Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Red nou 'n volk met so 'n nasie! :-(
Re: Red nou 'n volk met so 'n nasie! :-( [boodskap #36763] |
Sat, 18 November 2000 00:00 |
Nasty Quaker
Boodskappe: 72 Geregistreer: September 2000
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Ek wens my kennis het meer om "Bybelleer" gesentreer.
Nasty
"Anonymous" skryf in boodskap news:j8ed1t8ah4bl3mur8btel7njkl4a1t0f1n@4ax.com...
> Dit is ONGELOOFLIK! Intelligensie vlakke laer as klippe. Geen
> opvoeding en nog minder opleiding - veral die briefies van Blommetjie
> en Frikkie en 'n paar ander ape. Die arme Elaine is so naief, dit is
> werklik skreeusnaaks. Sue praat van genetiese merkers, heeltemal oor
> die koppe van almal, maar Elaine dink sommer dit is "siektes", maar
> sy sit langs swartes in haar kerk, en nou is sy verlig. Ag henetjie
> toggie. Die tannie krap haar so bietjie om, en daar begin die
> vloekery en bakleiery, maar Sondag sit sy weer langs 'n swarte in die
> kerk, en sy is baie verlig.
> Nogsteeds vreesbevange vir enige iets wat anders is as wat hulle
> gewoond was al die jare. Die Internet met so baie inligting is
> openlik beskikbaar, maar word bleibaar nie gebruik vir opleiding nie.
> Boeke word nie gelees nie. Kennis draai om die "bybel leer" van mense
> wat nog in die donker eeue leef. Hoe is dit MOONTLIK?
> Alles baie komies.
>
>
> --------== Posted Anonymously via Newsfeeds.Com ==-------
> Featuring the worlds only Anonymous Usenet Server
> -----------== http://www.newsfeeds.com ==----------
|
|
|
Re: Red nou 'n volk met so 'n nasie! :-( [boodskap #36764 is 'n antwoord op boodskap #36763] |
Sat, 18 November 2000 00:00 |
Blommetjie
Boodskappe: 157 Geregistreer: February 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ons Almal is verheug om jou te vermaak.
Anonymous skryf in boodskap news:j8ed1t8ah4bl3mur8btel7njkl4a1t0f1n@4ax.com...
> Dit is ONGELOOFLIK! Intelligensie vlakke laer as klippe. Geen
> opvoeding en nog minder opleiding - veral die briefies van Blommetjie
> en Frikkie en 'n paar ander ape. Die arme Elaine is so naief, dit is
> werklik skreeusnaaks. Sue praat van genetiese merkers, heeltemal oor
> die koppe van almal, maar Elaine dink sommer dit is "siektes", maar
> sy sit langs swartes in haar kerk, en nou is sy verlig. Ag henetjie
> toggie. Die tannie krap haar so bietjie om, en daar begin die
> vloekery en bakleiery, maar Sondag sit sy weer langs 'n swarte in die
> kerk, en sy is baie verlig.
> Nogsteeds vreesbevange vir enige iets wat anders is as wat hulle
> gewoond was al die jare. Die Internet met so baie inligting is
> openlik beskikbaar, maar word bleibaar nie gebruik vir opleiding nie.
> Boeke word nie gelees nie. Kennis draai om die "bybel leer" van mense
> wat nog in die donker eeue leef. Hoe is dit MOONTLIK?
> Alles baie komies.
