Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » blou
|
Re: blou [boodskap #39438 is 'n antwoord op boodskap #39294] |
Mon, 19 February 2001 16:52   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Arthur Hagen wrote:
> Gloudina schreef...
>> Ja, dis my fout om "kombuis" Maleis-Portugees te noem.
>
> 'n Woord soos kombuis kan natuurlik nie regstreeks uit die oninteressante
> Hollands voortkom ;)
>
> Ek sien hierdie houding ook by genealoge.
Wel, Arthur, ek waardeer jou sarkasme, veral wanneer jy ook diegenealoë daarby
insluit.
Maar jy moet tog toegee dat die woord "kombuis" in Afrikaans
nie direk van Nederland af gekom het nie. Dit is Nederlandse skeeps-
taal wat na die Verre Ooste uitgevoer is, waar die mense op die
skepe 'n mengsel van Maleis, Portugees en Nederlandse skeepstaal
gepraat het. Dis op daardie manier, in die monde van matrose wat
later Vryburgers geword het en in die mond van Maleise slawe,
dat dit by die Kaap aangekom het en gebruik is in plaas van die
Nederlandse "keuken." Ek is baie seker dat die Van Riebeecks
en die van der Staels van "keuken" gepraat het, maar die mense
wat in hulle keukens gewerk het, het seker uit wans uit van
"kombuis" gepraat. Hulle het die woord uit die Verre Ooste
saamgebring. Onthou dat ek vir jou eendag meer vertel van die
teorieë van Hesseling.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
Re: blou [boodskap #39463 is 'n antwoord op boodskap #39451] |
Mon, 19 February 2001 23:04   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Skunk wrote:
> Dis blou kopersulfaat. (Hier's ons alweer by blou!) Ek het altyd gedog
> mens kry net bloues, maar het onlangs ook van wit kopersulfaat gehoor...
> Enige skeikundiges met 'n antwoord?
>
> Ek vat die storie maar met 'n knippie sout... Ons moes ook af en toe
> skottelgoed was, of die kombuis skoonmaak, en ek het baie goed gekyk!!!
> Ek het ook gesorg dat ek, waar ek ookal in die army gekom het, vriende
> was met minstens één "kok"! (Lewer altyd voordele op!) Hulle het almal
> gesê dis 'n twakstorie...
>
Ek weet nie of aluin dieselfde as kopersulfaat is nie. ("Alum" is "any of
various sulfates of a trivalent metal such as aluminum, chromium or iron,
and a univalent metal such as potassium or sodium..... widely used in
industry... and medicinally as topical astringents and STYPTICS."
'n Styptic..."contracts the tissues or blood vessels..."
My man het gesweer dat hulle die groen korreltjies in hulle kos
in Huis Marais kon sien, so as dit 'n "urban legend" is, dan is dit
baie wyd versprei.
Gloudina
|
|
|
Re: blou [boodskap #39466 is 'n antwoord op boodskap #39446] |
Tue, 20 February 2001 04:14  |
Krokkie
Boodskappe: 478 Geregistreer: July 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek dink nie dit het regtig gewerk nie , ek onthou die Tempe-Tigers het maar
erg deurgeloop
"Arthur Hagen" skryf in boodskap news:96rqjm$1f92$1@news.kabelfoon.nl...
> "Dryfas" schreef...
>> Toe ons in die Army was, het hulle ons BLOUFITERJOEL gevoer sodat ons nie 'n
>> ereksie kon kry nie.
>>
>
> Wat is bloufiterjoel eintlik? Toe ek in militaire diens was, het die gerug
> rondgegaan dat "hulle" kamfer in ons aandete gedoen het. Ek vermoed dit het
> dieselfde werking as jou bloufiterjoel ...... ek is seker dit was slegs 'n
> gerug :)
>
> Arthur
>
|
|
|
Bladsye (2): [ 2] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 16:26:00 UTC 2025
|