanse
konsep van werklikheid wat in die onverligte brein bestaan,
en wat, as jy dit analiseer, gevorm word deur "dependent
origination." Dit wil sê, dit hele werlikheids-kaboedel word
gevorm deur ons ongeligte konsepte van wat werklikheid" is
en wat dit nie is nie. As mens dinge fyn analiseer, is niks eintlik
materialisties soos 'n paal bo water nie. Ek self dink dat die
Buddhiste in die laaste twee-duisend jaar dieselfde ding probeer
uitwys het as wat Einstein probeer aandui het met sy relatiwiteits-
begrip.
Gloudina
|
|
|
|
Re: êrens hier... [boodskap #40188 is 'n antwoord op boodskap #39656] |
Wed, 14 March 2001 08:20   |
Lou
Boodskappe: 436 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@home.com wrote:
>
> lous wrote:
>
>> Waar het ek gesê dat hy die 'natuur' in sy beeld geskape het?
>>
>> Dat die Bybel natuurlik sê dat God die mens na Sy beeld geskape het is
>> eerder waar.
>
> So, "die mens" is na God's beeld geskape, maar "die natuur" nie?"Die mens" wat God nou na Sy
> beeld geskape het, sluit natuurlik,
> bo en behalwe jy en ek en Moeder Theresa, ook Hitler en die
> Boston Strangler in.
Wat is jou definisie van die natuur Gloudina?
> Nee wat jong, die saak raak nou hier so
> ingewikkeld dat die Boedhiste-konsep van Mara al hoe meer
> sin maak. Mara, vir die Boeddhis, is die hele ondermaanse
> konsep van werklikheid wat in die onverligte brein bestaan,
> en wat, as jy dit analiseer, gevorm word deur "dependent
> origination." Dit wil sê, dit hele werlikheids-kaboedel word
> gevorm deur ons ongeligte konsepte van wat werklikheid" is
> en wat dit nie is nie. As mens dinge fyn analiseer, is niks eintlik
> materialisties soos 'n paal bo water nie. Ek self dink dat die
> Buddhiste in die laaste twee-duisend jaar dieselfde ding probeer
> uitwys het as wat Einstein probeer aandui het met sy relatiwiteits-
> begrip.
Duidelik dat jy nie Einstein se relatiwiteits begrippe verstaan nie.
|
|
|
|
Re: êrens hier... [boodskap #40200 is 'n antwoord op boodskap #39656] |
Wed, 14 March 2001 13:36   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Lou wrote:
> Wat is jou definisie van die natuur Gloudina?
>
Lou, ek het die vraag aan jou gevra. Dis jy wat die
konsep "Natuur" op so 'n manier gebruik, dat ek
aanneem dat jy 'n materialis is wat dink dat dit iets
aparts is van God. En ek het vir jou uitgewys dat
basies die Christelike scene dieselfde is as die
Buddhiste s'n: dat die Natuur 'n skepping van die
godheid is en in die psige gesetel is.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
Re: êrens hier... [boodskap #40245 is 'n antwoord op boodskap #39656] |
Thu, 15 March 2001 13:11   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Lou wrote:
> Redelike komponent - LW my interpretasie - as jy gaan sit en dink oor
> hoe volmaak die heelal inmekaar pas, hoe alles van alles afhanklik is en
> (nou begewe ek my op groot manne se tone) hoe statisties onmoontlik dit
> is dat die mens en die menslike psige bloot per toeval onstaan het dan
Lou, ek weet nie of jy dit opmerk nie, maar jy is 'n "materialis"wanneer jy
so praat. Jy skei die bestaan van "die mens" en "God"
in twee verskillende kategorieë. En jy volg dan nie die aanwysing in
die Bybel dat die mens "in die beeld van God" geskape is nie.
Gloudina
|
|
|
Re: êrens hier... [boodskap #40247 is 'n antwoord op boodskap #39656] |
Thu, 15 March 2001 13:27   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Thys de Wet wrote:
> Dit lei weer tot nog verdere vrae wat ten doel het om die vrae wat
> nog steeds onbeantwoord is beantwoord te kry deur nog vrae te vra. Die
> netto effek is dus dat die effek wat al die vraag vraery tot gevolg het, dat
> daar meer antwoorde uitstaande is as wat daar sinvolle bydraende antwoorde
> daarvoor, daarteen, daaroor, daar bo, daaronder of daar in doer-en-ghôn is
> en sal wees.
>
> Aldus gegewe onder my hand....
>
> Thys oppie 'Bos
> met 'n vraag vir 'n antwoord:
> wie was eerste:
> die hoender of die eier
> Nes 'n passer:
> al OM die punt
Ag Thys, dis mos maar die lewe van nuusgroepe, lewendigeinteressante nuusgroepe:
die oor en weer gevraery en gejillery.
As ons nou nie 'n intellektuele mannetjie-uitnek soos Lou gehad
het nie, wat sou ons dan gedoen het? As ons nou nie 'n
vlymskerp fynskut soos Ferdi gehad het nie, wat sou ons dan
gedoen het? As ons nie 'n Thys oppie Bos met sy tong in sy
kies en sy brein op die regte plek gehad het nie, wat sou ons
dan gedoen het? Meer nog, wat sou die afro-kanadese tannie
gedoen het in die oggend as sy opstaan en haar ou man wil
nog so 'n paar minute langer slaap.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
Re: êrens hier... [boodskap #40259 is 'n antwoord op boodskap #39656] |
Thu, 15 March 2001 15:09   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Lou wrote:
> . Duidelik is die mens en
> God nie dieselfde ding nie - ons kan op die meeste hoop om eendag in
> kontak met God te wees - die ewige lewe dus.
>
> Die Boedisme daarenteen hou dit voor dat jy deel van die godheid is of
> deur jou werke kan word. Fundamentele verskil.
So nou is jy die interpreteerder van die Buddhisme? NeeLou, die Buddhisme met
hulle fyn analises dui daarop dat
jy in die eerste plek 'n miskonsepsie het as jy dink dat jy
as "persoon" 'n onafhanklike materialistiese bestaan het.
En dat hierdie miskonsepsie eintlik die wortel van die
kwaad is, en die oorsprong van lyding.
Verder sidder ek nog as jy sê jy "hoop om eendag in
kontak met God te wees." Dit beteken dat jy in jou materialisme
jouself as materialisties apart van God sien, maar hoop om hom
eendag te "sien." Die Buddhis daarenteen glo dat as jy net die
regte informasie het en in die regte buddha-velde inbeweeg, jy
nirvana kan bereik deur die regte pad te volg. Dis natuurlik 'n
baie moeiliker pad as die materialistiese pie in the sky wat
jy verkondig (wat myns insiens nie die regte interpretasie van
die Christelike godsdiens is nie.)
Gloudina
|
|
|
Bladsye (3): [ 2 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wed Feb 19 16:39:38 UTC 2025
|