>
>
> --------== Posted Anonymously via Newsfeeds.Com ==-------
> Featuring the worlds only Anonymous Usenet Server
> -----------== http://www.newsfeeds.com ==----------
|
|
|
|
|
|
Re: Red nou 'n volk met so 'n nasie! :-( [boodskap #36925 is 'n antwoord op boodskap #36763] |
Tue, 21 November 2000 00:00 |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ag tog......ons het gestry oor die bybel en ek het daarby aangepas......ek
kan net so goed oor ander goed stry. Ek lees meer boeke in 'n maand as wat
jy in 'n jaar lees, ek's juis nou klaar met One flew over the Cuckoo's Nest,
dit het bietjie langer gevat as wat ek gedink het, want ek het sommer
terselftertyd Pandora van Anne Rice ook gelees. Ek gaan nou begin met The
General's Daughter, en hopenlik sal ek Tom Clancy se nuwe boek The bear and
the Dragon voor die einde van die maand kry, sodat ek hom ook kan lees. Ek
lees minstens 15 tydskrifte 'n maand (waaronder my man se Maxim en Hustler
val, en sommer ook die Finansies & Tegniek). Die internet verveel my
grensloos, want deesdae gebeur daar ook niks nuuts waarin ek belangstel nie.
Daar is nie swartes in my kerk nie, want hulle kies om na hulle eie kerk toe
te gaan. Ek gaan sit ook nie elke Sondag in die kerk en dink alles is nou
okay nie, want ek bid ook elke aand en vra God om my te vergewe vir my
sondes, ek lees ook elke aand 'n stukkie uit my bybel. Ek gaan kerk toe
omdat ek graag meer wil leer oor my christenskap, en ook vir die geestelike
vervulling wat ek daaruit kry. Ek's nie anders by die kerk as wat ek by die
huis is nie.
Die bybelse leer draai nie om die donker eeue nie en kan nog steeds op
vandag se lewe van toepassing wees.
Jy't duidelik nie al ons poste gelees nie, en jy't so hard van die bus
afgeval dat jy nooit weer daar sal opstaan nie
Elaine
> "Anonymous" wrote in message
> news:j8ed1t8ah4bl3mur8btel7njkl4a1t0f1n@4ax.com...
>> Dit is ONGELOOFLIK! Intelligensie vlakke laer as klippe. Geen
>> opvoeding en nog minder opleiding - veral die briefies van Blommetjie
>> en Frikkie en 'n paar ander ape. Die arme Elaine is so naief, dit is
>> werklik skreeusnaaks. Sue praat van genetiese merkers, heeltemal oor
>> die koppe van almal, maar Elaine dink sommer dit is "siektes", maar
>> sy sit langs swartes in haar kerk, en nou is sy verlig. Ag henetjie
>> toggie. Die tannie krap haar so bietjie om, en daar begin die
>> vloekery en bakleiery, maar Sondag sit sy weer langs 'n swarte in die
>> kerk, en sy is baie verlig.
>> Nogsteeds vreesbevange vir enige iets wat anders is as wat hulle
>> gewoond was al die jare. Die Internet met so baie inligting is
>> openlik beskikbaar, maar word bleibaar nie gebruik vir opleiding nie.
>> Boeke word nie gelees nie. Kennis draai om die "bybel leer" van mense
>> wat nog in die donker eeue leef. Hoe is dit MOONTLIK?
>> Alles baie komies.
|
|
|
Re: Red nou 'n volk met so 'n nasie! :-( [boodskap #36933 is 'n antwoord op boodskap #36763] |
Tue, 21 November 2000 04:12 |
krokkie[2]
Boodskappe: 60 Geregistreer: October 2000
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Wie is jy en waar bly jy , (namens Ferdie)
Anonymous wrote in message ...
> Dit is ONGELOOFLIK! Intelligensie vlakke laer as klippe. Geen
> opvoeding en nog minder opleiding - veral die briefies van Blommetjie
> en Frikkie en 'n paar ander ape. Die arme Elaine is so naief, dit is
> werklik skreeusnaaks. Sue praat van genetiese merkers, heeltemal oor
> die koppe van almal, maar Elaine dink sommer dit is "siektes", maar
> sy sit langs swartes in haar kerk, en nou is sy verlig. Ag henetjie
> toggie. Die tannie krap haar so bietjie om, en daar begin die
> vloekery en bakleiery, maar Sondag sit sy weer langs 'n swarte in die
> kerk, en sy is baie verlig.
> Nogsteeds vreesbevange vir enige iets wat anders is as wat hulle
> gewoond was al die jare. Die Internet met so baie inligting is
> openlik beskikbaar, maar word bleibaar nie gebruik vir opleiding nie.
