Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » briefie vir antie gloudiena
briefie vir antie gloudiena [boodskap #39237] Di, 13 Februarie 2001 18:37 na volgende boodskap
hennerietjie  is tans af-lyn  hennerietjie
Boodskappe: 46
Geregistreer: Oktober 2000
Karma: 0
Volle Lid
hellou my antie

jissie antie nes ek dink hie gebeer niks in die goeie ou niewe syd afrika
nie dan begin die sports. vat nou maar oom stief sweetnie wat self minister
van sports was antie. hys nou baie kwaad vir bartlomias dias se mense oorlat
hille optog gehou het oor hille in hille groente winkels dood geskiet word
antie. oom stief sê 'n mens mag net optog hou as jy kan toitoi. en gly op 'n
piesangskil is nie toitoi nie dis witbaas skap sê oom stief.

toe is koning johannes die seevaarder van portugal so kwaad lat hy sy amba
se deur wil laat hys toe kom antie. ma' toe skrik oom stief groter as
destyds toe die regter gevra het of hille nie vir oom loewie nêvverlyt
gelieg het oor die koemmiesie nie antie. toe sweet oom stief so lat hy en
oom penjil watdoenjyda koning johannes se amba se deur gaan sien. oom penjil
verdydelik vir die amba se deur lat hille al baie gekla het oor die risse se
maffia ok antie ma' die risse het nie met die deur uit die hys yt probeer
val nie. oom hansie vannie pênelbieters sê wat oom penjil nie virstaan nie
is lat maffia nie dieselfde is as pôpôs en grenedellas nie antie.

ma' hoekom ek yntlik skryf antie is oorlat ek raat soek. ek wil weet wat
beteken rinnesaans antie. my pa sê dis iets soos herlewing of virniewing of
verligting ma' antie kan self sien lat hy weer gesyp was toe hy dit gesê
het.

want antie sien oom taboe praat aljimmers vannie afrika rinnesaans ma' al
herlewing wat ek sien is wanneer josef die swyger in sy pa wat vermoerd is
se plek prisjedent van die dêmjoe kraterse rippebliek vannie kongo word.

en al virniewing wat ek sien antie is oom robbert makapie van simbapwie wat
sy regters wegjaag oorlaat hille nie praat soos wat hy wil hoor nie. en die
koerante wat opgeblaas word oor hille nie skryf wat oom makapie wil sien
nie.

en oom taboe traai ok ma' sy bes lat ons nie moet hoor van hoe die wapens
gekoop is nie antie. hy faaier glad sy eie mense wat wil ytvind antie. en
toe oom taboe die parlement oopslyt toe swyg hy meer as josef vannie kongo
oor die goed antie.

so antie moet asseblief vir my virdydelik wat rinnesaans beteken want ek
weet my pa lieg vir my.

koebaai antie (eet maar die porras se pampoen want as dit nie die hare lat
kril nie gee dit dalk hare oppie tanne)

hennerietjie
Re: briefie vir antie gloudiena [boodskap #39239 is 'n antwoord op boodskap #39237] Di, 13 Februarie 2001 23:25 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

hennerietjie wrote:

> ek wil weet wat
> beteken rinnesaans
>
> oom taboe praat aljimmers vannie afrika rinnesaans

> so antie moet asseblief vir my virdydelik wat rinnesaans beteken

Hennerietjie, jy kom vra nou vir die regte mens. Gisteraand was ekby 'n lesing
van Dr. Makgoba. Hy is glo hoof van die Medical Research
Council of South Africa en ook lid van die African Renaissance Institute.
(Ek sien hy het 'n Ph.D. in Endokrinologie van Oxford, so hy moet 'n slim
laaitie wees, al het hy glo sy lewe begin as 'n beeswagter daar naby
Pietersburg.)
Wel, Makgoba begin toe heel voor en verduidelik hoe Cartage oor die
twee duisend jaar gelede deur die Romeinse Ryk in puin gelê is en hoe
verskeie sterk lokale Afrika-kulture veral in die laaste halfdosyn eeue deur
mense vanuit Europa verniel is, en hoeveel Afrika verloor het toe duisende
en duisende swart mense in slawerny gedwing is en na Europa en die
Amerikas geneem is.
Nou dink Dr. Makgoba dat dit goed sal wees om die mense van Afrika
en ook die swartes van die Afrika-diaspora ( dus die mense in die Karibbiese
Eilande, die VSA en Kanada veral) wakker te maak, vir hulle te laat sien watter
skade die kolonialisme en die neo-kolonialisme aan hulle mense gedoen het,
en om 'n program te begin om al hierdie mense, in Afrika sowel as in die Nuwe
Wêreld, wakker te maak en vir hulle aan te moedig om hulle eie kulture te
respekteer en te ontwikkel. Dit wil sê: daar moet 'n nuwe "struggle" kom vir
die hart en siel van die mense van Afrika.
Iets wat hy gesê het wat my baie getref het: daar is mense wat swart
velle
het, maar hulle het vereuropees geraak, en hy sê mense moet daardie mense nie
kwalik neem nie. Maar hy sê daar is ook mense wat nie swart velle het nie, maar
wat van Afrika is en wat deel van die struggle vir die heropstanding van Afrika
vorm.
Hy het ook iets gesê waaraan ek nooit gedink het nie. Die renaissance van

die europese kultuur so ses sewe honderd jaar gelede, het gekom na 'n donker
periode ( "the dark ages") en na 'n periode wat vol was van verskriklike plae
wat
die Europese bevolking afgemaai he. Dit laat my toe dink aan hierdie dae met die

Vigs wat Afrika so teister.
So, wanneer hulle praat van die African Renaissance program, praat hulle
van 'n blouprint vir 'n struggle wat oor die hele Afrika gevoer moet word, en
hulle
vra mense in ander dele van die wêreld om hulle te help. Dit is daarom dat ons
hier in Kanada so iets het soos "Ubuntu & The African Renaissance Canada.
Incorporated." Die belangrikste taak van die mense is "to organize and present
artistic, cultural and educational activities that promote active participation
in the
economic renewal of Africa." Ek is trots om te sê dat een van ons seuns op die
Board of Directors is as "legal counsel."

Tannie Gloudina
Vorige onderwerp: Max Havelaar
Volgende onderwerp: ArtRap by Mike van Graan - 14/02/2001
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 27 14:18:54 MGT 2024