> Boeke word nie gelees nie. Kennis draai om die "bybel leer" van mense
> wat nog in die donker eeue leef. Hoe is dit MOONTLIK?
> Alles baie komies.
>
>
> --------== Posted Anonymously via Newsfeeds.Com ==-------
> Featuring the worlds only Anonymous Usenet Server
> -----------== http://www.newsfeeds.com ==----------
|
|
|
Re: Red nou 'n volk met so 'n nasie! :-( [boodskap #36944 is 'n antwoord op boodskap #36763] |
Tue, 21 November 2000 22:09 |
Blommetjie
Boodskappe: 157 Geregistreer: February 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Elaine, al stem ons nie altyd oor alles saam nie, dink ek nog
steeds dat jy 'n 'sweet' (en heel moontlik ook 'n sexy) meisie
is met die hart van'n kind.
Elaine skryf in boodskap news:3a1ae128.0@news1.mweb.co.za...
> Ag tog......ons het gestry oor die bybel en ek het daarby aangepas......ek
> kan net so goed oor ander goed stry. Ek lees meer boeke in 'n maand as wat
> jy in 'n jaar lees, ek's juis nou klaar met One flew over the Cuckoo's Nest,
> dit het bietjie langer gevat as wat ek gedink het, want ek het sommer
> terselftertyd Pandora van Anne Rice ook gelees. Ek gaan nou begin met The
> General's Daughter, en hopenlik sal ek Tom Clancy se nuwe boek The bear and
> the Dragon voor die einde van die maand kry, sodat ek hom ook kan lees. Ek
> lees minstens 15 tydskrifte 'n maand (waaronder my man se Maxim en Hustler
> val, en sommer ook die Finansies & Tegniek). Die internet verveel my
> grensloos, want deesdae gebeur daar ook niks nuuts waarin ek belangstel nie.
> Daar is nie swartes in my kerk nie, want hulle kies om na hulle eie kerk toe
> te gaan. Ek gaan sit ook nie elke Sondag in die kerk en dink alles is nou
> okay nie, want ek bid ook elke aand en vra God om my te vergewe vir my
> sondes, ek lees ook elke aand 'n stukkie uit my bybel. Ek gaan kerk toe
> omdat ek graag meer wil leer oor my christenskap, en ook vir die geestelike
> vervulling wat ek daaruit kry. Ek's nie anders by die kerk as wat ek by die
> huis is nie.
> Die bybelse leer draai nie om die donker eeue nie en kan nog steeds op
> vandag se lewe van toepassing wees.
> Jy't duidelik nie al ons poste gelees nie, en jy't so hard van die bus
> afgeval dat jy nooit weer daar sal opstaan nie
>
> Elaine
>
>> "Anonymous" wrote in message
>> news:j8ed1t8ah4bl3mur8btel7njkl4a1t0f1n@4ax.com...
>>> Dit is ONGELOOFLIK! Intelligensie vlakke laer as klippe. Geen
>>> opvoeding en nog minder opleiding - veral die briefies van Blommetjie
>>> en Frikkie en 'n paar ander ape. Die arme Elaine is so naief, dit is
>>> werklik skreeusnaaks. Sue praat van genetiese merkers, heeltemal oor
>>> die koppe van almal, maar Elaine dink sommer dit is "siektes", maar
>>> sy sit langs swartes in haar kerk, en nou is sy verlig. Ag henetjie
>>> toggie. Die tannie krap haar so bietjie om, en daar begin die
>>> vloekery en bakleiery, maar Sondag sit sy weer langs 'n swarte in die
>>> kerk, en sy is baie verlig.
>>> Nogsteeds vreesbevange vir enige iets wat anders is as wat hulle
>>> gewoond was al die jare. Die Internet met so baie inligting is
>>> openlik beskikbaar, maar word bleibaar nie gebruik vir opleiding nie.
>>> Boeke word nie gelees nie. Kennis draai om die "bybel leer" van mense
>>> wat nog in die donker eeue leef. Hoe is dit MOONTLIK?
>>> Alles baie komies.
>
|
|
|
|
|
|
Re: Red nou 'n volk met so 'n nasie! :-( [boodskap #37000 is 'n antwoord op boodskap #36763] |
Tue, 21 November 2000 23:10 |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Sue wrote
> Dit is goed. Dis wonderlik om te sien en ervaar hoe verskillende
> nasies/mense hulle ding doen.
> Drink julle nog so baie wyn daar rond? Ek was mal oor die Kaapse wyne.
> Hier in Amerika drink mense nie eintlik nie - lang storie.
> Maar ek het gevind dat die gemiddelde Suid Afrikaner nogal lief is vir sy
> "dop". :-)
> Hier rond is parties boring, want almal drink tee (ys tee) :-)
Ek bly in JHB.....maar is ook maar net so lief vir my wyn.....maar net een
soort, en dis Grunberger se Fruedenlese. My een baas het nou die dag vir my
'n Katemba gegee. Dit was rooi wyn en coke. Ek moet sê daai goed skop hard
en gou....nooit gedink ek kan so getrek raak op wyn nie.
> Ja, dit is seker maar 'n persoonlike ding. Ek luister/kyk vanoggend op
> een van die tv stasies na die begrafnis rede van Hosia Williams hier by
> ons, en was weereens heeltemal verstom oor hoe "lively" almal was. Dit
> klink nou heeltemal verkeerd, but anyway....jy weet seker wat ek bedoel.
> :-)
Ek was ook al by so diens gewees.....los maar liewer die kerk naam uit, ek
was geskok gewees want die mense het dit nou regtig ingevryf dat die persoon
nie meer met ons was nie. Dit was 'n 11-jarige seun se begrafnis en hulle
het die dode-mars regdeur die diens gespeel. Maar dis hoe hulle dit doen,
ek oordeel nie.
> Ja, mens moet versigtig wat jy se en hoe jy dit stel ne? :-) Ek is
> nie 'n kerk mens nie, en glo ook nie aan georganiseerde geloof nie, but
> that's me. Dis okay om te glo dat ek hel toe gaan, I don't mind. :-)
My eie man weier om saam met my kerk toe te gaan - of om na enige kerk toe
te gaan, so mense wat nie kerklik is of nie vreeslik gelowig is nie, pla my
glad nie. Dis net wanneer my man tantrums gooi omdat ek Donderdae jeug toe
gaan, en so af en toe op 'n Saterdag uithelp met koekbak vir die
kindertehuis dat ek hom daaroor aanvat, want dan wil hy mos baklei omdat ek
so baie tyd by die kerk deurbring, verder sit ons nie veel vas oor kerke en
gelowe nie.
Elaine
|
|
|
|
Re: Red nou 'n volk met so 'n nasie! :-( [boodskap #37040 is 'n antwoord op boodskap #36763] |
Thu, 23 November 2000 00:00 |
Roelof
Boodskappe: 13 Geregistreer: November 2000
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Elaine, sê my, dans hy en jou man? Verduidelik asb. vir my hoekom mag mense
in die Dopper kerk nie dans nie, of is dit net 'n storie?
Dankie
Roelof
"Elaine" skryf in boodskap news:3a1cf786.0@news1.mweb.co.za...
> Ek het ook so gevoel oor die doppers in my kerk toe ons predikante nog 50
> jaar en ouer was. Maar toe begin ons jong predikante kry en hulle draai die
> kerk op sy kop. My predikant is baie lewendig en probeer sy bes om die kerk
> vir ons lekker te maak. Die eredienste is nog steeds dieselfde - soort van,
> maar hy verander sy roetine elke dag. Hy preek 15 minute (sonder sing) lank
> en na kerk maak hy seker hy groet elkeen persoonlik. In my vorige kerk wou
> ek piep kry want die predikant het nooit korter as 40 min. gepreek nie
> (sonder sing). Maar nou kan ek regtig sê dat ek dit geniet.
> Dis 'n nuwe gemeente, die predikant is jonk en vrolik en daar is nie ouer
> mense in die kerk wat vasskop teen verandering nie. Soos in Sasolburg toe
> een oom gesê het ons kan nie nuwe psalms sing nie, want dis godslasterlik.
> Anyway, ek het al ander kerke probeer (insluitende EGK) maar ek's kom altyd
> terug Dopper kerk toe. Ek's nou maar een maal 'n dopper en sal altyd 'n
> dopper bly.
>
> Elaine
>
> wrote in message
news:3A1C9B53.CBEE9F53@eskom.co.za...
>> Elaine, ek was 'n Dopper gebore en getoë soos hulle altyd gesê het, tot
> ongeveer
>> 8 jaar gelede en is toe oor na die Evangelies Gereformeerde Kerk (hele
> gesin) en
>> ek moet vir jou sê ek is nog nooit spyt nie. Die Doppers veral, is te
> vormbewus,
>> as ek dit so kan noem, en dit is so "boring" dat ek alle belangstelling
> verloor
>> het.
>> Gaan gerus eenkeer na 'n diens van die EGK en dan sal jy sien wat ek
> bedoel.
>> Groete
>> Christo
>>
>
|
|
|
Re: Red nou 'n volk met so 'n nasie! :-( [boodskap #37041 is 'n antwoord op boodskap #36763] |
Thu, 23 November 2000 00:00 |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek het ook so gevoel oor die doppers in my kerk toe ons predikante nog 50
jaar en ouer was. Maar toe begin ons jong predikante kry en hulle draai die
kerk op sy kop. My predikant is baie lewendig en probeer sy bes om die kerk
vir ons lekker te maak. Die eredienste is nog steeds dieselfde - soort van,
maar hy verander sy roetine elke dag. Hy preek 15 minute (sonder sing) lank
en na kerk maak hy seker hy groet elkeen persoonlik. In my vorige kerk wou
ek piep kry want die predikant het nooit korter as 40 min. gepreek nie
(sonder sing). Maar nou kan ek regtig sê dat ek dit geniet.
Dis 'n nuwe gemeente, die predikant is jonk en vrolik en daar is nie ouer
mense in die kerk wat vasskop teen verandering nie. Soos in Sasolburg toe
een oom gesê het ons kan nie nuwe psalms sing nie, want dis godslasterlik.
Anyway, ek het al ander kerke probeer (insluitende EGK) maar ek's kom altyd
terug Dopper kerk toe. Ek's nou maar een maal 'n dopper en sal altyd 'n
dopper bly.
Elaine
skryf in boodskap news:3A1C9B53.CBEE9F53@eskom.co.za...
> Elaine, ek was 'n Dopper gebore en getoë soos hulle altyd gesê het, tot ongeveer
> 8 jaar gelede en is toe oor na die Evangelies Gereformeerde Kerk (hele gesin) en
> ek moet vir jou sê ek is nog nooit spyt nie. Die Doppers veral, is te vormbewus,
> as ek dit so kan noem, en dit is so "boring" dat ek alle belangstelling verloor
> het.
> Gaan gerus eenkeer na 'n diens van die EGK en dan sal jy sien wat ek bedoel.
> Groete
> Christo
>
|
|
|
Re: Red nou 'n volk met so 'n nasie! :-( [boodskap #37046 is 'n antwoord op boodskap #37000] |
Thu, 23 November 2000 04:21 |
Chr...[1]
Boodskappe: 85 Geregistreer: June 2000
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Elaine, ek was 'n Dopper gebore en getoë soos hulle altyd gesê het, tot ongeveer
8 jaar gelede en is toe oor na die Evangelies Gereformeerde Kerk (hele gesin) en
ek moet vir jou sê ek is nog nooit spyt nie. Die Doppers veral, is te vormbewus,
as ek dit so kan noem, en dit is so "boring" dat ek alle belangstelling verloor
het.
Gaan gerus eenkeer na 'n diens van die EGK en dan sal jy sien wat ek bedoel.
Groete
Christo
Elaine wrote:
> Sue wrote
>
>> Dit is goed. Dis wonderlik om te sien en ervaar hoe verskillende
>> nasies/mense hulle ding doen.
>> Drink julle nog so baie wyn daar rond? Ek was mal oor die Kaapse wyne.
>> Hier in Amerika drink mense nie eintlik nie - lang storie.
>> Maar ek het gevind dat die gemiddelde Suid Afrikaner nogal lief is vir sy
>> "dop". :-)
>> Hier rond is parties boring, want almal drink tee (ys tee) :-)
>
> Ek bly in JHB.....maar is ook maar net so lief vir my wyn.....maar net een
> soort, en dis Grunberger se Fruedenlese. My een baas het nou die dag vir my
> 'n Katemba gegee. Dit was rooi wyn en coke. Ek moet sê daai goed skop hard
> en gou....nooit gedink ek kan so getrek raak op wyn nie.
>
>> Ja, dit is seker maar 'n persoonlike ding. Ek luister/kyk vanoggend op
>> een van die tv stasies na die begrafnis rede van Hosia Williams hier by
>> ons, en was weereens heeltemal verstom oor hoe "lively" almal was. Dit
>> klink nou heeltemal verkeerd, but anyway....jy weet seker wat ek bedoel.
>> :-)
> Ek was ook al by so diens gewees.....los maar liewer die kerk naam uit, ek
> was geskok gewees want die mense het dit nou regtig ingevryf dat die persoon
> nie meer met ons was nie. Dit was 'n 11-jarige seun se begrafnis en hulle
> het die dode-mars regdeur die diens gespeel. Maar dis hoe hulle dit doen,
> ek oordeel nie.
>
>> Ja, mens moet versigtig wat jy se en hoe jy dit stel ne? :-) Ek is
>> nie 'n kerk mens nie, en glo ook nie aan georganiseerde geloof nie, but
>> that's me. Dis okay om te glo dat ek hel toe gaan, I don't mind. :-)
>
> My eie man weier om saam met my kerk toe te gaan - of om na enige kerk toe
> te gaan, so mense wat nie kerklik is of nie vreeslik gelowig is nie, pla my
> glad nie. Dis net wanneer my man tantrums gooi omdat ek Donderdae jeug toe
> gaan, en so af en toe op 'n Saterdag uithelp met koekbak vir die
> kindertehuis dat ek hom daaroor aanvat, want dan wil hy mos baklei omdat ek
> so baie tyd by die kerk deurbring, verder sit ons nie veel vas oor kerke en
> gelowe nie.
>
> Elaine
|
|
|
Re: Red nou 'n volk met so 'n nasie! :-( [boodskap #37050 is 'n antwoord op boodskap #36763] |
Thu, 23 November 2000 22:17 |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Man.....ja ons mag dans. Jare terug het hulle gesê dis sonde, maar toe het
een predikant (of iemand) een dag die blink idee gekry om vir die ander te
wys hoe lekker ou Dawid gedans het. Hulle het gesê dans lei tot ander
sondes, dis hoekom hulle dit nie goedkeur nie, wat dalk reg was, want na so
lekker slow dans by die "sokkie" kan jy darem lus wees vir anner dinge.
Hulle was soms ook meer gekant teen die plekke waar daar gedans word, as
dans self. Maar die meeste doppers het nie meer 'n probleem daarmee nie.
My man dans, ek dans die predikant dans. Ons glo net nie aan dans in die
kerk nie.
Elaine
Roelof skryf in boodskap news:3a1d2c4e.0@news1.mweb.co.za...
> Elaine, sê my, dans hy en jou man? Verduidelik asb. vir my hoekom mag mense
> in die Dopper kerk nie dans nie, of is dit net 'n storie?
>
> Dankie
> Roelof
>
|
|
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: Thu Jan 16 07:25:51 UTC 2025
|